Verkyker (1)
deur Rudi
Saterdag. Dit is nie ʼn grap om te trek nie. Ek is uit die woonstel geskop, omdat die bure by die eienaar gaan kla het ek rook zol af en toe. Poese.
Dit is seker maar ʼn goeie ding, want in die vyf jaar sedert ek by die woonstel ingetrek het, het ek al ʼn paar keer ʼn verhoging gekry. Ek trek nou na ʼn huurhuis toe, net vir so ses maande, dan wil ek koop. Mens kan nie alewig iemand anders ryk maak nie. Daar is net twee huise op die plot. Die een wat ek gaan bewoon en die groter huis langsaan. Ek het nog nie die eienaar van die plot ontmoet nie, maar die agent het gesê hulle is ʼn gawe paartjie en hou van kuier, so ek kan maar ʼn partytjie gooi as ek wil.
Die agent, Minda, is ʼn sexy rooikop. Die laaste wat ek van haar gesien het, was die beweging van haar stywe boudjies in ʼn noupassende swart langbroek toe sy by die deur uitloop nadat ek die kontrak geteken het. Ek dink daaraan om haar te nooi vir ʼn drankie. Sy lyk nie na die fliek-tipe nie.
Al my bokse staan in die huis. Nou moet ek begin uitpak. Die slaapkamer is bo, met die houttrap op. Die werkers het hulle nie aan my skrywes op die bokse gesteur nie, met die gevolg dat my kombuisgoed en breekware nou bo in die slaapkamer is en my slaapgoed en klere in bokse op die kombuisvloer staan.
Dit is amper middel Augustus, maar dit is warm. Ek trek my hemp uit en gooi dit eenkant toe. Ek tel ʼn boks lakens op en dra dit boontoe, kom af met ʼn boks glase. Slaapgoed op, kombuisware af. Net toe ek amper klaar is, klop iemand aan die deur.
Ek loop met die trappe af. “Ek kom!”
Ek mis amper die laaste trap. Sy het al klaar by die voordeur in geloop. ʼn Blondine. Haar borste druk teen ʼn wit bloes, en sy het ʼn kort swart miniromp aan. Swart hoëhakskoene. Blou oë.
Sy steek haar hand uit. “Wanda. Ek en my man besit die plot,” sê sy saaklik.
“Aangenaam, Rudi,” sê ek.
Sy gee vir my ʼn kaartjie aan. “As hier probleme is, bel my.”
Ek neem die kaartjie. Wanda Minnaar. Geoktrooieerde Rekenmeester, lees ek.
“Moenie my onnodig bel nie,” sê sy, draai om en loop uit. Ek kyk haar agterna.
Ek mymer ʼn oomblik. Minnaar… die agent, Minda, se van is ook Minnaar. Familie?
Ja, waarskynlik. Hulle popmooi gesigte lyk nogal na mekaar. Niggies? Susters?
Ek gaan boontoe en maak my bed op. Die res kan wag, solank ek kan slaap vanaand, is dinge vir eers reg.
Ek het darem gordyne wat pas en begin hulle ophang. Vanuit my venster kyk ek reg in die groot huis se agtertuin in. Die swembad is aanloklik blou.
Ek is net klaar met die binnegordyn, toe ek sien iemand loop na die swembad toe. Wanda. Fokkit! Sy het ʼn klein rooi bikini aan en strek haarself op ʼn dekstoel langs die swembad uit. Ek staan effens terug, verder agter die binnegordyn dat sy my nie kan sien nie.
Ek sal wat wil gee om tussen haar mikke te lê, dink ek. Sy lê op haar rug met haar bene effens oop. Dit is te ver vir my om mooi te kan sien, maar ek is seker haar poeslippe maak ʼn kameeltoon tussen haar mooi lang bene. Dalk druk haar tepels knoppies uit die rooi stukkies lap.
Ek kom eers agter ek het ʼn horing toe ek myself staan en vryf.
Ek skrik en tree vinnig terug toe iemand weer hard aan die deur klop. Shit! Ek keer twee bokse op die vloer om en trek ʼn loshangende T-hemp net so gekreukel aan. Ek loop af.
Hy is seker veertig. Lang hare, netjiese baard, T-hemp met ʼn daggablaar op, kortbroek en plakkies.
Hy stel homself voor, Dewald Minnaar. Ek groet terug.
“Wat dink jy van my vrou?” vra hy.
“Jou vrou?”
“Wil jy haar naai?”
Hene hel. Grap die ou of wat?
“Nee, ek…”
“Goed so, dan verstaan ons mekaar.”
Hy bars uit van die lag, haal ʼn banksakkie iets uit sy broeksak en gooi dit vir my. Ek vang. ʼn Sakkie dagga.
“Welkom!” sê hy en loop weer uit. “Enjoy!” roep hy oor sy skouer en dan is ek weer alleen.
Die eienaar se vrou gee vir my ʼn horing en hy gee vir my dagga om my welkom te heet. Nie sleg nie, glad nie sleg nie, sal ek sê. Wat is die catch?
Ek hardloop met die trap op en kyk by die venster uit. Sy lê op haar maag met haar kaal boude in die son. Langs haar op die plaveisel lê die bikinibroekie soos ʼn rooi verfspatsel.
Wil ek jou vrou naai? Ja, ek wil. Jissis, hier gaan kak kom. Ek gaan my piel afruk van al die draties as sy elke dag so gaan lê langs die swembad. Sy moet besef ek kan haar sien. Doen sy dit aspris?
Sy staan op en loop na die huis toe. Halfpad gaan staan sy stil, draai om, en waai vir my. Jip, sy weet en sy doen dit aspris.
4 COMMENTS
Opvolg word vereis…
Vokkit!
Ek koop sommer ‘n plot met ‘n swembad!
Ja kyk hoop ook hier kom ‘n ding…………
Rudi..Rudi..jou storie gee my ‘n horing
hier in my kantoor agter die lessenaar !
Kannie wag vir al die opvolge nie, want hier’s baie draaie waar hierdie storie kan draai….
Mmmmm…doen so voort.