Die Ontmoeting

Hoe lank gaan ek lees: 8 minute

deur Kaapseboertjie

Dit het als eers begin met ‘n onskuldige – as daar so iets is – gesels op sosiale media. Die geselsies het maklik gevloei en soos dit maar gebeur op gesiglose gesprekke, het die onderwerpe al hoe meer uitgebrei en verdiep. Ons is albei in eenderse bootjies. Eensaam en alleen, maar nie eintlik alleen nie. Of onafhanklik nie.

En saam met dit, ‘n konneksie wat ontwikkel. Die konneksie wat verdiep, die onderwerpe wat al meer persoonlik raak en met meer gevoel en emosie by. Mettertyd dwaal die gesprekke al meer in die donker genot van plesier af, tot dit ‘n alledaagse storie raak. Die gesels raak al warmer, die onderwerp al meer riskant. Toe kom die fotos, videos en soms ‘n stemboodskap of twee. En ons begin ‘n drang na mekaar ontwikkel en daar word gereeld gepraat van “wat van as ons eendag …”

Mens dink nie altyd verder as daardie vraag nie, want jou hormone neem op daardie oomblik
beheer. Maar daar staan ek toe, buite die hotel se deur en wag vir haar. Ek moes opgaan Johannesburg
toe vir besigheid en gedurende ons gesels is dit ook so genoem. Daar is summier afgespreek dat ons moet ontmoet en sy sal my sommer by die hotel optel aangesien dit naby genoeg is aan haar.

Skielik begin die senuwees knaag. Die opwinding om haar vir die eerste keer werklik te ontmoet is groot, maar tog draai daar heelwat gedagtes rond in my kop. My foon laat my weet daar is ‘n boodskap en ek sien dit is van haar. “By die hek” is al wat op die skerm wys

Die motor stop en ek spring sommer in – na die tyd het ek nogal gedink dit sou maar aardig wees as ek in verkeerde kar geklim het! Ons groet eintlik half beleefd, sonder om werklik na mekaar te kyk. Asof die skielike oomblik ons selfvertroue totaal weggeneem het. Dit babbel en lag al die pad na die restaurant waar ons in ‘n hoek ‘n lekker tafel kry. Sy kom sit sommer reg langs my op die bank en na die eerste glas wyn vloei die gesprek sommer goed.

Die ete vlieg verby in ‘n oogwink van lekker kuier en gesels en dit is al redelik laat toe ons uitstap motor toe. Die pad terug na die hotel het egter skielik in effe meer stilte plaasgevind. Beide se gedagtes gevul met die vraag van “wat nou?” Daar sit ons in die motor soos twee jong tieners en giggel soms vir mekaar, maar praat nie juis veel nie. Woorde van “wil jy opkom na my kamer?” hang in my keel en sukkel om uit te kom. Ek sit maar en vryf met beide hande oor my bene, seker vir moed bymekaar skraap, en skielik
vlieg sy om op haar stoel en gee my ‘n amper harde soen.

Lank staar sy in my oë, ons gesigte amper teen mekaar geplant.

Ek is skielik ongelooflik bewus van haar. Bewus van als van haar. Haar sagte lippe wat effe oop gesper is. Haar oë wat ‘n mens op ‘n verlangse paadjie wil vat op ‘n soektog na meer.

“Wil jy inkom,” hakkel, mompel ek darem uit.

Ek weet nie of die hotelle dink hulle is slim met die kaart deurslot affêre nie, maar dit was ‘n gesukkel om daai kaart in die gleuf te kry. Ons stap in stilte in die kamer in en sy wag geduldig dat ek eers my goed op die tafel neersit. Of dalk mors ek tyd om my gedagtes agter mekaar te kry.

“Kom sit hier op die rant,” beduie sy na die bed.

En toe ek gaan sit lig sy my ken op na haar en herhinner my: “Ons hoef niks te doen wat ons nie wil nie, maar ek wil baie graag jou net bietjie bederf. Is dit ok?”

Haar hande sak af na my bors en sy begin om stadig elke knoop los te maak, tot sy my hemp oor my skouers trek en dit eenkant gooi. Toe skuif sy nader sodat sy tussen my bene kan staan en rus met haar hande op my skouers.

“Ek wil net eers aan jou vat, asseblief,” sê-vra sy.

En sy begin my streel met daardie sagte vroulike hande van haar. Oor my skouers, oor my arms, my bors, my rug.

“Wanneer laas het iemand so aan jou gevat?” vra sy toe sy my rukkerige asemhaling hoor.

Wanneer laas? Ek kan nie meer onthou nie. Jare laas besef ek soos my vel met hoendervleis reageer op haar aanraking. Die gevoel van haar hande is so sensueel sag, so teer en amper liefdevol in die uitvoering.
Terwyl haar oë in myne staar, knoop sy haar eie hemp los en laat dit val op die grond en ek kan nie help as om af te kyk nie. Haar ferm borste toegevou in die sagte materiaal van haar bra. Die rooi kleur wat uitstaan teen haar ligte vel.

Sy lig haarself op en knoop my broek los.

“Lig,” beveel sy grapperig en soos ek my boude oplig, trek sy met een plug my broek af, wat my hemp volg waar dit eenkant lê. Dan skuif sy nader, maar die keer knyp sy my bene toe en laat haarself op my skoot neersak. Ek voel effe selfbewus om nou so te sit met net my onderklere aan, maar haar warm lyf wat teen
my skaaf laat my gou daarvan vergeet.

Sy wikkel haarself nog nader aan my en ek is redelik seker sy moet my groeiende opgewondenheid nou duidelik te kan voel, want sy gee so sagte sug toe sy liggies af druk met haar heupe. Haar hande hervat hul streling oor my lyf. Haar vingerpunte dwaal rond asof hulle vir haar ‘n kaart skep van my bors. Sy vleg haar hande oor my kop en druk my styf vas teen haar bors. Die sagte vel voel warm en teer teen my wang en ek kan haar vel ruik soos dit teen my druk. Soos ek my hande om haar lyf vleg, asem sy stadig en diep in en ek voel hoe sy dit inhou, en dan uit blaas toe ek sag soen op die ontbloote vel bo haar bra. Dan vroetel sy skielik agter haar en stamp teen my neus soos haar arms beweeg om van die bra ontslae te raak.

Met haar arms eers half skaam oor haar borste gevou kyk sy my vraagtend aan, maar laat dit dan stadig wegsak sodat ek haar kan sien. Ek kan nie onthou watter vloekwoord ek gesê het nie, maar die skuif van haar arms het die mooiste paar borste ontbloot wat ek nog gesien het, nie eens gepraat van hier reg binne my bereik nie. Vol, verm borste met twee baie groot donker kolle wat die hardwordende punte net meer
beklemtoon. My hande gly om haar middel en begin stadig op beweeg met my duime wat oopgevlek teen
haar maag opgly. Sodat my hande reg is wanneer hulle by haar borste uitkom. My palms wat van onder af elke bors omvou en ek vir die eerste keer my groot hande vol kan hê van twee borste.

Soos ek my duime oor die harde knoppies vryf, kreun sy weer sag en haar heupe druk weer af teen myne.
En voor ek my kop nader kan bring, vou haar hande om dit en trek my vas in haar bors. My mond vasgedruk teen een van die donker kolle waar ek dadelik dit toevou in ‘n soen. Soos sy my kop effe afteroor skuif, druk haar voorkop teen myne en sy kyk af na my. Haar lip vasgebyt toe ek speels met my tong oor die knoppie vryf en om dit krul. Dan klem sy my kop vas in haar arms en sak haar kop laer af.
Daardie soen. Dit sal by my bly vir altyd. Haar sagte lippe en mond soos ‘n elikser wat my  liggaam voed.

Ek weet nie hoe lank ons daar gesit het nie. Sekondes, dalk ure. Die soen het nooit gebreek nie, net ons koppe wat posisies skuif, ons tonge wat op verskillende mates dans met die ander. Ek dink ons albei het toe al geweet ons gaan nie vanaand saam slaap nie. Dis nie nodig nie.

Ons stadige diep soen, die hande wat mekaar voel, die nabyheid aan mekaar. Dit als was genoeg.

Later het ons net so bly sit, sy op my skoot, haar voorkop teen myne, beide besig om hul eie lippe te lek, asof ons probeer om mekaar se smaak dieper in te vryf, dieper te kan proe en onthou.

“Ek wil vir jou ‘n present los voor ek gaan,” het sy laat weet. En gevra of dit ok as as sy vir my iets persoonlik van haar gee. Met ‘n “natuurlik” van my, het sy opgestaan en so paar treë weg gestap. Sy het haar romp gelig en gewys dat haar broekie onder dieselfde fyn rooi stuk is as die bra.

Met haar duime om die rant gehaak kyk sy eers na my. “Om jou te herhinner aan my, aan vanaand.”

Soos sy dit voor aftrek en haarself in die proses begin ontbloot kyk sy skielik af toe ek hardop amper grom van ‘n diep kreun. Toe sy sien waarna ek kyk, gee sy ‘n skaam laggie en vertel dat sy nie kan help nie, dit het al in die restaurant begin toe sy langs my sit. Die glinsterinde natheid maak amper ‘n slierte wat hang tussen haar en die materiaal, waar dit bymekaar kom en die rooi kleur net meer verdiep. Met die ontblooting kry ek die ligte aroma van haar opwinding en natheid en my tong trek oor my lip sonder dat ek kan keer.

Sy trap uit die broekie en hou dit uit na my.

“Vir jou, van my,” en soos ek dit nat kledingstuk vat moes sy die donker hongerte in my oë gesien het. want sy staan skeilik nader en vra of ek wil sien?

Haar reuk. Ek kan dit nie beskryf nie. Dit is soos ‘n hallusinasiemiddel wat my opvul van binne.

“Jy het my bederf, maar nou is dit my beurt om iets vir jou te doen,” het ek haar laat hoor en haar afgetrek op die bed langs my.

Sy het weer haar lip gebyt en begin om haar rok stadig op te trek terwyl sy haar bene speels swaaiend wyer oopmaak voor my. Sy het haarself amper heeltemal skoon geskeer vir my het ek opgemerk, met net ‘n dun strepie wat bo wys. Ek het tussen haar bene geskuif en begin nadersak aan haar. Die aroma wat net al dieper in my ingaan. My eie hongerte het onwillekeurig net begin klop en pols, asof net haar aroma alleen my bevredig. Met my mond reg voor haar klamheid, het ek haar warmte gevoel. En met een laaste diep inseam soos n verslaafde aan dwelms, het ek my tong uitgesteek en deur die warm, sagte lippe gegly.

Soos my tong by haar ingly, het haar naels in my kopvel ingeslaan en haar bene het my rug vasgeklem.
Ek wens ek kon my tong dieper in haar kry. Meer van haar smaak in my kry. Met my tong het ek rond gespeel oor die lippe wat opgeswel vir my wag, tot ek bo by die klein sensitiewe knoppie kom.

Eers versigtig laat ek my tong om dit gly, dan sag bo-oor, rakelings net. Met elke sagte “flick” van die punt van my tong, ruk haar heupe op na my. En soos ek in my posisie op kyk oor haar lyf na haar, haar maag wat rukkerig hop, haar borste orent met een vasgeklem in haar hand en haar mond wyd oop in n stille kreun, kon ek myself nie keer nie. My tong het al vinniger en vinniger begin dans oor haar. Ek het het haar maag fyn dopgehou. Sodra ek op presies die regte plek en hardheid raak, ruk haar maag diep.
Haar asemhaling het al vinniger en rukkerig begin raak, met haar heupe wat in sirkels saam met my tong begin beweeg.

Tot ek voel haar hand val weg van my kop en ek kon sien albei is nou bo haar eie kop uitgestrek, vasgedruk teen die bord bokant die bed. Want haar hele lyf het begin oplig teen my. Tot sy begin snak na asem, haar heupe wat rukkerig teen my mond skaaf en haar laaste woorde van “ek … ek … ek gaan …”

Slaan sy haar lyf teen my mond vas, haar bene knyp om my nek en sluit dit vas teen haar. Ons lig saam op van die bed af, haar maagspiere styf gespan van die impak wat die vloede deur haar lyf het. My kop het net genoeg gesak dat my tong diep in haar gebêre is en ek haar spasmas kan voel van binne haar, gevolg daar n skielike vloed teen my mond vas. En ek van haar nektar kan drink soos haar orgasme deur haar lyf wriemel en draai. Stadig, rukkerig sak ons saam af na die bed en haar bene verlos my waar ek gevange was.

Ek vir sit ‘n oomblik daar op die rant van die bed en kyk na die absolute beeldskone vrou hier voor my, wat in ‘n totale dimensie van genot stadig met haar hande oor haar lyf vryf, stadig terug kom na my toe.
En sy my kop sag aftrek op haar maag, sodat ons net so kan lê. Met haar spasmas wat nog soms polsend deur haar lyf vloei en ek haar nog kan proe op my tong.

Ons het nie daardie aand verder gegaan nie. Dit was nie nodig nie. Maar ons het wel geweet, dit was nie die laaste keer nie.

(Lees volgende episode HIER)

6 thoughts on “Die Ontmoeting

  • JACK

    Pragtige storie dankie. Wag in spanning!

    Reply
    • annelisePost author

      Waarvoor wag jy in spanning? 😉 🙂

      Reply
      • kaapseboertjie

        Seker om te weet of daar toe wel n volgende keer was 😉
        Maar dit sal net ek verseker weet..

        Reply
  • Kaapseboertjie dis puik geskryf ! Ek het elke oomblik ervaar en elke nuanse aangevoel.
    Moet asse-GROOT-blief nie huiwer om nog van jou verhale vir ons lees (?…he-he) genot aan te stuur nie.
    Ek glo jy gaan nog positiewe reaksies ontlok !

    Reply
    • kaapseboertjie

      Dankie baie. Ek sal verseker nog skryf. Die loadshedding maak dit eintlik maklik dat n mens se verbeelding totaal op hol kan gaan met gedagtes of herhinneringe

      Reply

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

error: Kontak ons as jy iets van Kombiekiehier wil hou vir jouself. ;)