Reunie (1)

deur Bobcat

My hart klop in my keel terwyl ek die swaar deur van die hotelkamer stadig oopstoot. Ten spyte van die koue buite is my hande effens klam. Die lig binne in die smaakvolle gemeubileerde kamer is effens verdof, maar ek kan die kuiltjies op haar wange eien. Die reuk van Jessie se sagte parfuum hang in die lug. Sy sit op die bed met haar hande wat haar agter haar rug stut, die een been oor die ander gevou. My oë dwaal oor haar liggaam, vanaf haar skoen, haar mooi bene, die kort rompie en die bloes wat haar kurwes sagkens beklemtoon. Die duur juwele om haar nek laat my vir ‘n oomblik aarsel terwyl ek dink dat sy soos ‘n bedorwe brokkie lyk, maar sodra my oë haar grys oë ontmoet verskiet laasgenoemde gedagte. Haar oë vonkel stout n en haar kort swart hare met die sonstrepies glinster in die swak lig.

Ons was saam op skool van laerskooldae af. Albei ‘n bietjie vaal en “late bloomers.” So twee maande gelede in mekaar vasgeloop by die begrafnis van ‘n ou skoolvriend. Sy het liggaamlik baie verander. Vrou geword. Al my verwagtinge oortref.

Sy steek haar goed versorgde hande na my toe uit en nooi my om langs haar te kom sit. Ek stotter toe ek vra hoe dit met haar gaan, maar sy glimlag net en druk haar wysvinger teen my lippe.

“Daar is baie tyd om te gesels vanaand, maar jy gaan my eers toelaat om te doen wat ek meer as dertig jaar terug al moes gedoen het,” sê sy. Skielik voel ek bang en onseker. Ek dink ek weet wat gaan kom. Ek weet nie of ek reg is daarvoor nie. My gewete. Ons is albei getroud.

Sy staan stadig op, druk met haar bene my kniekoppe wyd uitmekaar en sê ek moet my oë toemaak. Saggies tel sy my hande op en plaas hulle op haar heupe. Ek voel hoe sy tussen my bene instap, my met haar hande op my rug teen haar borste vastrek.

“Luister,” fluister sy vir my. Ek weet vir n oomblik nie of dit my eie hartklop in my ore is en of dit hare is wat ek hoor nie. “Hy klop na al die jare steeds vinniger as ek jou sien,” fluister sy weer. Ek maak my oë oop en wil iets sê, maar haar oë smeek dat ek nie moet antwoord nie.

Sagkens vat sy my gesig tussen haar hande vas en trek my effe nader. Haar lippe raak aan myne en elektrisiteit vlieg deur my hele lyf. My hart voel of hy in my borskas gaan ontplof. Haar lippe voel onbeskryflik sag en klam en warm. Sy terg my liggies met haar tong en terwyl sy my soen druk sy my agteroor op my rug en gaan lê half skuins oor my. Haar een bors druk teen myne en ek kan die hitte en sagtheid daarvan deur haar klere voel. Die smaak van haar mond, die luimerende soen en die hitte van haar liggaam teen myne gee my die vinnigste en hardste ereksie wat ek in ‘n lang tyd gehad het.

Op daardie oomblik is daar ‘n klop aan die deur. Ek skrik so groot dat ek haar amper van my afgooi.

“Dis net kamerdiens,” sê sy terwyl sy haar klere regtrek en deurtoe stap.

“Waarin het ek my begewe?” dink ek. Ek voel meteens baie onselfversekerd. Waar is haar man?” Wonder ek.

Sy kom teruggestap van die deur af met ‘n bottle vonkelwyn in ‘n ysemmer. Sy frons terwyl sy vra of alles reg is, maar voordat ek kan antwoord lê ek weer op my rug met haar bo-op my. Die keer is haar soen meer intens en intiem terwyl sy my hande bokant my kop teen die bed vasdruk. Haar inisiatief vang my effens onkant toe haar hand myne los en sy met haar plathand oor my manlikheid begin vryf.

“Jy moet my vergewe, maar dertig jaar is n laaang tyd,” sê sy terwyl sy weer opstaan en na die kamerdeur stap, die “do not disturb” bordjie afhaal, die deur oopmaak en die bordjie buite ophang.

“Skink asseblief vir ons vonkelwyn,” së-vra sy oor haar skouer terwyl sy sagte musiek aansit en haar skoene uittrek. “As ek iets doen wat jou aanstoot gee of as jy eerder nie hier wil wees nie, moet jy asseblief nou vir my sê,” sê-vra sy weer met ‘n knipoog terwyl ek haar glasie vir haar aangee.

Terwyl ek ‘n slukkie neem begin sy haar bloes stadig losknoop en ek verstik amper toe haar borste in die mooiste wit kant-bra hulle opwagting maak. My mond raak droog terwyl sy my hemp losmaak en haar hande stadig oor my borskas stoot.

“Weet jy hoe baie het ek al daarvan gedroom om jou te verlei, jou liggaam sentimeter vir sentimeter te ontdek,” vra sy. “Let’s get nipple to nipple,” lag sy terwyl sy my nader trek en begin soen. My een hand vroetel onbehendig agter haar rug en ek voel midde ons soen hoe sy glimlag. Haar hande gaan tussen ons in en haar bra val op die grond. Ek verbreek ons soen en staar na Jessie se ferm tiete. Sy tel my een hand op en plaas dit op haar bors. “Hoop nie jy is teleurgesteld nie?” vra sy. My mond is droog en ek sukkel om te praat toe sy haar rompie laat val. Deur haar wit kant broekie kan ek duidelik die donker van haar koekhaartjies sien. Ek voel hoe ek bloos, my hartklop versnel en my ereksie voel of hy gaan bars.

Toe sy weer haar naakte bo-lyf teen myne druk, begin ek liggies bewe. Haar hande vroetel met my lyfband terwyl sy my in die oë kyk. Ek soen haar met alles wat in my is, al die verlang na haar, al die alleen wees in ‘n huwelik die afgelope paar jaar, al die begeer na begeerte, al die wellus en selfs al die pyn. Toe die soen eindig is ons albei kaal.

Ek tel haar op en sit haar saggies op die bed neer, tel haar bene op en sak op my knieë. Ek sit haar bene op my skouers en begrawe my gesig in haar skoot. Jessie se koekie is mooi kaalgeskeer met ‘n stewige, maar goed versorgde strook koekhare bokant die genotgrot. Haar klitorus is opgehewe en sy kry rillings elke keer as my tong daaroor beweeg. Ek lek en suig hom afwisselend terwyl ek elke nou en dan my tong tussen haar geswelde nat skaamlippies deurtrek en selfs effe indruk. Haar smaak dryf my tot raserny. My hande dwaal oor haar maag en borste. Jessie se vingers speel deur my hare en haar onderlyf begin kriewel. “Maak liefde met my asseblief,” kerm sy terwyl sy my bo op haar trek.

“Kondoom?” vra ek, maar sy het reeds my genotstok tussen haar nat lippies en oor haar kclitorus begin trek. Aan die geluidjies wat uit haar keel ontsnap en haar omgedopte oë lei ek af dat sy gereed is. Ek begin haar nek soen terwyl ek my onderlyf effe hoër optel. Toe sy weer my voël van bo af oor haar klit en deur die skaamlippies trek, laat ek my lyf sak en krom my rug. My voël druk met mening vorentoe en ek kan voel hoe ek in haar warm nat genotgrot wegsak.

Sy snak na haar asem en ek vra om verskoning. Haar lippe soek myne op en ek begin haar ry. Met elke indruk lig sy haar boude totdat ons in ‘n hemelse ritme vasval. Haar borste staan stokstyf teen my bors. Ek soen haar mond en haar nek en my lippe soek na daardie sexy plekkie reg onder haar oor. Vir n oomblik verloor ek my ritme ….

“Naai my hard en diep,” soebat sy en ek wonder of ek mans genoeg is vir haar. Die volgende oomblik voel ek hoe sy haar asem ophou, begin ril en toe verstyf haar hele liggaam. Sy kreun en kerm en ek wou nog vra of sy “Okay” is toe haar hele koek saamtrek en elke opgegaarde druppel sperm uit my liggaam in haar inspuit. Uiterste genot, pyn, euforie en verligting spoel terselfdertyd deur my liggaam.

“Moenie uittrek nie,” beveel sy, “lê net so bietjie by my. Ek wil jou voel slap word in my.”

Fok ek gaan nooit weer slap word nie, dink ek en glimlag. Haar grys oë is ondersoekend en sy vra: “waaroor lag jy?”

“Ek moet bieg Jess; ek het nie gedink jy gaan so sexy en hot wees as jy groot is nie,” lieg ek.

“Waar was jy my hele volwasse lewe? Hoekom het jy nie kontak gehou nie? Ek was al van laerskool af verlief en lief vir jou,” vra en bieg sy.

Haar woorde skok my, maar ek weet in my binneste dat ons beide op skool al moes besef het dat ons pasmaats, beste maats en selfs later bedmaats sou word.

“Lê net bietjie by my,” vra sy. “Hou my vas …”

Volg Kombiekiehier op sosiale media:

5 thoughts on “Reunie (1)

  • October 17, 2016 at 3:29 pm
    Permalink

    Magies. Wat n lekker storie. Dankie dis tops

    Reply
  • October 13, 2016 at 7:39 pm
    Permalink

    Sjoe,ek het dit nou geniet. Laat my verlang na n meisie wat ek op skool laas gesien het en met alles in my begeer het.

    Reply
  • October 13, 2016 at 1:20 pm
    Permalink

    Sjoe, klink heerlik!
    Het gevoel of ek self daár is!

    Reply
  • October 13, 2016 at 9:32 am
    Permalink

    Shit, een van die beste stories wat ek nog op ons werf gelees het !
    Dankie Bobcat !

    Reply

Leave a Reply

Your email address will not be published.

error: Kontak ons as jy iets van Kombiekiehier wil hou vir jouself. ;)