
Pas geskei (2)
deur Bobcat
(Lees vorige episode HIER)
Sy het die ruglening van haar sitplek verstel na die lê-posisie, haar bene gekruis, hande saamgevat op haar skoot en binne minute kon ek die reëlmaat van haar asemhaling bo die motor se gedreun hoor. Daar was nie baie verkeer nie en ek kon kort-kort na my metgesel loer, steeds oorbluf van wat so pas gebeur het. Dit was, na jarelange blote vriendskap, heeltemal onverwags.
My oё het oor haar mooi gesig, wat nou effens weggedraai is, en nek gegly. Redelik lank vasgesteek by haar groterige ferm borste wat op en af gedein het voordat ek weer vir die pad gekyk het. Binne sekondes weer teruggekyk na haar slapende postuur. Haar hande het van haar skoot gegly en toe my oё oor die voorkant van haar jeans beweeg het ek gou teruggekyk pad toe en dadelik weer my oё teruggekeer na haar. Haar bene lê ook nou effens weg van mekaar en in die “V” ontmoet my oё haar bultende vroulikheid.
Daar is ‘n defnitiewe lyn waar haar vroulikheid sny en die se wangetjies weerskante van die ritsluiter effe pof. Dit kos inspanning om my oё terug te keer na die pad en ek skrik toe ek opmerk dat ek reeds oor die geel streep ry.
“Kyk jy lekker?” kom haar vraag sonder dat sy beweeg.
“Sorry Ans … nie geweet jy is wakker nie,” antwoord ek verleё.
“Wil jy voel of gaan jy my “perv” tot by die see?” vra sy redelik selfversekerd. “Jy hou die keer net jou ogies op die pad,” sê sy voordat ek kan antwoord. Sy vat my linkerhand van die rathefboom af en sit hom hoog teen haar bo-been neer. Ek voel hoe sy regskuif en hoe haar regterbeen in my rigting oopmaak.
Ek kantel my hand na links en my pinkie raak onmiddelik aan haar lies. Ek roer hom nog bietjie en word verras met die hitte, sagtigheid en die klammigheid van haar jeans. My vingers huppel nou oor die heuweltjie en dan maak ek my hand plat en vat haar hele koek vas in my palm. Ek druk hard en ‘n sug ontsnap oor haar lippe. Ek pomp en vryf nog ‘n paar keer hard oor haar heuwel en kan voel hoe my eie vlees begin gedy.
“Fok nee … dis nou genoeg!” laat hoor Ansie en vat my hand weg. My hart klop in my keel en ek wil na haar kant toe kyk, maar ek voel te skuldig en laat net ‘n “sorry” uitglip.
“Sorry se gat,” blaas sy dit uit en ek hoor haar vroetel. Ek wonder wat ek verkeerd gedoen het en dan hoor ek dit … zzjoeess … die geluid van haar ritssluiter. Nog ‘n bietjie gevroetel en dan word my hand weer gevat en neergesit op naakte vlees.
Ek loer gou en sien dat my palm op haar onderbuik net bokant haar “panty’ lyn rus. Sy giggel en druk my kop terug in die rigting van die pad.
”Jy mag voel … en miskien vroetel foefholletjie … maar jy hou jou oё op die pad of hierdie partytjie is verby.”
My handpalm gly liggies oor haar satyn broekie. Haar poes voel nou sagter, maar daar is ‘n meer intense hitte. Ek kan ook voel dat sy nie geskeer is nie, maar sy is nie vreeslik harig nie en dit prikkel my donkerste herinneringe aan my eerste steek op skool.
Met die terugtrek van my hand oor haar broekie kan ek voel dat haar lus deur die material begin slaan. Ek stoot my hand weer af, maar krul my ringvinger onder die “panty” se rek in en lig hom op. Met die terugtrek glip ek ook die middelvinger onder die rek deur en trek beide vingers oor haar verhardende effe oopgesperde lippies. My vingers is nou sopnat en ek trek my hand weg.
“Neeee mannnn … nie nou nie,” kla sy, maar ek bring my nat vingers na my gesig en ruik daaraan. Haar reuk verpletter enige weerstand wat ek gedink het ek het, en my piel ruk orent. My vingers glip tussen my lippe in en ek dartel my tong teen die vingerpunte. My ore begin suis en ek kan voel hoe die bloedvloei na my wange vermeerder. Haar reuk en smaak is onbeskryfbaar. Ek dink onwillekeurig dat dit proe soos wat die verbode vrug vir Adam in die paradys moes proe.
Ansie snak na haar asem toe sy sien ek proe haar. Sy gryp my pols vas om my hand terug te vat paradys toe. Ek talm egter eers en maak my vingerpunte nat in my mond. Sy sak laer af in haar sitplek … jeans word afgeskuif tot net bo haar knieё, bene word oopgesper en ek druk my nat vingers onder haar broekie in. Die sagtheid van haar vel verras my weer, maar dis gou vergete toe my vingers via haar kittelaar tussen haar lippies deurglip en hul verder oopsper. Met die terugtrek krul ek my twee vingers in haar in en druk af op haar klitoris.
“O-o-e-e,” ontsnap oor haar lippe en haar knieё stamp teen die paneelkissie voor haar.
Sy sit haar hand oor myne en begin om hom te manipuleer soos die versneller van ‘n motorfiets.
“Ek gaan jou hand verkrag, mannetjie,” snou sy my toe.
My linkerhand is dom in die posisie en ek besluit om liefs nog ‘n vinger in te glip en die bewegings aan haar oor te laat. Die derde vinger sukkel om in te gaan, maar die poging en afwagting het die gewenste uitwerking. Ek kan voel hoe sy eers begin bewe, dan ruk en dan kom sy hortend in my hand terwyl sy laasgenoemde styf teen haar koek vasdruk.
Na wat soos ‘n ewigheid voel, voel ek hoe sy verslap en my hand laat gaan. Uit pure jagsheid bring ek weer my hand na my lippe en lek my vingers skoon. Ek verwag ‘n effense rens of muskus smaak, maar sy proe soos oggend-dou en vars gekraakte suikerriet.
“Erlank … sal jy by die volgende stilhouplek kan stop dat ek net kan opvars, asseblief?”
(Lees volgende episode HIER)
14 COMMENTS
Flippen goeie fantasie ma ek was al self op so ñ road trip met vingers vroetel inni broekie tot by daai punt van Stop & doen… die klimaks vat jou verby die 7de hemel…
☺
Dis waar, Annelise…ek het so ingeleef innie storie dat ek as WERKLIK ervaar het…
Daar is weer vir jou ietsie innnie bank…
Ek wil jou storie post, maar sukkel. Lees asb jou mail. 🙂
Toe ek my boeke geskryf het moes ek besluit of ek die “danger warnings” gaan insit. Maw gaan ek die karakters eers elke keer mekaar laat vra oor Vigs en aandring daarop dat hulle kondome aansit, byvoorbeeld. Of gaan ek hom sy veiligheidgordel laat vasmaak of haar nie vreemde mans op vreemde paaie laat ontmoet nie. Maar ek het besluit daar is genoeg mense in ons samewlewing wat oor daardie dele worry. Daar is mens wat campaigns doen en opvoed. Dis nie my werk nie. Ek is nie hier om vir mense te leer hoe om groot en verantwoordelik en veilig te wees nie. Ek benader almal as grootmense wat dit weet en as hulle dit nie weet nie is dit nie my probleem nie. Ekself wil nooit klink of ek preek of oordeel nie – dis nie wat ek wil doen nie. My campaign is VIR seksualiteit en gesonde seks en vrye seks en hier is al wat ek wil gee vir mense LUS. Daardie ander “verantwoordelike” dinge is maar soms ‘n moerse lusdemper. Ons hele wêreld bestaan uit lusdempers van alle tipes. Dis selfs soortvan waaroor my verhandeling is. So, dis seker waarom ek jou geantwoord het. Dis soos ‘n radar wat ek het – my eie issue totally – as iemand vir my iets “verantwoordeliks” sê dan wil ek juis onverantwoordelik reageer. Hehe, my antwoord vir jou was die “onverantwoordelik reageer.”
Annelise jy praat ook my taal hierbo. Ek stem 100% met jou saam en doen ook so. Doen so voort!
Hehehe….kan ons die woorde “moerse lusdemper” by die wulpse woordelys inhuldig?
🙂 🙂
“Oppie-Pad” seks is heerlik, maar hou liewer stil om klaar te maak wanneer die korrasie van albei in die rooi begin raak…’n verfrommelde wrak met 2 halfnaak mense daarin is nie ‘n mooi gesig nie…sê maar net, maar ek steel nie Bobcat se donder nie : die verhaal is uitmuntend geskryf!
Dis darem net ‘n storie. 🙂 Ek glo in storie en fantasie mag mens selfs ongesonde en gevaarlike goed doen en ervaar. 😉
Hehehe….sal volgende keer as die karakters se korasie “Rooi” raak die handrem optrek Willewill…..maar onthou as die korasie styg sak die wysheid!…lol
Bobcat jou yster. Lyk my die twee is net so voor Frankford, die pad is nog ver en daar is nog baie kere se lekker kry voor hulle by die see is.
Sien uit na die vervolg.
So n roadtrip voorspel net groot plesier. Ek kan my vereenselfwig met dit.
Raak ek nou lus vir ‘n road-trip. ‘n Lange…