Studentepret – ‘n Kersverhaal
deur Jan Pielewiet
Ek sit op King Shaka lughawe wagtend op vlug SAL142 na Kaapstad. Daar is ‘n effense wagtyd aangesien die weer aaklig is en ons nie sal kan opstyg binne die volgende uur nie. Teryl ek by die venster sit en uittuur na die aanloopbaan waar die reën in vlae neerstort dink ek terug aan my finale studentejaar. Ek was ‘n hele paar jaar jonger en natuurlik in ‘n heelwat beter kondisie as wat ek tans is.
My gedagtes dwaal na die Desember vakansie net voor my finale jaar. Soos meeste studente was ek platsak en het ek rondgekyk vir ‘n vakansiewerkie om te help met studieskuld en ook ‘n paar rand te hê om darem ‘n stukkie vakansie met geld in my sak te geniet.
Na ‘n paar onsuksesvolle pogings was ek gelukkig om gekies te wees vir die Kersvader by die groot Pick en Pay. Die mammas met hulle babas en jong kinders het tou gestaan om op my skoot te kan sit vir ‘n foto. Ek moes myself met ‘n boepens pak en grys pruik vermom. My gesig is deur die bestuurder van die winkel se grimeringsdepartment opgedoen met poeiers en goeters om my oud te laat lyk. Om die prentjie af te rond het ek ‘n vals baard met ‘n ronde, swartraam bril, wat gewone glaslense in het, gedra. Ek kon myself nie eers herken nadat die grimeerkunstenaar my elke oggend beetgehad het nie. Tot vandag toe glo ek dat my diep stem, breë glimlag en helder blou oë die deurslag gegee het vir die rol, want ek was hopeloos te jonk om soos ‘n regte Kersvader te lyk.
As assistent was daar so jong dametjie, omtrent my ouderdom, wat die ry beheer het en die kinders opgetel het om op my skoot te kan sit. Dan was nog die laaste deel van die span – die fotograaf en sy assistent wat alles afgeneem het en dan uitgedruk het terwyl die mammas gou in die winkel inhol vir die noodsaaklikstes. Die assistent wat my gehelp het, het baie, baie sexy gelyk met haar kort geruite rooi en groen rokkie, lang groen sykouse en alles was afgerond met kabouter punthoed en skoene, kompleet met klokkies op elke punt. Ons moes ‘n aantrekkamer deel en het mekaar maar so onderlangs uitgekyk elke dag terwyl ons regmaak vir ons sessie. Ek het die meeste tyd geloer na haar pragtige tiete wat sulke bulte onder die loshangende toppie gemaak het. Al het ek hoe hard probeer kon ek nooit meer sien as wat in die openbaar gewys het nie, daar was sulke aantrekskerms wat daarvoor gesorg het, maar net die gedagte dat sy bykans kaal agter die skerm staan, skaars twee meter van my af het my elke keer ‘n onmiddellike pielstyfte gegee.
Oor die twee weke wat ons saamgewerk het, het ek geleer dat haar naam Corlia Aggenbach is. Sy was ‘n derdejaarstudent in kleuteronderwys en verslaaf aan atletiek en ys-ski. Haar ouers het in die Kalahari geboer en sy was alleenlopend aangesien sy al haar aandag aan haar studies gewy het.
Die laaste aand van ons twee weke lange werk kry ek vir Corlia in die aantrekkamer waar sy besig is om haar sak te pak. Tipies vrou is daar honderde botteltjies en kwassies en wat nog alles wat sy nodig gehad het vir elke dag se opmaak. Elke keer as sy buk om nog goed in haar sakke in te pak verkyk ek my weer aan haar besonderse bene in ‘n stywe denimbroek. Wanneer ons vir die laaste keer totsiens sê gee sy my ‘n stywe omhelsing wat ek gebruik om bietjie meer as net ‘n piksoen te kry. Ons tonge dartel in mekaar se monde en verken die diepste hoekies terwyl ons hande oor mekaar se lywe streel. Ek hoor hoe Corlea se asem vinniger en vlakker begin klink wanneer ek haar heupe teen my stywe paal vastrek. Ek voel deur my denim hoe haar koek teen my broek se voorkant skuur en sy my broeknaai soos ek nog nie voorheen gebroeknaai is nie. Dan wanneer ek my hande onder haar bloes indruk, maak my vingers kontak met die sagte rondings van haar borste. Ek voel haar hande verstyf op my boude en dan sug sy diep as ek haar borste vol omvou. Sy treë egter weg as ek my een hand onder haar broek wil indruk en keer my met ‘n: “Stadig boerseun, voor ons altwee spyt is oor wat kan gebeur.”
Ek skrik uit my mymering wakker wanneer ‘n persoon skuins oorkant my gaan sit. Sy het so kort geblomde rokkie aan en ellelange bene wat onder die rand uitloer. Haar bruingebrande vel steek skerp af teen die wit bloes met ‘n swart bra wat stuitig uitloer. Beslis ‘n vrou wat nie skaam is om haar lyf te wys nie. Die eerste tekens van plooie in haar nek getuig dat sy nie vandag se kind is nie en die kreukels langs haar oë verraai dat sy lief is vir lag. Haar gespierde bene laat my vermoed sy doen aktiewe werk of is ‘n sportpersoon. Wanneer sy sien ek kyk haar uit gee sy my ‘n knipoog en kruis haar bene sodat haar rompie effens opskuif en haar ellelange bene nog beter vertoon. Dit wil amper vir my lyk of sy so ‘n swart nommertjie onder aan het, maar dalk is dit ook maar net my verbeelding. Dan word ons vlug se hek uiteindelik ge-open en kan ons begin om na die vliegtuig te beweeg.
Ek het spesiaal vroeg ingeboek sodat ek in die heel agterste ry by die nooduitgang kan sit waar die beenspasie effens meer is. Die meeste mense is al in die vliegtuig as ek my sak in die oorhoofse kajuit stoor en my sitplek inneem. Die vliegtuig is so ontwerp dat daar is slegs twee sitplekke in dié ry is aangesien die toilet skuins agter my is, aan die oorkant van die paadjie wat in die middel van die vliegtuig afloop. Ek het skaars gesit of ek hoor iemand praat. Dit is ‘n klokhelder stem wat my aandag trek en as ek opkyk is dit die vrou van die lughawe wat vra of ek haar aseblief sal help om haar handbagasie in die oorhoofse ruim te laai. Sy gee ‘n groot sak en ‘n kleiner handsak vir my aan wat ek sommer maklik in die spasie langs myne indruk voor ek weer my sitplek langs die venster inneem. Wanneer ek weer sit flits dit deur my brein dat dit nogal aangenaam sal wees as die dame langs my sit en nie een of ander sweterig oorgewig persoon wat hard asem haal nie. Ek kyk op om te sien of ek kan sien waar sy gaan sit en staar vas teen haar magie waar sy rek om iets in haar handsak te sit of te kry. Ek ruik haar subtiele parfuum en verstom my aan die lyne op haar magie. Wanneer sy gekry het wat sy gesoek het sien sy ek staar alweer na haar en gee ‘n klokhelder laggie.
En dan kom sit sy reg langs my!
“Hou jy van wat jy sien?” is haar eerste woorde.
“Jy is goed ge-oefen,” kom my eerste gedagtes oor my lippe.
Sy lag weer en sê dat sy so pas van die nasionale atletiek vir seniors se jaarlikse proewe terugkom waar sy vir die internasionale spele gekwalifisser het. Sy doen drie verskillende baannommers en het in twee goud en in een silwer gekry.
Ons gesels gemaklik todat die vliegtuig begin om gereed te maak om op te styg en die bemanning die voorvlugafkondigings doen. Ek lag stilletjies vir die kostelike manier waarop die lugvaartman vir ons beduie waar die uitgange is, hoe om in watter noodsituasie op te treë en dan wens hy ons ‘n aangename vlug toe. Met die wegtrek voel ek hoe die vrou langs my na my hand tas en dan dit styf vashou terwyl ons opstyg. Sodra ons in die lug is laat los sy en vra dan omverskoning dat sy so voorbarig was om na my te gryp, maar alhoewel sy gereeld vlieg is sy vreesbevange elke keer as sy opstyg. Gewoontlik vlieg haar man saam met haar, maar hy het ander verpligtinge gehad en kon nie saam vlieg nie.
Watter teleurstelling vir my, maar ek moes seker kon raai iemand so mooi en gaaf soos sy sal al lankal getroud wees.
Ons was skaars in die lug en die veiligheidsgordels se liggies is afgesit of daar is turbulensies en weer word my hand gegryp nog voor die kaptein die veiligheidsgordels se liggies weer kon aansit. Ek tree maar gerusstellend op en wanneer die vlugkelner verbykom vra ek vir ‘n kombersie om die dame mee toe te gooi. Die vliegtuig ruk en skud en dan is die kelner terug met ‘n redelike groot kombers wat ons oor beide van ons se bene gooi. Die vrou trek my hand oor na haar kant en plak hom op haar been en dan voel ek hoe ek kontak maak met haar ontblote vel. Haar rokkie het effens opgery sodat ek die sygladde vel onder my vingerpunte kan voel. Sy het haar kop teen my skouer laat sak en ten spyte van die ongemaklike posisie in die vliegtuig dit reggekry om teen my te nestel vir beskerming. Haar hand het intussen ook rondom my maag gevou en onder die beskerming van die kombers voel ek hoe sy liggies oor my maag vryf. Ekself het my liggaam ook redelik goed in stand gehou deur daagliks in die gym te gaan draai voor ek werk toe gaan. Wanneer sy effens versit voel ek hoe my hand so bietjie opskuif tussen haar bene sodat ek die hitte van haar vroulikheid teen my hand kan voel.
Ek voel hoe sy haar hand stadig teen my maag afbeweeg en dan streel sy oor my piel se kop wat nou stokstyf aandag soek. My liewe fok, wat gaan nou aan? Hier sit ‘n wildvreemde getroude vrou langs my en begin met my horing speel. Nou ja, altyd man en altyd lus laat ek my nie twee keer nooi nie en ek laat my vingers ook verder opwaarts verken. Wanneer my vingerpunte teen haar pantie kontak maak voel ek hoe sopnat sy alreeds is. Lyk my die vlug is meer ‘n lusmaker as ‘n bedreiging vir haar. Ek verken die kante van haar lippies met my pinkie en dan laat glip ek my een vinger onder haar broekie in. Teen die tyd het sy al haar hand in my broek ingewurm en krap sy my lengte van my paal deur my Kelvin Klein onderbroek.
Die opwinding van dit waarmee ons besig is laat my piel sy eerste prekom opstoot en wanneer die vrou haar hand onder my onderbroek inwurm gly haar duim in die sous wat sy oor my pielkop invryf. Ek laat los ‘n kreun en dan ruk my kop op om te kyk of iemand sien waarmee ons besig is. Gelukkig is die bemanning heel voor in die vliegtuig en niemand kyk om nie. Ek het intussen haar pantie kant toe geskuif en begin haar klit nou met mening vryf. ‘n Paar minute later verstyf haar liggaam soos haar eerste orgasme deur haar spoel. Ek moet net keer of ek kom dieselfde tyd in my broek. Gelukkig verstaan sy as ek haar vinnig bewegende hand vashou en sy gebruik die geleentheid om my pielkop hard tussen duim en voorvinger vas te druk. Beslis iemand wat weet wat sy doen aangesien my opbouende orgasme net daar gestop word.
Dan kom die aankondiging dat ons oor tien minute begin om te land en almal moet asseblief regmaak vir die landing. Die vrou staan vinnig op en verdwyn in die toilet. Wanneer sy vyf minute later uitkom stop sy haar deurdrenkte broekie in my hand en fluister in my oor dat dit my aandenking is om dankie te sê.
Terwyl ons land wonder ek of ons nou deel is van die Mile High Club of is dit slegs vir mense wat wel seks in ‘n vliegtuig gehad het. Wanneer ons vliegtuig gestop het, haal ek ons albei se bagasiesakke uit en gee die vrou se sak vir haar. Sy stap voor my uit die vliegtuig uit en weereens verkyk ek my aan haar gespierde bene. Gelukkige man wat met haar getroud is… die wetter.
Ek gaan kry my tas by die “carousel” en wanneer ek buite kom sien ek weer die vrou waar sy op die parkeer area staan by ‘n verlate taxi staanplek.
“Kan ek jou ‘n geleentheid aanbied of wag jy vir iemand?”
Sy aanvaar my uitnodiging en stap saam na my voertuig in die parkeergarage. Sy klim voor langs my in en met die wegtrek sê sy: “Ek kan nie wag om ons kinders weer te sien nie, dink jy hulle het ons darem gemis?”

Soos altyd, ‘n netjiese stukkiie werk Jan. Dankie ek het dit geniet en dit het my herinner aan soortgelyke ervarings in my eie lewe. Hou aan skryf, jy kan maar!