Poplap help haarself op Verneukpan
deur Annie Kekkelbek
Een van my boyfriends het dreadlocks en toutjies om sy polse en enkels en oë blouer as die lug bo die pan waarop ons kaalgat loop. Verneukpan, waar ons een nag op pad na AfrikaBurn toe slaap is ‘n plaat rooi sand … groot en so plat soos ‘n … wel, pan. Jy het nog nooit so-iets gesien nie, dolll. Vandat ons van die teerpad afgedraai het, is ons in een of ander twilight zone.
Dorick, (jip, dis die naam van my wit boesman met die abs wat my bene jellie maak) se Jeep het die grondpad opgevreet, maar my leeuvel-tiertert bootse het nie die klippe gelike waaroor hulle by elke plaashek moes klim nie. Toe ons uiteindelik by oom Giel se huis kom, het kunsleer-velle soos vlermuise teen die skoene se hakke gewapper. Daardie hakke het op die skoon teëls van die kombuisvloer getik-tik-tik terwyl Dorick en die oom lyrical gewax het oor al die landspoedrekords wat mense al op Verneukpan opgestel het. (Dorick is die meeste van die tyd op ‘n plak omdat hy meeste van die tyd aan ‘n zol suig – my voet-tap is een van die maniere waarop ek hom herinner dat tyd in my wêreld anders as tyd in sy wêreld loop.) Oom Giel is die eienaar van die plaas waarop die droogste en platste deel van Verneukpan is en ons moes die sleutel van die laaste hek by hom kom haal. ‘ n Bak vol boerevrugte in die middel van die kombuistafel het ‘n stillewe probeer na-aap, maar die vlieë het ander plannetjies vir die toneel gehad. Hulle, die vet wit Labrador, so ‘n klein skerp hondjie en oom Giel is die lewe van hierdie werf.
Agter oom Giel se stal lê die stukke van die voertuig waarin Johan Jacobs so paar jaar gelede gecrash het toe hy probeer het om 500 km per uur te jaag. Dis so sad storie. Oom Giel sê sy bloed het twee jaar later nog op die pan gelê. My bootse het ophou tik toe ek voor die wrak gestaan het. Ek het gedink aan hoe erg dit vir sy mense moes wees om te kyk hoe dit gebeur en gewonder of hy op die pan spook, maar toe lag Dorick vir my en sê hy sal vir my wys hoe spook mens op die pan en toe voel ek weer bietjie beter.
Die pan is awesome! Ons twee was heeltemal alleen in die middel van kilometers en kilometers niks. Dit het my sommer dadelik somehow tergelykertyd diep en vlak laat voel. Ek wil hê Dorick moet daai diep spirituele goed om die vuur met my gesels wat my laat klein voel in die universe en laat groot voel in myself. Maar ek wil hom ook in die middel van die pan gaan naai – en somehow het ons toe besluit om eers die tweede opsie te doen.
Die son het bloedrooi begin sak terwyl ek die Verneukpan-striptease vir Dorick gedoen het. Ons het ons tent gepitch en toe pitch ek my plan in die hoop dat ek hom kon laat pitch.
Elke honderd meter wat ons in die pan in gestap het moes ons iets strip. Dorick het wyd gesmile. Om dinge af te skop het ek sommer my t-shirt aan die tent se paal gehaak. My hippy boyfriend het my hand gevat en begin stap.
My short en sy t-shirt los ons op ‘n hopie honderd meter van die tent af. Ek is nou net in my matching leopardskin bra, panties en bootse. Jip, dit lyk hondsexy en ek het dit so beplan. As Dorick dit like gaan dit my AfrikaBurn outfit wees.
Dorick like dit. Sommer baie. Ek kan dit sien wanneer hy sy cargo pants by die tweehonderd-meter merk uittrek. Die horison is nou pienk en sy schlong lyk massive in sy skaduwee. Ek wil hom nóú hê. Nóú. Wil sommer die volgende honderd meter hardloop. Maar ek ken van lusmaak – so ek maak my eie silhoëet teen die grond. Ek trek my bra dramaties-stadig uit en laat val dit op sy broek. Nou is dit Dorick wat wil hol na die volgende merk toe.
Driehonderd meter van ons kamp af staan ‘n klok wat op ‘n paal gemount is. Dis blykbaar deur een of ander filmspan gebruik om mense te roep wanneer dit etenstyd is.
Dis amper etenstyd. Vir my.
Dorick is ook honger. Hy sê ek is soos daai boerevrugte op oom Giel se tafel – onperfek, maar ryp en sappig en amper af.
Ek is nie seker of ek van al daai byvoeglike naamwoorde hou nie, maar ek gee nie om nie, want Dorick is nou kaalgat.
Ek ook. Behalwe vir my bootse wat baie sexyer in die nou-amper-donker lyk as in die lig.
Ek swaai my gat vir my lang-haar man en stroll verder die pan in. Elke nou en dan gryp-gryp sy hande aan my heupe, maar ek glip weer uit al wil my lyf by hulle bly. Ek weet waar ek wil hê hy my moet vat. Net daar voor op die baan waar al daai mans met die baie testosteroon hulle spoedrekords probeer breek het.
Dis nou basies donker. Ek weet my ass lyk al witter in die donker. Dit word ook kouer, maar ons hormone help nog vir daai probleem. Voor my is ‘n ry paaltjies wat wys dat ons ons bestemming bereik het.
Spore van karre en motorfietse en gewone fietse is selfs in die donker duidelik.
Dorick se hande is op my lyf en in my hare en sy paling druk teen my boud. Hy gaan my doggystyle net hier in die spore en dis so flippen sexy en hy druk homself teen my en ek sak handeviervoet voor hom neer en dan hoor ons dit …
Bikes. Baie.
Net daar waar die son gesak het en waar die laaste hek voor die kampeerplek is, kom ‘n slang ligte oor die horison. Ons kan duidelik die gebrul oor die pan hoor en ons tel hulle een vir een deur die hek ry. Nege. Terwyl Dorick se hard teen my koudwordende boud verlep ry hulle tot langs ons tent waar die kamp se hoë lig dit maklik maak om te sien hoe hulle reg langs ons plek begin afpak.
Ons. Is. In. Die. Poef.
Die pan tussen ons en daai lig oor die kamp is nou pikdonker. Daar is geen manier waarop ons ons klere gaan kry nie. My plan was dat ons dit môre kon gaan soek.
Tussen my en my kleretas is nege bikers.
Dorick sê hy het ‘n plan. Ons loop tot net buite die ligkring en dan wag ek daar en dan sal hy vir my klere gaan haal en uitbring.
Ek dink dis ‘n kief idee. Want my nipples se styf is nie meer van lus nie, dis van koud. En my hoendervleis is nie meer van lekkerkry nie, dis van bibber.
Hoe flippen ver het ons verby die klok geloop? En hoekom kan ons nie eens die klok in die donker kry nie? Dit moet tog tussen ons en die pad lê. Skielik is die grond ongelyk en sak my hakke elke derde treë in dryfsand weg.
Voor ons het die manne al biere begin knak en ‘n vuur begin bou, maar Dorick se hand om myne is al warm in my wêreld.
En dan kom ons by die lig se rand. Hy sê dit sal dalk beter wees as ek plat lê omdat hy nie seker is hoe ver mens regtig kan sien nie. My tiertert bootse gly in die los sand as ek plat op my maag gaan lê. En dan is Dorick weg.
Ek hou hom dop terwyl hy wegstap. Hy is regtig ‘n perfekte stukkie mansvleis. Met die ligte wat van voor af op hom skyn kan ek hom lekker uitcheck. Breë skouers wat ‘n v-lyn na smallerige heupe toe maak. Sy glorious meneer wat elke nou en dan deur sy bene sigbaar is en dan daai boude wat so styf is dat net honde hoor as hy poep. Beautiful.
My boyfriend se lyf maak my so vogtig dat ek vir ‘n oomblik wonder of iets gaan groei waar my vruggie die woestyn natdrup.
Hy is nou by ons tent en die bikers sien hom. Ek hoor hom iets sê en dan lag almal. Almal staan nader. Hy staan soos die hippy wat hy is net so kaalgat daar tussen hulle, maar naby die vuur. Die lug is nou yskoud op my boude. Ek hoor iets so entjie van my af skarrel en knyp my bene stywer teen mekaar vas. Skielik voel ek my kaalheid teen die pan se vuil grond. Is hier skerpioene? Sal hulle in mensgaatjies inkruip?
As ek weer na die ligkring kyk is Dorick nog steeds besig om te gesels. Hy het nou ‘n bier of iets in sy hand. Hy het my vergeet! Blêrrie daggakop!
Ek sal myself moet red.
Ek begin leopard-crawl. Wanneer ek met my luiperdvel bootse vastrap om myself vorentoe te stoot breek die ironie my amper. Dorick lag weer daar voor in die ligkring terwyl my tieties ‘n stofpan-skuur kry. Die vuur gooi ligtonge oor sy stywe ass terwyl ek dankbaar is dat ek nie pubes het wat aan die stokkies waaroor ek skuur kan vashaak nie. Ek is seker dertig meter van hulle af wanneer hy nog ‘n bier vat en ek my moer solidly strip.
Ek staan op. My lyf is vaal van die stof, my bootse is gehawend en my kwakkie kla oor sy vyftig meter ver intiem met die moerse pan kennis gemaak het. Verneukpan inderdaad. Van lus tot livid in ten easy steps.
Ek skud my hare en trek my skouers regop. Ek kan nou sien waar ek loop. Ek strompel nie nader nie. Ek loop en swaai my gat tot reg langs Dorick. Die bikers sien my so een na die ander en ek lê die laaste paar treë in doodse stilte af. Dit maak dat ek mooi kan hoor wannneer hy skielik onthou hy moes my kom red. Ek is reg by hom wanneer hy omswaai om presies dit te gaan doen.
En dan vat ek die bier uit sy versteende hand uit en down dit in twee slukke voor ek in dieselfde stilte reg deur die middel van die party tent toe loop. En so red ek myself op Verneukpan. Once.
2 COMMENTS
ekt het nou myseld amper nat gepiepie soos ek gelag het…
ek gaan in Julie verneukpan toe..ek gaan jou spore soek…
🙂 🙂 geniet dit Janine. Dis onbeskryflik mooi en spesiaal. 🙂