Wraak
deur Saffie
“Ek gaan jou vanaand naai soos ‘n teef op hitte… Jou gebruik soos ‘n manlike slet… Ek soek als van jou… Daai paal van jou in my poes… Jy moet my opfok, my seermaak… Ek wil weer lewendig voel… Soos ‘n regte vrou… Fok ek’t dit gemis….. kom hier en byt my”…
Tot hierdie aand was ek en Amelia net vriende. Ons was saam op hoërskool. Nooit in dieselfde klas nie. Ons het nou en dan met mekaar buite die snoepie gepraat en grappies gemaak. Sy was beslis nie jou perfect size 10 girl nie. Sy was wat die ou mense na verwys het as “mollig”. Of nog aakliger, “groot”. Sy’t altyd vir die groot ouens gegaan. Nie vir laaities soos ek nie. Alhoewel, ek’t besef sy hou van my. Sy mag wel groter as die ander meisies gewees het, maar sy’t alles gehad. Die mooiste smile met blou oë en lang blonde hare. Die mooiste groot ronde borste met ‘n die lieflikste cleavage en bowenal, persoonlikheid.
Daarmee plaas sy haar bene wyer uitmekaar op die paar stiletto’s en leun terug teen die eetkamertafel. Die wit hold-up kouse sit styf om haar bobene en haar borste hang swaar in die kantbra. Die heuwel tussen haar bene is skoon, behalwe vir ‘n klein driehoekie kortgeskeerde hare reg bo haar klit. Ek staan nader en ruk die bra rof van haar borste af sodat beide uitpop. Sy gooi haar kop agteroor en ek gaan staan naby haar dat my horing teen haar vroulikheid en die onderkant van haar maag druk. Ek byt haar net bo haar linker tepel en voel hoe haar bobene begin bewe soos die gevoel van lus en pyn haar oorweldig. Ek hou aan byt tot ek die sout smaak van bloed in my mond proe.
Na universiteit is sy met Chris getroud. ‘n Reus van ‘n man en saam het hulle twee pragtige seuns gehad. Chris was ‘n baie suksesvolle sakeman. Sy loopbaan het hom baie besig gehou. Amelia was voltyds huisvrou. As gevolg van finansiële sekuritiet kon sy haarself deur die jare goed versorg. Later toe die seuns groter was, het die drie manne in die familie al meer dinge op hul eie begin doen. Hulle het saam gaan kamp, golf gespeel, rugby gekyk, Le Mans in Frankryk. Amelia het teruggetrek en leë vriendskappe met ander huisvroue aangeknoop. Chris het in sy laat veertigs toe die seuns uit die huis was totaal oorgewig geword en meer begin drink, soos die goeie lewe hom ingehaal het. Van nabyheid en seks was daar geen sprake meer nie.
Ek lig my kop op en soen haar hard op die mond. Ons lek mekaar se gesigte in ‘n mengsel van spoeg en bloed. Sy lig haarself op die tafel en stamp beide whisky glase en die ysbak op die tafel om. Ek druk haar verder terug oor die nat tafel en sprei hare bene oop, terwyl ek uitreik na die bullet vibrator wat langs haar lê. Ek sit die ding aan en druk dit heeltemal weg in haar kringspier, terwyl ek gulsig aan haar klit begin suig en byt. Die reuk van haar nat seks, whisky en parfuum, bring beelde van ander stormagtige aande met vrouens in my gedagtes op. Sy skeur byna my ore van my kop af toe sy klimaks met ‘n roggel uit haar keel, ….”jissus hier kom ek jou vark”….
Almal was verbaas toe die twee se paaie geskei het net na haar 50ste verjaardag. Na al die jare se verwaarlosing wou sy haar vroulikheid terugeis. Sy wou weer mens wees. Vrou wees. Die gemeenskap verstaan nie daardie gedeelte van ‘n vrou nie. Sy’t twee seuns grootgemaak. Sy was altyd daar vir hom. Sy’t hom ondersteun wanneer hy moeg was en hom geprys en beloon wanneer hy presteer het. In ruil het sy niks terug ontvang nie. Later net ‘n vet man wat saans half dronk langs haar lê en snork en poep het. Haar goed versorgde hande, hare en lyf het ongesiens verbygegaan. Sy’t hom begin verafsku. Sy’t mans in die algemeen begin haat. Almal was vir haar dieselfde met hul boeppense en groot 4X4’s.
Ek trek die vibrator uit haar anus en ons kyk mekaar hygend in die oë. Vir ‘n oomblik flits die AC/DC song “Whole lotta Rosie” deur my kop. Ek klim hande-viervoet oor haar op die tafel en suig haar stywe tepels terwyl sy haar lang naels in my rug inslaan. Die bloed sypel uit die opgehewe bytmerk aan haar bors. Skielik druk sy my van haar af en draai my op my rug. Die tafel kraak onder ons gewig. Sy hurk wydsbeen oor my bobene en trek my draad so hard dat ek my oë vir ‘n paar oomblikke toeknyp. Sy’t ‘n effense rol om haar maag en ek vind dit ongelooflik aantreklik. Ek’s rasend van jagsheid en gereed om haar vol te pomp tot die wit skoot by haar mond uitkom. Sy hou my piel regop en weg van my lyf, lig haarself effens op en stamp dan haar slymsloot oor my in een beweging.
Ons het mekaar per toeval twee jaar na haar egskeiding by ‘n wynproe raakgeloop. Ons was baie bly om mekaar weer na al die jare te sien. Die seksuele spanning was steeds daar. Na ‘n paar wyne, moes ek haar lewensverhaal aanhoor. Met dit uit die weg, wou sy weet hoe hou ek myself so jonk. Ek lyk en reageer glad nie soos mans my ouderdom nie. Sy wou weet of ek net vir maer girls gaan. Ek’t haar nog altyd ongelooflik aantreklik gevind. Ek’t nader gestaan en haar speels om haar middel gevat en saggies in haar oor gefluister dat sy nog net so mooi is soos altyd. Sy’t effens verstyf en dood ernstig vir my gesê dat sy jare laas seks gehad het. Toe kom die uitnodiging om haar huistoe te volg, indien ek bedoel wat ek so pas gesê het….
Terwyl Amelia my met lang hale pomp, slaan ek albei haar ronde boude so hard as ek kan. Die klapgeluide weergalm in die voorkamer. Sy trek my uit haar, draai om en hurk weer oor my en druk my voël sonder seremonie in haar kringspier. Ek lig myself op my elmboë en sien hoe sy haar spleet met twee vingers voor ooptrek. “Skiet my vol, ek’s reg om te kom” skree sy. Alles begin stadig te beweeg, die pompende boude, my gelyktydige stampe, die gille in my ore is dof. Ek voel die klemming van haar kringspier en begin onbeheersd te klimaks. Deur ‘n wasigheid sien ek hoe sy alle beheer verloor en die vroulike ejakulasie en urine loop oor my maag en een heup.
Amelia klim van my af en help my van die tafel. Sy kom staan teen my met haar hande op my heupe. “Dit was die soetste wraak op Chris. Wens net ek kon dit gedoen het terwyl ons nog getroud was”.
1 COMMENT
Baie lekker storie!