Soen – alweer :)
kombiekiehier sodat ek jou kan soen. Lank en diep. Want ons het reeds voorheen oor soen gepraat en ons gaan beslis weer.
Kan jy jouself indink hoe dit sal wees om ‘n vreemdeling te soen – ordentlik te soen? Dis skaam en mooi. Kyk hoe het hierdie mense dit beleef:
3 COMMENTS
Ek het in ’94 in Londen by die Springbok bar met ‘n meisie gesit en soen wat gevoel na ure, my been het aan die ‘slaap’ geraak en ek het dit ignoreer. Dit het amper ‘n maand geneem vir my been om ten volle te herstel!
Het eenkeer lank terug in ‘n club tydens ‘n foam party aan die soen gegaan met ‘n wildvreemde meisie. Lank en aanhoudend en toe wil sy later nie my ore uitlos nie. Haar tong was ook buitengewoon lank en soepel. Dit was weird-lekker-opwerkend toe sy haar tong ‘n paar kere baie diep in my oor probeer druk het. Sy’t my ore gevry en gesoen en gelek dat my hele lyf later gekielie het.
Klink sexy! 😉