Jou “vroulikheid” en huiswerk vir die naweek ;)
Amper helfde van kombiekiehier se lesers is vroue. Ons glo die vroue wat hier saamlees is vroue wat hulle seksualiteit vier en hulle liggame ken en geniet. Want warmbloedig.
As jy nog nie weet hoe jou “vroulike dele” lyk nie, is dit tyd. Sommer hierdie naweek – dalk voor ‘n vuur?
In Maanvrug ontdek Selene haarself op so ‘n koue aand voor ‘n warm vuur:
Ek gooi nog ʼn stomp op die vuur sodat die vlamme se lig my ook insluit. Die hitte omhels my; ʼn kokon teen die winternag se koue. Eers trek ek my dik gebreide wolkouse uit en beskou my voete. Klein voetjies. Ek trek my lang flennieslaapbroek uit. My bene is lank en bruingebrand, selfs in die hartjie van die winter. My lang donkerbruin hare maak statiese elektrisiteit in my nagrok wanneer ek dit oor my kop trek. Ek gooi my klere op ʼn hoop onder ʼn stoel en gaan met gekruisde bene voor die vuur sit. Die hitte skyn van voor op my, die donkerte vat van agter met koel vingers aan my. Ek kyk na myself. Die vuur se lig flikker rooi oor my borste. Ten spyte van borsvoed is hulle nog ferm en hoog. My tepels is groot en donker en duik sag in as ek daaraan voel. Waarom het ek dit nog nooit voorheen gevoel of regtig gesien nie? Eintlik mooi. My hand vryf oor my maag se sagte welwing, ʼn mamma-magie, maar op ʼn manier is die effense swelling wat ná my kinders se geboorte agtergebly het, juis ʼn teken van my vrugbaarheid. Ek huiwer eers, verleë oor my eie vrypostigheid, en vee dan tog versigtig oor my skaamhare. Dit is grof onder my vingers. Die vuur brand op die agterkant van my hand as ek tussen my bene voel. Al die eufemismes en negatiewe woorde skiet my kop te binne. My moemfie, my koekie, my sies-sies, my vuil plekkie … my vagina. My vagina is sag, klam en warm. Dit voel asof my vinger in ʼn diep grot ingesuig word. Ek bring my vinger na my gesig toe en ruik en proe myself. Dit is die intiemste, mees sensuele kennismaking wat ek nog met myself gehad het. Ek en Myself sit voor die vuur en besef dat ek mooi is. En die maan skyn silwer deur die venster op my kaal liggaam.
Of anders kan jy doen wat hierdie vroue gedoen het:
2 COMMENTS
Daai poepol wat vir die rooikop gese het haar vagina is “disgusting” se knaters moet afgesny word. Ek dink die video is bevrydend en ek verheug in die vrouens se reaksie. Hoekom het mans nooit sulke issues nie? Want hulle kan die ding heeltyd sien en hanteer. Viva masturbasie, viva!
🙂