Rooi gevaar
deur Saffie
Amsterdam – die stad van sondes. Rooiligdistrik, De Wallen, strip joints, live sex, peep shows, Walletjes, dagga, koffieshops, brown cafés, dope dealers, Vondelpark, noem maar op. Toeriste word na die stad getrek, deur die wonderlike kultuurskatte, maar uiteindelik maak almal ‘n draai by De Wallen, die rooiligdistrik waar wettige prostitusie bedryf word.
‘n Mens word verplaas in ‘n totaal ander wêreld met jou aankoms. Die rooiligte wat weerkaats op die kanaal en die vrouens wat hulself uitstal in hulle eie privaat vertoonvensters. Groot, vet, klein, maer, jonk, oud, wit, bruin, swart, noem maar op, alle soorte is daar. En hulle voorsien in almal se behoeftes – van blow job tot blaasleegmaak.
Ek’t my beursie met kredietkaarte en paspoort in die hotelkamer gelos. Dis nie die eerste keer dat ek hierdie trippie maak nie. ‘n Rol Euronote pas ongemaklik in my jeans se sak. Vir vanaand is my skuilnaam John. In hierdie wêreld maak mens seker jy kry maksimum plesier, maar bly so anoniem as moontlik.
Threesomes is my ding en daarvoor reis ek ver en is bereid om te betaal. Op die hoek van Monnikenstraat klop ‘n girl teen haar venster terwyl ek verbystap. Sy’t ‘n dildo in haar hand, so groot soos ‘n hings sy peester. Ek stop en chat vinnig, sommer net vir die sports. “For €125 I’ll show you a good time and the most fexible pussy in Amsterdam” – ek lag net en sê dalk maak ek môre aand ‘n draai.
Twee Oosterlinge staan hand-om-die-lyf in hul vertoonvenster. Beide is aangetrek in swart lingerie en knie hoë swart leerstewels. Nou ja, ‘n boerseun kan baie dinge weerstaan, maar nie black high heels nie. Ek klop en beide koer toe hulle die deur oopmaak. Hulle stel hulself voor as Brandi en Alice. Beslis die name iewers uit ‘n pornfilm gekry. Terwyl ek oor die prys kibbel, streel die een my arm en sê, “we’ll show you the best time in Amsterdam and very happy ending”. Dis als natuurlik bullshit, maar my korasie loop naby aan rooi gevaar. Die finale prys is €165, ek kan doen wat ek wil, maar geen gesoenery nie, moet ten alle tye met penetrasie ‘n kondoom gebruik en enige spesiale versoek is €10 ekstra.
Die deur word gesluit en die gordyntjie toegetrek. Die reuk van soet parfuum en lugverfrisser is oorweldigend, maar ek’t lankal besluit vanaand gaan ek pret hê, waarop ek vir maande kan teer. Die bed is spierwit oorgetrek met ‘n vars laken wat teruggevou is. Daar’s ‘n stoel in die een hoek van die kamer en ek word daarheen verwys. Een van die meisies skakel die iPod aan en die klanke van Phil Collins vul die kamer. Hulle dink seker ek’s Engels.
Sonder seremonie kom staan die twee voor my en begin mekaar te streel. Net daar kom my eerste spesiale versoek. Ek vra dat hulle op die bed klim en mekaar se koekies lek. Ek sou €20 vir daai versoek betaal het! Toe ek sien hoe hulle mekaar se panties na die kant trek en daai nat tonge deur die pienk spleetjies speel, voel ek ‘n drukking in my broek wat nie gou sal weggaan nie.
Ek dink altyd aan my eie voël as ‘n jaggeweer. Vanaand is dit beslis ‘n swaar kaliber, reg om die grootste prooi om te fel. Ek haal hom uit deur my gulp en skuif my boude af op die stoel. Ek’s stokstyf en ek trek hom so ‘n paar keer, net om seker te maak die loop is reguit en die magasyn vol.
Die twee meisies giggel beide – “steady John, don’t blow your load now”, sê die een. Ek was nog nooit skaam om voor girls uit te trek nie en met my jagsheid wat nou geen perke ken nie, staan ek op en stroop my klere af. Ek trek die bedkassie se laai oop. Dis byna tot bo vol kondome. Met ‘n aarbeigeur Durex op my manlikheid, gee ek spesiale versoek nr 2. Ek soek hulle bo-op mekaar op die kant van die bed.
Brandi is op haar rug met haar boude op die kant van die bed en haar bene wyd oop. Haar stewels se hoë hake verseker dat sy haar voete op die grond kan plant. Alice gaan kniel oor haar met haar lieflike agterstewe in die lug. My vel tintel soos ek in verwondering staar na die twee skoongeskeerde koekies voor my. Ek druk my horing teen die onderste ligbruin skaamlippies. Na ‘n aanvanklike weerstand glip ek in haar warm plesierpaleis.
Terwyl ek begin pomp vir die vale, klap ek elke nou en dan vir Alice op haar boud. Met elke hou giggel die meisies meer. Alice se kwakertjie is volgende en dis ‘n sopnat spleetjie. Die gepompery word vinniger en harder en ek ruil meer om – onder, bo, onder, bo … Die lus maak my effens lighoofdig, maar ek hou aan. Dis om soos jou lekkerste stuk skaapribbetjie te eet. Die vet sit naderhand op jou vingers en om jou mond. Jy weet dis ongesond (behalwe as jy ‘n Tim Noakes volgeling is), maar jy kan jouself nie stop nie.
Ek voel die bekende klemming diep in my lende en besef dis tyd vir ‘n doodskoot. Daarmee staan ek effens terug en trek die Durex van my manlikheid af. Voor die meisies besef wat aangaan en ek ‘n derde spesiale versoek rig, pluk ek myself tot oor die afgrond en spuit my manroom op daai twee pragtige poesies voor my.
“I can feel it coming in the air tonight”… hoor ek Phil Collins se stem in die agtergrond…
2 COMMENTS
Lekker storie Saffie!
Daar’s niks lekkerder as ‘n driesaam nie, maar dan moet dit met keurige tweetallery gepaardgaan. Dit kom daarop neer dat twee saamspan om die derde een te plesier.
Die dames kan eers tweetal om jou te plesier – jou vool en ballas suig en lek. Terwyl een jou ballas vertroetel, lek en suig die ander een jou vool. Of hulle suig jou vool beurtelings. Daarna kan jy en die een dame tweetal om die ander een se tieties en poesie gelyktydig te vertroetel en haar op haar mond te soen – weer om die beurt. Later tweetal jy weer met die ander dame om dieselfde vir jou eerste tweetal-maatjie te doen. En as jy uiteindelik een van die twee se koekie binnegaan, dan is jy en ander een weer in ‘n tweetal. Jy gee aan die poesie aandag terwyl die ander een haar tiete vertroetel – as jy in die missionêre posisie is. En as jy haar hondjie kan sy die dame se tieties en boude om die beurt streel. Sy kan ook haar klitoris vryf.
Al wanneer die getweetal-konsep ‘n bietjie in die grys gebied kan begin inbeweeg, en almal vir almal plesier, is wanneer jy besig is om die een dame te spyker – of sy vir jou. Terwyl jy die steekwerk missionêr doen kan jy die ander dame se dosie of tieties met jou een hand vertroetel en kan jy haar ook soen. Of sy kan haar agter jou posisioneer en met jou neute speel. As een dame jou ry, kan die ander een ook met jou knaters speel. Sy kan selfs by die punt van konneksie tussen jou en die ander dame ‘n bietjie lek. Dit kan sy natuurlik ook doen as sy met haar kop onder jul onderlywe lê terwyl jy en die ander een hondjiegewys naai. En sy kan in hierdie posisie natuurlik ook die ander dame se klitoris met haar vingers stimuleer.
Ai, hoe styg my koerasie nou!