2020!
Hello liewe Kombiekiehierleser,
Ek hoop jou Desember was vol soene, orgasmes, drukke, vuil gedagtes en sexy ervarings. Mag 2020 vir jou net nog meer daarvan inhou.
My weggaan het die effek gehad waarvoor ek gehoop het. Ek is op allerhande maniere weer lus 😉 en reg vir die jaar saam met jou. Ek het baie planne. Die planne sal so deur die loop van Januarie onthul word.
Intussen sal ek vandag al die lidmaatskappe gaan regmaak (ek was nie by ‘n rekenaar en sterk genoeg sein nie). Laat weet my asseblief as jy ‘n probleem het wat nie vandag opgelos word nie.
Dankie vir elkeen wat weer terugkom. Ek hoop dat hierdie ‘n bevredigende jaar vir almal hier sal wees.
Met lus en liefde
Annelise

Welkom terug, liewe Annelise! Ek sien, soos die res, uit na ‘n lieflike jaar saam met jou hier op KBH.
Xxx
Dankie Sneeuwitjie, sonder jou is dinge hier ook maar vaal. So bly jy is nog by ons 🙂
Hartlik Welkom Terug…..
Nuut hier en is mal oor die blad
Ek is baie bly. Hoop ons sien jou nog baie hier. 😊
Hier’s ons weer…
Lekker dat almal terug is. Welkom en mag ek jou platform gebruik om vir almal ‘n goeie jaar toe te wens Annelise.
Dankie Petrus, hoop joune is ook fantasties
Petrus, toe ek jou naam hier lees na ‘n laaaang stilte het my nog-nie-verroeste geheue bank my onmiddellik op “male-selfies” laat kliek op Annelise se spyskaart vir ons.
Ek is 80% persent hetro en het geen bybedoeling nie, maar jy het sekerlik die mees formidabele gereedskap van al die manne hier op KBH. Indien daar een is wat kan verbeter op jou trots moet hy ‘n foto aan ons redaktrise stuur wat dit dan na haar oordeel erens kan plaas, aldan nie.
‘n Ekstreme, seksgevulde Nuwe Jaar jou toegewens!
Groetnis
Willewill
ns Lees gerus ‘n storie van my: “Stoetmateriaal” indien dit hier op ons blad geplaas word.
Seker op Vreesloos, Wille Will?
Nee, Annelise, dis ‘n storie wat ek oor hierdie feesseisoen geskep het. Dalk het ek dit nog nie aangestuur nie? Laat weet asseblief….
Nope ek weet nog nie daarvan nie maar ek bedoel die foto is sekerlik eerder op vreesloos? 😊
Ja die foto is op Vreesloos se manlike selfies.
Will
Dankie. Ek is seker daar is meer as een van die manne hier wat my in die skadu sal stel.
Petrus
Nou is die Nuwe Jaar’s sirkel voltooi!
Hartlik welkom terug, let the good times roll…!☺♥♥♥
Wille Ou Will
Baie dankie Wille Will. 🙂
Kan nie wag vir die nuwe verhale om te begin nie. Welkom terug.
Dit begin sommer more reeds. Baie dankie 🙂
Kan nie wag nie. Hierdie is n uitstekende blad. Mag hy nooit ophou stories plaas nie. Baie dankie vir jou en elke skrywer se harde werk.
Baie dankie en dis ‘n plesier 🙂
Madam van Liefde en Lus. Baie lekker om jou terug te verwelkom.
Ek het na jou en die ander wat saam rondhang en kuier verlang.
Baie bly om te hoor jy is Lus om Suid Afrika weer lus te maak. Dit gaan “Lek-ker” wees om daarvan deel te wees.
Hartlik Welkom Terug Onse Edel Dierbare – bly om te hoor jou vakansie was n rustige sukses.
🙂 Dankie Ysbeer x