Wat maak ‘n sexy vrou sexy? Kombiekiehier se top…
Selfs al leef ons in die tyd van die bevryde vrou, wil vroue steeds be-vry word. Ten spyte van die feit dat alle seksuele voorkeure en tipes seksualiteit sonder skroom of oordeel uitgeleef (behoort te) word, is dit maar steeds vir mans wat die meeste vroue wil lok.
Elke dag koop vroue tydskrifte wat hulle vertel wat mans nou eintlik wil hê. Elke dag koop hulle miljoene rande se klere en reuke en onderklere en naeljobs, want dis wat die ads sê.
Nou is dit Kombiekiehier se beurt om te vertel wat mans begeerlik vind. En miskien sal ons lysie jou verbaas.
1. Eerlikheid
Mans hou daarvan as ‘n vrou is wie sy is. Ons bedoel nie met eerlikheid dat jy nooit moet jok nie. Ons bedoel nie eens dat jy nie mag speel nie. (Waarom ander sou ons vir julle kinky plekke vir seks voorgestel het? 😉 ) Wat ons wel bedoel is dat hulle van “real” hou. So baie mense leef twee lewens – een vir die image en een wat die ware jy is. Gee vir hulle die ware jy – dis wie hulle wil leer ken. Dis so uitsonderlik om so iemand te ontdek dat dit soos ‘n vars briesie in hulle lewens is.
2. Boobs
Mans hou van tieties. Selfs boude en bene manne hou van boobs. 😉 Moenie jou beautiful borste wegsteek omdat dunliptannies skeef vir jou lae hals kyk in die Pick & Pay nie. Moenie bang wees om jou borste met sexy bra’s (dalk wat dit oplig), lae halse en figure-hugging klere ten toon te stel nie. Geniet dit dat mans dit bewonder.
3. Vreesloos
Hierdie punt sluit by die vorige ene aan. If you’ve got it, flaunt it. Te hel met wat in die mode is of wat Emsie Schoeman of jou ma se ma se ma gesê het vroue moet dra of nie dra nie. As jou bene ‘n kompetisie kan wen, wys hulle. As jou boude die mans laat drool, dra daai stywe Jeans. (Maak net seker dit wat jy wys is wel bates. 😉 )
4. Selfvertroue
Nog ‘n punt oor voorkoms, want voorkoms is meestal die eerste rede vir begeerte. Moenie jou klere heeltyd regtrek of toetrek nie. Soms sal jy selfvertroue moet fake totdat jy dit make. Veral as jy voorheen nie jou sexygeid 😉 uitgeleef het nie. As jy besluit het om die sexy toppie te dra, moet jy vasbyt met hom – die positiewe reaksies sal jou selfvertroue bou totdat jy eendag nie kan glo dat jy ooit skaam was om jou cleavage te wys nie. Mans hou van vroue wat gemaklik is met hulle eie lywe en seksualiteit.
5. Hare
Mans hou van lang hare. Dit beteken glad nie dat hulle nie vroue met kort hare sexy kan vind nie, maar studies wys dat mans steeds lang hare verkies.
6. Lewenslus
Sê ja meer as wat jy nee sê. Vir die koffie-uitnodiging, die drankie, die nuwe gereg wat hy wil hê jy moet proe, die draai agterop die bike, die roomys, die dans, die soen, die hand op ‘n ongeoorloofde plek, die kinky seksposisie, elke nuwe ervaring. Ja is sexy.
7. Humorsin
Lag baie. Want die lewe is eintlik opwindend, veral as jy dit deel met ‘n man wat jou begeer. Lag is hot – julle weet mos. 😉
8. Intelligensie
Weet dinge. Lees. Intelligensie is sexy vir mans. Mans wat hou van dom en oningeligte vroue is nie regtig die tipe wat jy wil hê nie, is dit? Slim mans hou van slim vroue omdat hulle nie vervelig word na die eerste uur van die kuier nie.
9. Sensualiteit
Mans hou van sensuele vroue. Wees ‘n sensuele wese. Laat jou sintuie jou verlei voor jy hom verlei. Begeerlike vroue leef intiem met hulle omgewing. Hulle ruik, proe, voel en hoor die lewe. Alles word ‘n sintuiglike ervaring vir so ‘n vrou – dis asof sy liefde maak met die wêreld om haar en dis een van die geskenke wat sy vir die man aan haar sy gee.
10. ‘n Hart
Nog een van daardie dinge wat jou ma se ma se ma vir jou geleer het, was dat jy moet luister as ‘n man met jou praat en moet belangstel. Daardie lessie word vandag as uncool en seksisties beskou. Daar is egter so ‘n bietjie waarheid daarin as jy verby die outydse idee daaragter kyk. Waarom sal jy saam met iemand wil wees – al is dit net vir koffie – as jy nie in sy doen en late, bekommernisse en vreugdes belangstel nie? (Die teendeel kan vir hom ook gevra word.) Speletjies en taktieke wanneer dit by verhoudings kom is so last century. Begeerte skep begeerte. Sê vir hom as jy in sy sagte oë verdrink, van sy voorarms hou of hy jou laat lag. Want is om begeer te word nie wat ons almal eintlik begeer nie?
(Voel vry om by hierdie lysie te voeg. 🙂 Enige kommentare is altyd welkom. 🙂
2 COMMENTS
Hugo is reg, alles is goed uitgelê. Ek wil egter stuiwer in die aambeurs gooi : Kommunikasie. Seker die belangrikste, om al die bogemoemde te dek. Hoe beter julle ‘ kliek ‘ hoe meer val al bg. in plek.
Laastens, vir my persoonlik, is ‘n vrou wat verbaal is in die bed en met seks. sy moet skree as sy wil, huil as sy wil, lag, gesels, komplimenteer, kritiseer…dan sement die verhouding.
Wow! Mooi saamgevat. Maar ek dink ool kort hare kan BAIE seksie wees?