
8 Verskonings wat jy nie meer kan gebruik as…
Die meeste van ons word so een of twee keer in ons lewens deur ‘n sappige verbode vrug aan die groener kant van die draad gelok. En sommige proe aan daai vrug. Want lus. Oscar Wilde het famously gesê “The only way to get rid of temptation is to yield to it,” wat dalk ‘n cool lewensuitkyk is, tot die oomblik wanneer jy uitgevang word. En dis dan wanneer die tried en trusted verskonings begin.
Die probleem is egter dat as ‘n mens ‘n verskoning te gereeld gebruik dit later nie meer waar klink nie. Selfs al is dit soms wel waar. En dis nog erger as bekende mense jou moontlike verskonings so hard en luidrugtig in die media gebruik dat dit later hol klink en nie meer enige oortuigingsvermoeë het nie.
Dit is soms moeilik om by te bly met watter verskonings opgebruik is en wat nie. Hier is ‘n lysie van verskonings waarmee jy nie meer gaan wegkom nie.
1. Die Hansie-bouncer. “Die Duiwel het my dit laat doen.” Ja, hy het jou seker met sy vurk in die gat gesteek totdat jy ingestem het om sy evil bevel te gehoorsaam. Nool. Jy kan net sowel sê “die unicorn se horing was onweerstaanbaar groot” of “Pandora se dosie het my betower.” Al daai val in die mystical-bouncer kategorie – die een wat danksy Hansie nie meer deur enige intelligente mense buite Pretoria-Oos aanvaar word nie.

2. Die Zuma-Eish-likheid. “Eish, ek het nie geweet nie.” Hierdie verskoning het goed gewerk in daardie situasies waar jy op heter daad betrap is. “Ek het nie geweet ‘n stort was nie sekere soorte sif van totties af nie.” “Ek het nie geweet firepoolseks is ook seks nie.” ” Ek het nie geweet my vroue het alweer die huisbudget overspend nie.” ” Ek het nie geweet sardientjies is nie vis nie.” Jou variasies was iets soos “ek het nie geweet soen is ook seks nie” of “ek het nie geweet dis jou suster nie.” Whatever. Daai ene is nou so bruikbaar soos ‘n chicken-coup vir ‘n KFC aficianado.
3. Die Bill-shitter. Hierdie voormalige leier van die vrye wêreld het twee verskonings vir ewig opgedonner. “I did not inhale” is die eerste. Die feit dat iemand die selfbeheersing het om ‘n zol so te waste is erg genoeg, maar deur hierdie verskoning so ligtelik te gebruik het hy ook ander variasies daarvan futloos gemaak. “Sy het nie gesluk nie” of “ek het nie gekom nie” is twee wat nou nie meer as geldige get-out-of-jail-free-cards aangevoer kan word nie.
4. Die Doubill-speak. Bill Clinton se tweede ene is selfs meer damaging vir die verskoningsoekers van die wêreld. Die Doubill-speak is wanneer jy iets sê maar presies die teenoorgestelde bedoel. Amper soos opposite day. “I did not have sexual relations with that woman” het daai verskoning-opsie finaal vir almal opgefok.
Die Oscar-trilogie. Ons eie held van die lang lemme het reeds drie briljante verskonings geruineer en steeds is dit einde niet.

5. Die Deurstop. “I don’t know, My Lady.” Ja, ons hoor so. Ons noem dit die deurstop omdat dit dadelik enige gesprek eindig asof jy ‘n deurdaarop toegeslaan het. Want jy weet nie. Soos jy nie weet watter kleur jou eie oë is en of jy vanoggend jou tande geborsel het nie. Soos jy nie weet of julle klere aan of uit was nie. Daai soort onkunde. Oscar het die badkamerdeur toegemoer en daai verskoning se vingers daarin afgeslaan. “Ek weet nie” as verskoning is moertoe, jou honour. En jy dus ook.
6. Die strontoloog. Ontologie is die filosofiese studie van die aard van realiteit. Met “I did not interpret it that way” kon jy in die verlede nogal ver kom. “Ek het oop huwelik anders as jy geinterpreteer.” “Wat is vryheid nou eintlik?” Omdat daar in elk geval nie iets soos absolute waarheid is nie, was hierdie filosofiese benadering tot ‘n benarde posisie een van die mees effektiewe. Nie meer nie. Want Oscar. En omdat vrae oor waaiers en alarmstelsels nie regtig filosofies benader kan word nie.
7. Die moeg-oe. Granted, hierdie verskoning was een wat gewoonlik net tydelike verligting kon bring, maar mens weet nooit wat kan gebeur as iemand net eers tot tien(duisend) kan tel nie. Oscar is egter tsetsevliegmoeg. Aanhoudend, my lady. Want stres, woes. Oscar het jou slapie kortgeknip, ou pel. Verwag hardvogtigheid as jy in die toekoms daai kaart wil speel.

8. Die Eva–ngelie. “Die slang het my verlei en toe chow ek daai appel.” Hierdie pass-the-buck sentiment het deur die eeue net so dun geskaaf as die “it takes two to tango” antwoord daarop. Vroue werk egter hard om die ene te probeer red, want dis soveel makliker om die “ander vrou” as jou man te haat. Slang en die vrug van goed en kwaad se onbetaamlike wellusdans sal aanhou so lank as wat die maan om die aarde draai. Daai is ‘n feit, nie ‘n verskoning nie. Spot the difference, want teen hierdie tyd tel Eva se verleidingstorie nie baie punte nje.
So daar het jy dit. Dis tyd vir die smal weg … of vir nuwe kreatiewe verskonings. 😉
1 COMMENT
Uitstekend geskryf. Sal nou regtig aan nuwe verskonings moet dink.