Resensie – Nymphomaniac: Vol I
deur Annelise
Perhaps the only difference between me and other people was that I’ve always demanded more from the sunset; more spectacular colors when the sun hit the horizon. That’s perhaps my only sin.
Regisseur: Lars von Trier
Akteurs: Charlotte Gainsbourg, Stellan Skarsgård, Shia LaBeouf, Christian Slater, Stacy Martin, Uma Thurman
Enigiemand wat ‘n rolprent kan maak waarin liefde, seks, mymeringe oor ‘n boom se siel, Bach, Rammstein en Fibonacci soomloos inmekaarvloei, moet anders as ander mense na die wêreld kyk. In Nymphomaniac – wat in twee hoofstukke uitgereik word – doen regisseur Lars von Trier presies dit.
Een van die belangrikste woorde in die rolprent is “sensations” en die openingstoneel neem reeds jou gehoorsintuig gevange wanneer net die klank van reën hoorbaar word terwyl die skerm eers donker bly. Dan, net wanneer jy daaraan dink om iemand te gaan roep omdat daar iets fout is, sien jy waarop daardie reën val – die bron van die verskillende klanke waarna jy geluister het. In nat, donker, grys fokus die kamera skielik op ‘n liggaam wat in die stegie lê. En dan bars Rammstein deur jou oordromme. Fantasties.
Hier is die openingstoneel.
Nymphomaniac is nie noodwendig ‘n sexy fliek nie. Dit word as ‘n drama-kunsfliek beskryf. Maar sexy is “in the eye of the beholder” en as die seksdaad jou aandraai dan sal die rolprent jou so klam soos die openingstoneel laat. Nymphomaniac is egter iets meer as sexy – selfs al grens sommige van die tonele aan pornografie. Dit vertel die storie van Joe se seksuele avonture en waarom sy haarself as ‘n nimfomaan sien, maar dit word intelligent gedoen. En soms veroorsaak die manier waarop sy dit vertel dat die seksuele dade amper koud en klinies oorvertel word. Die erotiek is dus in ‘n mate daaruit verwyder.
Joe vertel haar verhaal aan Seligman, die man wat haar in die stegie opgetel het. Dit is hy wat haar dade elke keer probeer verduidelik (en soms probeer verskoon en versag) aan die hand van verskeie onderwerpe soos kunsvlieg-hengel, Bach, Fibonacci se syfers en Edgar Allan Poe. Sy kommentaar bring elke keer die intense sekstoneel aarde toe – soos ‘n koue lappie op ‘n warm voorkop.
Seligman: Love is blind.
Joe: No, no, no, it’s worse. Love distort things. Or even worse, love is something you’ve never asked for.
Ons samelewing verbind seks met liefde. Die een is nie veronderstel om volgens die huidige norme sonder die ander ene plaas te vind nie. Joe rebelleer teen hierdie idee. Vir haar is lus lus.
Joe: For me, love was just lust with jealousy added; everything else was total nonsense. For every hundred crimes committed in the name of love, only one is committed in the name of sex.
Wanneer een van haar vriendinne vir haar vertel dat die geheime bestanddeel van seks, liefde is, lag sy haar uit. Sy is vasbeslote om die gemeenskap se obsessie met liefde te beveg.
Ten spyte hiervan kan selfs Joe nie liefde (of verliefdheid?) ontsnap nie. Sy sê “love appeals to the lowest instinct wrapped up in lies” en “I am ashamed of what I was when in love” (Is ons nie almal nie?) maar interessant genoeg het sy minder seks (met ander) wanneer sy verlief is. Dopamien is dus sterk genoeg om selfs haar seksverslawing te verdun. Maar liefde is ‘n fantasie en maak op die einde seer en dan wonder ‘n mens of seks – rou begeerte – nie dalk eerliker en meer eg is as die speletjies wat ons speel wanneer ons oor liefde praat nie? Dan vind ons troos in daardie dwelm wat ons oorlewingsmeganisme geword het om die pyn net so bietjie dowwer te maak. En is alle verslawings nie maar om pyn te verdoof of daarvan te ontsnap nie? Elke dwelm eis egter sy prys. Wat is dit prys wat Joe betaal? Is dit gevoelloosheid, ‘n gebrek aan empatie en eensaamheid?
Eensaamheid ook ‘n sterk tema in die rolprent. Haar eensaamheid word as ‘n dryfveer ondersoek, maar dan kan ‘n mens ook sê dat eensaamheid een van die gevolge van haar seksverslawing is. Dis ‘n sirkel wat op homself voed.
Seligman: [narrating] During the whole of a dull, dark, and soundless day in the autumn of the year, when the clouds hung oppressively low in the heavens, I had been passing alone, on horseback, through a singularly dreary tract of country; and at length found myself, as the shades of the evening drew on, within view of the melancholy House of Usher.
Leon van Nierop het op RSG se werf geskryf dat die fliek geen ander doel het as om seks te wys nie. Ek stem nie daarmee saam nie. Ek dink daar is baie interessante subtema’s wat mens verder kan ondersoek as ‘n mens nie op die seks fikseer nie. Maar dan, hierdie is kombiekiehier en hier maak seks lus.
Daarom beveel ek Nymphomaniac aan. Jy kan terugsit en dit soos ‘n pornografiese rolprent geniet waar stories en redes nie belangrik is nie. Of jy kan dit as ‘n drama benader of jy kan agterna daaroor filosofeer. Die waarskuwing dat dit slegs vir volwassenes is en baie eksplisiete sekstonele in het, behoort nie vir ‘n kombiekiehierleser te geld nie – dis mos waarom jy hier is. Want lus. 😉
Nymphomaniac Vol I voorprent:
Nymphomaniac wys tans in Cinema Nouveau teaters.
1 COMMENT
Interessante onderwerp: dié van nimfomanie. Ek het nie die fliek gesien nie – het maar net na die videosnitte hierbo gekyk. Dit het my aan die dink gesit. Ek glo dat selfs die ergste gevalle van rou vleeslike begeerte en uiterste seksuele genieting nie los staan van ander toegeneentheidsfaktore Selfs al is daar nie sogenaamde “liefde” nie, is daar nog altyd daardie dinge wat seks met sekere persone beter maak as met ander. En dit maak dat mens nie noodwendig by een seksmaat wil bly nie.
Dinge wat ‘n rol speel is:
– Iemand se algemene geklede voorkoms (insluitend die soort klere wat die persoon dra)
– Iemand se algemene naakte voorkoms en die voorkoms van onderskeie liggaamsdele. Hier kom allerhande aangeleerde vooroordele ter sprake – maerder is beter, vetter minder goed. Daar is ook onverklaarbare voorkeure. Dink maar aan die obsessie wat Anna gehad het met mnr Grey se voete, in “Fifty shades of Grey”.
– Die liggaamsreuk van ‘n persoon. Wie sal weet watter oorgeërfde voorkeure, van voorgeslagte van duisende – moontlik mijoene – jare gelede, dalk hier ‘n rol speel.
– Die stemtoon van ‘n persoon. Oor die algemeen klink mans met dieper stemtone meer manlik en sexy, is al bevind.
– Die manier waarop iemand praat en kommunikeer en die hordes afleidings wat mens daaruit kan maak, oor dinge soos die person se bedagsaamheid, gevoelvolheid en intelligensie (en die implikasies daarvan vir jou as jy ‘n gesél van die persoon sou wees – tydelik of permanent). En, mens moet ook nie vergeet hoe belangrik dit is dat iemand jou kan laat ontspan nie; iemand met ‘n humorsin wat jou kan laat lag.
En so kan mens aangaan en hope faktore lys wat ‘n rol speel by die mate waarin jy seks met iemand geniet en wat dalk ook andersins vir jou belangrik is. Dis dinge wat jou toegeneentheid teenoor ‘n persoon bepaal. Want terwyl jy seks het – ja, met elke stoothaal – figureer die toegeneentheidsfaktore soos hierbo in jou brein. Want naai is nie net interaksie tussen organe nie; dis bewustelik en onbewustelik die wisselwerking tussen twee volledige persone – liggaamlik en psigies – op vele vlakke.
En nou is die kernvraag: Wat het dit met nimfomanie te doen? Wel, is die nimfomaan nie net iemand wat – dalk onbewustelik – baie wetenskaplik te werk gaan nie? Sy is dalk iemand met ‘n hoë seksdrang wat nog net nie die man ontmoet het waarmee sy ‘n permanente verhouding wil hê nie. Terwyl sy haar daaglikse seks nodig het wil sy sommer gelyktydig eksperimenteer tot sy die regte persoon ontmoet – iemand wat beide seksueel en ten opsigte van faktore soos hierbo genoem ook voldoen. Die bietjie van die fliek wat mens in die video’s sien beeld dit goed uit. Joe reageer tydens seks anders met elkeen van die mans. Dis duidelik dat sy vir sommige meer toegeneentheid het as vir ander. Dis duidelik dat sy ingestel is op ander faktore as net die vleeslike alleen, maar dat dit deel word van haar seksuele ervaring – haar genot.
Dat Joe die seks geniet sonder liefde is gewis. En dis nie vreemd nie. Seks met ‘n hoë graad van toegeneentheid – deur sommige liefde genoem – is fantasties. Sonder liefde is seks steeds dêm lekker, mits daar darem ‘n paar toegeneentheidsfaktore teenwoordig is.