Sexpo 2014
Lente is mos die tyd van die jaar wanneer LUS in hoofletters gespel moet word. Dit is die tyd wanneer hormone met jou weghardloop, allerhande avonture uitgeleef word en niks regtig so ontoelaatbaar lyk nie. Lente se ander naam is versoeking en as jy dit wil weerstaan moet jy liewer nie Sexpo 2014 bywoon nie.
Want by Sexpo gaan jou lus oorloop.
Sexpo vind die naweek van 25 tot 28 September 2014 by die Gallagher Estate in Midrand plaas en belowe om vogtig-makende vermaak uit die boonste rake te verskaf. Wulpse sterre van die volwasse film bedryf wat te sien sal wees is Jada Stevens, Jesse Jane, Tanya Tate, Bonnie Rotten en Vicki Chase. Die dames sal oor Prince Yahshua se spiere kan drool.
Dansgroepe soos The Lala’s, gechoreografeer deur Erin Lamont , die Titans (nie die krieket-variasie nie) en X! gaan almal warm dans, terwyl Pricasso weer met sy penis skilderye gaan OPtower. By Sexpo sal jy by Durex kan leer hoe om gesond seksueel te wees en kinky plesiere in die Kinx Fetish sitkamer uittoets. Inkopies is sommige mense se grootste plesier en alles van volwasse speelgoed tot sexy onderklere sal by Sexpo te koop wees.
Teazers gaan, vir die eerste keer ooit, hulle Teaze without the Sleaze na Sexpo toe bring en die vroue sal by Pulse Boys en TeazeHers hulself op kan werk 😉 Was jy nog altyd nuuskierig oor die Swinger-scene? Gaan gesels met die mense by Pharaohs of loer by die Voyeurs se sitkamer in.
Daar is die spreekwoordelike iets vir almal by Sexpo 2014. So hou daardie datums oop en kom word lus. Miskien sien jy nog vir kombiekiehier ook daar …
Gaan kyk gerus hier vir meer inligting.