
Die skoonsuster
deur Homo Erectus
Daar is min dinge in die lewe so sexy soos ‘n jong ma. Die jeugdige lyf, die bevestiging van viriliteit, die belofte van lewe, die belofte van seks. Ek kon nog nooit help om verlief te wees op swanger vrouens of jong mammas nie. Dis asof ‘n vrou se vrouwees, haar andersheid, haar seksualiteit, haar hele wese uitgestal word soos aan die muur van die Louvre wanneer sy swanger is of klein kinders het wat om haar kloek. Wanneer daardie vrou boonop aan jou bekend is, is dit soos om jou eie privaat kunsversameling te hê. Een wat jy kan besoek wanneer jy wil om dit te bewonder en te geniet oor tyd. Die besef het my getref gedurende die afgelope vakansie – ek is ‘n spesiale soort voyeur. Een wat my skoonsuster op kort afstand bewonder. Sy is eenvoudig super sexy, ek is mal oor haar teenwoordigheid. Dis lekker om haar te raak, dis lekker om vir haar te kyk, dis lekker om met haar te gesels, dis lekker om oor haar te fanatseer. Op ‘n manier sien ek in haar dalk ‘n verlore jeugdigheid raak. Die brutaliteit van veroudering beteken dat mens op ‘n stadium nie meer deel van die stoetery is nie. Verlede tyd, gister se hoop vir die toekoms, vandag se has been, more se Alzheimer. Wat staan mens te doen? Hoe bly jy deel van die lewe? In ‘n seker sin beny ek ander en ouer kulture. Zuma kan tyd terugdraai deur nog ‘n jonger vrou te vat en sy lende werk te gee, al is dit op my rekening. Hy kan weer en weer en weer die voorreg smaak om as deel van die stoetery ‘n bydrae te lewer. Ek kan nie. Vir my en my soort is daar net ‘n stille aanvaarding van vergane glorie, en ‘n troosprys van ‘n sexy jong skoonsuster op wie ek kan perv sonder dat sy weet. Of weet sy?