“Plat” en “obsene” woorde in Afrikaans – (1/3)

deur Piet P. Nel

Hoekom word bepaalde woorde of uitdrukkings as “plat” en soms as “vulgêr” of selfs “obseen” beskou? Hoe gebeur dit?

Sommige van hierdie woorde het ʼn baie lang stamboom – hier en daar kom dit uit Frans of Engels, maar ander woorde se stamboom strek terug tot by Latyn en selfs antieke Grieks.

Hoekom dit mettertyd obseen geword het, is nie so maklik om gesaghebbend te verklaar nie. My raaiskoot is dat dit met die Victoriaanse tydperk verband hou (hoewel almal natuurlik nie onder Victoria se gesag gestaan het nie). In daardie tydperk het ʼn groot konserwatisme, en eintlik ʼn skaamte, oor seks en alles wat daarmee saamgaan die mode geword. “You could no longer call a spade a spade”. Daarom is daar oor sekere dinge absoluut geswyg. En as dit werklik nodig was om iets te sê, is allerlei (soms omslagtige) versagtings gebruik. Sommige bestaan steeds in ons daaglikse taal. Die skoolkind sal die juffrou vra om “kamer te verlaat”. Almal weet hy wil gaan pis, maar dit sal nooit so uitdruklik gesê word nie. Of die dametjie sal haar metgesel vra: “Verskoon my, ek wil net gou my neus gaan poeier.”

Die rede wat sy verskaf, is eintlik ʼn leuen. Miskien sal sy wel haar neus ook poeier terwyl sy in die toilet, is maar dis bysaak. Eintlik wil sy gaan pis.

Gelukkig begin ons soms ʼn bietjie eerliker te word. Daar is ʼn bietjie oper (en eerliker) moraliteit wat sy kop begin uitsteek. Moraliteit verander egter gewoonlik stadig.

En dit sal ook nie verander as iemand dit nie promoveer nie.

In hierdie aflewering (van ʼn kort reeks van drie) kyk ons na die woorde “poesie” wat uit ou Engels (1530) kom en “piel” wat uit die Latyn kom.

In die tweede aflewering kyk ons na die besonder interessante woord – waar piel en poesie bymekaar kom – nl. die woord “naai”. Dit is nogal ʼn heel interessante woord met allerlei onbedoelde betekenisse. En, sover ek kon vasstel, uniek aan Afrikaans.

In die derde (en laaste) aflewering word gekyk na twee woorde wat nou nie juis as “sexy” beskryf kan word nie, maar waarvan die oorsprong daarop wys dat die woord “kak” vanuit antieke Grieks via Latyn by ons uitgekom het en die woord “pis” uit moderne, aanvaarbare Frans, maar ten spyte van hul stambome word hulle nog as “plat” of “obseen” beskou.

Piel

Die woord “piel” het ʼn lang stamboom (wat nie noodwendig sê dat elke piel so lank is nie!). Terwyl daar in Engels nog spore van ʼn ander woord met ʼn lang stamboom is (“kak”), het “piel” nie ʼn Engelse broer of neef nie. Dit word ook in die woordeboeke beskryf as ʼn “obsene” woord, maar dit gaan terug na die woord “pilum” in Latyn wat “spies” beteken het. Eweneens gaan die woord “penis” terug na Latyn, maar daar het dit “stert” beteken. Vra enige meisie – stel sy belang in iets wat kan swaai of iets wat kan steek?

Die vraag is: Hoekom is die een obseen en die ander toelaatbaar? Toegegee – dertig jaar gelede was selfs die woord “penis” nie eintlik toelaatbaar in goeie geselskap nie. Net die dokters het dié woord gebruik en ook net wanneer absoluut nodig. As “piel” te erg was, het jy dit dalk gewaag om te praat van ʼn “voël”. Hoekom? Is dit omdat hy op twee eiers sit? In Engels word gepraat van ʼn “cock”. Dus, ʼn hoederhaan. Dit kan ek nogal verstaan, want ʼn hoenderhaan kan in een dag ʼn hele klomp henne deurdraf. Maar, ai tog, die hele storie duur maar net ʼn paar sekondes. Dankie tog ek is nie ʼn hoenderhaan nie!

Daar word soms gepraat van ʼn “tottie,” of ʼn totterman”. Die HAT (Handwoordeboek van die Afrikaanse Taal) beskryf dit as “kindertaal – nie algemeen” en gee dan die betekenis daarvan as “die penis van ʼn kind”. Ek is nie meer ʼn kind nie – myne staan regop.

Poesie

Die woord “poes” of “poesie” het nie ʼn Latynse stamboom nie, maar kom uit Engels. Die woord is so vroeg as 1583 al opgeteken (Shorter Oxford English Dictionary – SOED). Dit het oorspronklik beteken enige sagte en wollerige speelding (klink dit goed?). Toe word dit ʼn hasie of ʼn kat – veral ʼn wyfiekat. Mettertyd word dit gebruik vir die begrip “meisie”, maar nog steeds die hele meisie – nie net daardie deel van haar nie. In een van die James Bond flieks was die hoof attraksie inderdaad ʼn meisie met die naam “Pussy Galore” (njam! njam!) In ʼn roman wat in die sestigerjare geskryf is, was die een belangrike meisie se naam eenvoudig “Puss”. En daar was onlangs, of is, ʼn sanggroep met die naam “Pussycat”. In Afrikaans sal soms na ʼn lus meisie verwys word as ʼn “kat” of selfs ʼn “kwaad kat”.

In Engels is daar al heel respekteerbare boeke, romans sowel as semi-wetenskaplike werke, waarin die woord “pussy” vryelik gebruik word – hoewel minstens een skryfster van ʼn semi-wetenskaplike boek dit nodig vind om eers haar gebruik van dié woord te regverdig. (Interessant: In Fifty Shades of Grey” word die woord “fuck” baie dikwels gebruik as sowel ʼn uitroep as vir naai – maar die woorde “pussy” en “cock” word nooit gebruik nie.)

In Afrikaans is daar ʼn klein probleempie met die woord “poes” daarin dat dit soms as ʼn belediging gebruik word soos wanneer iemand vir ʼn man sê: “Jy’s ʼn poes! Gee pad!” Myns insiens kom dit uit die dae van manlike chauvinisme: “Jy is soos ʼn vrou, jy beteken niks! Jy het nie die ‘balls’ nie”. (Nie dat chauvinisme heeltemal iets van die verlede is in ons samelewing nie, maar dit word nie meer as moreel aanvaarbaar of “polities korrek” beskou nie. In Islamitiese samelewings bestaan die chauvinisme egter nog helder en duidelik – in sommige lande mag ʼn vrou nie eens ʼn motor bestuur nie.)

Antjie Krog (digter) het haarself op video uitgedruk oor die digterlike waarde van die woord “poes” teenoor die woord “piel”. Sy het gemeen dat “poes” ʼn baie sterker woord as “piel” is – omdat mens die “s” eksplosief (seksplosief?) kan sê en dan nog ʼn bietjie sis ook. Dit kan ʼn mens nie met ʼn “l” doen nie.

 

 

Maar die woord “poesie” het nie dieselfde karaktertrekke nie. Eerstens is dit ʼn verklein-woord soos wat dikwels gebruik word om lieftalligheid weer te gee (“endearment”). En dit kan nie so eksplosief uitgespreek word nie. Ek het ook nog nooit gehoor dat die woord “poesie” as ʼn vloekwoord of ʼn belediging gebruik word nie.

Mens kan praat van die “vagina”, of van die “labia”/”lippe” of van die “klit/klitoris” maar daar is nie ʼn aanvaarbare woord vir die geheel daarvan nie – behalwe as ʼn mens sou praat van die vrou se “geslagsdele”. En dan is dit ʼn meervoudsvorm. (Ek het op keer by die KKNK ʼn (vroulike) komediant gehoor wat die storie van Aspoestertjie vertel het, en dan het sy telkens gepraat van “As-vrouedeeltjie”.)

Daar is sommige versagtings wat gebruik word om die geheel te beskryf, soos bv. “kwakkie”, maar ek steek verkieslik nie my ding in ʼn padda se bek nie. So ook “koekie” – half verstaanbaar, want dit kan lekker wees om te “eet”. Maar ʼn meisie wat as ʼn “koek” beskryf word, is die laaste een wat haar “koekie” sal adverteer (!). Dan is daar die skelwoord “doos” wat neerhalend gebruik kan word soos die skelwoord “poes”. Weer eens kan “dosie” werklik nooit neerhalend gebruik word nie. Maar hierdie gebruik van die woord “doos” het meegebring dat baie mense in Afrikaans eerder die leenwoord uit Engels “boks” sal gebruik. Hoe die woord “doos” ʼn vrou se geslagsdele kan verteenwoordig weet ek werklik nie. Die HAT erken die woord in daardie betekenis (“plat”) maar gee geen aanduiding van die oorsprong daarvan nie.

Die enigste ander woord (behalwe ander woorde wat misbruik word as versagtings soos “koekie”, “dosie” of “kwakkie”, ens.) wat ook na die geheel verwys, is die woord “kont”. Dié woord kan dalk aan Antjie Krog se beskrywing van ʼn sterk woord voldoen omdat dit ook eksplosief uitgespreek kan word. Dit word inderdaad ook as ʼn skelwoord of ʼn belediging gebruik soos die woord “poes”. Maar ek het dit nog nooit in die verkleinings-vorm (“kontjie”) gehoor nie. “Kont” word net in ʼn negatiewe vorm gebruik. In die HAT word dit wel genoem en die betekenis gegee, maar sonder om in te gaan op die oorsprong daarvan en word dan geëtiketteer as “obseen”. Dit is interessant dat die SOED (die uitgawe van 1970) wel die oorsprong en betekenis van “pussy” verklaar, maar dat die Engelse woord “cunt” glad nie eers in daardie woordeboek voorkom nie. Wikipedia gee wel ʼn omvattende beskrywing daarvan en toon aan hoe dit eens ʼn min of meer aanvaarbare woord in Engels was, dan feitlik heeltemal verdwyn het en dan, wanneer dit weer verskyn, beskou word as uiters obseen.  As ʼn mens praat van ʼn “kontjie” gaan dit waarskynlik omtrent die gevoelswaarde hê van “poesie”. Maar ek het dit nog nooit gehoor nie.

Myns insiens is die woord “poesie” die mees toepaslike woord: Dit is nog steeds ʼn sagte speelding, hoewel nie meer altyd wollerig nie.

Die woord “piel” het nie ʼn Engelse ekwivalent nie.

In die volgende aflewering praat ons oor die woord “naai” – ʼn besonder interessante woord.

Volg Kombiekiehier op sosiale media:

4 thoughts on ““Plat” en “obsene” woorde in Afrikaans – (1/3)

  • Jun 11, 2014 at 9:14 am
    Permalink

    Daar leer ek toe ook nou iets. Dankie.

    Reply
    • Nov 1, 2014 at 12:55 pm
      Permalink

      Die ander woord vir die kombinasie van dele van die vroulike geslagsorgaan is “vulva” .

      Reply
      • Nov 1, 2014 at 12:58 pm
        Permalink

        Meer spesifiek die uitwendige geslagsdele: labia, klitoris, ingang na vagina

        Reply
        • Nov 7, 2014 at 5:25 am
          Permalink

          Die woord “poes” bly maar sonder gelyke as ‘n beskrywing van die kombinasie van binne- en buite-lippe, vestibule (of portaal), uitwendige smering-kliere, uretra-opening, klitoris, klitoriskappie, vagina-opening en die volle lengte van die vagina met sy G-kol en smering-kliere, tot by sy doodlooppunt net onder die serviks). Daar is min ander woorde wat so ‘n kragtige effek op my het as my naaihale haar die woord laat gebruik. “Naai my poes!” of “O my poes, my poes!” laat my dadelik beheer verloor. Ek skat dis die digterlike waarde van die woord waarvan Antjie Krog in haar video praat, wat dit veroorsaak.

          Reply

Leave a Reply

Your email address will not be published.

error: Kontak ons as jy iets van Kombiekiehier wil hou vir jouself. ;)