Watersport(s)
deur Saffie
Die stad Kopenhagen se oorsprong dateer uit die 11de eeu. In Europa is dit die toonbeeld van stabiliteit. Die ekonomie groei stadig en bestendig, die Deense Krone is vir jare ‘n sterk geldeenheid op wêreldmarkte, die kunste, argitektuur en moderne transportstelsels getuig van hoë welvaart.
Dis my eerste besoek aan die stad en my hotel is net langs Istedgade, ‘n straat in die Vesterbrodistrik van Kopenhagen. Dis stapafstand vanaf Kopenhagen sentraalstasie. Met my aankoms op ‘n Vrydagmiddag net na vier, lyk alles vir my baie stil. Die ontvangsdame by die hotel verseker my dat die plek eers lewe kry na elfuur in die aand. Kopenhagen het per slot van rekening een van die hoogste hoeveelheid per capita restaurante en kroeë ter wêreld.
Vir enige man met ‘n gesonde (of ongesonde) sekslus, is Istedgade ‘n paradys. Dis reeds sedert die sestigerjare bekend vir prostitute, nagklubs, ontkleedansers, lewendige seksvertonings, pornwinkels, dwelmsmouse en privaatklubs wat voorsien in enige manlike en/of vroulike seksfantasie. Ek’s deur ‘n vriendin van my verwys na ‘n klub wat spesialiseer in watersport d.w.s. mans en vroue wat daarvan hou om natgepiepie te word. Dis nou te sê voor, gedurende of na seks. Somtyds sommer alles deurmekaar. Dis nie eintlik my dinge nie, maar my vriendin het my verseker, dat ek dit ten minste een keer moet probeer. Sy was mal daaroor.
My kamer is klein, maar skoon en funksioneel. Ek het die ontvangsdame se aanbod aanvaar, om vir ‘n addisionele 50 Deense krone toegang te kry tot ‘n 24 uur pornkanaal op my kamertelevisie. Terwyl ek my oornagtassie uitpak, skakel ek die televisie aan en pons die pornkanaalkode in. Ek flik deur die opsies na “wet sex” en kyk gefassineerd hoe twee kaal vrouens en ‘n man mekaar bewerk. Hulle is buite langs ‘n swembad en die een vrou en man is besig om te masturbeer, terwyl die ander vrou voor hulle wydsbeen staan en urineer in ‘n groot glasbak voor haar op die grond. Ek voel ‘n snaakse holkol op my maag en besluit ek’t heelwat drank nodig voor vanaand se eskapades.
Ek hang die res van die middag rond in ‘n paar van die plaaslike kroeë en drink klein glasies heerlike Deense bier. Later die aand na ‘n kort slapie en ‘n warm stort, kry ek my reg vir ete en sports. Ek stap na buite en is verbaas hoe besig alles skielik lyk. Die neonligte in Istedgade transformeer die plek byna in ‘n sprokieswêreld, met die sypaadjies vol mense. Almal lyk of hulle maar net rondloop en nie spesifiek oppad iewers heen is nie. Ek vind ‘n klein Deense restaurant op aanbeveling van die ontvangsdame by die hotel en eet heerlike frikkadelle op blaarslaai en tamaties, met egte rogbrood en botter. Ek bestel twee taquilas na die tyd om die vlinders in my maag te kalmeer.
Die klub, Nubar, het ‘n groot donker glasdeur voor op die straat. ‘n Vriendelike deurwag in ‘n swart pak en wit hemp hou vir my die deur oop. Ek’t my plek op die internet bespreek en ‘n wagwoord gekry. Die ontvangsdame staan voor die ingang van die kroegarea. Oor haar skouer sien ek ‘n kaal meisie wat dans om ‘n paal op die maat van Hadouken! se “Levitate”. Die ontvangsdame het ‘n iPad in haar hand en vra my naam. Sy kyk vinnig op die skerm en vra die wagwoord. “Have a drink at the bar first, I’ll call you”.
Na nog ‘n klein glasie Carlsberg kom roep sy my. Ek volg haar in ongemaklike stilte in die hysbak na die derde vloer en ‘n deur gemerk “golden showers”. Sy klop liggies, nooi my binne en stel my voor aan Tilde en Luna. Beide meisies het ligbruin hare en is aangetrek, wat ek beste kan beskryf as “kantoor professioneel”. Wit oopknoop bloese en swart knierompe met kouse en effe hoë sandale. Beide is in hulle vroeë twintigs skat ek.
Die plek binne is kompleet soos ‘n hotelkamer met ‘n dubbelbed en twee bedkassies. Swaar gordyne verhoed enige lig van buite. Daar’s ‘n klein ontspanningsarea met ‘n lae koffietafel en drie gemakstoele. Die een kant van die vertrek is feitlik heeltemal met spieëls bedek en aan die onderpunt is daar ‘n groot oop instapstort. Ons gaan sit by die koffietafel en ek merk die ysbak vol biere.
Tilde en Luna bied vir my ‘n bier aan en wil weet waarvandaan ek is. Beide se Engels is goed en hulle lag toe ek sê dis my eerste keer. Hulle wil weet of ek enige voorkeure of afkeure het. Ek meld dat ek net water sal ontvang van my maag af ondertoe. Hulle lag uitbundig en Tilde kom sit speel-speel op my knie. “Don’t worry, we’re not into extreme sport. We’ll just have some fun”. Met dit soen sy my vol op die mond en nooi vir Luna om dieselfde te doen. Sy kom nader ek kom staan teen my en kyk eers vir Tilde in die oë, voor sy haar oopmond soen en die twee se tonge ontmoet en vladder buite hul mond teen mekaar. Ek voel ‘n drukking in my broek ontwikkel, met die twee meisies wie so naby my mekaar liefkoos.
Luna soen my hard, diep en nat en lei my aan die hand na die oop stort. Tilda het reeds haar sandale uitgeskop en trippel agterna. By die stort kom druk beide hulself teen my. Die een voor en die ander agter my. Hulle trek my klere uit tot ons aldrie naak is. Terwyl Tilde die stortkrane opmaak sodat al drie stortkoppe saggies water uitspuit, hurk Luna voor my een en begin suig en lek aan my klipharde manlikheid. Sy speel met haar tong om my nat kop, op en af teen my skag en suig dan om die beurt my testikels in haar mond.
Ek word onder die stort ingelei en ons staan dat die water oor ons koppe en lywe loop. Die hele tyd vryf en liefkoos ons mekaar soos ou verliefdes. Die volgende oomblik draai Luna die krane toe. Die plek word stil behalwe vir die water van ons lywe en stortkoppe wat dripgeluide op die vloer maak. Sonder seremonie neem Luna hande-vier-voet plaas op die stortvloer en Tilde buk oor en trek haar boude oop, sodat haar klein ronde kringspier en kwakertjie pienk wys. Sy nooi my uit om oor daai pragtige spleet te piepie. Ek staan terug en druk my stywe voël so ver af as wat ek kan en begin spuit ‘n sterk, vuurwarm straal oor haar poesie en anus. Sy giggel saggies, kyk oor haar skouer en sê ek moet ‘n bietjie oor haar boude ook sprei. Elke nou en dan hou Tilde haar hand voor die straal en piets dan haar maat liggies op beide boude. Die lus borrel in my lende en ek voel hoe my hart harder klop in my borskas.
Tilde beveel my om te stop en gaan sit gekruisde bene op die vloer. Luna staan op en plaas haarself wydsbeen oor haar skouer met haar hande op haar heupe. Sy laat loop ‘n dik goue straal deur haar koeklippies oor Tilde se skouer en borste. Ek voel bedwelmd van jagsheid en staan nader en stamp byna my ereksie in haar mond. Beide meisies koer soos duifies van plesier. Tilde trek my af en druk my plat op my rug, terug op die stortvloer. Sy kom hurk oor my, kyk af na haar snuifie en begin piepie. Ek lig my bolyf en rus op my elmboë en lê en kyk verwonderd hoe die straaltjie water uit haar loop. Die warm gevoel oor my ereksie en middellyf laat my honger na harde seks. Ek wil haar naam skree en met alle geweld penetreer tot ek by haar mond uitkom. Sy stop skielik, stamp haarself oor my tot teen my lyf en begin ry. Oor haar skouer sien ek hoe Luna terugstaan. Sy trek haar koekie met twee vingers oop en spuit ‘n waterstraal met ‘n boog tot op Tilde se rug, boude en ons nat seks.
‘n Ongekende aardse lus bruis deur my en ek laat gaan myself totaal. Ek voel asof die lewe uit my spuit, soos ek klimaks in Tilde se klemmende heerlikheid. My hartklop slaan met hammerslae in my bors, terwyl ek kyk hoe sy aanhou met pomp en my sout met die water meng by die opening van haar nat spleet. Dofweg hoor en voel ek weer die stortwater en die twee meisies help my op my voete. Ons staan onder die water en seep mekaar af, sonder enige verdere gesprek.
Ek stap uit in die naglug, kruis die straat en gaan in by die eerste beskikbare kroeg. Die eerste glas dubbel Jack Daniels bewe liggies in my hand. Ek voel hoe brand die vuurwater al die pad na my maag en reik na die tweede glas. Die kroegman sit diskreet ‘n poskaart voor my neer en knipoog vir my. Ek bestel my derde Jack Daniels in soveel minute. Bo aan die poskaart staan “Golden showers. We’ll make your fantasy reality”. Onder is ‘n foto van twee meisies geklee in kantoordrag. Ek erken hulle as Tilde en Luna. Ek betaal die kroegman vir die drankies. Sit die vol glas whiskey op die poskaart neer en stap by die kroeg uit.
3 COMMENTS
Saffie, baie goed geskryf. Dit gee mens ‘n goeie prentjie van wat watersport in seksuele verband is. Verder, dis altyd baie interessant om te sien hoe ‘n mens se natuurlike instink is om die randgebiede van seks te eksploreer – hoe jou smaak in ‘n sekere rigting kan ontwikkel en dan later weer weg daarvan te beweeg. En, wat ook opval, is hoe die mate van finesse waarmee “alternatiewe” seks beoefen word, jou aangetrokke daartoe kan maak. ‘n Suggestiewe woordjie hier en daar, met ‘n bietjie humor tussenin, doen soms baie meer om jou lussnare te tokkel, eerder as blatante voorstelle.
Ek vind ook jou titel, met die “s” in hakies agteraan, insiggewend en demonstrerend van die rede waarom die woorde “sport” en “sports” verskillende betekenisse het. Mens praat mos van sport (soos sokker) en wanneer jy van meer as een sport praat, sê jy “sportsoorte”. Daarenteen beteken “sports” pret en het niks met sport te doen nie. So, in jou geval kom daarop neer dat jy met die watersport lekker sports gehad het!
Skryf nog oor jou ander ervarings; ons geniet dit!
Dankie vir jou baie opbouende kommentaar Lusman. Waardeer!
Dis nou ‘n interessante avontuur. Nie my koppie tee nie, maar….