Poplap doen dit Greek style.
deur Annie Kekkelbek
“Ek weet jy like nie van bloed en derms nie,” het my boyfriend vir my gesê, “maar hierdie is cool violence, amper soos Tarantino movies. En dit lyk nie real nie, jy sal sien.”
So nou sit ek hier in die fliek en luister hoe hy popcorn kou terwyl ek aan my rooi Slush-puppy suig. Ons wag vir “300 – Rise of an Empire” om te begin.
“Jy tune mos van geskiedenis en mites en al daai crap.” ‘n Klein stukkie popcorn tref my wang wanneer hy dit in my oor fluister. “Jy sal sien, hierna weet jy sommer alles van die Grieke af.”
Ek smile in die donker en skuif so bietjie dieper onder sy arm in. Hy is my tawwe boyfriend. Hy is nie die diep ou wat vir my romantiese songs met allerhande hidden meanings stuur nie. Hy is die een wat my op sy skouers tel by The Boss se konsert. Dis daarom nogal weird om hom te hoor praat oor geskiedenis en mites. Dis cute. So ek soen hom so bietjie in sy nek, net so onder sy oor. En ek gly my hand so stilletjies oor sy bo-been. Maar hy voel niks. Sy kakebeen beweeg nie eens meer nie. Hy het in ‘n soutpilaar verander – want die fliek het begin.
Die skerm is dadelik vol bloed en kaal mans. Ok, nie heeltemal kaal nie, maar kaal genoeg. Goddelike kaal mans. En dadelik het ek ‘n moerse probleem, want ek weet nie of ek moet kyk of wegkyk nie. Ek probeer daai vingers-trick van my – daai ene waar mens net so deur hulle loer – maar dan kan ek nie die lywe ordentlik sien nie.
“Dis net tamatiesous, dis net tamatiesous” sê ek vir myself wanneer die gespierde Griek die gespierde slaaf oor sy beautiful gespierde skouers slaan sodat hy vinniger kan roei. “Dis net make-up” onthou ek wanneer ek kyk hoe die held se voorarmspiere beweeg terwyl hy sy vyand se been met sy swaard afkap. “Dis speel-speel” herhaal ek wanneer die maagspiere van die blonde poet-soldaat blokkies maak net voor dit oopgeklief word.
Die fliek lyk soos ‘n painting. Die tonele is dramaties met woeste storms wat klein bootjies rondgooi, kaalkop konings, groot mane, pyle wat myle trek, donker wolke en mal- dapper mans.
Ek word heeltyd in twee rigtings getrek. Die een is bloed en geweld en die ander is amper iets sexy.
Maar dis nie die sexy van teenoorgesteldes nie. Dis nie sag teen hard of swak teen sterk nie. Hierdie is staal teen staal.
Ek gly my klein hand in my boyfriend se groot hand en koes vir ‘n spies wat uit die skerm op my afpyl.
Dis asof ek van daai krans af in ‘n see van geweld en manlikheid gestamp is en dit turn my on terwyl dit my naar maak.
Die hele fliek is so. Dis ‘n orgie van testosteroon. Selfs die twee vroue daarin het meer testosteroon in hulle onderskeie pinkies as wat Bobby van Jaarsveld in sy hele lyf het.
Alles wat mans se totties styf maak is daarin. Daar is bloederige vegtonele, ‘n paar vurige speeches, patriotisme, heldedade, kaal vroue, tricks, helde, verloorders.
Die enigste emosie in die fliek is wanneer iemand se beste pel sterf, maar mens word gou getroos dat hy sterf soos hy wou sterf – vegtend op sy voete in plaas van kruipend op sy knieë.
Ding is … hierdie man-man fliek maak my lus. Baie. Want, ek love man-mans.
Die een na die ander Griek word ‘n god of sneuwel voor my oë in broekies en rompies wat sweerlik skaars kan toemaak. Ek huil vir hulle elkeen. Soveel waste. Ek kom nie eens meer agter wanneer die tamatiesous spat nie – selfs al spat dit 3D tot binne-in my oog. Ek wil met ‘n deurskynende wit Griekse rok daar tussen hulle inloop. Ek wil hulle sweet ruik en hulle krete hoor en na die fight wil ek vir hulle water aandra. Ek wil blarekranse vir hulle koppe vleg. Ek wil … Ek wil … Seks is geweld en geweld is seks. Die vrou kap ‘n man se kop af en gee hom dan ‘n oopmondsoen. Dood is seks en seks is dood.
Daar is ‘n sekstoneel in die fliek. Maar dis nie seks nie, dis … dis oorlog. Dis op die rand van nie oukei nie, maar daarom is dit baie sexy. Dis twee lywe wat mekaar wil oorwin en domineer en seks word iets anders as seks, maar dis ook die basiese dierlikheid van seks. Ek skuif nou ongemaklik op my stoel rond, want dit maak my so hot ek kan mal word.
Terwyl ek my boyfriend se onoplettende hand na my eie been toe skuif, dink ek hoe die fliek soos een van daai tradisionele danse is wat net mans aan deelneem, maar wat rou manlikheid uitbeeld. Dit is Sparta en Athene. Dis ‘n golf testosteroon en dit sit my vroulike lyf in ‘n spin en wanneer die laaste toneel op die skerm vries, wil ek genaai word. Dadelik. Hard.
Die ligte gaan aan. My boyfriend lyk of hy vir die eerste keer in twee ure onthou dat ek langs hom sit. Maar dan sien ek sy oë wanneer hy uiteindelik op my fokus. Hulle blink, amper op dieselfde manier as wat dit blink as ek daai slow dance net vir hom doen. Hy draai na my toe en sit sy tawwe arm om my skouer en sê “dit was nou ‘n befokte movie”. En ek smile terwyl my lyf begin gloei en dan vra ek my eie Griekse god om my huis toe te vat. Vir enige style.
Kliek hier vir nog inligting oor die fliek en nog perv-foto’s.
2 COMMENTS
Hahahaha! Ek het gedog Poplap het die agterdeur oopgemaak toe ek die opskrif lees.
Hehehehe. :p