Jag(s)storie
deur Saffie
Daar’s iets omtrent ‘n vrou in ‘n lang swart aandrok. Die lyne en sagte kurwes wat geheimsinnig onder die materiaal gly wanneer sy stap. Die rondings om die borste en die verleidelike voue oor haar boude. Linda is die besturende direkteur van ‘n internasionale logistieke maatskappy en dien ook op verskeie direksies oral oor die wêreld. Ek sien haar gereeld met funskies in ‘n aandrok.
In haar hart bly sy egter ‘n boervrou van die Karoo. Met elke vakansiegeleentheid raak sy kinderlik opgewonde om weer te gaan kuier op die familieplaas diep in die Karoo. Dis waar sy eintlik wil wees. Waar sy hoort. Daar leef sy werklik. EN … vir my is daar ook iets omtrent ‘n vrou in ‘n khakibroek met leerstewels …
Die koedoebul staan ongeveer 150 meter weg in die ruigtes van die droeë rivierloop. Linda rus die 30.06 oor die bakkie se enjinkap en druk die geweerslot versigtig toe. Die patroon glip met ‘n ligte klikgeluid in die loop. Sy lê kalm aan deur die teleskoop. Waar ek agter haar staan, kyk ek onwillekeurig na die rondings van haar boude in die khakibroek, soos sy voerntoe buk met haar stewels effens wyd geplant. Ek voel ‘n krieweling in my onderlyf en ‘n lus wat borrel om haar daar en dan te vat oor daai enjinkap.
Dis gedurende hierdie tye van ‘n jagtog, dat alles besonders stil word. Mens hoor net die ligte wind deur die Karoobossies. Die son is byna verblindend skerp en die hemelruim blouer as enige ander plek op aarde. Ek sien hoe Linda haar asem intrek en dan lank en saggies uitblaas. Die skoot bulder in die stilte. Stof slaan uit net agter die koedoe se blad waar die koeël hom tref. Die dier gee ‘n wankelrige tree vorentoe en staan dan doodstil en wieg ongemaklik heen en weer vir ‘n oomblik, voordat dit hard neerslaan in die droeë riviersand. “Ek het hom” en daarmee maak Linda die geweer veilig en plaas dit terug in geweersak agter op die bakkie.
“Ek sal my pa-hulle nou-nou laat weet om hom te kom haal. Kom ons gaan kyk eers.” Dis ‘n pragtige dier om van naby te sien. Die gladde vel en groot horings. Geen wonder sommige mense is gekant teen enige vorm van jag nie. Die getal bokke op die plaas moet egter onder beheer gehou word en hierdie bok is vir biltong en die pot.
Linda staan met haar rug na my langs die bok en haal haar selfoon uit, gereed om haar pa te skakel. Onwillekeurig sit ek my arms van agter om haar skouers en haal die selfoon saggies uit haar hand. Sy stroop dadelik die haarrekkie af van haar poniestert en skud haar hare los. Haar sagte vrouegeur ruik byna skerp in die vars lug toe ek my lippe teen haar nek druk. “Ek wil jou hê”… prewel ek en voel hoe sy effens ril onder my versoek.
Sy bly staan met haar rug teen my, maar ek voel hoe sy die leergordel om haar middel loswikkel en dit laat val in die sagte riviersand. Dis asof sy daarmee wil sê, “ek’s hier vir jou, ek gee oor”. Ek maak self my gordel los en laat val dit in die stof. Sy draai om, kyk my stip in die oë en knoop haar khakihemp oop. Sy dra nooit ‘n bra wanneer ons op die plaas is nie. Die son verlig haar groot ronde tepels. Die lus borrel oor my hele lyf toe ek gulsig aan haar borste en lyf begin smul.
Ek stroop my t-hemp af en druk my kaal bolyf teen haar ronde borste. Die sonlig op my rug en die gevoel van haar sagte rondings teen my bors, maak my oneindig jags. Haar selfoon lui hard in my sak. “Los dit” beveel sy. Linda hurk voor my en knoop my broek los en trek alles af tot op my enkels. My manlikheid staan stokstyf regop. Kloppend. Gereed om te vuur. ‘n Helder druppel verskyn en drup stadig af teen die skag. Sy glimlag en sit haar lippe oor my glans.
Met haar hande oor my boude wieg sy my stadig in en uit haar mond. Ek voel ‘n drukking in my opbou en sy hou net betyds op. Ons staan voor mekaar en ek soen haar hard op die mond. Die slymdraadjies blink helder in die sonlig toe ons ons lippe van mekaar wegtrek. Linda laat val haar broek om haar enkels en gaan lê terug op my t-hemp. Haar skaamlippies vertoon vlesig onder haar venusheuwel. Sy kan haar bene net wyd genoeg oopmaak, vir my om te kniel voor haar in die riviersand.
Haar skulp proe glad en effens sout onder my tong. Ek snak na asem soos ek vuur tussen haar heupe inblaas. “Pomp my, ek soek jou saad”… Dis glad, nat en warm in haar vroulikheid. Met haar kop agteroor in die sand, kreun sy met elke pomp. Die oerritme in die droeë rivierloop raak meer intens. Ek maak my oë toe en voel die wind se gesuis in my ore. Dis net ons twee in die rowwe landskap. Ons twee en die geluide van ons seksspel.
“Ek gaan kom” en met dit kreun Linda diep in haar keel en begrawe haar vingers in my rug. Ek voel die bekende tinteling in my lende, dryf nog verder in haar en spuit myself leeg.
Die selfoon lui weer. “Wat de hel maak julle. Ek’t ure gelede al ‘n skoot gehoor” hoor ek haar pa se harde stem toe sy antwoord. Linda weet hoe om die ou knorpot om haar vinger te draai. “Pa relax, ons is in die boonste kamp in die droeë rivierloop naby die windpomp. Ek’t ‘n grote gekry. Kom help ons en bring whiskey saam… ek’t ‘n dop nodig”….

Lekker verby
Goeie beskrywing
Ek wil dit self nou ervaar
Ek is natuurlik ook nou vreeslik jags na Ek die storie gelees het!
Dis ‘n uitstekende storie, ek kon die hele prentjie sien en hoe dit opbou na ‘n bevredigende einde. Welgedaan !