Onbekende bekende
deur Whale
Dis doodstil in die vertrek. Deur die blinddoek kan ek net-net haar lyf uitmaak, maar ek sê dit nie…ek is in elk geval beveel om stil te bly en stil te lê. In my ore sing Prince saggies Purple Rain, en die diep meesleurende weemoed van die song werk op hierdie stadium perfek vir my korrasie. My hande word ferm bo my kop vasgevat, en dan word dit met iets sags (dalk ‘n das) vasgebind. Deur die skreef in die blinddoek kan ek sien sy het net ‘n t-shirt en panty aan en haar soet parfuum is verleidelik en sexy. Ek besluit om nie te cheat nie, en maak my oê onder die blinddoek toe.
Ek kan haar steeds in die vertrek voel beweeg, en nou en dan hoe die bed induik as sy daarop druk, sit of leun, ek weet nie, want ek kan nie sien nie. Skielik tref iets kouds en nats my in die middel van my maag en dan is dit weer weg. Ek kry die vae reuk van vars room, en onderdruk die begeerte om te loer met geweld. Ek kan hoor sy vroetel met iets toe die song ophou speel, voordat dit weer begin, en net toe die musiek begin, trek sy my onderbroek se rek van my lyf af weg. Ek voel iets kouds teen my vel, net bokant die lyn waar my balhare begin, ‘n gevroetel weer en dan is ek bevry van my onderbroek. Fok! Sy het my onderbroek met ‘n sker afgesny! Ek kan voel hoe my meneer pols waar hy nou openlik en vry regop staan. Dit raak stil om my en dan tref die volgende skoot room my op my bors en op elk van my nipples. Ek sweer my meneer gaan bars as sy so aanhou, dit pyn al soos wat hy klop en pols. Sy sluit haar warm mond oor al die plekke waar sy room gespuit het, af en af tot by my naeltjie. Sy forseer haar tong warm en diep in my naeltjie in, en ek is goddank bly ek het gestort voor sy my hier kom vasdruk het.
Skielik is die musiek in my ore weg, en sy haal die oorfone uit. Sy sê niks, maar ek kan nou hoor hoe sy met iets werskaf. Die afwagting van wat sy volgende gaan doen maak my so jags ek voel of ek die ding waarmee my hande vas is kan breek. Die room kom weer aan die beurt, hierdie keer op my voël, my balsak en alles om dit, en sy lek dit gulsig af, haar mond warm en sensueel op die koue plekke waar die room flussies was. Vir die eerste keer in ons seksuele verhouding kreun ek sonder dat ek dit kan help, en sy giggel saggies. Sy druk net die kop van my meneer in haar mond, suig eenkeer en dan is sy weer weg. Sy tel iets blikkerigs op, en nog voordat dit my bors tref ruik ek die kondensmelk, haar gunsteling. Sy smeer die kondensmelk op my nipples, in ‘n streep tot by my naeltjie, en van my naeltjie al die pad af, deur die bos hare, oor my skag tot op die kop waar sy nog kondensmelk drup. Haar tong volg die kondensmelk-spoor stadig, en ek kreun weer. Fokkit, wat sy doen het my sintuie so opgeskerp, ek kan die laventelbos buite die venster ruik, en in die stilte die bye daar buite hoor. Sy speel met haar tong oor my voëlkop, en druk so skielik my voël in haar warm mond dat ek nog ‘n keer hardop kreun. Sy gee ligte trekkies aan my skag met haar hand soos wat sy met haar mond op-en-af beweeg, en dan is sy weer weg.
Ek kan voel sy is op die bed, maar wat sy maak is ‘n misterie. Iets tref my liggies teen die kant van my kop, en voor ek kan uitmaak wat dit is ruik ek haar hier by my. Die soet geur van haar seep en liggaamsap is onmiskenbaar, en ek sal dit enige plek op aarde herken, alles vir die aangenaamheid daarvan. Ek weet wat haar plan nou is, en ek voel hoe my voël so twee keer spring by die gedagte daaraan. Sy druk hom weer in haar mond, die kontras van die hitte in haar mond, en die koel van netnou se spoeg veroorsaak ‘n gevoel wat nie beskryf kan word nie. En terwyl sy my al hoe dieper in haar mond druk sak sy af op my gesig en druk haar nat koekie teen my lippe. Ek maak my mond gulsig oop, en vat ‘n hap van haar…ek voel hoe die hoendervleis op haar bene hier teen my skouer uitslaan en ek gee weer ‘n harde suig voordat ek my tong hard in haar gaatjie in druk. Sy kom onmiddelik, en haar sappe loop teen my ken af. Onwillekeurig beweeg sy haarself teen my mond, en ek liefkoos haar koekie met my tong, terwyl sy my bewerk met haar hande en mond. Ek kan voel ek is op fyndraai, en ek tik liggies teen haar boud. Sy verstaan die teken en hou op met suig, maar klim nie van my gesig af nie. Hoe de moer ek dit regkry weet ek nie, maar ek byt haar klit liggies tussen my tande vas en druk my tong weer in haar in. Sy kom rukkend en snakkend, en toe is my kak geboek. Sy staan op, draai om en spring amper bo-op my. Daar is geen genade toe sy my voël vasvat en iets koels daarop smeer nie. Die prikkeling kom amper onmiddelik, en ek weet hoekom. Sy het mint flavoured lubricant aangesmeer, bloot vir die sensasie vir ons altwee. Dit is ‘n prikkelende brandgevoel, en laat jou kom soos ‘n besetene. Die olie het nog nie eers warm geword nie, toe druk sy my voël in haar op, en stamp dit in.
Dit is so skielik dat ons altwee kreun, en sy kom dadelik, sonder om eers een beweging te maak. Dan begin sy my ry terwyl haar kom warm oor my loop, tussen my boude in tot op die bed. Al hoe vinniger beweeg sy totdat sy uitasem op my neersak en weer rukkend kom. Hierdie keer is dit vir my ook een te veel en ek spuit haar vol van my eie balghries. Dit loop uit haar uit, en maak slurpgeluide soos wat haar koekie nog spasties saamtrek van haar eie bevrediging. Sy lê net so bo-op my terwyl ek stadig pap raak binne haar, en dis eers toe my voël te klein is om binne te bly wat sy opstaan. Sy vee haarself met ‘n waslap af, dan vir my en haal die blinddoek af, gevolg deur die band om my hande. Ek kan haar vir die eerste keer sien, en nog nooit was haar oë so blou soos nou nie. Ek kreun, staan op en begin aantrek. Sy gaan lê net so kaal weer onder die duvet, en volg my bewegings terwyl ek bewerig weer my pak aantrek.
Ek soen haar totsiens, vat die karsleutels, klim in die kar en ry. Dis eers toe ek terug is op kantoor wat ek sien daar is ‘n boodskap op my foon. “Dankie vir die quickie, jy moet meer lunch vat” staan daar. Ek weet ek glimlag soos ‘n skaap, en antwoord: “Plesier, jy was lekker soos altyd.” Haar antwoord kom onmiddelik: “Watse kos wil jy hê vanaand?” Daar is klaar weer ‘n roering in my broek toe ek haar antwoord: “Net wat jy maak, liefie”. En al wat my vrou vir my terugstuur is ‘n gesiggie wat tong uitsteek.