Kombiekiehier en die Covid-19 virus

2+
Hoe lank gaan ek lees: < 1 minute

Liewe leser,

Kombiekiehier was hierdie week so ‘n bietjie stil terwyl die drama wat die Covid-19 wêreldwyd veroorsaak, ook oor Suid-Afrika begin spoel het. Die meeste mense dink op hierdie oomblik aan ander basiese lewensbehoeftes as seks en mens is ook nie so baie lus as jy bang is nie. Die aarde draai en ek weet daar gaan ‘n tyd kom wanneer die mense hulself in hulle huise af gaan sonder. Daar is nie nuwe sport om te kyk nie en jy kan die gras ook net soveel kere sny, so gedagtes oor seks sal sekerlik weer hulle opwagting maak.

Daarvoor sal Kombiekiehier hier wees.

Ek hoop jy is nie so ongelukkig om saam met iemande vasgekluister te wees wat oor jou skouer loer en kla as jy warm stories lees of na tieties kyk nie. Ek hoop eerder jy het iemand wat saam sal lees en kyk en daarna saam lus sal wees. Dis tog seker een van die lekkerste maniere om die tyd verby te kry.

As jy jouself moet oortuig dat dit normaal is om steeds aan seks te dink, kan jy hierdie artikel gaan lees oor Virus-porn wat nou die lig sien. Ek het vir julle ook ‘n voorbeeld daarvan in Kombiekiehier Vreesloos gepost. Ek sal probeer om steeds amper elke dag nuwe inhoud vir jou te publiseer, maar onthou dat daar al jare se stories in die argief is. Almal is mooi opgedeel onder die menu.

Wees asseblief veilig en hou jou gedagtes vuil, maar jou hande skoon.  🙂

Met lus en liefde.

Annelise

2+

13 thoughts on “Kombiekiehier en die Covid-19 virus

  • Mar 24, 2020 at 10:51 am
    Permalink

    Jan, die afgelope week was Annelise op ‘n stadium 5…dis re-gelees..v-y-f dae nie by ons nie !
    Meer as eenkeer ‘n dag…huh?…rook jy iets?

          • Mar 24, 2020 at 12:19 pm
            Permalink

            Onthou dat Gemeenskap nie my hooffokus is nie. Ek het dit vir JULLE gemaak. Ek is soos die Mark Zuckerburg van Gemeenskap. Hy het dit gemaak en vir mense gegee en daardie mense nooi ander soontoe en bou die “gemeenskap.” Dit hang nie van hom af om lede te soek en met almal in gesprek te bly nie. HY dryf dit nie – die mense dryf dit. Hy het net die tool gegee. Dis soos ek vir julle die ruimte gegee het omdat julle vir so iets gevra het. Ek gaan loer wel daar in en speel soms daar rond, maar Gemeenskap is nie die plek waaraan ek ure spandeer nie. My fokus is op kombiekiehier waar dit nog altyd was en ook dan op Vreesloos. Hierdie is die ruimte waar meer mense lees en hierdie is vir my die belangrikste ene omdat dit die ene is wat ‘n wyer invloed het. Ek sal bly wees as Gemeenskap groei en julle met meer mense kan chat maar ek kan nie instaan vir almal wat “nie daar is nie.” Ek het net nie soveel tyd nie. En in die laaste week het ek soos baie ander mense bietjie worries by die huis gehad oor die virus en moes mens probeer om doktersafsprake af te handel en vir ou ouers te sorg en allerhande sulke dinge. Maar ek is nog hier – ek post nog gereeld. En ek is wel soms by Gemeenskap. Ek skuld julle ook nog ‘n sessie in die Sekskamer. Maar hierdie is mos so bietjie ander tye en mens moet dit ook maar in ag neem met mekaar. 🙂

  • Mar 23, 2020 at 9:48 pm
    Permalink

    Daar het julle dit nou. Drie weke verpligte tuis bly. Hoop ek lees sommer baie nuwe stories. Ek is al klaar besig met my virus storie se storie lyn.

  • Mar 23, 2020 at 12:18 pm
    Permalink

    Liewe maats

    Ek wil graag net iets in perspektief stel:

    Corona virusse (daar is en was al baie en gaan nog meer wees) is soönotiese siektes – dws dit is siektes wat van diere na mense toe oorspring. VIGS, SARS, varkgriep, Masels, TB, kinkhoes, pokke is almal soönotiese siektes wat ons van ape, varke, hoenders, vlêrmuise en beeste gekry het en daar gaan nog baie in die toekoms wees.

    VIGS, Ebola en griep soos die Spaanse Griep van 1918 is ook almal soönotiese siektes wat fataal kan wees. Die tweede golf van die Spaanse Griep het ‘n 100% fataliteit gehad. Die Spaanse Griep het 50 miljoen mense gedood toe die wêreldbevolking maar 1.5 miljard mense was. Lees dit gou-gou weer sodat jy die skaal hiervan verstaan – dit is 10% van die mense wat die siekte gehad het en meer as 3% van die wêreldbevolking.

    1.5 miljoen mense het TB in die wêreld. Jaarliks sterf 22 000 Suid-Afrikaners van TB en 56 000 van TB gekombineerd met VIGS – en dit gaan nou al vir jarre en jarre so aan. Dit is amper 6 500 mense per maand slegs in SA! En dit het jou nog nooit in ‘n spin gesit nie en jou laat hardloop om toiletpapier te koop en kompulsief jou hande te was nie. En op die koop toe word TB op dieselfde manier as Corona oorgedra.

    Die gewone griepseisoen van 2019-2020 in die VSA sal tot ‘n geskatte 30 000 sterftes lei. En dit is van ‘n virus wat mense aan mense oordra.

    Corona is nou bloot net nog ‘n monstertjie in ons siekte-dieretuin en dit sal nooit weggaan nie. Net soos wat masels, VIGS, polio, TB en watter siekte ookal nooit sal weggaan nie. Jy gaan dit kry – of deur ‘n gewone infeksie of deur ‘n minder virulente weergawe in ‘n inspuiting wanneer jy oor 18 maande daarteen ingeënt gaan word. Sommige mense, veral die met gekompromiteerde immuunstelsels, sal daarvan sterf. Maar meeste mense gaan dit oorleef, nes meeste mense elke jaar griep oorleef.

    My beroep op die oorlewendes is die volgende: hou op om te paniek en paniek-aankope te doen. Hoe stupid kan jy wees om die siek ouens van kakpapier en hand sanitizer te ontneem sodat hulle hul siekte orals kan versprei?

  • Mar 21, 2020 at 7:51 pm
    Permalink

    Ag, ek wens ek kan by die huis sit en storie skryf. Begin elke dag n storie en dan word ek onderbreek. En dan wil die storie nie vlot nie. Gelukkig/ongelukkig kan ek van die huis af werk, en daar is nog meer dinge wat aandag van sexy stories aftrek

    • Mar 21, 2020 at 9:56 pm
      Permalink

      Hi Annie.
      😉 Ek weet een van die dae gaan die lus jou weer so beetpak dat jy uit frustrasie ‘n draai in die “Gemeenskap-kamer” gaan maak vir verligting EN dan deur inspirasie weer ‘n bobaas storie skryf. Sien uit na beide. Jy is special vir ons.

      Sterkte en wees veilig by die werk.

  • Mar 21, 2020 at 9:06 am
    Permalink

    Hierdie Covid-19 het beslis al ‘n duik in sosiale omgang wêreldwyd gemaak. Selfs al word daar ‘n kuur gevind en dis onder beheer, het dit reeds ons persepsies verander.
    Die hoop beskaam nie dat al die belustige manne en vroue nou eerder tuis sal bly en sodoende by Kombiekiehier sal aansluit vir vermaak en dan het ons meer betalende lede en onse Annelise kan weer glimlag en die fronse vervang met haar pragtige glimlag?

  • Mar 20, 2020 at 3:09 pm
    Permalink

    Ek het drie dae langs die swembad gele en droom….. Ek droom hoeka oor die Virus Mutasie en ‘n boot vol wellustige passasiers… ‘n hele 3800 moontlikhede — (Okay vat die mans weg dan gee dit ons nog so ‘n 2500…..) Hmm.

    • Mar 21, 2020 at 6:41 am
      Permalink

      Aangesien baie van julle nou verplig word om meer tuis te wees glo ek daar sal meer skryf tyd wees. My gedagtes broei alreeds rondom n Covid 19 tema. Dalk een van my storie lyne aanpas om daarby aan te sluit?
      Annelise. Ek hoop jy word toegegooi onder stories sodat die res van ons dalk meer as een keer ‘n dag van jou sal hoor.

Leave a Reply

error: Kontak ons as jy iets van Kombiekiehier wil hou vir jouself. ;)