Pimm’s No.1 (2)

Hoe lank gaan ek lees: 20 minute

deur Wille Will (asook Lusman) 

Taalversorging deur Lusman

(Lees eerste episode HIER)

Francois klim uit die Uber uit en tel sy uniform, op ‘n hanger in ‘n klerepak-drasak, uit. Hy het ook sy klein toksak in die ander hand. Hy glimlag vir die drywer met ‘n kopknik.

Wanneer die voertuig wegbeweeg draai hy om en bekyk die adres. Slegs die nommer op die hoë wit omheiningsmure, met ‘n ovaal houtdeur as toegang, begroet hom. Die deur het ‘n drukknoppie van ‘n klokkie daarop. Dit lyk asof dit deel is van ‘n interkomstel. Hy sien ook ‘n videokamera hoër op teen die muur.

Hy kyk af na sy denimbroek en T-hemp met die tekkies aan sy voete … bôgger enigiemand wat verwag hy moet met sy uniform op straat verskyn! Hy druk die klokkie se knoppie en kyk op na die kamera.

“Wie is u asseblief en het u ‘n afspraak?” krap ‘n vrouestem uit die luidspreker langs die knoppie.

“Ek is Francois Jonker en ek meld aan vir diens as kroegman vir die soirée vanaand,” antwoord hy.

“Is u nie veronderstel om in u uniform geklee te wees nie?”

“Nee, dit was nie as ‘n verpligting gestipuleer nie,” sê hy ergerlik. “Kan u my nou asseblief binnelaat?”

Die klank klik af en hy hoor ‘n slot ontsluit in die deur.

Wanneer hy die houtdeur weer agter hom toestoot, kyk hy op met die geplaveide paadjie langs. Hy sien dit lei na ‘n deur op grondvlak van die indrukwekkende tweeverdiepinghuis. Daar’s welige groen plante en struike weerskante van die wandelgang. Klimop weerskante van die toegangsdeur het gewedywer watter een bereik die dak eerste. By hierdie deur is daar nie ‘n klokkie nie, net weer eens ‘n videokamera.

Die deur gaan oop en ‘n jong meisie met ‘n kort, swart uniformpie met ‘n wit kragie om die nek staan voor hom.

“Ek is Sandra … ek sal u wys waar’s die onthaalkamer en u ook vergesel na u slaapkamer vir die aand,” sê sy met ‘n aangeplakte  glimlag. Sy draai ook summier om en haar polvytjies klap op die Italiaanse vloerteëls soos sy aanstap. Hy kan dit nie verhelp om haar pragtige bene van agter te bewonder nie, asook die wulpse swaai van haar heupe.

Hy merk ‘n baie groot ingesonke sitkamer op aan sy linkerkant wat sekerlik sitplek bied vir minstens tien mense.

Sandra maak ‘n deur oop aan die regterkant en staan terug dat hy kan verbykom. Hy steek vas in die deuropening en laat sy oë vinnig deur die vertrek dwaal. ‘n Lang gedekte tafel staan sentraal in die vertrek waarby ten minste 12 mense kan aansit. Stoele van egte swarthout met hoë leunings komplementeer die tafel reg rondom. By die tafel se kant wat naaste aan die oorkantste muur is, is daar ‘n paar dienswaentjies op wiele met blink skottels daarop geposisioneer vir opdiening. Regs is ‘n gestoffeerde maroen kroegtoonbank en ‘n netjiese verskeidenheid gerangskikte glase daarop, aan die een kant. Aan die ander kant staan twee gevulde ysemmers met ystange wat oor die rande hang. ‘n Wye versameling bottels met spiritualieë vertoon op ‘n rak aan die agterkant van die toonbank.

“Dankie … e … Sandra … mag ek jou so noem? Jy weet sekerlik reeds my naam is Francois.”

Sy kyk hom meteens met ‘n meer opregte glimlaggie aan. “Ons gaan die hele nag die hoipolloi se geveinsheid en later dronkgeit moet verduur … ha-ha-ha … en hulle ge-aanlê en vatterigheid!” Sy kyk ernstig dieper in sy oë. “Ons kan dus gerus maar “kamerade in lyding” ook wees … Francois!”

Francois draai om en gee haar arm ‘n drukkie met ‘n wye glimlag: “Akkoord, wys my nou my kamer asseblief dat ek regmaak voor 7-uur – wanneer die gaste blykbaar gaan begin arriveer.”

Op die eerste vloer gaan staan sy by die tweede deur aan die linkerkant. Sy trek ‘n wit plastiekkaartjie deur ‘n gleuf by die kosyn langs die deur. Die deur swaai oop.

“Vat jou kaartjie. Wanneer jy klaar is, laat jouself in by die eerste kamer langsaan.” Sy beduie watter kant die kamer is. “Dis my kamer en jy kan daar vir my wag voor ons saam afgaan ondertoe. Ek wil net gou weer stort en ‘n vars uniform aantrek voor die lang nag begin.”

Francois knik net met sy hoof en betreë sy kamer terwyl Sandra buite sig verdwyn. Hy voel nog vars en in ‘n japtrap het hy van klere verwissel – in sy uniform in en sonder om weer te stort. Hy druk op die bed asof hy die sagtheid of veerkrag toets. Dan loer hy gou in die spieël of hy nog netjies voorkom.

Hy stap uit sy kamer uit en kyk op en af in die gang voordat hy die deur agter hom toetrek. Hy neem die paar treë tot by Sandra se deur en skuif die wit kaartjie amper huiwerig deur die gleufie. Die deur klik saggies oop. Die vertrek is identies aan syne behalwe dat die een kasdeur oopgeswaai staan.

Hy neem sommer plaas op die bed want ‘n oop tas lê op die enigste stoel. Hy kyk weer na die kasdeur toe. Dis asof ‘n beweging daar sy aandag getrek het. Dan trek hy sy asem vinnig in! ‘n Vollengtespieël aan die binnekant van die oop deur reflekteer ‘n uitsig op die badkamer, wat net om die hoek van die slaapkamer is. Beide die badkamer- en die stortdeur daarbinne is wawyd oop. Hy sien Sandra in haar volle naakte glorie besig om te stort!

Francois sien hoe sy haar borste met skuimende seep was. Dan hou sy haar hande onder om die tieties, sodat die water die skuim afspoel. Haar buuste is nie baie groot nie – hy skat so plus-minus ‘n handvol elk. Maar die tepels is stokstywe bruin uitroeptekens in die middel van elk. Sy boude versit op die bed en hy besef daar onder groei ‘n lekker horing!

Haar een hand gly af oor haar maag terwyl sy weer die seep optel van die rakkie af, met die ander hand. Sy begin haar koekie inseep. Haar vrug bult uit soos ‘n koepeltjie van genot! Haar haartjies blink sopnat. Hy merk dat sy nie daar skeer nie.

Fokken mooi spleet, dink hy by homself wanneer sy haar vulva met haar een voor- en middelvinger oopvou, sodat die ander hand dit kan was. Hy verdiep homself weer in die buitengewone pienk kleur wat poesies, hare ook, tussen die binnelippe is. Menige skilder het al daardie pêrelkleur-pienk probeer vasvang op doek, maar min kon daarin slaag.

Haar vingers skuif met seepborrels op en af en vryf dan sensueel oor die klit aan die bokant. Dit staan nou uit soos ‘n klein sinjaal. Goeie bliksem! flits deur sy brein. Sy oë is groot oop met sy mond wat effe oophang. Sy meneer is nou harder as sement in sy broek en hy probeer dit afdruk van buite af.

Hy wil haar nou naai … dit kan nie anders nie …

Francois sit nog steeds op die bed toe hy sien hoe sy skielik regop kom, die stortkrane toedraai en uitgestap kom. Hy gryp vinnig sy selfoon uit sy hempsak en draai skuins weg van die spieël. Hy maak of hy intens met die foon besig is – net ingeval sy dalk sy beeld in die spieël raaksien!

Sy kom om die hoek gestap, nog steeds nakend en met ‘n neergebuigde hoof, terwyl sy met ‘n klein handdoekie haar hare droogvryf. Sy kom tot stilstand bykans reg voor hom. Soos sy die handdoek op die vloer laat val, lig sy haar kop. Haar bruin oë vergroot toe sy hom voor haar sien. Haar arms gryp wanhopig om haar lyf, bo en onder, om haar naaktheid te bedek!

Haar gesig is bloedrooi wanneer sy stamel: “Ek’t j-jou nie gehoor inkom n-nie … e-ek bedoel, e-ek’t nie g-geweet jy is al hier nie!”

Hy staan op en draai sy rug op haar. “Sorry, jy’t gesê ek moet hier binne kom wag vir jou,” gooi hy oor sy skouer. “Verkies jy dat ek eerder in die gang gaan wag?”

“Ha-ha-ha,” lag sy. “Dit is bietjie onverwags vinnig, maar as jy so bly staan sal ek vinnig iets aan my lyf kry.”

Terwyl hy so bly staan, hoor hy ‘n laai oop en toe gaan en ‘n kasdeur wat klap. Hy druk met al twee hande op die knop wat sy broek wys, om sy ereksie plat te kry.

“Reg, meneer Francois, jy kan nou maar omdraai. Ek hoop jy’t die voorreg geniet. Maar ons sal moet wikkel, anders gaan ons laat wees op ons poste daar onder.”

Hy swaai om. Hy sien sy is, terwyl sy oorleun oor die spieëltafelblad, besig om grimering aan haar gesig aan te wend. Sy’t weer die swart uniformpie aan met die wit kragie. Met die vorentoe leun ontbloot sy ook ‘n swart tanga se stringetjie wat tussen haar perfekte boude optrek. Sy kom orent en vryf haar hande ‘n paar keer deur haar hare terwyl sy haar lippe rol met die vars lipstiffie daarop.

“Hierdie hare moet maar doen vanaand, daar’s nie tyd vir beter nie,” lag sy. “Lyk ek orraait?”

Hy glimlag terug met net ‘n knik, maar merk aan die vorm van haar borste – toe sy die uniform se pofmoutjies regtrek – dat sy nie ‘n bra aangetrek het nie.

“Kom ons waai, Francois. Let the good times roll.” Sy trek hom aan sy hand by die vertrek uit en knip die deur agter hulle met ‘n klik toe.

***

Hulle haas hulle hand aan hand tot by die eetvertrek, maar los die hande toe hulle binnestap.

Die eettafel het nou twee kandelaartjies daarop waaruit kerse flikker. Agtergrondmusiek kom êrens uit luidsprekers uit en daar is ‘n ligte wierookgeur wat in die vertrek luier. Daar skyn ook lig uit van agter die skuilverligting-skanse teen die mure. ‘n Enkele kollig uit die dak verlig die kroegarea.

Riana staan reeds daar in ‘n rooi vollengte-halternekaandrok. Die rok is só nou en klewend aan elke kontoer van haar liggaam dat dit ooglopend is dat sy geen onderklere onder dit aanhet nie. Sy leun op die toonbank op haar linkerelmboog. In die hand is daar ‘n groenkleur-vog in ‘n bolglas tussen haar lang vingers met vele ringe daaraan. Die regterhand hou ‘n lang sigaretkoker vas. Die pêreltjies op die kante weerkaats in die lig. ‘n Dun rokie lispel dak toe vanuit die sigaret voorin.

“Julle sny jul tydsberekening papierdun,” sê sy sonder om te groet. Sy kyk hul om die beurt deurdringend aan en sê dan: “Sandy, kom hier.”

Wanneer Sandra voor haar staan, lig sy ‘Sandy’ se borste met haar hande opwaarts. Dan maak sy nog twee knopies by die kraag los, sodat die gleuf tussen haar borste baie prominent is. Sy druk die buuste, amper liefkosend, weer ‘n slag en staan dan effe terug. “Jy’t mooi lammers, jy moet hulle vertoon.”

Sandra kry net ‘n diep rooi kleur om haar nek, met ‘n verleë glimlag.

“Ek wil hê dat jy die mense by die voordeur ontvang en vergesel hierna toe. Francois sal die kroeg beman en ek sal die gaste verder neem van hier af.”

Francois stap dadelik om die kroeg se blad en merk alles blyk nommerpas te wees. Ys is in hul emmers met tangetjies oor die kante. Langsaan is klaargesnyde suurlemoenskyfies in twee pierings met tandestokkies langs dit. Twee glasies met rooi en groen olywe op plekmatjies en ‘n houer met mengstokkies, asook ‘n bakkie met verskeie soorte neute, rond die toneel af.

Hy merk dat Sandra blykbaar na die voordeur heen verdwyn het.

Riana kyk weer na hom en hy voel ‘n bietjie senuagtig.

“H’m-m-m …” mymer sy en stap ook agter die toonbank in. Sy buk by ‘n kasdeur en haal iets uit. “Trek jou baadjie en hemp uit asseblief.” Sy plaas twee botteltjies op die toonbank.

Francois is verstom oor haar versoek, maar trek die baadjie uit en gooi dit oor die toonbank. Terwyl hy die hemp oopknoop, vra hy: “Mag ek vra waarom?” Daar kom geen antwoord nie, terwyl hy die hemp uit die broek uit trek, dit van sy lyf af stroop en by die baadjie plaas. Hy voel ‘n hoendervleis oor sy bolyf.

“Draai na my toe.” Riana skroef die grootste bottel oop.

‘n Welriekende reuk van sandelhout-olie walm op wanneer sy ‘n milde hoeveelheid daarvan in haar een palm laat vloei. Sy vryf haar palms teen mekaar en dan begin sy met albei hande die olie oor Francois se bors aanwend.

“Ek wil jou nog sexyer laat lyk as wat jy reeds is … vir my gaste,” murmel sy terwyl sy nou sy skouers en fris boarmspiere insmeer. Haar beoliede palms gly nou oor sy gedefinieerde pecs. Skielik knyp en trek sy sy tepels. Op hierdie oomblik kyk Francois van bo af in haar laehals-halternekuitrusting in. Hy sien sproetjies op die wit stewige bolle van haar tieties. Hulle skommel liggies saam met haar aansmeeraksie.

Die erotiese blik saam met die onverwagte geknyp aan sy tepels laat Francois se liggaam ruk. Hy voel ‘n reaksie in sy penis. Haar hande gly nou oor sy sespak.

Sy kyk skielik op in sy gesig wat sentimeters van hare is. “Jou lyf is goddelik mooi vir my … soen my.” Haar hand vryf oor die ereksie in sy broek.

Sy gryp sy penis stewig vas in die broek wanneer haar lippe hartstogtelik oor syne vou.

Francois drink die sappe van Riana se mond in en speel vuriglik met sy tong in haar verhemelte. Hy leun met sy rug teen die kroegtoonbank terwyl hy sy arm om haar het.

Sy trek egter skielik haar mond weg: “Jou soen is so vurig as wat hierdie groot meneer in jou broek aandag soek.” Sy gee sy voël ‘n harde druk met haar volle hand deur die swart langbroek. Sy kyk by hom verby in die rigting van die deur om te sien of Sandra nie dalk al ingekom het nie. Francois voel verlig as sy hom weer in die gesig kyk en hy haar hand weer voel afgaan.

“Ek glo gedurende hierdie nag sal ons die kans kry tot bevrediging vir hom …” streel haar woorde Francois se sinne verder, terwyl sy die orgaan hierdie keer behendig aan sy kop met duim en voorvinger vasvat en weer ‘n drukkie gee. “En,” voeg sy by terwyl haar bekken teen syne aandruk, “bevrediging vir my ook.” Sy kyk diep in sy oë terwyl sy saaklik sê: “Ek sal jou natuurlik bykomend vergoed vir die diens.” Hy beantwoord haar blik met ‘n kopknik.

Riana draai om en tel die kleiner botteltjie van die kroegtoonbank op. Dis fyn stukkies ghlitter wat sy nou oor sy hele olie-besmeerde bolyf strooi. Sy buk weer af in die kas en kom met ‘n paar eksotiese kledingitems tevoorskyn. Sy sit hulle op die toonbank neer.

Riana vra Francois om sy arms reguit na vore uit te hou. Sy knip ‘n stywe wit mouboordjie om elke gewrig. Dan neem sy die ongeveer 5 cm breë wit, gestyselde nekboordjie op die blad en sit dit om sy nek. Sy maak dit met die knopie aan die voorkant vas. Francois loer in die spieël van die drankrak en sien die wydgespreide stywe punte staan soos die vlerkies van ‘n swaeltjie wat inkom vir ‘n landing.

Maar Riana is nie klaar nie. Want volgende tel sy die gestyselde wit bef van die toonbank op. Sy maak die stywe lappie met sy diamantknopies aan die onderkant van die nekboordjie vas. Sy staan terug en trek dit mooi reg, die V-vormige spleetjie aan die onderkant mooi in die middel van sy bors. Laastens neem Riana die maroen strikdas wat sy uit die kas gehaal het en heg dit met drukknopies aan die stywe boordjie, die maroen bandjie daarvan netjies om die volle omtrek van die kraag gespan.

Sy stap agter die toonbank uit, swaai om en kyk weer. “Staan bietjie agter die toonbank uit,” beveel Riana. Francois kom uitgestap en draai na haar.

“H’m … gecollar en getaai … en gebef – soos ‘n priester van ouds!” kom dit van Riana terwyl haar oë van die boordjie na die strikdas afsak en dan na die bef. Kleiner as ‘n baba-borslappie hang die beffie tot ‘n paar sentimeter bokant die denkbeeldige lyn tussen Francois se donker tepeltjies. In breedte neem dit minder as die helfte van die afstand tussen die tepels op. Die V-vormige spleet aan die onderkant van die bef beklemtoon die diepte van die borsnaat tussen die goed ontwikkelde pektorale spiere. Sy byna perfek simmetriese bolyf, met die nodige bultende spiere waar dit hoort, skitter en blink met die olie en die ghlitter. Sy blinkende, bultende boarmspiere rond die mouboordjies uitstekend af, dink Francois as hy vir ‘n oomblik omdraai en weer na die rakspieël loer. Elke kleinste beweging in sy bolyf is soos ‘n virtuele spieëlbeeld wat lewe kry, as hy vir die weerkaatsing in die spieël loer.

“Jy lyk asof jy van die middelblad van ‘n Playgirl-tydskrif afgestap het, Francois,” komplimenteer Riana hom – en waarskynlik ook haar eie lyfversieringsvaardighede – terwyl haar oë verder afgaan. “Jou swart uniformbroek rond alles mooi af,” sê sy terwyl haar oë strak op die lig bultende voorkant onder sy swart belt rus.

“U gasvrou staan daar by ons kroegman. Sy naam is Francois.” Sandra se stem verbreek die magiese oomblik toe sy met die hand vir die paartjie, wat sy pas ingebring het, beduie.

Die twee kom aangestap na die kroeg. Francois sien hoe Sandra met groot oë en hand oor haar mond na hom staar terwyl sy nog by die deur staan. Haar ander hand waai vraend oor haar eie bolyf en dan wys ‘n vinger na hom. Francois skud net sy kop so onvallend as moontlik heen en weer.

“Welkom Alexa … en Ruby” groet Riana die paartjie. “Kry ‘n drankie en geniet die aand!” Sy staan terug en die paartjie kom staan teen die toonbank.

Die een met die lang golwende blonde hare en potblou oë het ‘n pers laehals-aandrok aan, met globes wat bo by die rok wil uitpeul. Haar metgesel het ‘n netjies gekapte swart manshaarstyl. Hy het ‘n driestuk-aandpak aan met ‘n eenders kleurige pers kamarband van sy om sy middel. Hy skuif die baadjie oop om iets uit sy onderbaadjiesak te haal. Francois wonder nog oor die twee vrouename toe hy die rede daarvoor opmerk. Want hy sien dit wat hy gedink het ‘n man is, het vroueborste amper so groot as dié van die Dolly Parton-figuur langs hom. ‘n Lesbiese paartjie!

Terwyl hy hul bestelling gereed kry, merk hy op dat minstens nog drie paartjies gearriveer het. Daar is ook twee enkellopendes wat apart van mekaar hul gesigte wys as Sandra die deur van buite oopmaak. Almal word deur Riana, wat naby die deur gaan staan het, ontvang as Sandra hulle inbring. Op Riana se aanwysings stap hulle in die rigting van die kroeg. Almal klop by hom aan vir ‘n skemerkelkie. Hy is vir ‘n wyle druk besig, want elkeen kies ‘n mengeldrankie – so asof hulle sy vermoëns wil toets!

Uiteindelik maal en meng die groepie so ‘n paar treë van die kroeg. Dis geveinsde glimlaggies en klinkende glasies net waar jy kyk. Aan die gesigsuitdrukkings en woordjies wat hy hier en daar optel, kan Francois agterkom daar is ook geil gedagtes. Een paartjie en ‘n enkeling het intussen by die tafel gaan aansit.

Francois vee die toonbank weer skoon en droog. Met die laaste veeg merk hy, vir die eerste keer, dat Sandra aan die een eindpunt van die kroegtoonbank kom staan het. Sy leun op een elmboog en is besig om die sirkus van gesellig verkerende opgetoftes voor haar gade te slaan.

“Hei, kom staan hier binne by my tot hulle jou weer benodig,” glimlag hy vir haar as hy aan haar skouer vat vir aandag. Sy swaai om met tande wat skitter soos sy ‘n laggie gee.

“Dankie!” Sy buk onder die flap deur en gee hom ‘n piksoentjie op die wang terwyl haar een hand syne ook ‘n drukkie gee. Daar’s ‘n blos op haar wange wanneer sy weer na die gaste staar.

Sy’s eintlik flippen mooi! dink Francois by homself as hy na die silhoeët van haar gesig kyk. Hoë voorkop, netjiese wenkbroue, ‘n neusie wat effe opwip, vollerige lippe en ‘n astrante kennetjie wat ondertoe afvloei in ‘n mooi slanke hals.

Sandra voel sy magnetiese blik aan. Sy draai haar gesig na hom toe en sê dan: “Jou “Glitter & Glo“-look vat die koek!” Een hand kom weer op na haar mond toe om ‘n laggie te onderdruk en lagplooitjies vorm langs haar groot bruin-oker oë.

“Ag toe jy … ek dink Riana het ‘n spuls oomblik gehad toe sy dit aan my gedoen het!” lag hy half skaam terug. “Kom sit hier op die kroegstoeltjie, jy was nog heel aand op jou voete.”

“Julle twee moet maar elke blaaskansie wat julle kry neem. Want hierdie ensemble kan veeleisend raak as die dop en hormone eers begin hande vat,” sê Riana skielik. Sy het wegbeweeg van die deur af en by die toonbank kom staan. Francois sien daar is ’n skewe glimlag om haar mondhoeke. Hulle lag albei beleefd vir haar opmerking.

“Sandy, ek wil hê Francois moet jou bietjie touwys maak agter die kroegtoonbank, sodat hy van 11-uur af ‘n uur blaaskans kan vat. Jy kan die volgende uur daarna bietjie wegbreek. Pas dit julle?”

Al twee knik instemmend. Riana draai terug na haar gaste, maar kyk dan weer om. “En onthou, geen versoek van ‘n gas word geweier nie. Ons het dit bespreek toe ek julle aangestel het … en ekstra vergoeding is beslis ingesluit as dit dalk buite die normale is.” Sy gee hulle ‘n beterwetende kyk en stap na die hooftafel toe.

Francois en Sandra draai soos een hul gesigte na mekaar toe. “Wel, ek’s seker veilig, want dis die eerste keer dat ek diens doen by ‘n volle lesbiërpartytjie. Ek weet nie van jou nie?” Francois kyk haar op en af in die gesig as hy dit vraend sê.

Sandra kry ‘n amusante vonkel in die oë: “I’ve been around … ek kan hulle hanteer. Dis net by hunks soos jy dat ek soms vermurwe.” Sy bring haar hande op na sy gesig en trek dit af na hare waar sy op die driepootstoeltjie sit.

Francois se hande rus op haar skouers wanneer hulle lippe gulsig ontmoet. Hy voel sy piel styf word met hierdie openlike uitnodiging. Flitse van haar begeerlike liggaam in die stort por hom aan. Sy hande sak af. Hulle vat elke tiet ten volle vas met ‘n druk terwyl sy tong haar mond dringend verken.

“M’m-m-m-m …” kom ‘n geluid uit haar keel. Die vingers van haar twee hande vou oorkruis agter om sy nek.

“Francois …” begin Sandra terwyl sy haar mond slukkend wegtrek uit hul stomende kus, “ek dink ons moet dinge eers bietjie op hold sit.” Haar asem jaag effens. “Kom ons sien eers hierdie weird nag deur, dan tel ons weer hier op … hè?”

Francois lig sy hoof so ‘n bietjie maar kyk haar steeds dringend in die oë. Sy hand skuif op die stoeltjie onder haar opgeskuifde uniform in. Hy vat haar koekie ten volle in sy hand. Hy voel daar’s ‘n nattigheid. Die uitstulpende vulvalippe klop warm teen sy handpalm. “Is dit ‘n belofte?” wil hy weet.

Sandra se bene het van skok toegeslaan. Met ‘n hyg en starende oë sê sy: “Wat d-doen jy?” Haar kop swaai vinnig heen en weer om te kyk of iemand hulle nie sien nie.

Francois verstewig sy greep op haar koekie en vryf met sy duim deur die nat van die broekie op en af oor haar spleet. “Ek soek ‘n antwoord,” kom dit ferm van hom.

Met ‘n geskokte, bloedrooi gesig stoot sy sy hand ferm weg en spring op. Sy trek die rompie vinnig weer netjies af en skink ‘n glas yswater op die toonbank. Hy staan nog steeds reg agter haar wanneer sy ‘n sluk vat uit die glas. Met haar hand wat los hang gryp sy na agter sy voël deur sy broek vas en sê met ‘n wraakglimlag oor haar skouer: “Ek dink die ghlitter het jóú spuls gemaak. Ons sal sien hoe die nag verloop.”

Die gaste het almal begin aansit en twee kelners met goue lamé-onderbaadjies, kraakwit hemde met geghlitterde maroen strikdasse bring skottels kos in. Hulle plaas dit in die blink opwarmhouers agter die tafel.

Riana, wat aan die koppenent van die tafel staan, klingel ‘n vurk teen ‘n glas om die geanimeerde geselskap se aandag te bekom. “Dankie, al julle pragtige mense … dat julle hier is. Julle is hier om te eet, drink, gesels …” Sy gee ‘n kuggie voor sy plegtig vervolg: “En betas mekaar as julle so voel.”

‘n Murmeling laggies sweef om die tafel.

“Die grootste vereiste is dat julle dit gate uit geniet, al is dit tot dagbreek toe!”

Die daaropvolgende handeklap verander in ‘n gemoedelike geroesemoes wat hervat word met skotteldeksels wat verwyder word en kurkproppe wat van die bottels van duur sjampanje afskiet.

Twee van die gaste draai om in hul stoele en wink na die kroeg toe. Francois en Sandra kyk vir mekaar, trek hul skouers op en beweeg na die tafel toe.

Dit blyk dat die ingevoerde vonkelwyn nie almal se smaak streel nie. Verskeie rondes jenewer met kinawater – gin and tonic vir party – en brandewyn met kolaOudemeester met Coke vir die meeste – word aangevra! Dit laat Francois droogweg teenoor Sandra opmerk: “Dit lyk of ons heelwat Boere-vrouens hier het.”

Francois kom agter die gaste waardeer sy voorkoms. Hulle komplimenteer hom oor sy drag terwyl die oë heelwat tyd op sy peks en biseps deurbring. Een maak ‘n aanmerking oor die ghlitter wat oor sy lyf versprei is – sê sy neem aan dis oor sy hele lyf, terwyl sy na sy broek se voorkant kyk. Francois begin nou regtig die aandag wat Riana aan sy drag gegee het waardeer. ‘n Ander lesbiër is nogal suggestief en sê sy sou nie omgegee het nie as hy soos ‘n kaalstertbutler op ‘n bacheloret-partytjie net ‘n leervoorskoot in plaas van ‘n broek aangehad het. “Want dan kon ek ‘n bietjie agter gevat het … en sommer onder die voorskoot ook gevoel het,” sê sy terwyl sy knipoog.

Hy voel sy voël groei toe hy met die skinkbord terugstap kroeg toe. Hy wonder hoe dit is om ‘n lesbiër wat bietjie wyer kyk – dalk eintlik bi is – plat te trek. Hy besef iemand wat suiwer lesbies is, sal nie eens dink aan sy boude of penis nie, net soos ‘n heteroseksuele man ook nie so oor ‘n ander man sou dink nie.

Francois en Sandra bly besig met drankbediening totdat almal begin eet.

Hulle gaan weer agter die kroegtoonbank in. Sandra sit weer op die driepootstoel terwyl Francois links van haar staan en met sy elmboë op die toonbank leun. Sandra gee ‘n snorklaggie. Francois draai sy gesig na haar toe. Haar oë vonkel baie onnutsig en daar verskyn ‘n rooi skynsel op haar wange as sy baie saggies sê: “Ek wonder maar net skielik of daar van die ghlitter dalk in jou broek ook gekom het … dat jou totterman nou ook skitter?”

Hy kyk in haar ogies en laat sak sy hand verste van haar af na sy broek en trek sy gulp oop. Met die regterhand vat hy haar hand en plaas dit op sy voël, wat nou semi-erek uit sy broek peul. “Jy beter jou nuuskierigheid beteuel en gou seker maak.”

Sy wil eers haar hand terugtrek. Maar die onwerklikheid van die situasie, sy dwingende hand en die warm, polsende penis wat sy tussen haar vingers voel, laat haar anders besluit. Sy loer een maal na die gaste se kant toe … en dan sak sy af op haar knieë, onder die toonbank in.

Francois voel haar vingers om sy staaf vou. Hy voel hoe sy dit huiwerig begin op en af stoot in haar hand. Rillings van plesier skiet deur hom en hy voel hoe sy ereksie tot ‘n maksimum groei en verstyf.

Met haar ander hand maak Sandra sy belt se gespe los. Sy trek sy broek af tot onder sy boude, maar sy hou nie op met die op-en-af-aksie aan sy stingel nie.

Sy’t nog nie baie lovers in haar lewe gehad nie, dink sy skielik – en dan flits haar vorige seksuele ervarings in ‘n oogwink deur haar gedagtes.

Sy onthou vir Butch op skool wat haar geleer het hoe om ‘n man se draad te trek en af te suig. Sy totterman was so ‘n lang, maer ding met velle om. En toe was daar ‘n Brian tydens ‘n dronk joolaand op varsity wat haar gespyker het. Maar hulle was albei so getrek dat sy net so iets ‘gemiddeld’ van hom onthou. Want hy het uitgetrek na vier stote en geskiet, op sy hand, met ‘n ekstatiese brul – wat daarna oorgegaan het in ‘n gebraak van die drank!

Sy’t los en vas uitgegaan met ouens daarna. Maar die seks het sy teruggehou, want sy’s dan kwansuis nog ‘n virgin! Toe kom Dolf in haar lewe – ‘n cum laude in Argitektuur in sy 6de jaar, baie welaf ouers, Tuks-1ste span-rugby en ‘n ingevoerde Lancia-sportkar. Sy dink dit was omdat sy voorgegee het sy was ‘n maagd dat hy haar wou hê as “nog ‘n oorwinning” vir sy opgeblaasde ego! Sy was maar seker betower deur dit alles, want toe hy aandring op seks het sy toegegee. Maar die betowering het daar ‘n knou gekry en geëindig! Hy het nooit liefde gemaak nie, maar haar “genaai” (sy woorde) … en dan ook net na rugbywedstryde, om kwansuis die adrenalien af te werk. Die steroïede het daarby natuurlik daartoe bygedra dat sy 18 cm besnede voël nie ten volle gefunksioneer het nie wanneer hy, sonder voorspel, in haar lyf ingehamer het – totdat hy ‘n klimaks kry. Hy het, wanneer hy van haar opgestaan het, gesê: “Het die beste nou vir jou die beste fok van jou lewe gegee?” Met ‘n selfingenome lag het hy dan sitkamer toe gestap om TV te kyk sonder om te was – en soms sonder om weer ‘n broek aan te trek. Sy het met pyn in haar geslagsdele en ‘n gekrenkte selfbeeld dan maar eers net so op die bed bly lê. Ses maande later het Dolf oorsee gegaan en nooit weer teruggekom nie … sonder groet of amen.

En nou? Nou sit sy hier onder ‘n elite-kroegtoonbank met ‘n man se penis in haar hand … en sy ken hom skaars!

Maar moer! Die ding is dik! Haar voorvinger en duim raak nie eers aan mekaar as sy dit probeer omspan nie … en hy is onbesny, maar darem nie soos Butch wat sulke los velle gehad het nie. Nee, hierdie een span styf en glad en die groot knop voor steek net so ‘n klein entjie uit by die voorvel.

Francois leun op die toonbank en staar met ‘n strak gesig na die mense asof hy rustig wag vir enige diens wat hulle versoek … maar wat onder die toonbank aan die gebeur is, jaag hom op!

Sandra neem nou sy voël met altwee haar hande en skuif hulle daaroor op en af met lang hale. Die pers glans loer met elke bekkenwaartse haal deur die voorvelskede in die min lig daar onder. Sy kan beslis ‘n groot druppel prekom aan die gleufie daarvan sien skitter. Sy stoot haar tong uit en trek dit weer in by haar lippe asof sy nie seker is nie, maar dan slurp sy die vog met haar lippe op!

Sy proe die voorvog is amper smaakloos, maar die gedagte waar dit vandaan kom laat dit soos heuning in haar keel afgly. ’n Drang na meer van sy soet neem meteens oor en sy trek die voorhuid heeltemal terug oor die glans en die korona.

Francois se hele liggaam verstyf as sy haar linkerhand wegvat en die kneukels van haar regterhand ferm om sy voël sluit – en hy skielik voel hoe sy met haar mond suig aan die sensitiewe kop. Bliksem, dis lekker … ek gaan mal word! flits dit deur sy sinne.

Hy ruk telkens as sy voëlkop uit die voorvel uitdop met elke truwaartse haal van haar hand. Hy druk sy een hand se kneukels tussen sy tande in om nie ‘n geluid te maak nie.

Met afgryse merk Francois dat Riana nou op pad is na die kroeg! Sy stop ‘n entjie oorkant die kroegtoonbank, terselfdertyd dat Sandra se lippe oor sy hele voëlkop gaan in suigaksie.

Sy bene druk Sandra naarstiglik weg. Hy hoor Riana se stem wat sê: “Waar’s Sandy? Sy moet nou oorneem dat jy kan gaan rus.”

Sandra pluk sy stywe meneer uit haar mond en probeer onhandig om dit terug in sy broek te druk.

“Sy is net gou besig om haarself op te vars voor sy by my gaan oorneem, Mevrou.” Francois hoop Riana lees in sy woordkeuse dat sy badkamer toe is. Maar, as die nood druk wil hy daarop kan aanspraak maak dat dit nie is wat hy gesê het nie. Hy wil darem die verweer hê dat hy nie gelieg het nie as sy dalk agter die toonbank sou instap – en Sandra daar sien.

“Leer tog nou asseblief om my Riana te noem,” gooi sy oor haar skouer terwyl sy wegstap – met groot verligting vir Francois.

Hy buk dadelik af en help Sandra op: “Is jy orraait? … jammer, ek’t nie verwag sy gaan nou hier aankom nie …”

“Ek’s honderd persent, ek was net besig om in my stride te kom” lag sy vir hom.

“Fokkit, ek weet, ek’t amper my kneukels stukkend gekou van lekker! … ek moet seker waai, maar ons gaan dit beslis opvolg. Sal jy regkom hier?” antwoord hy terwyl hy sy broek toerits en regtrek.

Sy knik net met haar hoof en vurige beloftes in haar oë. Hy vee sagkens met sy palm oor haar wang, gee haar ‘n soentjie op haar voorkop en buk dan onder die flap uit en stap na die eetkamer se deur.

(Lees volgende episode HIER)

 

4 thoughts on “Pimm’s No.1 (2)

  • Julle twee manne is besig om om ‘n seks-lekker-mengeldrank te meng wat soet afgaan. Ek ken “Sex on the Beach” maar die klinkbaie meer belowender.

    Dankie ir ‘n lekkerlees.

    Reply
  • Will my ou maat, Eish wat n storie. Hierdie storie is nog baie ver van klaar af. Lanklaas het n storie my bloedsomloop so “opgecharge”.
    Asseblief tog Onse Edeldierbare – hierdie is nou wraggies erger as onhouing.

    Reply
  • Meesterlik Will. Maak gou asb??

    Reply
    • annelisePost author

      Die hele storie is reeds by my. Wag net vir nog een aflewering van Lusman af. 🙂

      Reply

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

error: Kontak ons as jy iets van Kombiekiehier wil hou vir jouself. ;)