Rolbal

0
Hoe lank gaan ek lees: 5 minute

deur BG

Van alle plekke sien ek die vrou wat my oë soos ’n mot na hare trek in die propvol rolbalbaan se groot saal.  Ek is ongemaklik, want Dirkie staan langs my en kyk met ’n vraag in haar oë na my toe die vrou onbeskaamd en uitlokkend na my kyk en dan nadergestap kom deur die magdom mense.

Girlfriend van twee weke sit haar hand om my middel.  Ek is bewus daarvan, maar kan my oë nie van die blond wat aangestap kom afhaal nie.  Haar borste sien ek in die periferale visie van my oë, maar ek kan om die dood nie my oë van haar blou oë  afhaal nie.  Ek besef sy is ’n totale vreemdeling, maar dit voel of ek haar nog altyd ken.

“Ek ken jou,” is haar manier van groet.

“Sjoe, ek het geen idee nie,” is my lomp antwoord.

Dirkie los my lyf en steek haar hand uit.  “Ek is Dirkie.  Is jy seker jy ken Willem?”

“Shit sorry.” Vir ’n oomblik kyk sy na Dirkie en skud haar hand. Dan kyk sy weer in my oë.  “Ek is Carmen.”  Dit het gevoel soos déjà-vu. My siel was gelukkig.  Sy vou haar hande om my en Dirkie.  Ek voel hoe sy aan my boud vat met haar een arm om my.  Dan staan sy weer terug.

“Miskien in ’n ander lewe,” sê sy en draai dan amper apologeties om en stap weg.

Ek kyk hoe sy wegstap en voel ’n verlange in my. Haar bene onder die mini wat sy aanhet lyk fantasties en bekend in die plat sandale. Uiteindelik kyk ek na Dirkie nadat die vrou tussen die mense verdwyn en sien sy het ’n vraagteken in haar oë.

“Is jy seker jy ken haar nie?”

“Absoluut.” Ek soek haar tussen die mense, maar sy is weg.

“My ma-hulle wag vir my. Hulle wil seker al ry.”

“Okay. Kom ons gaan.”

Dit voel vir my of ek ’n skaap is en ek volg haar na buite waar haar ouers reeds in die kar sit met die agterdeur wat oopstaan vir Dirkie. Net voor die kar stop sy weer en draai na my.

“Ek kon die energie tussen jou en die vrou voel soos ’n lewendige ding. Dit was asof die energie my wegstoot. Pas jouself goed op. Ons is oor ’n week terug.”

Ons soen mekaar en ek staan en kyk hoe hulle wegry.

Dan skiet ’n gedagte deur my kop en ek voel weer Carmen se hand op my boud. Sy is sekerlik ’n pick pocket dink ek en voel of my beursie nog in my gat sak is. Ek is eintlik verbaas as ek voel dit is nog daar. Ek haal die beursie uit en sien ’n wit stukkie papier uitval wat na die grond dwarrel. Ek buk en tel dit op. Dis ’n besoekerskaartjie met haar naam daarop.  Carmen Stuart.

Daar is ’n selnommer op die kaartjie en ek skakel die nommer.

Sy sê nie hallo nie. Haar melodieuse stem sê bloot. “Draai om. Ek staan agter jou.” Dan gaan die foon dood.

Sy staan op die trappe van die rolbalsaal vir my en kyk. Ek stap na haar en sy na my. Naby genoeg strek sy haar arms uit en ek stap tussen hulle in en voel hoe sy my styf vasdruk. Dit voel of ons lywe presies inpas. Dan stoot sy my terug en vat my hand. Gewillig volg ek haar. By ’n silwer BMW druk sy die remote en die kar flikker vir ons welkom. Sy los my hand en klim in en ek doen dieselfde.

Ek kan my oë nie van haar afhaal nie en sy kyk soveel na my as wat die verkeer haar toelaat. Dit is nie nodig om met mekaar te praat nie. Ons is gemaklik en tevrede. Êrens waarheen sy ry sê sy slegs:  “Ons is een,” en dit maak vir my perfekte sin as ek voel sy druk my been.

Sy draai by ’n kantoorkompleks in en ek volg haar deur die mense wat ons aangaap. By ’n lessenaar sit sy haar selfoon in die loop neer. Sy stap met die trap op en vat weer my hand. Êrens boontoe sluit sy ’n deur oop en ek volg haar in die vertrek in. Dit is op die boonste vloer van die plek en is soos ’n huis gemeubileer.

Ek volg haar in die slaapkamer in waar sy haar klere uittrek. Dis hier waar my verstand begin werk. Hoe meer sy haar klere uittrek besef ek dat daar niks van haar is wat ek nie ken nie. ’n Ander vrou sou snaaks gedink het, maar ek stap na haar en druk haar bolip met my duim op. Ek weet verseker dis sy as haar tand langs die voortande effens oor die voortand wil verbykom.

Op hierdie stadium het sy nog net haar panty aan en help my om myself uit te trek. Gewoonlik weet ek dat ek ’n ereksie het, maar vandag is dit anders. Ek weet net dat dit nou die tyd is om huis toe te gaan.

Sy klim op die bed en skuif hoër op met my wat haar volg. As sy haar oplig om haar panty uit te trek is ek reeds half op haar. Toe haar bene afkom sprei sy hulle oop en lei my direk in haar in. Haar vagina voel soos dit hoort. Sag, nat en intiem.

Al die verlange en onsekerhede van die wêreld vervaag as ons lippe ontmoet. Ek weet ek is tuis en verdrink in haar vroulikheid. Soos ek penetreer voel ek dat daar geen weerstand is nie. Uit is beter, want dit voel of sy my nie wil laat gaan nie. Ek is verbaas as ’n orgasme nie gou sy opwagting maak soos ek verwag onder hierdie vreemde omstandighede nie. Dan is dit of ek besef dit wat nou hier plaasvind ’n herhaling is van wat deur die eeue oor en oor gebeur.  Soos oud getroudes wat mekaar goed ken en bemin.

Ons lywe volg die ou ritueel van een wees. Soms stadig en uitgerek om dan vervang te word met dringendheid. Soos ’n golf wat op en af beweeg.  Uiteindelik is ons natgesweet, maar alles pas so perfek dat dit net die sensasie verhoog.  Iewers binne my kom die heelal aangesweef en ek weet dat die klimaks soos die begin van die heelal aankom.  Sy moet ook hiervan bewus wees, want voel sy hou my stywer vas.

Ek verwag ’n ontploffing, maar is verbaas as dit soos ’n golf voel wat nimmereindigend aanhou om ons saam te neem. Elke sel in ons vermeng in hierdie wonderlike oomblik om boweal een te wees.

Later word ek daarvan bewus dat sy nou bo-op my lê en met haar blou oë na my kyk en ek maak my oë oop.

Haar stem is soos ’n melodie.  “Welkom terug my liefling.  Ek het nie eers besef jy was weg voor ek jou tussen die mense raaksien nie.”  Haar hare vou ons toe asof dit probeer om die wêreld daarbuite uit te hou en ek voel haar vol lippe op myne.  Sag en strelend.  Dan lig sy genoeg op om te vra,  “Het jy my ook herken?”

“Ja.  Die oomblik wat ons oë ontmoet het. Toe jy aangestap kom was alles bevestig.”

“Vir my was dit eers finaal toe jy my lip opstoot.  Ek het geweet jy gaan dit doen om seker te maak.  Iets sê vir my dat jy dit elke eerste keer doen.”

 

 

 

0

6 thoughts on “Rolbal

  • Avatar
    Mar 19, 2019 at 6:40 pm
    Permalink

    Wel gedaan BG. Jou storie is baie goed geskryf. Sièn uit na jou vervolg of volgende storie.

    Reply
    • Avatar
      Mar 19, 2019 at 6:43 pm
      Permalink

      😂😂😂😂 ag ek love julle ❤️

      Reply
  • Avatar
    Mar 19, 2019 at 12:50 pm
    Permalink

    Driftige, goed-geskrewe snersie van ‘n onverwagte seks aksie tot volbringing.
    Baie geniet BG, maar ek sien uit na ‘n opvolg wanneer die”waarvandaan” en “hoekoms” uitgelig word.
    Dankie, by voorbaat!

    Reply
    • Avatar
      Mar 19, 2019 at 1:48 pm
      Permalink

      Dis so vreemd vir my hoe julle almal elke keer vir ‘n vervolg van enige storie vra 😂😁

      Reply
      • Avatar
        Mar 19, 2019 at 4:32 pm
        Permalink

        Dis net asof mens voel daar is nog wat jy moet lees…of van pure lekker wil jy soos ‘n vraat nog en nog hê! smile

        Reply

Leave a Reply

Your email address will not be published.

error: Kontak ons as jy iets van Kombiekiehier wil hou vir jouself. ;)