Belangrike Kombiekiehier Vreesloos inligting
Hello al my geliefdes 🙂
Ons het die naweek ure en ure gewerk en wil net gou so paar dinge onder jou aandag bring.
Kombiekiehier Vreesloos bestaan nou as ‘n aparte website alhoewel hy op die einde nog steeds van die menu hierbo af sal link. Net soos met die Vreeslose afdeling hier is dit ‘n webwerf waarop julle moet inskryf en bietjie betaal. Die hoofrede waarom ons geld vra vir daardie site is om dit moeiliker te maak vir mense wat nie regtig daar hoort nie om daar te lees. (En dit sal hopelik eendag help om die hosting te betaal 😉 )
Die inskrywingsgeld is in elk geval min – net amper so twee Cokes se geld. 🙂
HIER IS DIE BELANGRIKE DEEL VAN HIERDIE BRIEFIE:
Baie van Kombiekiehier Vreesloos se inskrywers het in die maand wat ons weg was hulle inskrywings gekanselleer. Dis heeltemal verstaanbaar, want daar was tog niks om vir julle geld te kry in daardie tyd nie. Ek het almal wat wel nog ingeskryf gebly het, na die “nuwe” site toe geskuif. Julle behoort briewe te ontvang wat dit ook sê. Ek wou net verduidelik waarom dit gebeur.
Elkeen se nuwe password is lekker123 – gaan verander dit wanneer jy tyd kry.
Met die oorskuiwery het so paar goed deurmekaar geraak. Ek sien byvoorbeeld dat die GIF-prentjies hier op Kombiekiehier nie meer beweeg nie. Ek sal dit gaan regmaak. Dit kan ook wees dat van julle wat ingeskryf het van die lys af verdwyn het. Of nog erger, dat van julle vervaldatums nie reg is nie.
KONTAK MY ASSEBLIEF BY KOMBIEKIEHIER@GMAIL.COM SODAT EK ENIGE PROBLEME VIR JULLE REG KAN MAAK.
Ek kon nie julle belatings-link na die nuwe site toe oorskuif nie. So ek vermoed julle gaan dalk weer ‘n betaling moet insit wanneer die inskrywing verval. Julle kan ook deur EFT direk vir my betaal as jy nie die Paypal opsie wil doen nie. Kontak my dan reël ons dit. So jammer oor die moeite, maar op die einde gaan hierdie skuif vir almal net voordele inhou.
Kombiekiehier Vreesloos is nou waarlik vreesloos. Die stories is waaghalsig, die Selfies is skaamteloos en die visuele stimulasie is meer intens.
Ek sal op Twitter aankondig wanneer daar ‘n nuwe post in Kombiekiehier Vreesloos is, maar dit gaan nie meer gelink wees aan sosiale media nie. Op so manier kan ons wilde goed post sonder om bekommerd te wees dat dit op een of ander time-line gaan verskyn waar dit nie moet nie.
Die foto’s wat daar gepost word sal ook nie op Kombiekiehier se Tumblr ens verskyn nie.
Ek is besig om al die Vreesloos-inhoud van hierdie site af soontoe te skuif – sien julle aan die anderkant. 😉
Intussen gaan Kombiekiehier nie agter raak nie. Hierdie is steeds die hoofwebwerf (en my liefdeskind) waar alles verniet is en waar ons jou elke dag liefhet en lusmaak. 😉
Baie dankie vir almal wat nog hier is. Vir julle wat vreesloos soek vir iets meer kinky in Afrikaans, gaan loer gerus by Kombiekiehier Vreesloos in.
Lus en liefde.
Annelise
1 COMMENT
Klaar ingeloer en paar kommentare gelewer.
Is baie exiting !