Lusweer: Achtung bitte
deur Saffie
Tertia is ‘n ywerige Beatles ondersteuner. Met haar kuier in Berlyn, het ek dit goed gedink om vir haar die Star-club in Hamburg te gaan wys, waar die Fab Four hulle loopbaan begin het. Die klub is geleë in die Reeperbahn distrik, bekend vir sy naglewe. Die berugte Herbertstrasse daar naby is gepak met wettige prostitute, lewendige seks uitvoerings, dobbelhuise en basies enige sekstransaksie waaraan mens kan dink.
Ek bespreek altyd my hotelle die naaste aan die siel van die plek wat ek wil beleef. Omtrent iets soos om ten volle in te skakel by my omgewing. Hierdie keer is geen uitsondering nie en Tertia is op my golflengte. Ons hotel is ‘n hanetreë van Herbertstrasse. Ons het die middag met ons aankoms gou die Star-club gaan besigtig en die nodige selfies geneem om te bewaar vir wonderlike herhinneringe later. Na ‘n afwesigheid van byna ses maande van mekaar, bly ons beide ongelooflik lus vir seks. Dis asof ons mekaar elke oomblik van die dag wil verteer. Op ons pad uit na ‘n restaurant met ons eerste en enigste aand in Hamburg, merk sy saggies op, “ek gaan jou later vanaand spyker tot my koekie seer is”. Haar stemtoon en woordgebruik skakel die neurologiese verbinding tussen my brein en knaters onmiddelik op maksimum intensiteit aan en ek’s lus om liewer ‘n Maccas wegneemete terug te neem hotel toe.
“Ons is in Hamburg, kom ons slaan ‘n paar chasers om in die mood te kom”. Na ‘n paar Jägermeisters, verskeie biere en Duitse worsbroodjies, is ons beide totaal ontspanne en in ligte luim. Ons grap oor vriende, familie en vorige sekskapades in Suid-Afrika. Tertia se plakkies is uit en sy sit gedraai na my met haar kaal voete op myne. Haar tone alleen maak my klaar rasend jags. Voet fetish! Ons gesels harder en nader aan mekaar soos die drank stadig in ons are trek. Elke nou en dan soen ons liggies en ons tonge ontmoet net vir ‘n oomblik. Die knop in my broek raak drukkend. Ek stel voor dat ons ‘n entjie gaan stap om bietjie uit te kom in die vars naglug voor ons teruggaan hotel toe.
Op Herbertstrasse staan die prostitute agter hul glasvensters soos winkelpoppe in vertoonvensters. Die meeste is Oosterlinge en almal is mooi en het ‘n byna mistieke aura om hulle. Dit voel asof ek getransformeer word na ‘n ander planeet. “Kom ons vra vir ‘n threesome”, kondig Tertia uit die bloute aan. Jy kon my om moer met ‘n veer. Ek sluk twee keer en vra of sy ernstig is. “Ek was nog nooit saam met ‘n vrou nie en jy sal gelukkig wees, dis enige man se droom”…. Met dit klop ek aan die eerste venster. “Threesome?” “Two doors down”…
Ons stap aan en klop aan die venster waar ‘n jong Oosterling staan. Sy’s petite met ‘n olyfvel, kort swart rok, swart kouse en swart stiletto’s. Sy stel haarself voor as Kim-Ly. Dis €185 vir ‘n halfuur se pret en “cash up front”. Sy waarborg ‘n gelukkige einde vir ons beide. Ek moet ‘n kondoom gebruik, geen soene nie en sy doen ook nie anale seks nie. Ek’s effens afgesit deur haar harde besigheidsbenadering, maar terselfdertyd ontsettend opgewonde. Ek knik instemmende en sy maak die deur oop sodat ons beide kan instap. Ek oorhandig die kontant en sy maak die glasdeur toe, sluit dit en trek die rooi gordyn voor die glasdeur toe.
Die reuk van ontsmettingsmiddel, gemeng met haar soet muskus parfuum is oorweldigend. Die kamer is so klein dat die groot, lae dubbelbed net mooi daar inpas. Die bed is met wit linne oorgetrek en daar is ‘n groot wit handdoek oor die middel. Daar’s plek vir ‘n klein bedkassie met ‘n bedlampie waaroor ‘n string swart krale hang en een klein stoeltjie in die hoek.
Sy druk ‘n kondoom in my hand en wuif my na die stoel. Ek’s nog besig om te gaan sit, toe sy haar rok uittrek en beide ek en Tertia staar oopmond na haar perfekte klein lyfie. Sy’t ‘n swart kousband om haar middel wat haar kouse ophou, geen broekie nie en haar koekie is skoon geskeer, met twee donker lippies wat aanloklik uitsteek deur haar spleet. Sy dra geen bra nie en twee klein donker bruin stywe tepels staan soos kreefogies op haar plat borsies. My mond voel droog en my hart begin vinniger te klop.
Die volgende oomblik staan sy teen Tertia en begin die belt van haar denim kortbroek losmaak en beveel haar om haar bloes uit te trek. Toe sy heeltemal naak is, druk sy haar plat op die bed en kniel wydsbeen oor haar en begin haar tepels liefkoos en nat lek. Die beeld voor my met twee vrouens wie mekaar liefkoos, met hul kaal poesies wat na my gaap, maak my byna onbeheerbaar jags. Ek stroop my klere af en begin myself pluk tot ek ‘n pynlike harde, nat horing het. Kim-Ly kyk telkens om na my met ‘n glimlag op haar gesig. “You horny man, I like”, sê sy. Beide begin saggies kreun soos die golwe van genot oor hulle spoel.
Ek gaan staan teen die bed om nader aan hulle te wees. Sy beduie my na die bedkassie en vra ek moet die laai oopmaak. Binne is ‘n lang vleeskleurige dildo met ‘n pielkop aan elke kant. Ek gee die ding vir haar aan. Sy druk eers ‘n stuk van die een kant in haar poesie. Daarna gaan lê sy in ‘n skêrposisie tussen Tertia se bene en druk ‘n stuk van die ander kant binne haar op. Terwyl sy die ding met haar een hand in plek hou, begin sy ritmies te pomp. Sy leun na die kant en ek druk my stywe voël met die kondoom oor binne haar mond. “Goeie bliksem” spoeg Tertia uit.
Die toneel wat voor my afspeel, skakel al my sintuie aan soos iemand onder die invloed van een of ander opknikker chemiese middel. Die nat seksgeluide van die twee vrouens en ons aansporings lui kristalhelder in my ore. Kim-Ly begin praat in Viëtnamees en ek voel dadelik hoe ons al drie nader aan die afgrond beweeg. Wat na ‘n ewigheid voel, stop sy en trek die dildo uit hul poesies en druk die kant wat binne Tertia was in my mond en terselfdetyd lek sy haar kant skoon. Ek’s so aangedraai deur dit alles, ek lek daai rubber piel met dierlike slurpgeluide.
“I make you come” sê sy. Sy beveel Tertia om te draai op haar rug en met haar kop te lê op die kant van die bed. Vervolgens gaan staan sy hande-viervoet oor haar met daai lieflike boudjies in die lug en haar poesie net bo haar gesig. Tertia trek die Oosterling se kwakertjie oop en ek begrawe myself tot teen my lyf binne haar en pomp vir die vale. Met my harde manlikheid wat in ‘n vreemde poesie in en uit pomp sentimeters van haar gesig, klimaks Tertia met ‘n harde kreun uit haar keel. Kim-Ly hou aan om haar klit te byt en te lek en sy wriemel soos ‘n akkedis wat sy stert afgegooi het. Ek voel hoe haar slymskede oor my begin klem en ek skiet myself leeg met ‘n harde kreun in die kondoom.
Nadat Kim-Ly die deur toegemaak het, draai Tertia na my, sit haar arms om my middel en druk my vas teen die donker muur aan die oorkant van die straat, “Jy’s myne en ek sal enigiets vir jou doen”. Iewers uit ‘n nagklub hoor ek die Beatles sing, ….” Oh I get by with a little help from my friends”…..
1 COMMENT
Lekker storie die!