
Argeologie in die gopse
deur Jan Pielewiet
Die dubbelkajuit Toyota Hilux Raider 4×4 se enjin dreun eentonig soos ons die bergpaadjie uitry na die grotte waar daar in 1924 deur professor Raymond Dart ‘n interessante argeologiese ontdekking gemaak is. Volgens die geleerdes is dit die vermiste skedel tussen die aap en die mens wat in ‘n grot ‘n entjie buitekant Taung gevind is. Volgens die toetse was daar beraam dat die skedel ongeveer 2.5 miljoen jaar oud is. Dit was in die Buxton kalkgroef gevind en word tans deur die Universiteit van die Witwatersrand bewaar. Onlangs was dit weer in die nuus met nuwe toetse wat hulle gedoen het, maar die tegniese kant ontgaan my aangesien dit nie regtig my belangstellingsveld is nie.
Die spanlede wat saamreis is ‘n mengelmoes van oud en jonk, manlik en vroulik, getroud en ongetroud. Ek is die middeljarige man wat op soek is na avontuur en ‘n wegbreek van ‘n besige prokureurspraktyk. My kollega hou die fort terwyl ek vir drie maande kop skoonmaak na my egskeiding. Dit was ‘n lelike storie met my eks wat my omtrent kaal uitgetrek het. My een kliënt is die spanleier en het my saamgenooi as “chief cook and bottle washer” toe hy met ons laaste sessie gehoor het van my probleme.
Die span beplan om navorsing te doen oor die kalk se invloed op die bewaring van fossiele en hulle gaan na verskillende voorbeelde soek om te ontleed terug in die laboratorium in Johannesburg. Die steengroef is lankal nie meer in produksie nie, maar word nog so af en toe ingespan vir navorsing. Meeste van die opgrawings word in die son gedoen. Dit is rugbreek werk en die sweet tap die mense af na net ‘n kort rukkie se arbeid. Ek dra koeldranke en yswater aan en sorg dat die kospotte regstaan met elke ete. Ek is nie ‘n kok nie, maar maak al my hele lewe lank kos en geniet dit om effens kreatief te wees. My terapie om af te skakel, spot ek altyd. En gelukkig is my “kliënte” mense wat hard gewerk het en honger is. Ek kan botter op ‘n stuk boombas smeer en hulle sal dit met smaak verorber, dus kry ek die mense maklik tevrede gestel met die basiese geriewe en beperkte keuse van bestanddele tot my beskikking.
Vanaand is dit Eisbein met suurkool en fyngedrukte kapokaartappels en ‘n roomsous. Ons gewone mense eet mos varkpote terwyl die elite Eisbein eet. Geen idee wat die verskil is nie … Ek het die klomp pote al vroeg in soutwater begin kook en laatmiddag stadig op die kole gerooster met ‘n knoffel-, stroop- en konfytkonkoksie oor. Na die ete kry ek heelwat komplimente vanaf almal, maar Katrina se: “Dit was nou varklik lekker!” het my hart warm laat klop. In my binneste het ek vir al die kringe van die gelatien rondom die monde gelag, ‘n gewone nat lap kry mos nie die taai af van so lekker eetsessie nie. Wonder hoe die “grand” mense skoon kan bly of dalk is Eisbein nie so lekker soos varkpote nie?
Van die eerste dag af het Katrina en ek ‘n spesiale band begin vorm met gedeelde grappies en glimlagte wanneer ons by mekaar verbyloop. Haar fyn humorsin en die vermoë om die snaaks in alles raak te sien het almal al aan die lag gehad in moeilike omstandighede. En dan is daar daai lyf. ‘n Paar tiete wat teen haar bors vasgeplak is wat heelwat meer as ‘n dubbele handvol is en dan die plat magie wat net so effens uitbult bokant haar skaamhaarlyn gevolg deur twee boude wat ‘n denim mooi vol maak sonder om uit te peul en dan elle lange bene wat net onder haar arms begin. Sy het twee gespierde bobene wat aansluit by twee paar fris kuite wat eindig net bokant twee dun enkeltjies. Een volmaakte sexy lyf! Nie brandmaer uitgeteer nie, maar geen ons onnodige vet nie. Duidelik ‘n buitelugvrou met ‘n aktiewe lewenstyl. Ek kan net raai wat sy in haar panty wegsteek. Sy het ‘n normale, alledaagse gesig met lang bruin hare wat of gevleg word of met ‘n bolla op haar kop vasgemaak is. Haar gemaklike geaardheid maak haar egter beeldskoon vir my.
Alle kampeerders sal weet die grootste uitdaging met kampeer in die bosse is die higiëne. Die site is ‘n ent weg van die hoof uitgrawings en omdat ons lang ure werk is daar besluit om eerder op die plek te kamp as om elke dag ‘n uur te mors deur op en af te ry vanaf die hoof uitgrawings. Daar is darem twee long drops, maar die res is maar primitief. Waswater is min dus kry elke persoon slegs ‘n skotteltjie waswater elke tweede dag. Alhoewel brandhout volop is vat dit tyd om bymekaar te maak. Ek het twee groot potte wat in die middae gekook word op ‘n oop vuur om darem die koue effens te breek en daarmee moet die helfte van die groep elke tweede aand klaarkom.
Vanaand is dit die groep waarin ek en Katrina is se beurt en ek maak haar wasbeker effens voller as die ander mense s’n. (Ek sal vir die ongeskikte klierkop wat almal probeer verkleineer ’n bietjie minder ingooi. Hy is een van die betalende gaste wat saamgekom het sodat hy by sy vriende kan spog, weet net nie waarmee nie, want hy doen niks en soek met almal skoor.) Met ‘n glimlag word ek liggies teen die skouer gestamp en “dankie boeta” word in my oor gefluister. Op pad na my tent met my beker sien ek haar afbeelding in haar tent waar sy besig is om reg te maak om te was. Die tente is so opgestel dat die enkellopendes se tente aan die een kant van die kombuis opgeslaan is en die getroude pare s’n op die ander kant. Ek en Katrina se tente is op die heel verste punt opgeslaan en grens aan die bosse. Ek was gewoonlik sommer in die bosse, ‘n tent is te beknop vir my en ek geniet die vryheid van die natuur. In die verbyloop sien ek haar skotteltjie staan op ‘n kamptafel en haar lampie is aan sodat haar silhouette deurskyn na die bosse se kant, versluier van die res van die tente. Ek staan vasgenael en kyk hoe sy haar top oor haar kop uittrek, heeltemal te jags om die ordentlike ding te doen en weg te loop. Die twee weke in die bos het my korasievlakke al opgejaag met geen geleentheid om van my testeroon ontslae te raak nie.
Die skaduwee wat teen die tentwand wys bevestig my eerste indrukke dat Katriena geseënd is met twee kanne wat enige model in die onderklerebedryf sal beny. Wanneer sy haar bra losmaak sak hulle so effentjies en ek weet hulle moet heerlik wees om mee te speel. Haar duime haak in haar broek in en dan trek sy haar broek en panty in een beweging af om kaal te staan. Ek voel my horing in my broek groei en verskuif hom effens waar hy ongemaklik teen my broekspyp vasdruk. Katrina begin haar arms en nek was, dan haar bolyf. Teen die tyd kan ek myself nie meer help nie en haal my agt duim besnede voël uit. Stadig begin ek hom op en af te streel en melk bietjies pre-kom uit wat ek met my duim oor my pers kop vryf. Die gladheid verhoog my gevoel en ek kan skaars myself keer om nie onmiddellik te kom nie.
Katriena is nou besig om haar voete te was en dan beweeg sy teen elke been op tot net voor haar moemfie. Laaste was sy haar vagina en soos wat sy daar was skiet ek lang skote in die bos voor my. Terwyl Katriena afdroog bly my piel stokstyf en ek verlustig my aan die erotiese prentjie van haar wat eers ‘n klein broekie, sekerlik van satyn, aantrek en dan haar slaap toppie sonder enige bra oor haar kop glip. Wanneer sy haar arms opstrek om die toppie oor haar kop te lig weerkaats haar tiete sodat ek die erekte punte kan onderskei teen die afbeelding op die tent. Laastens klim sy in die bed en draai die gaslamp af wat die beeld deur die tent se seil verdof.
Nou sal ek seker myself ook eers moet skoonkry en teen die tyd is my waswater al yskoud! Kleinman krimp sommer klaar ineen aan die gedagte van koue water.
‘n Paar dae later nooi sy my om saam met haar een van die grotte effens hoër op teen die berg te gaan verken en ondersoek in te stel of daar enige geleentheid is om daar te begin met opgrawings. Die res van die span is almal besig met hulle stukkie aarde en sy is te bang om alleen te gaan verken. Aangesien die middagete ‘n pastagereg is wat vinnig is om te maak aanvaar ek die uitnodiging, alhoewel dit meer vir my eie jagse redes is as om te help grawe.
Vandag het Katriena ‘n kort kakiebroekie aan met so ‘n losserige hemp wat haar kurwes wegsteek, maar haar agterstewe en lang bene ten beste vertoon. Ons stap op na die grot, sy voor omdat sy die pad ken en ek agter om die uitsig te bewonder hier voor my. Na ‘n paar minute se klim is ons voor die grot en dan stap ons in die koel bedompige grot in wat na dassiepoef en muf ruik. Ons is alleen in die grot en staan eers ‘n rukkie stil om ons oë kans te gee om aan die donker gewoond te raak. Die grot loop skuins na bo en sover ons kan sien is daar geen agterkant nie. Katriena sit haar kopliggie aan en die onverwagse skerp lig na die donker verskrik ‘n klomp vlermuise wat die hasepad kies na buite. Hulle sweef op ons af en Katriena los ‘n gil en vlieg om, reg in my arms in. Ek word onkant betrap deur haar en steier agteruit en ons val beide op die grond, sy bo-op my. Ons kyk vir mekaar en dan begin ons lag vir die groot “onnodige” skrik. My arms het beskermend om haar gegaan toe ons val en dan gebruik ek die geleentheid om haar nader aan my te trek en haar lippe teen myne te druk. Ek soen haar saggies en my lippe talm net teen hare tot ek haar lippe voel oopgaan onder die punt van my tong wat haar sagte verleiding begin verken het.
Die aardse reuke om my maak die oerdier in my wakker en my hande begin om haar boude skulp en haar teen my horing vastrek. Ek voel hoe sy haar boude vasknyp en teen my horing skuur. Ek kan nie meer myself beheer nie en stroop die klein broekie af net om verras te word deur boude sonder panties! Ek skuif my eie broek net effens af, wil darem nie dassiestront tussen my holhare hê nie en dop my voël uit. Wanneer sy weer effens wegbeweeg druk ek my piel teen haar opening waar dit effens weerstand ervaar voor dit haar lippe oopdruk en begin om in te gly. Sy is nat en glad en my piel ploeg in tot teen die ballas. Katriena begin haar boude op en af lig en ry my stadig terwyl haar tong in my mond ronddans. Elke paar stote versnel sy haar pas net effens sodat ons stelselmatig al hoe vinniger beweeg. Ek voel hoe die plesier in my piel se skag opdruk en dan hoor ek hoe sy rukkend kom en ‘n sekonde later blaas ek vuurwarm skoot in haar genotgrot in.
Wanneer ons effens bedaar begin ons weer lag en dan staan sy op en trek my ook op. Ons skud die stof en mis af so goed ons kan en dan begin ons albei gelyk praat. Ek gee haar kans om eerste te praat en sy vra dat ek eerste praat. Ek vertel haar hoe ek haar begeer al van die eerste dag af, maar die doodskoot vir my lus was die silhouette teen die tent se seile. Sy antwoord dat sy self al lankal vir my lus is en die grot was net ‘n verskoning om my uit die kamp te kry, sy wil nie regtig hier na iets soek nie. Sy het in elke geval geweet ek loer vir haar en het spesiaal ‘n vertoning opgesit met die hoop dat ek haar sal kom verras, maar aangesien ek te ordentlik was moes sy plan B uitdink. Ek bedank haar hartlik vir haar moeite, want ek was bang dat ek dalk aangekla gaan word as ek myself aan haar gaan opdring. Ons talm nog so rukkie in die grot en besluit om dinge tussen ons eers stil en geheim te hou om onnodige vrae en aanmerkings in die kamp te vermy. Dan stap ons rustig kamp toe sodat ek met die middagmaal kan begin.
Sondae word gewoontlik gebruik om rustig te wees, wasgoed te was, die omgewing te verken en sommer net lui te wees.
Ek en Katriena besluit toe om die Sondag die blou poele van Buxton te gaan besoek. Dit is nou die Buxton daar naby ons, nie die Engelse dorpie waarna die plek vernoem is nie. Dit is ‘n piekniekarea met ‘n swemgat en braaiplekke so ‘n klompie kilometer van ons kampterrrein af. Die natuurlike rotsformasie van Buxton is van so ‘n aard dat die waterkuile diep en helderskoon is met ‘n kobaltblou wat die swemlus aanwakker. Die probleem is dat ons nie een gedink het om ‘n swembroek saam te bring nie en ons het ook nie ‘n handdoek of droë klere nie. Ons gaan sit dus ewe vroom op die wal met ons voete in die poel om darem effens die water te kan geniet. Die sonnetjie braai van bo en die sweet begin teen my ruf af gly. Ek trek my hemp oor my kop en is dankbaar vir die ure in die gym wat my spiere darem nog redelik geoefen hou.
“Glad nie sleg nie,” kom Katrien se stem van langs my. “Ek wens net ek kon ook so maklik van my hemp ontslae raak.”
“Hoekom nie?” vra ek en loer rond of daar enige ander mense is, maar die poele is stil en verlate.
Katrien lyk eers of sy my nie gehoor het nie, maar dan loer sy vir my en trek haar top oor haar kop. Dit is die eerste keer dat ek haar van naby in die sonlig sien sonder haar top en my bek val oop van verwondering. Sy het die pragtigste twee buuste wat ek nog gesien het. Ek moet myself met alle mag keer om haar nie daar en dan te bespring nie. Die twee outjies lê toegeskulp in ‘n sagte pers bra met sulke deursigte kant stukkies en ‘n gespe wat voor in die middel vasmaak. Die melkwit van haar vel swel uit oor die materiaal en is vlekloos, behalwe vir die paar klein sproetjies wat redelik hoog op gevorm is.
“Moenie so kyk nie. Jy maak my skaam.”
“Kan nie help nie, dit is pragtig!”
Ek trek my broek uit en spring met my onderbroek aan in die water om af te koel. Ek swem ‘n lang ent onderwater en as ek opkom is ek net betyds om te sien sy het opgestaan, haar broek ook afgeskil en duik met ‘n sierlike boog in die water in, ook net in haar onderklere. Ek het ‘n glimps van ‘n pers deurtrekker gesien, maar voor ek kon fokus was sy bedek deur die water. Ook maar goed my lyf is onder water anders sou sy sekerlik gelag het vir die knop wat groter word.
Ons swem deur na die ander kant waar ons aan die rotse hang om asem te skep en dan voel ek haar bene om my middel knoop. Ek roteer my lyf negentig grade sodat ek na haar front en voel my horing teen haar dy vas druk. Met haar een hand hang sy aan die rots en met haar ander hand streel sy my voëlkop deur my onderbroek. Ek beweeg nader om haar vas te druk, maar sy los die rots en verdwyn onder die water. Ek volg haar bewegings onder die water waar sy soos ‘n meermin wegglip van my af. Ek volg haar terug na die kant waar ons klere lê en haal haar in net toe sy teen die wal vasgryp. Die keer is ek agter haar rug en trek haar teen my vas. My een hand hou aan ‘n rotspunt vas en met my ander hand streel ek oor haar midrif tot ek die onderkant van haar borste voel. Ek omskulp die vol ronding en voel die punt van haar tepel deur haar bra. Haar hand het intussen agter my boud vatplek gekry en sy trek my stywe paal teen haar boude vas. Ek sak effens dieper in die koel water af en voel hoe sy my manlikheid uit my onderbroek bevry en my tussen haar bene instuur. Sodra hy mooi op rigting is voel ek hoe sy haar panty eenkant toe skuif en dan glip hy tussen haar lippies in. Die water maak sake so effens moeiliker, maar sodra hy in haar inglip loop alles soos stroop en dan is ek ten volle in haar in. Die heerlike warmte van haar liefdestonnel omhels my en die aangename warmte na die koue water is heerlik. Sag wieg ons in die water en die branders wat ons maak klots teen die kant, al hoe vinniger en vinniger todat ons saam oor die afgrond van genot tuimel. Ek voel hoe ek diep in haar ontlaai en met elke wieg spuit my sperms diep teen haar baarmoeder vas. Sy los sulke klein gilletjies van lekkerkry en dan besef ek sy is besig om haar klit met haar los hand te vryf. Ek is mal daaroor as ‘n vrou nie bang is om aan haarself te vat nie. Die gedagte dat sy ook plesier ervaar maak dat my orgasme langer as normaal aanhou en dan kan ek nie meer nie. Ek is leeggetap en dit raak sensitief waar sy steeds besig is om my te ry. Ek vat toe maar oor en tel haar uit die water dat sy op die wal sit en dan lek ek haar sopnat doos. Ek kan hoor sy geniet dit en dan tuimel sy oor nog ‘n afgrond en haar orgasm laat haar rukkend op die wal kom. Die sous van my semen en haar sappe maak ‘n wit poel onder haar waar sy sit en toe sy opstaan trek dit sulke drade van die rots af op. Sy verskuif effens sodat sy met haar rug teen ‘n rots kan rus en langbeen voor haar uitstrek.
Uiteindelik kan ek ook uitklim en saam op die wal sit en bak in die sonnetjie. Ons gesels oor alles en nog wat en sien hoe die son al verder oorskuif. Ek het gisteraand al vleis uitgehaal vir braaivleis en dit vanoggend vroeg al gesout. Die klomp in die kamp kan alleen aangaan, maar ons sal laatmiddag moet terug ry sodat ek aandete kan aanmekaar slaan. Dalk is daar nog genoeg tyd oor om te sien wat Katriena nog in die mou voer voor ons terug ry…
5 COMMENTS
Heerlike storie!
Ai ou Jan, wat ‘n storie, absoluut puik gedoen, en dan is dit nog by Buxton wat ek tog ook so baie goed ken. Ek wag vir jou vervolg.
Hi Ysbeer. Hoop my beskrywing was raak. Ken net die plek van oplees en wil nog eendag gaan besoek. Moes mos die waarheid effens verskans…
Bly julle het geniet. Sal werk aan opvolg.
Jan.
Hier KOM n ding! Love is in the air?? Dankie het die storie geniet.
Jan Pielewiet, jy kan maar, hoor!
Ek’t jou storie baie geniet met retoere wat in die rooi gespring het van pure lekkerkry.
Dankie, jou beskrywing van Katrien se lyf bevestig dat sy my soort meisie is.
Sjoe! !