Kombiekiehier in die nuus!

Vir almal van julle wat nie die Rapport gesien het nie, Kombiekiehier die nuus gehaal.

Hier is die link na die oorspronklike artikel. 🙂

Vir almal wat nie daar kan inkom nie, deel ek die onderhoud hier

‘n Jonglatkat wat van mosbolletjies hou – deur Jaco Nel

Noem dit maar haar bydrae tot die Afrikaanse taal.

So sê Annelise Erasmus oor Kombiekiehier.co.za, die erotiese webwerf wat sy in 2014 begin het.

“Ek sien dit as ’n bydrae tot taalbou. ’n Mens hoef nou nie ’n standbeeld vir seksstories op te rig nie, maar ek voel dit is hoe ek my deel vir Afrikaans doen.”

Annelise is ’n gesoute skrywer van hygliteratuur met drie boeke op haar kerfstok. Maar sy moes al baie verduur sedert sy met dié stokperdjie begin het.

“Wie is sy nou eintlik? Sy is maar net nog ’n seksbehepte huisvrou,” het ’n hater van haar erotiese skryfwerk op ’n aanlyn groep geskryf.

Daarom werk dié gesinsvrou van Garsfontein, Pretoria, deesdae kliphard aan ’n meestersgraad in filosofie.

Die tema? Seksualiteit.

Die kuiltjies langs haar mondhoeke duik behoorlik in wanneer sy glimlaggend begin gesels oor haar verhandeling.

“Ek werk hard aan filosofiese grondslae, want ek wil baie graag hê hygliteratuur moet ernstig opgeneem word,” sê sy.

“Jy weet, porn is in the eye of the beholder. Mense gaan natuurlik dink dít is wat jy doen, maar eintlik stel ek glad nie daarin belang nie. Dit is te eks­plisiet.”

Annelise het al drie erotiese boeke geskryf: Maanvrug, Weerloos en Slavin.

Daarna het sy gereeld vir ­LitNet se hygafdeling, LêNet, begin bydraes lewer. Die skrywer Etienne van Heerden, hoof van LitNet, het intussen aan Rapport bevestig dié afdeling is intussen “geskrap” van die literatuurwebwerf.

Soveel meer rede vir Annelise om haar eie webwerf na nuwe hoogtes te neem. Seks is vir haar ’n genre.

“Mense is te bang om seks te skryf,” sê sy.

“Wanneer hulle dit doen, weet hulle nie altyd watter woorde om te gebruik nie.”

Daar is heelwat stoute en vermaaklike “nuwe woorde” vir seksterme wat haar lesers op dié werf uitdink.

Soos mosbolletjies vir boude, ’n jonglatkat vir cougar, ’n snakstringetjie vir ’n g-string en oepwoeps as jy oor die tou trap.

“Jy weet, allerhande lusmakertjies,” lag Annelise.

“Nie te rof nie. Dit gaan oor normale mense, natuurlike skoonheid en die behoeftes wat dié mense het.”

Kombiekiehier.co.za spog vandag met ’n totaal van meer as 2,5 miljoen kyke.

Annelise maak nog nie geld uit haar webwerf nie, maar daar is reeds tussen 3 500 en 4 500 lesers wat dit per dag besoek.

Daar was tussen 80 000 en 100 000 kyke per maand in die afgelope ses maande.

Net in Augustus het meer as 254 820 mense haar werf bestorm.

Annelise het ’n empatiese artikel geskryf oor Margaret van Wyk, die vrou van Schweizer-Reneke wie se naakfoto per ongeluk in sosiale media versprei is.

“Ek het nie eens besef soveel mense het dit gelees nie,” sê ­Annelise. “Toe ek weer sien, toe stort my hele webwerf ineen.

“Ek voel baie jammer vir ­Margaret. Ek weet hoe dit voel, want ek het al eenkeer per ongeluk ’n foto van my boobs aan die verkeerde persoon gestuur.”

Benewens harde pornografie, is daar nog iets wat Annelise nié sal publiseer nie?

“Twee goed,” sê sy. “Gedigte, want dit kan soms baie swak wees. En vuil grappe, want dit maak mense nie lus genoeg nie.”

Volg Kombiekiehier op sosiale media:

11 thoughts on “Kombiekiehier in die nuus!

  • Avatar
    Sep 19, 2016 at 5:59 pm
    Permalink

    Jy het n nuwe fan…gr8 artikel….hou so aan

    Reply
  • Avatar
    Sep 19, 2016 at 3:39 pm
    Permalink

    Well done!
    Ek sê nog altyd dat jy ‘n celebrity is!
    Knap gedaan, en ons sal jou help waar en wanneer ons kan!
    En intussen droom ek hoe dit moet wees om die gelukkige ontvanger van jou foto te wees!

    Reply
    • Avatar
      Sep 19, 2016 at 9:50 pm
      Permalink

      Maak 2 van ons (sug) Ai arme ons maar ek wEet die sexy dame gaan ons 1 vani mooi dae surprise.

      Reply
      • Avatar
        Sep 20, 2016 at 12:38 pm
        Permalink

        Ek is hier rond, julle let net nie mooi op nie. 😉

        Reply
  • Avatar
    Sep 19, 2016 at 3:25 pm
    Permalink

    Baie trots op jou Annelise. Dit was n baie goeie artikel en ek hoop die mense stroom na die site toe. Ek geniet elke stories.xxx

    Reply
  • Avatar
    Sep 19, 2016 at 2:20 pm
    Permalink

    Geluk met die goeie review. Dai ongeluk photokie sal werklik die dag vir ons more maak as n selfie!!!!!!!!!!!!

    Reply
  • Avatar
    Sep 19, 2016 at 1:37 pm
    Permalink

    Jy is my liefling en ek is so bly….

    Reply
    • Avatar
      Sep 19, 2016 at 1:53 pm
      Permalink

      🙂 🙂 Praat ons nou van die site? :p

      Reply
  • Avatar
    Sep 19, 2016 at 1:24 pm
    Permalink

    Baie goeie artikel. Baie trots op jou dat dit al in die Rapport is. Jy het al jou antwoorde baie goed ge “execute”. Hoop meer mense het die guts om aan te sluit.

    Reply
    • Avatar
      Sep 19, 2016 at 1:52 pm
      Permalink

      Baie dankie, Sandy. 🙂 Dankie ook vir julle ondersteuning. xx

      Reply

Leave a Reply

Your email address will not be published.

error: Kontak ons as jy iets van Kombiekiehier wil hou vir jouself. ;)