Griekse wegbreek
deur Isis
Soms gebeur dinge waaroor ‘n mens geen beheer het nie. Die yskas pak op, die swembad lek of die geyser bars. Ja-nee, dit is alledaagse onaangenaamhede wat die lewe vir ‘n tuisteskepper in die Kaapse voorstede heel ongemaklik kan maak. Met tuisteskepper bedoel ek dat daar daagliks soveel skade moontlik aan my man se kredietkaart gerig word terwyl hy weg is op besigheid om daarvoor te betaal.
Die geyser herstelmannetjie is jonk. Soos in bloedjonk. En pragtig, baie pragtig. Hy is gebou soos die Dawid standbeeld, gebeitel uit marmer. Gladde, goed gedefinieerde spiere geslyp deur fisiese arbeid wat hom van ‘n vroë ouderdom reeds slyp vir my plesier. Groen oë soos die see van die Griekese eilande waar ek en my vriendinne verlede maand gaan vakansie hou het, onskuldig en honger vir iemand om hom te leer, touwys te maak in die dinge van die lewe, die liefde en die lus.
Toe ek die derde keer die maatskappy bel omdat die geyser steeds nie reg is nie, het ek begin wonder of hy wel so onskuldig is. Dalk het hy die begeerte in my oë gesien .. die peins na die dierlike wat in elke vrou skuil en bitter min volkome deur haar man bevredig kan word.
Toe hy by die opening in die plafon uitklim kan ek my verkyk aan die bruingebrande, hemplose bolyf wat by die leer afbeweeg. Hy het ‘n paar letsels op sy lyf, een oor sy goedgevormde borsspier en een op sy heup wat my oë onder toe lei soos ‘n padkaart – en ek begeer om met my tong daaroor te speel en te sien waarheen dit my neem.
Ek kyk op en sy blik vang my onverwags. Hy kyk nog die heeltyd hoe ek kyk en ek besef dadelik dat dit nie toeval was nie. Hy het my begeerte die eerste dag al gesien, gevoel, soos elektrone wat teen mekaar bots en warmte opwek.
En toe is hy daar. Hy staan voor my met sy gesig sentimeters van myne af, maar doen niks. Na wat voel soos dekades se swem in die oseane van sy oë praat hy uiteindelik.
“Die water behoort nou lekker warm te wees”.
Hy neem my hand en lei my na die massiewe stort met die baie stortkoppe. Adventure shower, dis wat die verkoopsman dit genoem het. Nou ja … laat die avontuur begin.
Hy soen my nie, hou my net vasgevang met daardie kyk van hom. Sy blik maak my ongemaklik, maar ek kan glad nie wegkyk nie, ek is op die strande van Griekeland en swem kaal in die helder water van die eiland Andros. Hy trek my rok oor my kop en maak dan met sy een hand die stortkraan oop terwyl hy met sy ander hand my bra agter my rug losknip. Hy doen dit met soveel autoriteit en gemak dat ek besef dat ek dalk die een gaan wees wat gaan leer vandag.
Ek trek self my duur, kant deurtrekker uit en voordat ek weet hoe ek daar kom, staan ek in die stort. Hy draai my om sodat ek met my voorkant na die stortkoppe toe staan en draai een van die stortkoppe wat naby my poesie is boontoe, sodat daar skielik iets in my wakker word wat ek gedink het in my studentejare agtergelaat is. Eers maak hy my bene oop en hou albei my hande met sy een hand bo my kop teen die muur vas sodat die water my vroulikheid behoorlik kan stimuleer sonder dat ek iets kan doen. Hy is in beheer van my plesier. Die gedagte daaraan maak my ongelooflik opgewonde en al is die water vuurwarm is my hele lyf oortrek van hoendervleis en my tepels staan stokstyf.
Ek begeer om hom in my te hê, want ek sien dat ek die gewensde effek op hom ook het. Sy meneer staan stokstyf en ek kan sien sy pielkop is persrooi van die begeerte om aan sy dierlikheid oor te gee. Tog, met geoefende beheersheid wat ek nie van iemand van sy ouderdom verwag het nie, begin hy stadig met sy vry hand oor my poesie streel. Hy vryf my spleet stadig en sy vingers volg my vroulikheid van agter na voor en dan weer terug. Ek kan my lus nie tem nie, ek wil hom nou in my hê. Hy stop skielik toe sy vinger weer aan my onderkant is en beweeg verder agtertoe. Hy staan agter my en ek voel sy asem in my nek terwyl hy my kringspier met sy vinger liefkoos. En toe is hy binne in my. Die stimulasie van die stortkop op my klit en sy manlikheid in my anus is onbeskryflik, ek is in ‘n alternatiewe dimensie. Ek het geen keuse as om oor te gee aan Dawid nie, want hy hou my arms steeds met sy een hand vasgepen sodat ek nie veel kan beweeg nie. Sy ander hand is op my heup en hy beweeg my vorentoe en agtertoe terwyl hy my naai. Ek skree van plesier en beweeg my heupe ritmies vorentoe en agtertoe onder sy hand.
Skielik hou hy op en druk my kop voorentoe sodat ek gebukkend staan met my hande bo my kop en my kop teen die stortmuur voor my. Die stortkop is nou in my gesig en ek is heeltemal buite beheer. Ek voel sy kloppende piel in my poesie ingly en hy begin my ritmies te naai. Stadig, tartend in en uit. En dan vinniger soos wat die sensasie opbou. Ek skree hard soos wat ek kom, weer en weer soos golwe wat oor my spoel. Skielik trek hy my kop regop en hy staan langs my met sy piel in sy hand en spuit oor my gesig. Hy beduie met sy oë dat ek hom moet skoonlek en ek doen dit, uitasem en honger met ‘n gesig vol kom en maskara wat onder my oë sit.
Hy los uiteindelik my hande en ek gly af en sit met my rug teen die stort se muur, ek is vervul en uitgeput en heeltemal lam. Hy soen my hard op die mond, maak die stortdeur oop, trek sy klere oor sy nat lyf aan en klim in sy bakkie om nog ‘n geyser te gaan regmaak. Die pyn in my skouers van hoe hard hy my hande bo my kop vasgedruk het, is al wat ek oorhet van my Griekse wegbreek. Ek dink ek moet daai mooi fisio gaan sien waarvan die girls by die gym my vertel het..
1 COMMENT
Ek dink ek kort ‘n stort…