Die Vrou

16+
Hoe lank gaan ek lees: 10 minute

deur Ramkat Erasmus

Ek sit gemaklik en suig aan ‘n dubbel whiskey met baie soda en ys in ‘n lang glas. My bierdrink dae is helaas verby op aandrang van my dokter. Sy self drink whiskey en het my gewys hoe sy dink ek net so lank kan kuier sonder om die bank te breek of heeltemal snotters te raak.

So, nou sit en suig ek aan my lang glas en kyk na die girls wat verbyloop. Ek sit op die stoepie van my gunsteling drinkplek en van agter my donkerbril verlustig ek my in die skoonheid van die Jakarandastad se dames.

Ek kyk op en sy staan by die ingang na die stoep. Sy het lang golwende donker, amper rooi-blonde, hare. Haar toppie span styf om haar tiete en haar midrif is kaal. Onder dit sit ‘n helderrooi mini-rompie wat tot net bokant die middel van haar bo-bene reik. Dan van net bo haar kniëe begin ‘n paar kouse, eers ‘n breë beige band met klein strikkies aan die voorkant van haar bene, dan vleeskleurige kouse wat met fyn patroontjies wat teen haar bene afloop tot by haar elegante voete wat netjies in rooi hakskoene pas.

Ek is nie die enigste een wat na haar staar nie. Sy lyk soos iemand wat gevra is om spesifiek so aan te trek. ‘n Volwasse vrou in klein-dogtertjie klere. Ek het ‘n pel wat ‘n ding het oor skoolmeisies en hy het ‘n kas vol skooluniforms in verskillende grootes wat hy sy speelmaats vra om aan te trek. Sy lyk of sy ook in so ‘n situasie moet wees.

Die vrou staan en kyk noukeurig rond deur die vertrek, duidelik op soek na iemand. Dan trek sy haar skouers terug en kom direk op my afgepeil.

“Ek is jammer,” sê sy in ‘n diep, sagte, kontralto stem. “Die plek is vol en ek wil nie soos ‘n prostituut by die ingang staan nie. Kan ek maar by jou sit tot my afspraak opdaag? Dis die enigste oop sitplek.”

Ek staan op, gee haar die hand en beduie dat sy moet sit. Dan wink ek die kelner nader en vra wat sy wil drink. Sy vra vir ‘n glas Chardonnay met baie ys en die kelner skarrel na agter om dit te gaan haal.

“Ek is Rita,” sê sy weer in daai sjokoladestem van haar. Ek stel myself voor.

“Ek is rerig jammer om sommer so in jou sop te val,” sê sy weer. “Ek is bietjie vroeg en nou ja …” Sy beduie na haar klere.

“Hy’t my gevra om so aan te trek …” Sy bloos effens.

Ek kan nie haar oë agter die donkerbril sien nie, maar as die kelner opdaag met haar wyn, haal sy die bril af. Haar oë is diep blou, amper purper, en sy het fyn sproetjies oor haar neus. Sonder die bril is dit ook duidelik dat sy ouer is as wat ek haar geskat het. Definitief nie in haar twintigs nie. Eerder laat dertigs, vroeë veertigs.

“Hy is partykeer baie aanmatigend …”

“Nou wie is hy?” vra ek. “Eggenoot, lover, skelmpie, boyfriend?”

“Partykeer all of the above,” sê sy en glimlag. Haar gesig helder op en dit voel asof die son skielik agter die wolke uitgekom het.

“En wat doen jy?” vra sy.

“Uitvinder …”

“Huh?”

“Ek vind goed uit …”

Ek krap in my sak en haal die stukkie metaal uit. Ek vat haar selfoon wat op die tafel tussen ons lê en gly dit by die knyphouer in.

“Hierdie ding hou jou selfoon regop en stil terwyl jy foto’s of video’s neem. Jy kan met dit hardloop terwyl jy afneem, dit op ‘n fiets, motorfiets of selfs in die kar gebruik. Hierdie is die proto-tipe.”

Ek hou dit vir haar uit en sy beweeg haar hand heen en weer en kyk in verwondering hoe die selfoon heeltyd stil staan en gefokus bly op ‘n plek agter my skouer. Sy skakel die foon aan en kyk deur die lens na die beeld terwyl sy haar hand heen en weer beweeg.

“Dis nou blerrie oulik. Maar is daar nie al sulke goed op die mark nie?”

Ek knik. “Beslis, maar dit word alles ingevoer van die buiteland af en meeste van die tipe produk werk elektronies. Hierdie outjie is heeltemal meganies, wat beteken dis baie goedkoper en kan enige plek in die wêreld  gebou en gebruik word.”

Sy draai die selfoon in my rigting en vra ek moet glimlag, wat ek doen, en dan skakel sy die foon af.

“Hoe haal mens jou foon uit?” vra sy en ek neem die ding by haar en wys haar die knoppie wat die veeraksie losmaak sodat die selfoon net uitgly. Ek gee die foon vir haar en sit die apparaat terug in my sak.

“Baie indrukwekkend, meneer” sê sy. “Wat het jy nog ontwerp?”

Ek noem ‘n paar van my patente en haar oë rek as sy van my goed herken.

“Flippen awesome!” sê sy.

‘n Lang blonde man verskyn by die ingang na die stoep toe. Hy kyk rond, haal dan sy selfoon uit en tiks iets. Haar foon biep en sy loer oor haar skouer.

“Hier’s hy nou!”

Sy krap in haar handseak en bring ‘n beursie te voorskyn. “Wat skuld ek jou vir die wyn?”

Ek lag en sê dat dit my treat is. Sy maak tog die beursie oop en glip ‘n besigheidskaartjie oor die tafel.

“Bel my as jy lus is vir gesels en ‘n drankie …” Sy gee my hand ‘n drukkie en beweeg na die lang blonde man toe. Sy moet op haar tone staan om hom by te kom vir ‘n soen. Dan gesels hulle ‘n bietjie en verdwyn om ‘n hoek, vermoedelik na ‘n plek met meer sitplek.

Ek kyk na die kaartjie. “Rita Schoonraad. Terapeut.” En dan ‘n selfoon nommer.

***

Twee dae later bel ek haar en sy antwoord na die derde lui. Ek sê my naam en sy klink verbaas om van my te hoor. Ek weet nie hoekom nie. Ek ken ‘n ‘come-on’ as ek een sien en daai kaartjie en die drukkie op my hand was ‘n ‘come-on’.

Ons spreek af om ‘n dag of wat later te ontmoet vir ontbyt en ek kom voor haar by die restaurant aan. Ek bestel koffie en dan kom sy in. Die keer dra sy ‘n sonrok wat tot onder haar knieë kom met haksandale wat haar pragtige voete afwys. Haar grimering is lig en sy het ‘n handsak oor haar skouer. Ons soen mekaar op die wang, sy kry ook koffie en dan gesels ons ‘n hond uit ‘n bos uit. Die keer is daar niks van die effense spanning wat ek die vorige keer by haar opgemerk het nie.

Ons bestel ontbyt, eet lekker en gesels. Sy is snaaks en vrolik en ek voel baie aangetrokke tot haar. Ek probeer die gesprek een of twee keer na die lang blonde man to lei, maar sy ontwyk my en praat oor ander goed. Dan vra ek die rekening en sy dring aan om te betaal. Ons stap uit na die parkeerterrein en sy loop in die rigting van ‘n splinternuwe Pajero. As ons by haar voertuig kom draai sy na my toe.

“Ry ek agter jou aan, of ry jy agter my aan?” vra sy.

“Uhmmm?” is al wat ek uitkry.

“As ons na my plek to gaan, ry jy agter my aan. As ons na jou plek to gaan, ry ek agter jou aan.”

“Ry agter my aan,” sê ek en draai na my bakkie toe. Daar is skielik ‘n suising in my ore en ‘n tinteling tussen my bene.

***

By die huis gekom druk ek die hek se knoppie en ry in. Sy is kort op my hakke en stop langs my. Die honde kom aangedraf en groet, ruik-ruik aan haar en jaag die bal wat ek optel en vir hulle gooi.

Ek sluit oop en ons stap in. Sy vra waar die toilet is en ek beduie. As sy uitkom loop sy tot by my en sonder waarskuwing soen sy my. Dis ‘n diep soen, jags.

“Slaaplamer,” fluister sy, en ek draai om en loop vooruit.

In die loop begin ek my hemp losknoop en as ek die slaapkamerdeur agter ons toestoot pluk ek die hemp uit. Ek maak my belt los en trap uit my skoene uit voor ek my broek uittrek. Ek draai na haar toe, maar sy het reeds haar fleurige sonrok oor haar kop getrek en is besig om haar swart deurtrekkertjie af te wikkel. Sy skop haar skoene ook uit en dan is ons albei kaal. Ek gryp haar en soen haar en sy soen terug en dan is ons op die bed en sy druk my piel in haar sopnat poesie in. Ek lê op my rug en sy ry my met ywer en oorgawe. Sy begin sulke kreun geluidjies maak en dan lig sy haar boude en squirt ‘n straal kleurlose en reuklose vloeistof oor my lyf uit. Sy gryp my piel en druk hom weer in haar in. Ek probeer keer, maar sy ry my so hard dat ek nie kan uithou nie en ek ontlof in haar in met ‘n steun. Sy ry my nog ‘n slag of wat en dan kom sy weer.

Ons lê uitasem saam op die bed, natgesweet en taai van die kom.

“Fokkit, ek was jags vir jou,” fluister sy.

“Ek en vir jou …”

***

Vir die res van die dag naai ons totdat ons beide seer en vodde is. Dan drink ons ‘n glas wyn, klim in die stort en was mekaar. Sy trek aan, maak haar grimering reg en stap uit na haar kar toe. Ons soen mekaar kuis op die wang en dan ry sy agteruit by die hek uit en in die straat af.

Ons sien mekaar weer drie keer tydens die volgende twee weke en elke kaar is dit asof ons nie genoeg van mekaar kan kry nie. Ons naai mekaar tot ons pootuit en seer is, en nes ek dink ek kan nou nie meer nie, neem sy my in haar mond en suig my tot ek weer hard is.

Dan glimlag sy, gaan lê op haar rug met haar bene opgetrek en haar glinsterende, nat poesie oopgesper en sê: ”Ek hou van pielsuig.”

***

Ek moet Kaap toe vir besigheid en ons spreek af dat ek haar sal bel wanneer ek op die vliegtuig klim op pad terug. Dan sal ek by haar gaan eet.

In die Kaap huur ek ‘n Vespa. Ek ry van een afspraak na die ander, gaan dan na my sussie se huis in Tamboerskloof en krap in haar yskas tot ek ‘n koue bottel wyn ontdek. Ek gooi ‘n glas en gaan sit op haar stoep en kyk oor die hawe, Robbeneiland en die kus. In die verte blink Koeberg in die son.

Na ‘n ruk is die wyn op en ek ry met die Vespa na die klein drankwinkeltjie bo in die kloof en koop nog ‘n bottel of drie. As ek by die huis kom is my sussie daar. Ons soengroet en ek maak een van die bottels oop. Ons sit op die stoep en ek vertel haar van Rita. Sy luister aandagtig en merk dan op dat dit vir haar na ‘n gekompliseerde storie klink en dat ek maar versigtig moet wees. My advokaat sus sien altyd die probleme eerste raak. Haar girlfriend Lily daag op met ‘n paar Gatsby’s en ‘n tamaai pak chips. Ons kuier lekker tot die son hier teen agtuur ondergaan en dan gaan ek na my kamer toe om bietjie te werk.

***

My tweede dag in die Kaap is ‘n mors van tyd, maar ek kom al my afsprake na en gaan gee die Vespa terug. Ek Uber lughawe toe en laat vir Rita weet ek is op pad.

By ORTIA wag ‘n vrou in ‘n pienk overall vir my met my bakkie, wat gewas en gestofsuig is. Ek betaal haar met my kredietkaart en ry dan Pretoria toe. Op pad wonder ek of ek eers huis toe moet gaan en gaan stort en of ek direk na Rita se woonstel toe moet ry. Ek besluit op die tweede opsie en kort voor lank stop ek voor haar woonstelgebou.

Ek parkeer op een van die besoekersparkeerplekke en stap na die ontvangs toe. Ek teken in en klim in die hyser.

As ek uit die hyser uitklim staan sy in haar oop voordeur vir my en wag. Sy het ‘n swart rok aan met ‘n lang spleet waardeur haar regterbeen uitsteek. Die hals is laag gesny en as ek haar vasvat en soen kan ek voel dat sy nie ‘n bra onder die dun material aanhet nie. Ek gly my hande oor haar boude en besef dat sy ook nie ‘n broekie onder die rok aan het nie.

“Surprise,” lag sy in haar keel.

My horing begin dadelik hard raak, maar sy stoot my weg en lei my die woonstel in. Ek ruik die wonderlikste geure wat uit die kombuis kom. Sy trek vir my ‘n stoel uit by die tafel en gaan dan kombuis toe. Sy kom terug met ‘n groot opskepbak wat sy in die middel van die tafel voor my neersit. Dan gaan sy terug kombuis toe en kom met ‘n ysbak en wyn terug. Sy gooi vir ons wyn en haal dan die opskepbak se deksel af. Ek word oorweldig deur die geur van beesstertbredie en as sy opskep weet ek dat ek lekker gaan eet.

Ons gesels rustig en ek vertel haar van my besoek aan die Kaap, my sussie en die besigheid wat ek kon doen, asook die wat ek nie kon deurhaak nie. Dan is die ete verby en sy ruim alles op, terug kombuis toe.

Sy kom terug en staan voor my. Ek hou my hande uit en trek haar nader. Deur die dun swart material voel ek haar warm lyf. Ruik ek haar jagsgeid. Ek probeer die materiaal wegtrek sodat ek haar tiete kan suig, maar sy stoot my weg.

“Gaan stort eers.”

Ek staan op en gaan badkamer toe. Daar is ‘n wit japon saam met wit handdoeke. Ek trek my klere uit en sit dit in ‘n hopie op die tafeltjie. Dan klim ek in en was myself behoorlik. Ek droog af en trek die wollerige wit japon aan.

In die sitkamer sit sy op die bank en wag. Soos ek naderkom staan sy op en vloei in my arms in.

Ons begin deur te soen en ek liefkoos haar liggaam deur die dun material. Ek trek die romp op en vryf liggies oor haar sopnat poesie.

“Ek wil jou hê,” fluister sy en druk my af. “Ek wil jou piel suig …”

Ek trek die japon uit en gaan lê op my rug op die dik mat. Sy doen iets met haar hande agter haar rug en die swart rok vloei van haar af asof dit van water gemaak is. Sy kniel langs my en vat my piel in haar mond. Soos altyd maak sy my mal met haar tong, haar lippe en haar hande wat my knaters omsluit. Dan klim sy oor my en gly haar nat poesie oor my gesig. Ek eet haar met oorgawe en sy suig my tot ek amper kom. Dan los sy. Na ‘n ruk begin sy weer en weer vat sy my tot ek amper ontplof voor sy weer los. Sy haal haar mond van my voël af en kreun: “Fok, ek like dit om jou piel te suig!”

Weer gly haar mond om my en ek gee myself oor aan die sensasie. Ek konsentreer ook om haar plesier te gee. Ek vroetel met my tong in al die wonderlike slooitjies en gleufies van haar poesie, ondersoek die plekkies wat haar laat saamtrek en konsentreer daarop om my ritme te behou.

Dan kom ek agter dat iets verander aan die manier waarop sy my suig. Dis asof dit harder is. Meer dringend. Die invalshoek van my mond na haar kwakkie het ook verander. Ek probeer uitwerk wat verander het, maar die sensasies is oorweldigend.

Dan skielik tref dit my. Dis nie meer net ek en sy nie. Ek probeer haar afstoot, maar sy druk haar poes al harder in my gesig in tot ek voel asof ek gaan versmoor.

Die lippe om my piel werk nou hard en dan kan ek nie meer nie en ek kom en kom en kom. My liggaam ruk, my saad skiet in ‘n warm mond in en ek voel hoe Rita se poes bo-op my mond spasma voor sy weer in my mond in squirt.

***

Rita lê in my arm. “Ek hou van pielsuig,” fluister sy in my oor. “En hy ook …”

Die lang blonde man knik.

 

16+

3 thoughts on “Die Vrou

  • Avatar
    Oct 3, 2019 at 7:48 am
    Permalink

    Ramkat, voorwaar is jy ook n meester. Hierdie storie is tops. En Annelis die foto – my favourite.

    Reply
  • Avatar
    Oct 2, 2019 at 11:56 am
    Permalink

    Shit!
    Die laaste twee sinne slaan die skitterende storie vir ‘n ses.
    Ramkat, ou doring!
    Dankie.

    Reply
  • Avatar
    Oct 2, 2019 at 11:03 am
    Permalink

    Skitterend! Hou van die einde……..

    Reply

Leave a Reply

Your email address will not be published.

error: Kontak ons as jy iets van Kombiekiehier wil hou vir jouself. ;)