Dink buite die doos!

Hoe lank gaan ek lees: 6 minute

deur Geriatrix

My ou HAT gee ‘n hele aantal betekenisse vir die word ‘doos’ en die een waaraan almal gedink het, is die heel laaste een – wys jou net hoe mens se denke gevorm is om altyd net aan een ding te dink en die ander opsies te ignoreer.  Hierdie ‘filosofiese’ reis het ontstaan na my verkeerde vertolking van die Vrydag se seksie video nou die dag.  Heel tereg het die kundiges my verkeerd bewys en daarmee nog een van die borrels gebars.

Ek het toe so ‘n bietjie gaan naslaan oor mammae of dan die melkafskeidende strukture aan vroulike soogdiere.  ‘n Stukkie Chappies-inligting waarop ek afgekom het, is dat alle vroulike soogdiere mammae het maar dat dit net prominent is as die soogdier haar kleintjie moet voed – behalwe in die geval van Homo Sapiens waar die mammae met puberteit gevorm word en reg deur die lewe van die persoon, nou goed dan, meestal redelik prominent bly.  Daar is dames met pragtige borste wat selfs in hulle senior jare nog prominent vertoon en die wette van swaartekrag verkeerd bewys – die meeste gee na ‘n ruk op en laat dan maar gravitasie sy werk doen.

Wat wel onteenseglik waar is, is die feit dat die geringste blootstelling van ‘n bors, tiet of as jy wil, ‘n pram enige man se aandag onmiddellik trek.  Een Vrydagmiddag toe ek met die voorstedelike trein uit Pretoria na Johannesburg se kant vertrek, was die trein skielik propvol en my gereëlde sitplek was beset.  Ek gaan sit toe maar op ‘n ander oop sitplek, langs ‘n jong dienspligtige en oorkant ons twee jong dames, bruin gebrand en duidelik baie fiks wat hulle gewys het toe hulle die swaar tasse sonder moeite op die bagasierak laai.  Die drie jong mense het een of ander geheime kode gehad en sommer gou het die geprek gegaan oor ‘watter eenheid is jy, hoeveel dae nog na 40 days, ens.’  Dit blyk toe dat die twee dames pas hulle twee-weke pas voltooi het en nou op pad terug is na George waar hulle die Vroue Leerkollege was.  Die trein het effens laat vertrek en toe die wiele begin klop, het al drie se oë soos die van enige troep toegemaak en was hulle vas aan die slaap. Die enetjie reg oorkant my het so ‘n halwe denim-onderbaadjie gedra met geen bloes onder dit nie.  Dit was ook duidelik dat die gespetjie wat die spul voor bymekaar gehou het nie teen die skommel van die trein opgewasse was nie en sommer gou het dit uitgehaak.

Ek het heel beskaafd my koerant gelees en nie werklik opgelet wat voor my oë afspeel nie – soos die trein van kant tot kant skommel, kom eers die een en dan die ander borsie haar aan die helder sonlig blootstel – ek het gekyk en dit was duidelik dat die meisie maar kon.  Na die tweede stasie is die stasies verder uitmekaar en die trein ry dan ook vinniger en wieg meer.  Ek voel hoe die jong man hier langs my skielik bewus raak van iets wat nie gewoon is nie – sy oë volg onmiddellik die pendulumbeweging van twee pragtige borsies met die puntjies wat deur die beweging teen die materiaal al hoe meer geprikkel word.  Sy kop beweeg ritmies heen-en-weer elke keer as een van die bruin puntjies verskyn.  Ons het toe maar saam gekyk tot ek by my stasie moes afklim – so ek weet nie wat die uiteinde van dié storie was nie, maar daar het dalk skielik ‘n vreemde troep in George aangekom.

Nou goed, die mammae het soos by al die ander soogdier die doel om melk vir die suigeling te verskaf, maar in die geval van die mens is daar nog ‘n bykomende doel – die dames kan sê wat hulle wil, maar daar die twee uitgroeisels aan die voorkant van haar borskas net so skuins onder die ken is een van die mees seksuele organe wat ‘n man kan aanskou.  Almal ken die traandruppelvorm met die bruin puntjie wat so half hoog op met die onderste ronding vir jou sit en loer.  Soms is daardie bruin puntjie byna onsigbaar klein, maar sodra die draer van hierdie wonderlike organe gestimuleer word, begin die puntjies al hoe meer prominent raak asof hulle die stimuleerder daaraan herinner dat hulle ook deel van die volle prentjie vorm.

Dit is dalk puntenerigheid, maar ek verkies om na daardie bruin puntjies te verwys as bruin puntjies – die ander wetenskaplike en selfs meer algemene term gee nie vir my die betekenis weer nie – so ek volstaan met die bruin puntjies.

Hoe benader jy dan hierdie pragtige organe?  Daar is seker net soveel paaie daarheen as wat daar maniere is om die getal tien met twee getalle en een bewerking te bepaal; vir my was dit nog altyd daardie stadige beweging langs die arm op en dan met die nek langs af tot jy van daardie eerste ronding bewus raak.  Die Engelse woord ‘perceive’ het vir my ‘n meer gepaste gevoel as bewus raak of waarneem.  Hoe nader jy aan die bors kom,  hoe meer raak jy bewus van hierdie wonderlike speelding.  Daardie ronding is so subtiel dat mens nie altyd seker is of jy al daar is nie!

As jy by die gesig begin en stadig met die nek af beweeg gaan jou hand outomaties die vallei tussen die twee borste in – weereens laat die Afrikaans ons in die steek, want cleavage het so veel meer verskuilde en geïmpliseerde seksuele innuendo as ons gewone terme.  Dalk kan buustegleuf nog gaan, maar ek kan my dit nie indink nie – daar is min dinge wat so aantreklik is as wanneer die dame net ver genoeg vooroor leun dat jy amper die geheime gang kan sien, maar dan ook weer begin twyfel of jy dit werklik gesien het?  Soms is die man se drif so hoog dat hy nie kans sien om die spul stadig (met muisvoetjies?) te ondersoek nie en bloot die bloes en bra afpluk om die tiete aan die lig bloot te stel – ander kere is dit deel van die spel – ek het jare gelede ‘n berig in ‘n vrouetydskrif gelees waar die skryfster vertel dat sy ‘n spesiale bloes het – een wat tot bo toeknoop en daarbenewens ook elke halfduim ‘n knoop het en dan is die knoopsgate ook nog stram so dit is’n hele proses om dit alles te ontbloot.  Dalk was dit na aanleiding van die artikel, maar binne ‘n week het byna elke winkel so ‘n bloes gehad en ek het dit vir die meisie in my lewe gekoop – eindelose plesier man!

As jy nou eers die borsies blootgestel het, is daar dikwels die volgende struikelblok – daardie kledingstuk wat oplig en uitdy om die vertoning nog soveel beter te maak.  Met die moderne tegnologie is die losmaak van die bra eenvoudiger as in die tyd toe ek dit die eerste keer raakgeloop het.  Die vervaardigers het mos die knippie gesit net waar hulle dink dit die moeilikste sal wees om los te maak, voor, agter, aan die kant, jy noem dit en hulle het dit daar geplaas en die ontwerp so gemaak dat net die ingewydes dit vinnig kon losmaak.  As jy dalk in jou haas die ding breek, daal jou punte ook, want die goed was nie goedkoop nie!

Nou is die knippie los en die twee staan in hulle volle glorie hier voor jou, wat nou?  Waar begin jy en hoe?  Direk na die bruin puntjie toe?  My veronderstelling was dat die bruin puntjie redelik gevoelig is en nie sommer direk aangedurf moet word nie; so dan met die kurwes langs – ons het baie lank gesukkel om die wiskundige term ‘curve’ as kromme en nie kurwe nie by die gewone mense te laat posvat.  Tot my kollega een dag ‘n swart- en-wit foto van ‘n aantreklike dame raakloop – op een of ander manier het die lig en skadu net reg geval en haar kurwes het uitstekend vertoon.  Hy stuur toe die foto vir een van die manne wat konsekwent die wiskundige curve met kurwe vervang het, met die byskryf:  ‘Hier kan jy die verskil tussen ‘n kromme en ‘n kurwe sien!’

So, maar al met die kurwe langs tot jy by die omgewing van die bruin puntjie uitkom – die half growwe landingsterrein of dan rusplek voor die stewige heuwel.  Krom met die vinger of tong of selfs as jy soepel is jou voël om die area en raak so effens aan die bruin puntjie om te kyk of hy begin opstaan – soms gebeur dit sommer gou en ander kere meer probeerslae, maar uiteindelik begin die dame (hopelik?) die borsies na jou hand of mond se rigting stuur sodat hulle hul deel van die genot kan ervaar.

Om te knie of nie te knie nie?  Dalk was ek te vas in my oortuigings en soos ou Hamlet het ek ook getwyfel of ek moet knie of nie knie nie; so ek het maar gewoonlik nie geknie nie net gespeel, gevoel, betas en in die algemeen geniet.  Dalk is dit maar my konserwatiewe opvoeding, maar ek het in my lewe slegs twee dames se borste geliefkoos – die eerste keer, maar baie gesukkel op die beknopte voorste sitplek van ‘n kewer in die inryteater met die harde vormdrag sodat ek nooit werklik hulle in hulle volle glorie kon ervaar nie – hoewel sy by ‘n paar geleenthede hulle geflash het – waar haar ouers in dieselfde kamer met hulle rue na ons sit en koerant lees!

Die ander een is nog steeds langs my en ten spyte van die lang verloop, staan hulle nog steeds stewig en as sy wil, kan sy sonder ‘n bra loop.  Nie dat dit veel help nie, want die groot K het sy kant gebring.

Hoewel jy mans in die algemeen in twee breë groepe kan indeel, nl. bene-manne en borste-manne is ons almal in ons hart der harte tog seker maar doosmanne – vir party is daardie plesier nou nie meer beskore nie en dan moet jy maar na ander plekke soek. Daar is nie net daardie genotgrot nie – as jy buitekant hom (of is dit haar?) begin soek, is daar net so veel ander plesieroorde op ‘n vrou se lyf – jy moet hulle het gaan soek!  Na vele jare ontdek ek nou nog sulke areas en dit is opwindend, glo my.

O ja, die opskrif?  Uit die aard van my werk moes ek dikwels innoverend dink, of soos die Engelse sê ‘think outside the box’ en ek kon nie die versoeking weerstaan om met die woorde te speel nie.  So al my stories is maar net dit – bloot stories.

4 thoughts on “Dink buite die doos!

  • Meegaande foto is “stunning” !

    Reply
  • Soos altyd, is die meegaande foto tops! Laat my terugdink aan baie jare gelede!

    Reply
  • Dankie, het nogal getwyfel oor dié een

    Reply
  • ☺☺ Heerlik, Geriatrix, absolute genotvolle stukkie skryfwerk !
    Dankie, ek het dit baie geniet !

    Reply

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

error: Kontak ons as jy iets van Kombiekiehier wil hou vir jouself. ;)