Paul en Elsa … en die oukêrel
deur Wille Will
(Taalversorging deur Lusman)
Paul lek sy duim en blaai na die volgende blaai van die middagkoerant om waar hy sit en lees in die sitkamer. Hy hoor Elsa neurie en werskaf met potdeksels in die kombuis. Aandete is seker amper gereed. Hy wonder of sy pa al klaar gebad het.
Na sy ma se skielike afsterwe, weens ‘n noodlottige bloedklont sowat 18 maande gelede, het sy pa, wat baie gebroke was, besluit om aan te hou boer op sy plaas buite die dorp. Hy het so besluit, alhoewel die kinders aangehou het dat hy eerder na sy dorpshuis toe moet trek waar daar dokters is, vir as hy dalk siek sou word. Hulle het ook gedink daar is ook meer mense wat hom kan onderskraag in sy routyd. Die oukêrel het geweier, die dorpshuis verhuur en homself besig gehou op die plaas. Wanneer hul sommige naweke gaan inloer het op die plaas was hy vroeg op en flink. Hy het gesê Fiena kook lekker vir hom en help na die huis omsien terwyl hy hom met die boerdery besig hou.
Een Maandag het Filemon, sy voorman, alleen by die Koöperasie ingestap gekom. Hy het ná sy aankope vir Paul gevra of hul gou “alleen kan praat.” Hy deel toe vir Paul mee dat die oubaas deesdae net in sy slaapkamer bly sit, waar hy darem vroeër soms op die stoep gesit het.
“Maar … dis waar die kak kom, my klei’baas. Hy boer nie meer nie. Doen niks werk op die plaas nie en laat al die besluite en bevele oor aan my, asof ek die boer is. Ai Fien sê dis innie huis eet, bad en gaan slaap. Dis al … niks anners nie. Verder sit hy net.”
Paul het Filemon bedank vir die inligting en gesê hy sal ‘n plan maak. Hy en die ou man het ‘n lang gesels gehad daarna. Die oukêrel het erken hy stel niks meer belang om te boer nie. Hy’t ewe gewigtig erken daar’s net ‘n ding of twee nog in sy binneste wat hy wil “uitsort” en swartgallig bygevoeg: “Dan kan ek maar gaan.”
Na vinnige beraadslaging met Elsa, sy vrou, het sy uitgery plaas toe … alleen, om met Skoonpa te praat. Die ou het ‘n sagte plekkie vir sy Elsatjie gehad. Hy’t altyd gesê: “Paul, jy’s ‘n gelukkige dônner om die mooiste ooi te wen om jou eie kudde te begin.”
Sy’t beslis die slag gehad want toe hy weer sien, toe trek sy pa by hulle in die huis in. Hy’t hom sover egter stil en eenkant gehou en blyk doodgelukkig te wees. Paul sit die koerant neer en staan op en stap in die lang gang af na die badkamer aan die einde van die gang. ”Is Pa nog orraait?” vra hy terwyl hy sommer die deur oopmaak. “Wat de hel … ?” Hy treë vinnig binne en maak die deur agter hom toe. “… en dit Pa?”
Freek Bester staan poedelkaal langs die bad met sy hoof heeltemal bedek onder ‘n groot handdoek, waar hy besig is om sy bos grys hare droog te vryf. Die bad gôr en kolk die laaste badwater uit. Sy bleek lyf is al seningrig van die ouderdom, maar daar is nie ‘n gram vet aan die lenige, verrimpelde ou lyf nie. Paul se uitroep is egter oor ou Freek se ereksie! Soos dit maar met ons Boere-generasie was, is kinders baie beskermd en outyds grootgemaak. Aanskouing van jou ouers se naaktheid was heeltemal taboe. Paul kan nie onthou dat hy sy pa se “tools” al ooit gesien het nie, buiten as hulle soms saam op die plaas sommer in die veld water afgeslaan het.
Nou kan hy nie help om letterlik te staar nie. Ou Freek se onbesnyde penis troon so in die tienuur-posisie op die horlosie, in die lug in. Dis dik en sterk en baie lank. Fok, sy eie wa kom nie eers naby daaraan nie, dink Paul by homself. En tog merk Elsa altyd op, ewe skamerig as hulle mekaar se lywe
tydens seks verken, dat sy Paul se meneer vir niks sal verruil nie. Want hy maak haar altyd só lekker binne dat sy hoendervleis op haar borste kry!
Ou Freek stop sy droogvrywery en loer onder die handdoek uit: “En as jy nou so amper met skeltaal hier instorm, ou seun?”
Hy sien waarna Paul kyk en roer sy voël so op en af in die lug met ‘n laggie voordat die vingers van sy hand daarom vou.
“Askies, my klong, maar ek kan nie help nie. Dis wanneer ek bad, dan trek ek die voorvel terug om dit goed skoon te kry, soos ek jou en jou broers ook geleer het.” En daarmee wys hy hoe hy dit doen. Die ligpers glans penis wat nou blink en nat daar uitpeul, lyk soos ‘n groot grenadella as dit volryp is, net voor dit begin verkreukel. “En met die gladde seep en heen en weer gevroetel en gewas, dan word die bliksempie horingstyf. En dan sukkel ek om hom weer pap te kry! Jy weet, ek kom nie meer by ‘n vrou nie … nie na Ma se dood nie.”
Hy vou die handdoek om sy onderlyf. Sy hoof is afgebuig asof die onderwerp nou afgehandel is.
“Pa moet kom eet; Elsa wag seker al,” is al wat Paul sê. Hy stap uit en trek die deur agter hom op knip.
Paul se glimlag is nog op sy gesig wanneer hy die kombuis instap. Elsa, wat hom hoor inkom het, loer oor haar skouer na hom, met ‘n houtlepel wat huiwer in die lug.
“En dié glimlag?” vra sy.
Maar dan is hy reg agter haar en vou sy arms om haar lyf met sy hande op haar maag en sy neus tussen haar hare in haar nek. Hy’s verbaas dat hy ‘n semi-horing het! Is dit oor sy pa se kolos? Hy voel ‘n ereksie wat vorm begin aanneem teen haar sagte boude. Hy kom agter Elsa voel dit ook!
Elsa lag. “Jy’s nou stuitig Paul! Jou pa kan te eniger tyd nou hier instap.” Paul se een hand, wat van agter om haar reik, vou nou om een van haar vol borste, sommer bo-oor die rok. Die ander hand gly af na haar mik toe, waar hy probeer vrywe. Sy stamp hom ergerlik weg, maar met ‘n klein glimlaggie op die lippe: “Hou jou in tot vanaand toe, minnaar. Wat het in jou gevaar?”
“Sal jou vanaand vertel,” mompel hy en gaan sit by die koppenent van die gedekte etenstafel in die kombuis.
Na ete gaan sit Paul en Freek oudergewoonte op die rusbank van die stoep om ‘n pypie saam te rook. Die stilte van onbeantwoorde vrae hang tussen hulle. Paul sien die kombuislig af gaan en hoor Elsa wat met ‘n laggie roep: “Moenie te laat kom lê nie, ons het nog dinge wat ons klaar oor moet praat.”
Die seksuele innuendo gaan hom nie verby nie en met ‘n grinnik maak hy keelskoon wanneer hy ‘n aromatiese rookbol die lug in stuur.
“Pa, ek’s jammer ek’t vroeër sommerso in die badkamer ingestap.”
“Los dit, Paul, jy’t maar net iets raakgesien wat ek vir myself wou hou.”
Paul besluit om dit in ligte trant te hou: “Pa moenie Pa bekommer nie, ek sal mos vir niemand vertel wat ek gesien het nie. M-maar ek was nogal verbaas; ek’t nie gedink op 74 kan ‘n man … nog so …” sê hy met ‘n verleë laggie en volg met: “… sterk uit-s-s-staan nie.” Hy besef dit het maar onbeholpe uitgekom.
“Man, laat ek jou nou maar reguit sê, dáái lus gaan nooit uit jou uit nie – tot die dag dat jy dood is.” Die ou man klop sy pyp uit en staan op: “Ek gaan maar inkruip, moenie dat mooi Elsatjie vir jou wag nie!”
Paul stap hul slaapkamer binne. Net die bedliggies brand. Elsa, bril op die neus, is besig is om die Huisgenoot toe te maak. Paul trek sy hemp uit. Hy klim ook uit sy broek uit en gaan sit op sý kant van die bed om sy skoene uit te trek. Wanneer die een skoen op die vloer neerplof, voel hy Elsa se een hand se vingernaels op en af oor sy rug krap. Dan is haar gesig skielik by sy skouer waar sy met haar lippe met klein soentjies oor sy blaaie streel.
“Trek jou onderbroek ook uit, toe,” hoor hy haar fluister.
Hy draai om en neem haar in sy arms terwyl hy oplet hoe vurig haar tepels orent staan op haar pragtige vol borste. Hy druk haar teen sy eie lyf vas en sien sy’t net ‘n rooi amperbroekie om haar onderlyf aan! Bliksem! Elsa wat te alle tye met ‘n nagrokkie slaap en as hulle wil liefde maak, aandring om dit in die donker uit te trek. Sy’s tog so opreg kuis en skamerig na al die jare van getroude lewe! Dis een van die redes waarom hy nog steeds so sotlik lief is vir haar. Hul liefdemaaksessie wat spoedig volg is soos ‘n simfonie. Een wat opbou met strelings oor elke sentimeter van mekaar se liggame met hul hande en vingers terwyl hulle mekaar aan die lippe koggel. Die crescendo begin verhoog wanneer hul monde die erotiese dele van mekaar begin soen, suig en knibbel. Albei baie lief vir die klassieke, is hul samesyn vir hulle soos hemelse musiek met verskeie variasies. As sy voël in haar natte ontvanklikheid ingly, gaan hulle oor in allegro soos hul liggame in ritme teen mekaar stamp – tot by die finale waar hul lywe soos harmoniërende
klawesimbels hul gesamentlike klimaks beklemtoon.
Paul trek stadig uit Elsa se lyflike hemelsheid uit en sak op sy rug neer langs haar. Hy sluit sy oë vir ‘n oomblik asof hy nog ‘n nasmaak het van die verruklike maal wat hy so pas gehad het. Wanneer sy oë oopgaan, sien hy hoe sy ‘n laaste veeg gee oor haar venusblom en dan op haar sy orent kom en met ‘n nat vee-lappie sy penis begin afvee. Sy vee met haar ander hand die natgeswete krulle op sy voorkop weg en soen hom sag en dralend op sy boarm.
“Jy skuld my nog ‘n antwoord oor die glimlag toe jy netnou by die kombuis ingestap het.”
Sy’t sy slapwordende staaf nou in haar hand en vee dit met die nat lappie op en af om dit van die laaste liefdesappe skoon te maak. Paul lig sy lyf tot op sy elmboë en vertel haar hoe hy by sy pa se badkamer ingestap het.
“En Elsa, het hy vir jou ‘n menéér aan hom!”
“Groter as dié een?” Haar vingers is besig om op en af te gly met sy penis se stam.
Hy voel sy ereksie is besig om terug te kom. “Maar is hy nie al amper 75 nie?” gaan sy voort en kyk op in sy oë. Hul gedagtes spreek tot mekaar en dan sak sy af en neem sy glans met lekkies in haar mond in. Haar lippe suig aan die rande van sy akker vas terwyl haar tong rasse tergies gee in die spleetjie van die pers kop. Terselfdertyd skuif haar vingers nou vinniger op en af teen sy stam. Sy trek skielik haar mond weg en hy sien sy voël staan nou kloppend in die lug op.
Elsa lig haarself op en gooi haar een been oor sy dye. Sy neem sy voël weer in haar hand en dan sak sy stadig op hom neer. Sy voel hoe sy penis haar geleidelik van binne vul.
“O Vader, dis goddelik!” prewel sy en gooi haar kop agteroor terwyl haar bolyf van die aanvanklike vooroor leunende posisie regop kom. Paul neem elkeen van haar pragtiete in een van sy hande en vryf met sy palms daaroor terwyl hy die tepels tussen sy vingers frommel en druk. Sy steeds regop sittend oor hom, begin hy beweeg. Met forse bewegings gaan hy van onder af in en uit by haar. Sy neem dadelik die ritme oor. Haar asemhaling raak al hoe vinniger terwyl sy hom ry, in pas met sy ferm stote. Sy leun nou met haar palms op sy bors en hou aan kyk in sy oë.
“Stoot my moemfie, my lief … stoot hom,” prewel sy hortend.
Paul sien haar pupille letterlik vergroot en haar mond wat oopgaap in ‘n onderdrukte gil wanneer sy klimaks. Haar heupe slaan nou vinnig en hard teen syne en haar bolyf ruk op en sy gryp haar eie borste met klemmende hande vas. Sy gee ‘n gil wat sy nie meer kan terughou nie. Paul hou aan pomp. Hy besef dat hy amper weer gekom het. Maar gelukkig kan hy haar toelaat om haar lus uit te woed. Sy lig haarself uit hul intieme koppeling uit. Haar nat doos skuur oor sy bobeen wanneer sy teen sy lyf nestel. Haar hoof lê in die waai van sy skouer en terwyl sy met haar hand tussen sy borshare vroetel, sê sy: “Nag en dankie my skat, geen ander lengte en dikte as joune kan vir my die genot gee wat jy so pas met my gedeel het nie.”
Paul voel gevlei, maar is veral aangenaam verras toe sy vervolg met: “Ek gaan aan ‘n plan dink vir Pa.”
Paul sit sy hand op haar boud en druk haar liggaam nog stywer teen syne vas.
“Lekker slaap, my Elsa,” fluister hy terwyl sy oë ook toegaan.
***
Die volgende Vrydag is Paul verbaas toe hy van die werk af kom en ’n vreemde motortjie voor hul huis sien staan. Toe hy by sy oop voordeur wil instap, hoor hy van binne sy pa en ‘n vrou wat lekker saam lag oor iets. Elsa is ook by die deur en gryp hom aan die arm en met haar voorvinger voor haar lippe trek sy hom in die kombuis in. Die ketel is besig om te kook.
“Dis ta Esmé van Bredasdorp wat hier kuier,” sê sy saggies met ‘n laggie terwyl sy hom op die wang soen. “Sy’s verlangs familie aan my ma se kant en ek het haar jare terug gehelp met haar reisplanne. En van toe af is sy mal oor my. Toe nooi ek haar hierheen vir die naweek om te kom kuier. Jy en Pa het haar nog nooit ontmoet nie want sy’s altyd aan die reis, meestal oorsee.”
Elsa druk Paul af dat hy sit op een van die kombuisstoele. “Ons gaan nou tee invat, dan kan jy haar ontmoet.” Sy plaas die teekoppies en pierings op ‘n skinkbord. “Sy’s so vyftig, sestig jaar oud … ek’s nie seker nie, maar jy sal dit nooit sê as jy haar lyfie en gesig sien nie.”
“Maar hoekom het jy haar gen…” Elsa smoor sy woorde met ‘n soen en haar tong streel oor sy verhemelte tussen haar sagte lippe deur. Hy reageer en sit sy hand om haar nek, maar sy lag saggies en kom weer regop en sit teelepels en die suiker op die skinkbord.
“Sy’s ‘n oujongnooi. My ma het altyd vertel dat sy soms so graag gesê het ‘Daar’s dinge van ‘n man wat jy net by hom kan kry, maar dis nie te sê jy moet dit net van een man kry nie.’” Elsa vervolg: “Sy’t blykbaar ook gesê sy’s te lief vir reis om aan een man gebonde te wees. So daar het jy dit.”
Elsa kyk betekenisvol na Paul.
Sy wys Paul moet die skinkbord vat en begin vooruit loop sitkamer toe. Freek spring op en vat die skinkbord by Paul. “Middag seun,” sê hy.
Met Elsa se gebukkende lyf tussen hulle kan Paul nog nie die gas sien nie maar hy hoor Elsa sê: “Sit, ta Esmé, dis net my man.” Elsa skuif weg en sê: “Paul dis nou ta Esmé.”
Paul kom vorentoe en neem die uitgestrekte hand met die baie ringe daaraan. Die groot fletsblou oë lag ondersoekend in syne. Fok, maar sy is beeldskoon! Perfekte grimeersel op die songebruinde gesig met kuiltjies langs die effekleurige lippe waaragter spierwit tande lag. ‘n Groot goue ring hang aan elke oor vir oorkrabbertjies onder die bruin kapsel met die grys ligstrepe daarin.
“Maar dis mos sommer ‘n mooi man, Elsatjie! Ek hoop hy hou jou gelukkig in alle opsigte,” lag sy. Almal lag saam.
Elsa raak doenig met die teegerei en Paul loer onderlangs hoe die gemanikuurde hande elke dan en wan aan sy pa se knieë raak asof in beklemtoning, soos sy opgewonde vertel van iets tydens haar reise. Elsa was reg, sy’t nog ‘n mooi lyf. ‘n Laehalsbloes wys net genoeg dat jy wonder hoe lyk die res van die borsies. Hulle is ‘n gemiddelde grootte maar hy’s verbaas dat hulle nog so regop vertoon vir haar ouderdom aldus Elsa. Almal sit nou met hul tee. Esmé spring skielik op en vra verskoning dat sy net gou toilet toe gaan. Haar vietse onderlyf is gegiet in ‘n noupassende langbroek met ferm boudjies wat astrant wip as sy in die gang afstap. Paul glimlag as hy sien hoe sy pa haar intens agterna staar terwyl die ou man skielik sy bene twee, drie maal kruis. Hy wonder by homself of daar dalkies reaksie was van Kolossus in sy broek!
“Paul, wil jy uit jou werksklere kom en wil jy gou saamry Spar toe?” kom dit van Elsa.
“Ek wil ietsies kry vir slaai en dan kan Pa-hulle solank die vuur aan die gang kry. Ons gaan braai.”
Paul hoor Elsa se verskuilde aanmoediging om liewer saam te ry. Hulle stap by die voordeur uit.
Met hul terugkoms skater die ou man uit sy keel uit net wanneer hulle by die groot vuur by hulle aansluit. “Hierdie tannie maak my mal met haar sêgoed,” vertel die ou man. Met sy arm om haar lyf druk hy ta Esmé se onderlyf ewe familiêr teen sy sy vas, sonder teenkanting van haar af. Daar is net ‘n geheimsinnige glimlag van haar op na sy gesig.
Paul en Elsa kyk vlugtig na mekaar en glimlag instemmend.
Na hulle almal sommer daar buite uit papierborde geëet het, sê Elsa en Paul nag en staan op om binnekant toe te gaan om te gaan slaap. Die ouer twee sê hulle gaan nog bietjie by die vuur sit. Paul kon aan hul inhibisielose laggies hoor dat die voggies seker ook die skanse nog meer laat sak het.
Vroegoggend Saterdag, besluit Paul hulle gaan bietjie uit plaas toe en die ou mense kan Sondag vir middagete by hulle aansluit.
Terwyl hulle op pad is, sê Elsa, met haar hand wat rus op Paul se bobeen terwyl hy bestuur: “Jy gaan met ‘n doel plaas toe, né?”
Paul tel haar hand op en soen haar vingerpunte en laat die hand weer val. Laggend sê hy: “Daardie tannie was al die wêreld oor en ken van mans wat weet hoe om haar fisiek te vermaak, ek belowe jou. En sy is mal daaroor! Pa het ‘n behoefte wat hy wil en moet vervul. So ons gee hulle kans, hoekom nie? Dis nie te sê hulle gaan trou nie, maar hulle gaan mekaar dalk vrot spyker!”
Elsa kan nie keer om met ‘n groot glimlag te bloos nie en kyk by haar kantvenster uit … maar sy gee sy voël ‘n harde druk in sy kortbroek.
Op die plaas het Elsa saam met ai Fiena die huis getakel om dit bietjie reg te ruk en weer goed skoon te kry, terwyl Paul saam met Filemon na die buitegeboue en lande toe is. Hy wou sien of alles nog reg is en kyk wat ook al reg gemaak moet word en dies meer. Toe Paul middagete se kant die onderdeur van die plaashuis se kombuisdeur oopmaak, terwyl hy met sy voorarm die sweet oor sy voorkop afvee met die plaashoed in die hand, kom Elsa van binnekant in die kombuis in. Altwee lag vir die ‘toevallige’ ontmoeting en Elsa sê dan: “A nee a! Kyk hoe hard werk jy! Kom, ek het vir jou ‘n verrassing!” Sy gryp ‘n piekniekmandjie wat klaar gepak op die kombuistafel staan en dwing hom weer by die deur uit. Elsa stap hand aan hand met hom terug na die werksbakkie. Sy druk hom by die passasiersdeur in die bakkie in. Sy wip om na die anderkant en wanneer sy die bakkiedeur toeklap en dit aan die gang sit en oor haar skouer loer om eers tru te ry voordat hul omdraai plaashek toe, glimlag Paul as hy sien hoe haar aarbei-tepels
naakte dik knoppies maak teen haar wit bloesie.
“Ek het klaar gereël dat Filemon-hulle op hul eie aangaan vanmiddag, sodat ons twee bietjie kan ontspan.”
Hy’t nog nie ‘n woord gesê nie. Hy sien sy’s kaalvoet en wanneer sy met die stram ratkierie haar lyf omtrent ingooi om van rat te verwissel, kan hy aan die voue in haar mik ook sien dat sy niks onder die liggroen kortbroek aanhet nie! Hy voel sy ereksie rys en druk met sy een hand daarop om dit plat te hou. Hy hou sy oë op die rowwe pad soos hulle teen die berg opry.
“Ag toe, laat die ding wakker word. Hier’s mos nie ander mense nie!” lag sy skaterend en klap sy hand weg en gryp sy voël sommer so deur die broek.
“Hou jou oë op die pad, Elsa, ons wil nie verongeluk nie.”
Hy’s verbaas oor die vryheid van doen en denke wat skielik oor Elsa gekom het. Dis asof sy ontluik het en nou in ‘n nuwe fase saam met hom wil vorentoe. Sy trek die handrem op. Hy besef hulle is nou by die natuurlike leiklipkuil in die berg waar daar te alle tye altyd die soetste water is. Sy gryp die mandjie terwyl sy uitspring en twee treë opskarrel teen die walletjie tot waar dit gelyk is en die kuil lê. Paul klim ook uit. Sy staan met een been gebuig en met een hand uitgestrek na hom vir hom en wag.
“Kom ek help jou, ou doodmoeg,” skree sy vir hom bo die windjie se loei.
Hy kyk op teen die son en sien die afetsing van haar vol borste en die broekie wat nou in die keep van haar poes ingetrek het. Hy vat haar hand en meteens staan hy langs haar, teen haar. Sy buk en ruk sy kortbroek oop en trek dit sommer saam met die onderbroek grond toe terwyl hy sy hemp oor sy skouers lig en uittrek. Hy lig sy voet op om sy vellie af te pluk en sien hoe sy haar wit bloes oor haar kop het en sommer op die grond neergooi. Wanneer die ander vellie ook val, het sy met haar twee duime die kortbroek afgestoot tot onder haar knieë. Sy stap met een treetjie daaruit. Hulle staan woordeloos, nakend, na mekaar en kyk. Dis asof daar nie woorde kan wees wat hulle gevoelens op daardie oomblik kan oordra soos die blikke in mekaar se oë nie.
“Kom, ons gaan nou eers die stof van ons lywe afwas en die sonde uit die kop uit kry voor ons weer suiwer kan begin,” sê sy en neem sy hand en sak stadig saam met hom in die warmgebakte louwarm water van die kuil in.
Die water is soos ‘n embrionale vloeistof wat hulle voed en buffer teen onwenslikhede. Hulle twee se hande dryf swewend van mekaar. Maar hul lywe bly doodstil dryf, in ‘n regopstaande posisie teenoor mekaar. Hulle lees mekaar se oë. Albei laat sak hul ooglede en dompel hul hoofde vorentoe in die glashelder water en maak dan stadig die oë onderwater weer oop. Paul sien heel eerste haar swewende mammarieë wat lyk soos onderwaterlelies met donker stuifmeelkerns. Elsa sien sy simmetriese lyf met die donker kol van sy genitalieë-hare in die middel. Daar sweef onderwater ‘n dik menslike wier wat stam uit hierdie donker kol. Sy trap liggies water nader na hom toe en vat om die wier met die een hand en plaas die ander hand op sy skouer. Sy lig weer haar kop uit die water en laat die water in haar mond in ‘n straaltjie uitloop aan die een kant. Hy trek haar liggaam tot teen hom en kruis sy hande agter op haar skouerblaaie. Wanneer sy hoof bo die water kom, gee hy een swaai dat die water uit sy oë kom. Hulle lippe sluit oor mekaar met van die water in hul monde. Hulle sluk dit af. Hul tonge soek nie naarstiglik in mekaar se monde nie; dit verken eerder die ou bekende genotshoekies.
Paul begin met haar uit die water stap. Sy laat gly haar bene om sy kuite en haar hande om sy nek. Hy laat haar stadig sak totdat sy plat op haar rug lê op die warm leiklippe. Sy skuif die nat krulle uit sy gesig en soen hom op sy gesluite oë. Hy is op sy knieë tussen haar effens oopgemaakte bene waarvan sy die knieë opgetrek het. Haar voetsole rus op die warm leiklip. Hy neem haar wange tussen sy handpalms en soen die punt van haar neus voordat hy met sy lippe waterspore maak tussen haar borste deur tot by haar naeltjie. Sy handpalms sak af en vou saggies om haar tiete. Paul se skouers stoot haar bene bietjie wyer oop as sy duime oor haar ribbes laer af streel, tot oor haar dye. Sy tong trek ‘n strepie van haar naeltjie af, oor die effense magie, tot net bokant haar vrug. Sy duime beweeg nou na die middel van haar onderlyf en af tot in haar mik. Hy voel haar buitelippe, nat en effens koud onder sy duime. Hy trek die lippe van mekaar weg en trek met sy tong ‘n diep streep van onder tot bo by haar klit.
“Pau-u-u-l-l!” gil sy dat dit eggo teen die kranse. Haar hele liggaam span soos ‘n boog terwyl haar hande sy hoof aan die hare beetkry.
Hy merk die effense frons op by haar wenkbroue en plaas skielik sy een handpalm plat op haar doos en kyk op na haar gesig. Elsa is vir ‘n oomblik verras en lig haar ken. Sy sien sy oë is op hare gerig.
“Ek weet ons het die orale ding nog altyd halfhartig en vinnig gedoen, maar kom ons begin nou ‘suiwer’; soos jy vroeër gesê het.”
Paul hoop sy waardeer sy wysheid. Paul laat sak sy mond weer na haar mons toe. Hy hoor haar behaaglik kreun toe hy sy tong diep in haar vulva instoot. Hy lek en knibbel aan haar lippies dat sy wriemel op die plaatklip. Maar toe hy sy mond en eie lippe ten volle oor haar kittelaar toemaak en hard begin suig, begin sy weer onbeheerbaar gil – teen die kranse in. Haar bekken klap soos ‘n hamermeul tussen sy mond en die leiklip! Haar orgasme is een van die kragtigste wat Elsa nog ooit in haar lewe ervaar het! Dit het van sy mond en (daai!) tong begin as ‘n ongelooflike, amper onbekende sensuele sensasie wat sy ervaar. Dis iets so intens … veel meer as net genot wat uit haar brein ontketen is deur Paul se aksies op die senupunte van haar erotiese vroulikheid. Dit skiet weer terug in haar brein in, deur haar hele liggaam en wese, terug na haar vulva. Toe hy begin suig, het hierdie sensasie konkreet geword, soos ‘n massa plesier wat moes uit – ‘n vuurbal wat rol, oor en oor, om en om, tot dit ontplof in die verblindende knal van haar klimaks.
Elsa gooi haar arms wyd uit en haar hoof sak sag met haar een wang teen die warm klip en met die oë toe wanneer haar orgasme bedaar het. Paul het net sy hoof laat sak en lê met sy wang op haar nat vrug terwyl hy met sy hande nog saggies heen en weer streel oor haar binnedye. Hy glimlag as haar skaambeen nog ‘n laaste ruk gee.
Na hulle in die nasmaak van hul bevrediging altwee weggedommel het in ‘n genotgevulde sluimering, het die windjie hul geroer om weer huis toe te gaan.
Later die aand toe hul al gaan slaap het, biep Paul se selfoon en vertoon op die skermpie ‘n waarskuwingsliggie oor die gesofistikeerde alarmstelsel van hul huis op die dorp. Toe hy verder daarop ingaan, sien hy dis blykbaar ‘n steurnis by die motorhuis. Elsa het intussen ook wakker geword: “Wat’s fout?” vra sy.
Hulle besluit om maar gou die vyf km in dorp toe te ry om ondersoek te gaan instel.
Die ou mense slaap seker al en mens weet nooit. Hulle hou stil net duskant die oprit na die motorhuis en klim saggies uit en stap hand aan hand nader. Daar lê ‘n ou plastieksak gewaai teen een van die diodesensors. Paul frommel dit op en gooi dit in die asdrom langs die garage se deur.
Elsa het intussen om die huis gaan stap om te sien of daar dalk iets anders is.
“Pstttt … kom hier!” hoor Paul haar saggies roep.
Hy stap vinnig tot by haar waar sy met haar rug teen die muur staan langs pa Freek se kamervenster. Die enigste flou lig vanuit die in donker gehulde huis skyn daardeur. Wanneer hy tot by haar geloop het, hou sy hom aan sy arm terug en fluister in sy oor: “Ek weet ons moenie en dis verkeerd, maar loer hier in. Jy en ek sal vir ewig daaroor stilbly!”
Hulle buk altwee af en bring dan hul koppe versigtig op, tot by die 30cm-gaping in die toegetrekte gordyne aan die binnekant van die venster.
Freek staan poedelnakend langs sy bed. Sy linkerhand is op sy heup. Hy kyk af na waar sy ander hand tussen Esmé se erg deurmekaar kapsel die hare op ‘n knop trek. Sy is ook kaal en sit op haar knieë voor hom. Sy het die deel van Kolossus wat by haar mond uitsteek in albei haar hande beet en
vryf hom stadig op en af. Haar wange is hol getrek soos sy vir pa Freek woes suigend ‘n trulsmil gee. Elsa vergaap haar aan haar skoonpa se enorme trul en sidder by haarself oor hoe ta Esmé dit in haar mond kan kry. Paul voel hoe hy ‘n ereksie begin kry met dit wat hy sien. Dis veral ta Esmé se bruingebrande lyf wat enige jong man sal laat styf word! Daardie stywe borsies het lang, rooskleurige tepels wat penorent staan soos hulle teen die ou man se bobene skuur tydens die suigaksie.
Hulle sien hoe Esmé se regterhand skielik afsak oor haar plat magie en tussen die voue van haar poes verdwyn. Sy gee vinnige vryfaksies. Die lippe van haar poes bult uit tussen haar dye soos sy wydsbeen gekniel staan.
Pa Freek se voël is nou amper driekwart in Esmé se keel af. Die vuis wat haar linkerhand om sy penis maak skuif nou baie vinnig op en af. Die groot blou oë staar nou intens op na pa Freek se gesig. Meteens ruk hy sy kolos uit haar mond. Skoot na skoot kom skiet oor Esmé se gesig, op haar voorkop en tussen die hare in. Dan volg ‘n blerts oor die neus, tot sy haar mond laggend in een lyn met die stywe penis kry. Nog ‘n skoot volg. Dit skiet in haar gapende mond in. Sy sluk en lek met haar tong oor haar mondhoeke, vir ingeval daar dalk nog semen sou wees. Dan druk sy weer sy akker in haar mond, gee dit ‘n finale suig en lek dit skoon as sy dit weer stadig uittrek.
In die donker kyk Paul en Elsa skielik na mekaar. Hulle het glimlagge om hul monde as hul gebukkend opstaan en terugdraf na die bakkie toe. Want Elsa se plan het gewerk. Die twee oues het mekaar gevind en ervaar reeds ryke en geile seëninge!
Hulle kyk vir mekaar. “Ek dink dis maar net die begin!” merk Elsa net voor hulle in die bakkie klim.
5 COMMENTS
Lekker gelees en lekker storie die ou man is baie gelukkig, die meeste van sy oesjaar leef van en in diegeskiedenis en die stndaard tyd is nou 06:30
Will – ou maat, weereens meesterlik geskry. ‘n Vervolg is nie debateerbaar nie – ons wag.
hahah maar dis n heerlike storie Willie!
Laat my ver terugdink aan my plaas dae.
En al die impromptu “gebeure” .
Heerlik gelees en soete herinneringe wakker gemaak.
Jislaaik Willie! Dit is n meesterstuk. Baie dankie. Ek het sommer nou lekker begin ontspan tydens die lees van die verhaal. Sommer net vergeet van al die mal dinge van die dag. Puik.
Willie uitstekend geskryf, so al asif jy dit self ervaar het. Jy kan ons nie nou so lis nie, daar moet asb n opvolg wees. Wat tussen Paul en Elsa gaan gebeur asook tussen die twee oues van dae!!!