Albei
deur Boshcak
Ek is so net na sewe by Arista se woonstel. Sy maak vinnig die deur oop toe ek klop, glimlag op na my en haar hande gaan om my nek en agter my kop. Sy trek my gesig af na haar toe en die soen is vinnig, diep en in oomblikke glip sy haar parmantige tongetjie in my mond in.
Sy kreun saggies, haar tong kwispelend. Sy ruik heerlik, haar hare is onlangs gewas, die bruin krulle sag teen my hande soos ek haar kop troetel. Die reaksie is natuurlik, die opwinding onmiddellik en intens, honger en genot spoel deur my. Sy kreun weer in my mond in en haar heupe druk vorentoe, haar hande op my heupe, soekend. Sagte plompheid druk voor teen my broek.
Eindelik breek sy die soen, trek effens terug. Die groot swart-bruin oë sluit met myne en sy sit haar hande op my skouers.
“Ek het jou gemis,” sê sy sag.
Ek streel die lyn van haar kakebeen, die vel sag en warm. Ek is seker ons gaan liefde maak, die blote gedagte daaraan skiet soos weerlig deur my. Ek ruik haar skoon hare en vel en die diep muskus van jong, opgewekte vrou, haar skouers sag onder my hande. My hartklop versnel en bloed klop verruklik in my penis, dit roer onwillekeurig en plesier skiet deur die kop en skag en ek voel hoe dit begin swel en hard word waar sy haar steeds geklede skaambult teen my gulp druk.
Ek tel haar op, maklik, sy is baie korter en kleiner as ek en sy giggel. Dit is nie ver na die slaapkamer nie, die deur is oop, ek dra haar in en sy soen my terwyl ek haar dra. Ek sit haar op die bed neer, val bo-op haar, haar mond oop en sag en warm teen myne.
Ons het nog nie ‘n ritme nie, die daad is te nuut. Die vorige twee maal was soos ‘n skielike donderstorm, alles verlore, net wellus, my en haar doel om net so gou moontlik in haar te wees, die enigste oomblik van nugterheid toe sy met bewende hande en naarstiglik die kondoom oor my ereksie getrek het voor sy haar bene oopgesprei het vir my. Daar was nog nie veel voorspel of aanvoer nie.
Sy kreun saggies in my mond in en ek pyn: hy is vasgevang in my klere en beur reeds in volle ereksie, vasgevang, tintel en skitter van opwekking en plesier.
Ek steek my hand uit na die laaikassie by haar bed, ek weet sy hou dit daar …
“Nee, fluister sy sag, onderskep my hand. Sy draai dit om, palm ondertoe, sit dit op ‘n klein stywe borsie neer, deur haar rok. Dit is skokkend eroties, sy is sag, maar tog ferm, net genoeg om my hand te vul, haar tepeltjie ‘n harde knoppie bo-op die sagte ronde kurwe, bloed-warm deur die dun rokkie.
Dit is klaar hard, soos ‘n klippie wat teen my hand lê. Sy sug toe ek saggies dit druk en vryf deur haar rok.
Sy soen my weer, breek dan weg.
“Dis ok … dis ok … ek’s veilig. Ek het eergister gebloei.”
Ek sluk van opwinding. My ereksie is ‘n staalharde lewende ding in my broek, my balsak draai en stekies elektriese plesier flikker orals daaroor.
Ek help haar die rok dringend oopknoop, die knopies gelukkig min en groterig, dit glip maklik oop. Sy het nie ‘n bra aan nie – ek het dit klaar gevoel – en haar ronde, gepunte appel-borsies kom gou te voorskyn, haar tepels donker, amper swart van opwinding teen haar sagte wit vel.
Ek kan my nie beteuel nie en sak hulle toe, druk hulle saam met my hande, hulle is vol en rond en sag soos satyn, en ek soen hulle teer, flikker my tong oor die puntjies en suig dan haar regter tietie diep in my mond in, trek haar erekte tepeltjie teen my verhemelte vas met ‘n kreun van passie.
Sy sidder en vloek saggies bo my van lekkerkry, druk my kop van die een borsie wat ek aan suig na die ander, hoendervleis van lekker teen my wang. Sy is vreeslik ingetoe in die openbaar, vloek nooit, mens sou dit nooit van haar dink as jy haar byvoorbeeld in haar kantoor sou sien nie. Dis net die derde maal hierdie, maar ek het reeds agtergekom sy hou daarvan om woorde te sê en te lawaai as sy regtig lekker kry. Dit pla my nie eintlik nie, ons het daaroor gepraat en sy het verduidelik dit maak dit vir haar soort van lekkerder, sy voel stouter, as sy kan lawaai en praat tydens en haarself hoor geluide maak.
“Ja. Ja. Ja ja ja … hmm dis lekker … jaaa … byt saggies … o ja hmm …” prewel sy sag, mooi donker oë styf toe.
Vir my voel dit asof ek ‘n stok in my broek het. Wilde plesier spoel oor en oor deur my manlikheid, dis staalhard, ek probeer myself beheer, wil dit vir haar lekker maak, maar dit is bitter moeilik.
Die rok se knope loop in die middel af oor die bo-stuk, maar draai dan af oor haar een ronde heupie. Ek soen haar klein ronde borsies weer en begin dan die lyn knope verder volg, maak hulle een vir een los. Die lyn vloei oor haar heup, dan haar regter buitebeen. Haar vel is satynwit en sag en vuurwarm en ek soen saggies in die v wat die materiaal van die rokkie vorm soos dit oopgaan en die knope loskom, af oor haar bo-magie en dan die heupie se bokant.
Ek vind uiteindelik ‘n streep swart satyn, die buitenste en boonste rek van haar pantietjie, wat span en half in die fluweelsagte bokant van haar bo-been weggesink is. Ek byt die sagte materiaal vas, tel dit met my tande van die teer vel af op, laat dit liggies terugklap.
Sy giggel en sug. Druk my kop laer.
Ek wil gek word.
Eindelik is die rok oop, sy het net ‘n donker swart broekie aan, so eina as wat kan kom. Dit kleef teen haar, ek sluk, die buitelyne van haar plomp vroulikheid verberg, maar tog so duidelik in die fyn swart materiaal. Ek begin soen net bo haar knieg, so aan die binnekant, sy snak na asem en weereens breek hoendervleis onder my lippe uit.
Dan soek ek stadig opwaarts, lek effens, knabbel saggies.
Sy sug woordeloos, druk haarself op haar elmboë half regop, kyk af na my, die lieflike gesig blosend, haar mond oop en sy haal vinnig asem, starend, asof sy nie kan glo wat sy sien nie. Sy sprei haar bene oop, ek probeer om nie te staar nie, dit is te opwekkend, die vroulike heuweltjie wat deur haar dun swart broekie bedek word verander verruklik van vorm.
Stadig werk ek my pad op, soen en knabbel aan haar binnebeen, streel die ander een liggies met my vingerpunte. Haar asem jaag en sy sluk en sy verstar soort van hoe hoër ek lek en byt en soen aan haar.
Eindelik is my wang net millimeters van haar af, haar lyf gespanne en klein vibrasies skitter deur haar bene, sy haal omtrent nie asem nie, haar afwagting so duidelik soos daglig. Ek treiter saggies, hou op soen en lek en sag byt, draai my kop en slaan doelbewus die plomp driehoek swart katoen oor tussen haar lieflike bene. Ek wil mal word, ek ruik haar opgewekte vroulike seks, frank en skerp, vir ‘n oomblik, reg onder my neus. Dan begin ek aan haar ander binnebeen knabbel, soen en lek en volg dan stadig ‘n pad weer af na haar kniegie toe.
Sy sug hard en begin weer asemhaal, haar gesig bloedrooi gebloos en ‘n oulike blos wat oor die marmerkurwes van haar klein pragtige borsies begin skyn soos sy oopmond en hygend staar soos ek my mond oor haar sensitiewe binne-been speel.
Haar tepels is dik geswel en het nog verdonker teen die sagte wit vel van haar borsies.
Na ek weer by ‘n perfekte knieg uitgekom het, kom ek regop en gaan lê weer vol-lengte bo-op haar. Sy kreun van genoegdoening, druk haar mond teen myne en nou neem sy inisiatief, haar tong forseer my mond oop en soek naarstiglik. Ek suig hard en sy mompel iets, haar tong teen myne. Sy gooi haar arms en bene om my, trek my vas.
My hart klop in my ore, dis eintlik seer, ek is vasgevang in my klere. Hy wil al groter, maar my broek laat dit nie toe nie.
Sy druk my half van haar af, maar net sodat ek half kan regop kom. Sy begin my hemp oopknoop, maar verloor haar humeur en met ‘n skielike grynslag van passie gryp sy die twee rande van my hemp vas en ruk. Knope spat orals en ek hoor iets skeur, maar sy grom en trek haarself regop en begrawe haar gesig teen my borshare, trek diep asemteue in.
Ek hou haar vas, sy hyg diep, oor en oor. “Hmm … ruik lekker…” kreun sy sag, haar asem warm en lieflik teen my bors.
Ek soen die sagte warm hare op haar kroontjie. Sy sak terug, glimlag en wikkel haar heupe half asof sy my wil af kry van haar af. Ek lig op en sy glimlag, sy druk vinnig en skokkend haar duime bo haar broekie se rek in en stroop dit af van haar breë, pragtige heupe af, trek my weer neer of haar. Dit gebeur vinnig, ek wil kyk en bewonder, maar sy neem my gesig in albei haar hande en soen my dringend op my mond.
Onder agter erens het sy die pantietjie oor een enkel gelaat, nou skiet sy dit met haar voet weg erens in die halfdonker van haar slaapkamer in. Sy trek my hemp weg en gooi dit ook langs die bed neer.
Nou begin haar hande vroetel met my broek, sy hyg van opwinding, staar in fasinasie na waar haar vingers sukkel om my gordel los te maak, dan die knoop … ek laat haar begaan, ek is mal met afwagting, sy vloek saggies toe sy sien hoe styfgespan my onderbroek staan.
Ek val terug op my sitvlak, stroop die broek af, haar klein hand is direk en skaamteloos, sy kan nie haarself beheer nie, sy trek die onderbroek weg en my ereksie spring los in haar hand in.
“O goeie hel …” fluister sy, vou haar hand oor my vuurwarm, klipharde skag, dit is soos om in ys en vuur tergelyk gedoop te word, die verskriklik sensitiewe vel oor my penis se onderkant skitter en tintel, haar hand sag en elektries om dit. Sy druk saggies en ek kreun, genotvuur en stu teen dit op, seksueel, heerlik. Sy lag stout, gly haar hand af en ondertoe, trek liggies aan my balsak, streel teer oor die onderkant, kantel haar kop terug en maak haar mond oop. Ek het nie uitnodiging nodig nie en soen haar en sy wikkel uitlokked haar vingers oor die harige voutjies van my hiper-sensitiewe skrotum se onderkant, speel liggies met my teelballe.
Dan bring sy haar ander hand af en gryp my skag vas sodat haar linkerhand my teelballe weeg en saggies druk, en haar regterhand my bloed-warm, kloppende penis skag saggies vashou.
My eie asem jaag, ek wil mal word. Ek kan myself al bietjie beheer na twee keer saam met haar, maar steeds, ek kan voel sy hoef nie veel te doen nie, as sy nog so ‘n minuut net my so vashou, gaan dit verby wees… vuur tol in my balsak en tonge genot skiet elektries teen my penis op. Die kop swel en voel of dit stadig heen-en-weer knik saam met my hartslag wat jaag.
Dan sê sy ‘n woord, en dit is so skokkend en onverwags ek kan eers nie glo wat ek hoor nie.
“Mamma.”
(vervolg HIER in Kombiekiehier Vreesloos)
2 COMMENTS
Heerlik, Boschcak, absoluut genotvol !
Soos Jack gaan ek dit opvolg op Vreesloos.
Jy kan maar ☺
Dis so n mooi storie- sal so graag die “mamma” wil interpreteer-kom ek kyk op Vreesloos!