Poplap doen die “Boss”
deur Annie Kekkelbek
Die weervoorspelling het gesê daar is ‘n groot kans dat dit vanaand gaan reën en daarom het ek my stywe wit t-hemp by my nog stywer rooi langbroek aangetrek. Die styf-met-die-moontlikheid-van-nat is want tieties en die rooi-en-wit is want Bruce Springsteen.
Ek trippel so vinnig as wat my hoë bootse my toelaat tot amper reg voor die stage. Gelukkig is hierdie boyfriend van my die een met die spiere – hy help my om ‘n plekkie te kry waar ek alles kan sien, net soos hy my later gaan help om by die kar te kom na ek al daai biere gedrink het. My boyfriend is baie jonger as ek. Hy weet net dat Bruce Springsteen “Born in the USA” gesing het. Ek weet meer. Ek weet van Dancing in the Dark en Fire en My Hometown en ek onthou dat ek by garageparties close-close op hierdie songs gedans het. As ek so vir die mense om my kyk het die meeste van hulle dieselfde memories oor The Boss as ek.
Dit is twee ure voor die konsert moet begin, maar skielik begin die vrou voor my soos ‘n banshee skrou. Ek skrik so groot dat ek helfte van my bier op my ou laat uitspat, maar dan sien ek wat sy sien. Die legend is besig om met ‘n kitaar in sy hand na die voorkant van die verhoog toe te loop. Hy het jeans, ‘n blokkieshemp en ‘n smile aan en ek is dadelik lam-lus-nat.
Bruce Springsteen is die sexyste man op aarde. Once. Ek is so naby aan hom dat ek wonder of hy die feromone wat uit my stroom kan ruik. Ek kyk na sy oë en mond en daai vingers wat oor die snare streel en imagine my lyf onder daai vingers … my mond onder sy … Ek wil oor die banshee voor my klim en oor daai verhoog kruip tot by sy voete … ek wil …
“Poplap!” skree my flippen boyfriend en druk ‘n nuwe bier onder my neus. Wat is dit met hom? Kan hy nie sien dis ‘n diep oomblik nie? Wanneer ek terugkyk smile Bruce vir iemand aan die anderkant van die verhoog. Ek down helfte van die glas voordat my droeë mond nie meer droog voel nie en konsentreer op sy laaste song.
Wanneer die Boss met sy stywe boudjies wegloop moet ek eers so rukkie op die grond sit. Hoe gaan my bakvissie-lam bene ‘n drie uur lange konsert oorleef? Ek en loverboy sit rug teen rug en check die ander mense uit. Al die mense lyk so normaal. Is Rock & Rollers nie supposed om af te lyk van al die musiek en drugs en slegte goed nie? Hierdie mense luister al twintig jaar lank na The Boss en ek het nog niks meer opwindend as een vrou met pienk hare en so ‘n paar ander peeps met tattoo’s gesien nie. Ek is eintlik teleurgesteld.
Links van my is ‘n vrou besig om ‘n security guard met haar boobs te probeer domineer. Sy wil iewers in waar sy moet uit en sy gebruik haar tradisionele wapens om dit reg te kry. Die guard kyk en smile en beduie en smile en kyk en sê nee. As iemand wat self dikwels my boobs gebruik kan ek nie besluit wat ek voel oor haar defeat nie.
Drie helse biere jaag my toilet toe net voor die opening act. Daar is ‘n catfight aan die gang wanneer ek agter in die ry gaan staan. Dis moerse opwindend! Een vrou se ma het ingedruk en nou is die hel los tussen die voor-ingedruktes en die dogter wat haar imbesiel ma probeer verdedig. Dis cool, want hulle is so besig met baklei dat vyf vroue verby hulle gaan sonder dat hulle agterkom. Baie vinniger as wat ek beplan het is ek weer op my plek voor die verhoog.
Dan Patlansky rape ‘n kitaar – dis al hoe mens dit kan beskryf. Hy druk sy vingers diep in haar poesie in en skeur gille uit haar uit. Hy stroop die velle van haar lyf af en wanneer hy klaar is lyk dit asof daar stoom uit haar trek. Ek sweer dis aspris ‘n double-act. Hy maak ons rou sodat die Boss ons kan kom heal – salf kan smeer aan ons wonde.
Ek druk my boobs opper en skud my hare reg en kry hartklopping wanneer Bruce Springsteen en sy hele moerse E Street Band uiteindelik die verhoog bestyg. En dan begin die mees amazing aand van my lewe. Iewers deur die drie ure show sing hy al my favourite songs. Iewers smile hy net vir my. Iewers begin dit reën en al het ek dit aspris so beplan vergeet ek dat my rooi bra deur my wit skyn vir Bruce. Want hy wen anyway die wet t-shirt kompetisie loshande. Ek huil en ek dans en ek het hoendervleis wat niks met die koue te doen het nie. Iewers in die aand hou hy sy kitaar na sy aanbidders uit en kan ek daaraan raak. Ek. Aan. Bruce. Springsteen. Se. Kitaar. En ek vergeet van tyd en van myself. En daai is ‘n moerse trick om met my, Poplap, reg te kry.