Liedjiestorie: Pretty little girl in the yellow dress

Hoe lank gaan ek lees: 9 minute

 deur Ramkat Erasmus

Ek staan op my wankelrige leer en vervang die gloeilamp bo-op die hekpilaar as die Varsity bus verby ry. Vir ‘n oomblik gaan staan tyd stil as ek HAAR deur die venster van die bus sien. Sy kyk my reg in die oë en ek vir haar. Sy begin effens glimlag en dan is die oomblik verby en die bus dreun verder in die straat op, en om die hoek.

Ek sit die ligskerm terug en klim met bewerige kniëe van die leer af. Ek gaan staan in die koelte van die boom en maak my oë toe. In my gedagtes sien ek haar weer. Lang blonde hare, groen oë, lang vingers, atleetbene en daai geel rokkie. Ek haal diep asem, kalmeer myself. Die meisie in die bus kan nie sy wees nie. Sy moet nou reeds vyf-en-veertig wees. Die meisie in die bus is jonk, ‘n student, dalk nie eers twintig jaar oud nie. Ek skud my kop. Verbaas deur my fisiese reaksie. Nelia is lankal nie meer deel van my lewe nie. Lankal. Vir wat dan hierdie skokreaksie?

Ek vou die leer op en maak ‘n besluit om ‘n nuwe leer te gaan koop. Ek sit die leer weg, gaan die huis in en was my hande. Dan gaan ek studeerkamer toe, haal ‘n foto-album uit en soek na die enigste foto van my en Nelia wat ek besit.

Ons staan op die strand. Ek agter haar met my arms om haar lyf, my weermaghare, of gebrek daaraan, nat na my swem in die see. Sy dra ‘n polka-dot bikini. Haar kop rus op my skouer en sy het ‘n vrolike glimlag op haar gesig.

Dit was 1976. Margate. Ek het net uit die weermag uitgekom en saam met die familie in Margate gaan vakansie hou, in ons karavaan in die karavaanpark.

Na ons daar aangekom het en alles opgeslaan het het my ma my gestuur om warm water in die waskamer te gaan haal. Ek het die rooi emmertjie gevat en in my kortbroek, t-hemp en plakkies aangestap na die geboutjie toe.

Ek het die emmertjie onder die kraan gesit en oopgedraai en toe opgekyk. Sy’t in die deur gestaan met ‘n bondeltjie wasgoed. Lang blonde hare, groen oë en ‘n helder geel minirokkie wat met ‘n halter agter haar nek vasgebind was. My asem het weggeslaan en ek sweer ek het ‘n gesuis in my ore gehoor.

“Hallo,” het sy gesê. “Julle nou net aangekom?”

Ek het my kop geknik, my keel skielik droog.

“Ek is Nelia,” En sy het haar hand met daai lang vingers na my toe uitgesteek.

Ek het haar hand gevat, probeer om iets te sê, maar my asem het gejaag en al wat uit my keel wou uitkom was ‘n hees geblaas.

Sy het geamuseerd na my gekyk, maar nie haar hand uit myne getrek nie. Toe uiteindelik het ek my naam uitgekreun en sy het “aangename kennis” gesê en haar hand teruggevat.

Teen die tyd het die emmertjie al oorgeloop en ek het haastig toegedraai en die ding onder die kraan uitgehaal. Die kokende water het uit die emmer gespat tot teen my kaal bene. Om te keer dat ek nie brand nie het ek probeer om die emmer neer te sit, maar toe spat die warm water op my hand en al wat ek toe regkry is om die hele boksemdaais om te stamp en warm water oor my voete gekry.

Toe ek uiteindelik alles onder beheer het besef ek dat sy vooroorgebuig is van die lag. Ek het soos ‘n aap gevoel en al waaraan ek kon dink is om met die emmertjie te vlug. Maar sy het ‘n hand uitgesteek en met ‘n laggie om verskoning gevra. Toe’t sy gevra of ek sleg gebrand het.

Sy’t haar bondeltjie neergesit en die emmertjie by my gevat. Sy’t dit weer onder die kraan gesit en oopgedraai. Toe’t sy my met ‘n brëe glimlag gevra of sy die emmertjie vir my na ons karavaan toe kon dra.

-0-

Later, toe ons net klaar gebraai het, kom sy en ‘n vriendin by ons aan. Sy’t ‘n buisie room by haar en vra of ek iets nodig het vir die brandwond teen my been. My familie was heel verbaas om haar weergawe van my petalje te hoor en ek is vir die res van die vakansie gespot oor my onbeholpenheid.

-0-

Twee dae later het ek haar in die Palm Grove gesien, weer met die geel rokkie aan. Jong mans het soos vliëe om haar gedraai en toe sy my ook raaksien het sy verskoning gemaak, by my ingehaak en gevra of ons bietjie op die strand kon gaan stap.

Haar parfuum het my kop laat draai en haar arm deur myne het gevoel of dit my vel brand.

-0-

Nog later is ons terug na die Palm Grove toe waar die orkes nou net stadige musiek gespeel het. Ons het op maat van die musiek gewieg, sy in my arms, haar kop op my skouer.

-0-

Nog later het ek saam met haar na haar karavaan toe geloop en onder die skaduwee van ‘n groot boom het sy my gesoen.

-0-

Die res van die vakansie was ons twee onafskeidbaar en ons vryery het al warmer geword tot ek eendag al my moed bymekaar geskraap het en by die apteek ingeloop het en ‘n pakkie kondome gaan koop het.

‘n Dag of wat later het haar familie besluit om iewers heen te ry. Sy’t gesê sy wil nie saam gaan nie en ‘n uur later het ek haar van haar maagdelikheid verlos op haar pa en ma se bed in die karavaan.

-0-

Na die vakansie het ek vir myself ‘n motorfiets gekoop met my weermagbonus en gereeld die 70 kilometer gery na haar ouerhuis in Randfontein toe.

Sy was in matriek en haar pa en ma het naderhand begin om ons kuiertjies te rantsoneer sodat sy kon studeer.

Elke gesteelde oomblikke het ons gevry, genaai, mekaar verken en leer ken. Saam saam het ons uitgwerk wat die beste manier is om ‘n blowjob te gee en met haar aanmoeduinging en instruksies het ek geleer om poesie te eet.

En toe gaan sy universiteit toe.

Vir eers het ons gereeld gebel. Toe al minder van haar kant af. Ek het eendag op my motorfiets geklim om haar by haar koshuis in Potchefstroom gaan soek. Sy was nie daar nie en ek het besluit om te wag. Toe sy uiteindelik opdaag was dit hand aan hand met ‘n ou. Sy’t my nie gesien nie. Maar op die koshuisstoep het sy op haar tone gaan staan en hom gesoen soos wat sy altyd met my gedoen het.

By die huis gekom het ek vir haar ‘n brief geskryf was dit. Sy’t daarna nog ‘n paar keer gebel, maar ek het my familie gevra om te sê ek is nie daar nie.

Maar vir jare daarna het sy telkens voor my gestesoog opgeduik in haar geel rok met haar groen oë en haar hare wat waai in die wind.

-0-

Ek sug, maak die plakboek toe en sit dit weg. Dan klim ek in my bakkie en ry na ‘n winkelsentrum waar ek weet ek ‘n leer sal kan koop.

Die verkoopsman ken sy storie en ek loop eindelik daar uit met ‘n ordentlike leer wat langer is as my ou een en ook heelwat ligter.

Ek is besig om die leer op my bakkie vas te maak as ek sien hoe die busvenstermeisie met twee vriendinne by ‘n koffiewinkel gaan sit. Dis die meisie in die bus. En sy lyk soos Nelia toe ek haar geken het.

Ek wik en weeg vir ‘n oomblik en stap dan nader. Sy kyk op as ek by hulle tafel gaan staan.

Sy herken my en glimlag. “Hallo oom. Oom was die oom op die leer?”

Ek knik.

Sy lag. “Dit het gelyk of oom gaan afval toe die bus verby ry…”

“En dis hoekom ek nou net ‘n nuwe leer kom koop het.”

Die twee vriendinne hou my van agter hulle donkerbrille dop, en ek kan amper hoor hoe hulle wonder oor die sleazy ou toppie wat sommer uit die bloute kom geselsies maak.

“Ek wil julle nie pla nie, maar kan ek jou ‘n snaakse vraag vra?”

Sy frons effens en sê dan: “Seker oom?”

“Is jou ma se naam Nelia?”

Haar mond val amper oop.

“Hoe weet oom dit?”

“Want jy lyk net soos sy toe ek haar geken het …”

“Haai oom. Dis nou toeval. Wat is oom se naam? Ek sal haar vra of sy oom nog onthou …”

“Dis dalk nie ‘n goeie idee nie. Dinge tussen ons het nie te goed geëindig nie.” Maar ek gee haar tog my naam.

“O. Okay oom. Lekker dag verder!”

Ek groet en gaan klim in my bakkie en ry huis toe.

-0-

Twee weke later lui my hek se interkom. Ek kyk op die geslotekring televisie en sien vir Nelia voor my hek staan. Ek druk die knoppie en die hek swaai oop. Sy stap in en die honde draf nader om kennis te maak.

Ek loop by die voordeur uit en wag op die stoep. Dis nie Nelia nie. Dis die meisie in die bus. Met lang blonde hare, groen oë en ‘n geel halternek mini rokkie aan.

“Ek hoop nie ek pla nie …”

“Glad nie. Kom in”

Ek vat haar na die sitkamer toe en beduie sy moet sit. Dan bied ek koeldrank aan. Sy’t haar ma se glimlag en sy sê sy sal wyn verkies.

Ek skink en sy vra vir ‘n ysblokkie by. Ek gee haar haar glas en haal vir my ‘n bier uit.

“Waaraan het ek die eer te dankie?”

“My ma stuur groete. Sy was baie verbas om van jou te hoor.”

“Hoe gaan dit met haar?”

“Goed. Haar besigheid doen goed. Sy’s gesond. Dit gaan goed.”

“Wat doen sy vir ‘n lewe?”

“Beleggingsadviseur vir Old Mutual. Sy maak ‘n fortuin.”

Ek knik net. “Het jy boeties en sussies?”

“Nee. Ek is die enigste een.”

“A… En jou pa?”

“Weet nie. Hulle is so vier jaar gelede geskei en ons het nog nie weer van hom gehoor nie … Good riddance.”

Ek hoor die woede in haar stem.

“Nog wyn?”

Sy hou die glas na my toe uit en ek maak dit vol met nog ‘n blokkie ys. As ek terugdraai na haar  toe is sy besig om lipstiffie aan te sit. Haar lippe is rooi. Bloedrooi.

“Wat swot jy?”

“Ekonomie. Ek wil saam met my ma werk.”

“Nie sleg nie. “

“Wat doen jy?”

“Argitek. Ek werk van die huis af.”

“Wys my van die huise wat jy ontwerp het?”

“Ek doen nie baie huise nie. Meesal groter geboue. Kantore en so. Maar kom ek gaan wys jou …”

Ek kry vir my ‘n vars bier en stap vooruit na die studeerkameer toe. Teen die een muur is ‘n lang tafel met modele van my ontwerpe. Agter my tekenbord, teen die muur hang dosyne foto’s.

Sy gaan bekyk eers die modelle en dan dwaal sy na die foto’s toe.

Ek hou haar dop. Sy’s bietjie dikker as haar ma. Nie vet nie, net meer rondings. Sy’t haar ma se bene en hande. Sy word bewus daarvan dat ek haar dophou.

Sy kyk my vas in die oë.

“Is jy getroud?”

Ek skud my kop.

“Meisie?”

Weer skud ek my kop.

“Mooi,” sê sy en stap terug sitkamer toe.

Sy gooi die keer haar eie wyn en vra my om haar my huis te wys. Ek lei haar deur die onderste vertrekke, kombuis, waskamer, gastekamer, eetkamer en dan teen die trap op na bo.

As ons in my slaapkamer kom, sit sy die glas wyn neer.

“Toe ons ontmoet het, het jy gesê jy wil vir my ‘n snaakse vraag vra …”

Ek knik en wonder wat kom.

“Kan ek jou maar ‘n snaakse vraag vra?”

“Ja. Seker”

Sy kom nader en kom staan reg voor my.

“Sal jy my asseblief soen?”

Ek probeer dink wat om te sê of te doen om aan te dui dat dit nie ‘n goeie idee is nie, maar daan staan sy op haar tone, sit haar hand om my nek en trek my kop af na hare toe.

Haar lippe is koud van die wyn.

Haar tong glip in my mond in en dan bars die damwal en ek begin terug soen.

Skielikis al die tye saam met Nelia weer daar. Ek maak die halternekkie los en haar tieties spring uit. Hulle is net ‘n handjievol met klein ligroos tepeltjies. Ek buk af en vat een van hulle in my mond. Sy kreun en pluk aan my hare om my nader aan haar te trek. Ek verwissel na die ander een toe terwyl sy haar rokkie oor haar heupe afrem.

Ek besef sy dra nie ‘n broekie nie en die gedagte maak my rasend. Sy begin aan my klere trek en ek besef as ek nie help gaan sy iets skeur. Ek trek die hemp oor my kop en die broek gaan grond toe. My onderbroek volg en ek skop my skoene uit. Dan is sy op haar kniëe voor my en sy gryp my harde paal en druk dit in haar mond in.

Vir ‘n wilde oomblik wonder ek of haar ma haar geleer het, want as ek afkyk voel en lyk dit soos Nelia wat al daar die jare terug op my geoefen het om piel te suig.

Sy slurp en stik, maar sy trek my al dieper in haar keel in. Ek begin haar “face-fuck”. Net voor ek kom trek ek my piel uit haar keel uit en trek haar regop.

Ek tel haar op en gooi haar op die bed neer. Toe ek haar ma geken het, was dit nie die inding om poeshaartjies te skeer nie. Almal het net die bikinilyn getrim. Nelia se dogter is kaalgeskeer.

Ek trek haar bene oop en began haar met my tong bearbei soos ek al die jaar terug op haar ma geoefen het. Sy kreun, haar heupe ruk en sy trek haarself amper regop aan my hare. Sy asem diep in en skree dan as die orgasme haar tref.

“Fokfokfokfokfokfokfok …” kreun syen ek trek haar bene verder oop en klim op die bed. Dan druk ek diep in haar in.

“Aaaaahhhh…” gil sy en ek stamp weer en weer en weer en weer in haar in. Haar orgasmes kom die een na die ander en ek naai haar al harder en harder tot ek ook reg is om te kom. Dan stop sy my.

“Lê op jou rug. Asseblief. Ek wil JOU ry…”

Ek trek uit en gaan lê op my rug op die bed. Sy klim oor my en begin haar heupe op en af beweeg. Sy druk haar hande teen my borskas vas.

“Jy is so diep in my in ..” kreun sy en begin my met mening naai.

Ek maak my oë oop en kyk na die pragtige onbekende en tog so bekende gesig. Haar mond is vertrek van plesier, maar dit kan pyn ook wees.

“Ek gaan kom,” sê ek vir haar.

“Ja. Ja. Asseblief kom vir my! Kom in my!”

En dan is daar nie meer woorde nie net ‘n gekreun van haar kant af en ‘n gebrul van my af. Sy val vooroor en klem my vas. Ek sit my arms om haar. Ons asems jaag.

Later. Heelwat later rol sy van my af en kom lê in die waai van my arm.

“Wyn?” vra ek, maar sy skud haar kop. Dan lig sy haarself op en kyk my in die oë.

“Kan ek jou nog ‘n snaakse vraag vra asseblief?”

Ek glimlag en knik.

“My ma het gesê ek moet jou vra …”

“Okaaay?”

Sy giggel en druk een van haar naels in my borskas in.

“Jy mag nie lieg nie …”

“Ek sal nie.”

Weer giggel sy.

“My ma wil weet … Wie naai die lekkerste? Ek of sy?”

8 thoughts on “Liedjiestorie: Pretty little girl in the yellow dress

  • Jantjies

    Kan een man so gelukkig were? Great storie.

    Reply
    • Ramkat Erasmus

      Ja, swaer… Dankie

      Reply
  • Nostradamus

    Sjoe! Gee asb hierdie man ‘n Bells. Sommer ‘n hele bottel! Stem saam oor die punch line!

    Reply
    • Ramkat Erasmus

      Daai bottel klink na die in-ding! Dankie Nos!

      Reply
  • Wille Will

    Ramkat ! Wat ‘n storie ! ! Ek’t dit onbeperk geniet ! Vloeiend en meesleurend geskryf en so magneties dat ek gevoel het ek is die heeltyd ‘n paar sentimeters van julle af, elke oomblik.
    Die Punch-line aan die einde is Pullitzer-kwaliteit.
    Baie Dankie.

    Reply
    • Ramkat Erasmus

      Dankie Will

      Reply
  • Dankie Ramkat. Jy neem my trug na my matriek jaar en Level 42 se hit ” Running in the Family”

    Reply
    • Ramkat Erasmus

      lol. Miskien moes ek dit as die temaliedjie gekies het!

      Reply

Leave a Reply to nas Cancel reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

error: Kontak ons as jy iets van Kombiekiehier wil hou vir jouself. ;)