
Nuut by Gemeenskap: Die Sekskamer
Miskien is dit weer tyd dat ek julle herinner aan Gemeenskap, Kombiekiehier se sosiale netwerk, nou dat daar weer ‘n nuwe opwindendheid daar ontstaan het.
Gemeenskap het ontstaan uit sommige Kombiekiehierlesers se behoefte om met mekaar te kan gesels, oor seksuele onderwerpe te kan redeneer en vra en om sommer bietjie vir mekaar soms uit te haal en te wys. Dit is verniet vir vroue, maar kos R100 per maand vir die mans. Weereens is die geld hoofsaaklik om mense daar te beskerm teen iemand wat net wil inkom om moeilikheid te maak. (En ook omdat ek ‘n duur program moes koop om die webwerf te laat werk soos hy moes werk.)
Van die ontstaan van Gemeenskap af het dit aanhou verder ontwikkel soos die deelnemers verdere behoeftes geopenbaar het. Daar is nou ook al ‘n geruime tyd ‘n chatfunksie wat ons Klitklets noem.
More word nog ‘n nuwe, warm funksie in Gemeenskap oopgemaak.
Ons noem dit Die Sekskamer.
Die Sekskamer is ‘n ruimte waar voyeurs sowel as ekshibisioniste hulle kinks uit kan leef. Gelukkig is dit twee kante van dieselfde muntstuk so ons vul mekaar aan. 🙂
Ek verbeel my die Kletsgedeelte van Gemeenskap is soos ‘n seksklub. Daar is private kamers waar lede met mekaar kan gesels – dit is die een-tot-een private chats. Dan is daar die sitkamer waar mense saam iets drink, in die groep kuier en gesels. Dis die “global” deel van klitklets. Maar nou het die klub ‘n voyeurkamer oopgemaak. Jy gaan net soontoe vir ‘n spesifieke doel en as jy dit voor die tyd gereel het met wie jy daar wil ontmoet. Niemand is daar wat nie daar wil wees nie, maar niemand is ook daar wat nie genooi is nie. Dis nie die sitkamer nie. Dit is ‘n redelike groot kamer wat plek het vir heelwat mense. Die mure is skoon en wit en dit is goed belig sodat voyeurs alles sal kan sien wat hulle wil sien. Die bed is ‘n Super King Size bed (200 cm by 200 cm) en is met skoon wit lakens en ‘n pofferige wit duvet oorgetrek. Die bed lyk so:
Aan die voetenent kant van die bed is ‘n venster in die oorkantste muur. (Maw die aansig wat jy in die foto sien.) Die venster strek van die dak tot die vloer. Agter die venster is gemaklike stoele in ‘n difverligte vertrek. Aan die kant van die vertrek (daar waar die gordyne in die foto is) is ook ‘n soortgelyke venster en stoele. Dit is dus moontlik om van twee kante af in die kamer in te sien.
Daar is ‘n dik mat op die vloer van die kamer.
Langs die bed aan weerskante is kassies met laaitjies. In die een laai is kondome, wet wipes, ‘n skoon handoekie. Daar is ook olies met verskillende geure. Daar is ook smeermiddels.
In ‘n ander laai is toue en linte en boeie. Nog ‘n laai het ‘n swepie, ‘n paar vibrators van verskillende groottes, ‘n paar dildo’s. Julle kan julle eie items ook saambring of nog vir die laaie skenk.
(Soos met die stories op Kombiekiehier gebeur alles in WOORDE. Nie video’s of foto’s nie. Dis cyberseks wat jy daar deur die vensters sal kan dophou (maw lees soos dit gebeur) en sal kan doen (as jy die eshibisionis is).
Daar is in die oorkantste hoek ‘n gemakstoel en ook ‘n reeling waaroor ‘n mens klere kan hang.
Dit is nodig om reëls daar te stel net sodat goed mooi kan verloop.
- Iemand wat dophou (voyeur) mag nie praat in Die Sekskamer terwyl die spel besig is nie. (Die wat in die toneel is kan na die tyd sê wanneer en of hulle lus is om met die omstanders te gesels.) As jy tussen-in praat gaan die wat seks het jou ignoreer, maar jy kan dit ook vir die ander kykers dan opmors en jy kan die deelnemers se konsentrasie versteur. Jy is buite die kamer en die deur is gesluit.
- Die Sekskamer is enige tyd tot enigiemand se beskikking wat ekshibisionisties wil wees. As jy nie vooraf reël sodat toeskouers daar kan wees in real-time nie is dit ok, want die toneel gaan daar bly en iemand kan later dit gaan lees. Dis seker wel vir albei kante lekkerder as daar lank genoeg waarskuwing is dat almal daar kan wees “live.”
- Ek sou voorstel dat jy iemand nooi vir ‘n sekere daad 😉 op ‘n sekere tyd en dit dan vooraf aankondig, maar as die lus skielik iewers opvlam en Die Sekskamer is leeg, dan is jy welkom om dit te gebruik. Jy kan ook spesifiek sê die deur staan oop en enigiemand is welkom om deel te word van die toneel, maar as dit nie so eksplisiet genoem word nie, dan moet aanvaar word die kamerdeur is gesluit.
Woensdag 30 Oktober 2019, tienuur, gaan Die Sekskamer vir die eerste keer in gebruik geneem word. As jy nie tienuur kan “kyk” nie sal die toneel in elk geval daar bly sodat dit later gelees kan word.
6 COMMENTS
Ek sal verseker kom inloer
Daar gebeur dit nou wraggies weer. Net toe ek dink dat hierdie sites nie beter kan word nie kom en skuif Onse Edeldierbaarste dit in n klompleet nuwe demensie in.
Absoluut fantasties. Sien erg uit hierna.
Wel wel wel, dit klink baie interessant Annlise.
En alles in Afrikaans.
Wonderlik.
Dis haar ge-aardheid, Sneeuwitjie. Ongekende lus en geniet van seks ( veral sekere soorte) en sy deel dit graag met al haar ondersteuners.
Diep binne is ‘n sagte hart wat net altyd die beste vir haar lesers wil bied om hul sekswense te vervul.
Een uit ‘n duisend.♥
Will, hierdie een se krediet kom Annelise toe. Alles haar inisiatief. Ek gaan net lustig saamspeel
Jy bederf ons. 😉