Witbroodjie (1)

deur Nostradamus

Hy het altyd gevoel hy is haar witbroodjie. Vandat hy in graad 8 in haar klas ingekom het. As iemand rondgestuur moet word of ’n boodskap na ander onderwysers toe moet neem, was dit altyd hy. Later, toe daar klaskapteine gekies moes word, hy sy hom ondersteun en verkies, al was daar baie ander, beter opsies. Dis ook dan te verstane dat hy ’n spesiale plekkie vir haar in sy lewe gehad het. Wanneer sy vriende bespiegel het oor die sexy, pas afgestudeerde Biologie-juffrou, het hy altyd aanvanklik maar stilgebly, maar die oomblik wat hulle gesprekke te grafies en seksueel geword het as hulle begin vertel hoedat hulle haar sal zaber, het hy altyd vir haar opgekom en gesê dat hulle haar nie só kan objektifiseer nie. Sy is ’n mens. ’n Mooi mens. Van binne en van buite.

Vandat hulle die eerste keer in haar klas ingestap het, het sy meer as een keer gesê dat as daar iets is wat hulle nie verstaan nie, hulle dit vir haar moet sê en dan sal sy dit prakties probeer verduidelik. Hier in graad 10 het sy met die grootste sorg en omslag die manlike en vroulike geslagsorgane, voortplanting en dies te meer hanteer en toe een van die klomp rammetjies-uitnek hier uit die bondel skree dat hulle dit prakties wil sien, het sy met ’n gesonde blos op haar wange met oë wat – so het dit vir hom gevoel – stip na hom kyk, geantwoord dat sy dit sal doen die oomblik wat sy ouer of voog en die skoolhoof vir haar skriftelik toestemming gee. Hy kon sien sy sê dit vol bravade, maar hy, wat heel voor in die klas, net langs haar tafel gesit het, kon die die trane sien skitter op haar ooglede. Dit het gelyk asof sy woordeloos uit hom probeer krag put, terwyl sy die voorbokke op hulle plek sit. Want alhoewel sy reguit en soos juffrou Rottenmaaier voorgekom het, het hy nog altyd vermoed dis maar net ’n fasade, ’n masker wat hierdie vrou met die vele kante voorhou.

Een van die vele kante wat sy gehad het, was dat sy nie net as onderwyser nie, maar ook as chiropraktisyn gekwalifiseer is, iets wat begin het met haar aanvanklike studies op universiteit. Sy was aanvanklik ingeskryf vir Menslike Bewegingskunde, maar nadat ’n besering haar loopbaan by Tuks se eerste netbalspan kortgeknip het en sy toe daarna komplikasies met die operasie gehad het, het sy in haar tweede jaar ingeskryf vir onderwys, terwyl sy haar pelvisbesering versorg. Die besering – opgedoen tydens ’n oefenwedstryd teen die Proteas – het gemaak dat sy aanvanklik nie kon sit of loop nie, maar deur haar studies het sy haarself behandel en aangeleer om met ander spiere die werk van die dooie spiere wat die septisemia opgevreet het, oor te neem. Soveel so, dat mens vandag glad nie kan dink dat sy ooit so probleem gehad het nie, nie eens as sy hardloop terwyl sy die eerste netbalspan laat fiksheid doen nie.

In sy matriekjaar speel hy besonderse goeie rugby. Die Bantam bakkie wat sy pa vir hom gegee het na sy agtiende verjaarsdag, help om hom by die Cravenweek-oefeninge te kry en daar word hy dan ook as kaptein gekies. Die oggend toe dit op die plattelandse skool se skoolopening aangekondig word, het al die meisies koketterig kom geluk sê, maar dit was haar gelukwense toe hy in Biologie instap, wat sy dag gemaak is. Sy het hom so halwe skuins drukkie met die een arm gegee toe hy by haar verbystap en hy kon haar deodorant en sweet vir dae later nog aan sy kleurbaadjie ruik – of so het hy geglo.

Met sy Craven-sak gepak, skakel die afrigter hom en sê hy het slegte nuus. Twee onderwysers van die stad af, getroude paar, sou vir die span diens doen as spanbestuurder en fisioterapeut, maar hy was in ’n bergfiets ongeluk en het al twee gewrigte en sy een enkel gebreek. Hy is dus nou van sy vrou afhanklik vir alles – van rondbeweeg tot toilet gebruike. Weet hy nie dalk van iemand wat een of albei van die poste kan vul nie, want nie een van die fisioterapeute in die omtrek is bereid om hulle praktyke vir ’n week te los om ’n klomp tiener seuns te gaan verbind nie en SA Rugby vereis dat elke span ’n gekwalifiseerde fisioterapeut moet hê. Dadelik dink hy aan haar en stel voor dat sy gekontak word. Gelukkig stem sy in en hy stel voordat sy kan sommer saam met hom kan ry Cravenweek toe, waar hulle in die hotel ingeboek is.

Sommer met die eerste wedstryd al, beïndruk hy die SA Skolespan se keurders en daar word sommer vroeg al gepraat van kaptein vir die gesogte span. Soos wat sy span deur die week gaan, lewer sy spanmaats en die afrigters kommentaar oor juffrou da Costa se vernuf met die spelers en hulle besering. Voor elke wedstryd gaan hy na haar toe sodat sy sy bo-bene kan beplak met pleisters sodat hy hoog in die lynstane kan rank en ’n keer of wat raak hy selfbewus as hy op die bed sit en sy oor hom buk om die pleister op te plak. Die rede? Met haar sweetpakbroek en golfhemp kan hy eerstens duidelik haar pantyline sien en die dae wat hy dit nie kan sien nie wonder hy soos enige warmbloedige mansmens of sy ‘n G-String aan het of commando rondloop. Voeg daarby dat die golfhemp vir haar voorganger bestel is en dus baie losser om haar sit as bedoel en dan sien ’n mens soms cleavage wat hy so skelm-skelm na loer, sonder dat sy agterkom. Meer as een keer moes hy al begin het om die game plan en bewegings in sy kop te visualiseer terwyl sy hom beplak of masseer na ’n wedstryd, sodat sy ongemak en opgewondenheid nie sigbaar word en haar dalk ontstel nie.

Saterdagmiddag speel hulle in die hoofwedstryd, die finaal en hy het ’n besonderse goeie wedstryd. Twee minute voor die eindfluitjie blaas, is sy span nog met twee punte agter, maar waar hy as verdediger langs die losskrum staan, sien hy hoe die bal losspat uit die skrumskakel se hand en net tot in sy eie helfte rol. Sonder om te aarsel skep hy die bal in een hand op en sien die gaping voor hom oopgaan. Hy hardloop in volle vaart tussen die senters deur en fnuik maklik die heelagter wat heeltemal te vlak gestaan het. Met ’n oop doellyn en 15 spelers wat hom jaag, raak hy bewus van tonnelvisie en al wat hy sien is die doelpale soos wat hy nader kom. Hy raak bewus van iets wat hom van stryk afbring, maar hy het nie tyd om nou aandag daaraan te gee nie.

Dis eers nadat hy oor die doellyn geduik het en al sy spanmaats wat op hulle beurt weer op hom geduik het van hom af het, dat hy besef iets skort toe hy wil opstaan. Dadelik besef hy daar skort iets met sy hamstring en hy het self nog nie tot verhaal gekom toe juffrou De Costa sy spanmaats beveel om hom solank bus toe te dra nie en hom beveel om nie op sy been te trap nie. Teen die tyd wat hy van die bus afgelei word by die hotel, het sy alreeds die nodige reëlings getref. Hulle twee, hy en sy, gaan nog ’n aand bly en eers môre terugry huis toe, om die swelsel kans te gee om te sak. Sy spanmaats help hom tot by sy hotel bed en sy kop het nog nie eers die kussing geraak nie toe is sy al by met yspakke en pynpille. Die een na die ander kom sy spanmaats groet, voordat hy later teen die lomerigheid en die opwinding van die afgelope week opgee en insluimer.

Eers is hy verskrik toe hy wakker skrik. Dit moet al skemer wees, want dis donker in die kamer met die gordyne toegetrek en sonder ligte. Eers is hy nie seker waar hy is nie, maar toe hy probeer regop sit kom die herinneringe van die dag se gebeure saam met sy pynsensore se geroep saam by sy brein aan. Hy val terug teen die kussings met ’n gesug en tel weer sy seer been met een hand op om die ook op die kussings neer te sit sodat dit hoër as sy hart is en die swelsel kan sak.

En dit is eers toe dat hy bewus raak van juffrou da Costa wat aan die ander kant van die dubbelbed lê. Op haar sy. Haar gesig is na sy kant toe gedraai en hy sien hoe die asemteue ’n sliert hare wat oor haar gesig geval het saggies rondjaag. Hy volg die lyn van haar hare af na daardie mooi driehoekie waar haar nek en sleutelbene bymekaarkom, verder af teen haar goudbruin vel vol spikkels tot tussen haar borste. Hy sien met die slapery op haar linkersy het haar regterbors aan swaartekrag gehoor gegee en die tepeltjie is so halfpad sigbaar soos die tietie uit haar bra geskuif het. Sjoe, dis die eerste nippel wat hy so van naby sien en hy staar aandagtig sodat hy later hierdie oomblik in volle detail onthou. Hy dink onwillekeurig terug aan sy skoolvriende se grappe en lag by homself as hy besef hulle was reg: meer as ’n hand vol is ’n gemors! Haar bors sal net-net in sy hand pas, met haar pofferige nippel wat uitstaan soos koekie wat op ’n bakplaat uitgerys het. Die rosyntjie aan sy punt kan hy net-net nie sien nie, seker die laaste wat nog aan die bra se voorkant vashaak voordat die hele tiet na vore kom. Hy wens hy kan hom 1. dááruit/2. daarúít help, aan daardie marsmallow-nippel raak en saggies aan die Jelly Tot aan die einde suig. Hy sal eers versigtig met sy tong daaraan raak, voordat hy saggies al in die rondte van die poffertjie sal lek. Dan eers sal hy die hele nippel in sy mond vat en kyk hoeveel hy daarvan in sy mond kan hou. Sy oë raak glasig soos wat hy fantaseer hoe hy in haar tietgleuf die soutdruppels van haar sweet sal oplek, deur haar naeltjie tot waar haar sweetpakbroek sy reis sal stopsit.

O fok, net die gedagte daaraan het hom so opgewerk dat hy nou net in sy broek gekom het, sonder om eers aan sy piel te raak! Sjoe, ook maar goed hier is niemand om hom nou te sien nie, want nie net het hy soos die virgin wat hy is gekom nog voordat dinge kan lekker raak nie, hy het ook nog op sy juffrou en fisioterapeut, wat haar vakansie en ’n ekstra Saterdagaand vanaand opgeoffer het om hom uit sy penarie te help, geperv. Hy het haar skaamteloos gebruik as visuele stimulasie vir sy eie genot, wat heeltemal anders is as sy gewone gentlemanly self.

Dis eers toe hy so sukkel-sukkel sy kom besmeerde broek van sy lyf af wegtrek en ’n tissue of iets soek , dat hy opkyk.

Reg in juffrou da Costa se witgeskrikte gesig in!

(word vervolg)

Volg Kombiekiehier op sosiale media:

4 thoughts on “Witbroodjie (1)

  • July 31, 2017 at 5:07 pm
    Permalink

    O griet! Asseblief! Ek soek al die tweede deel om te lees! Moenie so maak met ons nie!

    Reply
  • July 26, 2017 at 11:00 pm
    Permalink

    Volgende deel asseblief! Hierdie is vreeslik stimulerend. Goed geskryf.

    Reply
  • July 26, 2017 at 4:20 pm
    Permalink

    Nostr – my ou maat, waar is die vervolg, my bloeddruk sal dit nie so lank kan hou nie. Baie goed geskryf.

    Reply
  • July 25, 2017 at 1:01 pm
    Permalink

    Shit, hierdie opvolg moet vinnig kom of ek kom eerste !

    Reply

Leave a Reply

Your email address will not be published.

error: Kontak ons as jy iets van Kombiekiehier wil hou vir jouself. ;)