‘n Vrou op vrou storie in rooi

deur Annelise

Die kamer waarheen sy my gelei het is aan die einde van die gang, ver van die laaste gaste wat nog in haar voorhuis kuier. Ek kan hulle nog hoor lag agter die deur wat sy saggies, maar beslis toegemaak het. Die kamer se skakerings van wit laat my voel asof ek in ‘n wolk ingeloop het. ‘n Syerige spierwit duvet stroom soos Tafelberg se kleed oor die rante van die groot bed voor my. Swaar amper-wit gordyne hou die middernag buite en ‘n dik wollerige vuilwit mat bied alternatiewe lê-plek voor die bed.

Op die spieëlkas lê haar bloedrooi lipstiffie soos ‘n uitnodiging na sonde – oopgedraai, asof sy nog ‘n laag op daardie sagte lippe wou sit en toe vergeet het. Die wierook is van haar sigaret wat op die tafel langs die bed lê en rookkrulle in die dofverligte kamer maak.

My kop draai. Dis waarskynlik van die rooiwyn wat na vanaand se poësie-aand vrylik begin vloei het. Ek giggel as sy my langs haar op die bed neertrek. Hoekom is ek hier? Hoekom lyk haar hare soos vlamme?

My kop plons dronkswaar op die kussing neer. Af, af, af sak ek in die sag in. Af, af, af sak haar gesig na myne toe. Haar mond vee oor myne en dan oor my wang. Ek kan nou haar parfuum ook ruik.

Haar perfekte naels krap my effentjies wanneer sy my bloes losknoop. Een vir een stadig, van onder na bo. Ver weg agter die deur lag ‘n man hard en vir ‘n oomblik fokus ek daarop, maar dan vou sy my bloes oop en knip my bra los.

‘n Vrou se hand. Op my bors.

Ek kry nie asem nie.

Rooi hare waterval oor haar gesig, maar ek hoor haar lag net voor sy haar mond oor my tepel vou.

Ek wil my hand oplig, haar van my af wegdruk. Is ek gevra? Het ek ja gesê? My arms is so swaar en ek is so diep in die bed weggesak, maar ek lig dit op en druk my vingers diep in daai sagte hare in waar hulle verdwaal en vergeet wat hulle wou doen.

Haar mond beweeg teen my kaal bo-lyf af en my lyf maak die pad vir haar maklik. Wanneer haar hande die bo-kant van my romp bereik, lig my heupe op sodat sy dit sommer saam met my broekie kan afskuif.

Ek is nou kaal. Kaal in hierdie wit en rooi hare, rooi mond, rooiwyn, rooi lus kamer. Kaal by haar.

Sy staan op. Los my alleen op die bed.

“Vat aan jouself,” sê sy en begin uittrek.

Ek wil nie aan myself vat nie. Ek wil hê sy moet aan my vat. Maar ek luister na haar …

Sy hang elke kledingstuk sorgvuldig oor die stoel in die hoek.

… ek gly my hande oor my bors waar haar mond was…

Sy verwyder haar rok, bra (haar borste is klein, ferm), broekie (net so effense blonderooi skynsel).

… trek aan my tepel wat nog steeds gepunt staan …

Soos ‘n kat loop sy na waar die sigaret nie meer brand nie. Sy tik ‘n nuwe een uit die pakkie, steek dit aan en trek diep.

… beweeg my hand af oor my maag.

My oë is toe wanneer sy weer langs my op die bed kom lê. Met my toe oë raak ek in daardie rooiwyndwelm weg waar ek nie dinge hoef te verstaan nie, maar net kan voel.

Ek voel haar.

Ek voel haar borste warm teen my lyf, haar bene wat oor myne vou, haar hand weer op my lyf, haar asem teen my nek, die syerigheid teen my heup, haar boud onder my hand, haar skouer met my tong.

“Maak oop jou bene,” fluister sy.

Haar hare streel soos ‘n rooi satynlaken oor my wit lyf op haar pad ondertoe. Haar lyf is nou nie meer op myne nie.

“Wyer.”

Naels op die binnekant van my dye.

Sagte vroumond, sagste ooit, op my sagte-sagste vroudele. Ek maak my bene wyer oop. My rug is hol.

Tong-terg-tippie en my heupe lig op smekend-na-nog.

Ek maak my oë oop. Tussen my bene is rooi hare en rooi mond en rooinaelhande druk my bene verder van mekaar af en die lus is sterker as enige rooiwyndronk. Sy maak haar oë toe en gly haar tong in my dieptes in. Nat en glad op nat en glad. My bene bewe onder haar palms en my vingers is weer in haar hare, ek kreun haar naam en ontplof in alle skakerings van rooi. En sy lag wittand vir my, want dit maak nie meer saak hoe ek hier gekom het nie.

 

 

Volg Kombiekiehier op sosiale media:

5 thoughts on “‘n Vrou op vrou storie in rooi

  • May 10, 2017 at 11:19 am
    Permalink

    Asemrowend !
    Ons mans kan veel leer uit hierdie knap geskrewe storie. Beslis ‘n vakvrou wat haar talente ken en weet hoe om dit te weerspiëel.
    Ek het mesmeraaised met my ‘stokstywe’ in my hand gesit aan die einde van die storie.
    SJOE !

    Reply
  • May 10, 2017 at 11:00 am
    Permalink

    Beslis n vrou wat weet hoe om die beste uit haar maat te haal. fantasties geskryf. die beeld bly voor my uitspeel.

    Reply
  • October 21, 2014 at 1:44 pm
    Permalink

    Ek sal werk aan ‘n vervolg. Dankie vir die mooi woorde oor my woorde, Lusman. 🙂

    Reply
  • October 19, 2014 at 6:58 am
    Permalink

    Beslis baie sensueel en eroties! Pragtige, suggestief effektiewe woorde. Jy’s ‘n meesteres van die taal. Sal graag wil weet van enige mans wat die storie ongeskommeld kon klaarlees, en dit ten spyte van die ietwat abrupte einde. Hoe lyk dit, kan jy ons nie die vervolg hierop gee nie. Dit was seker tog net die begin, met veelvuldige wederkerige hoogtepunte wat gevolg het. Ons as mans het veel te leer uit jou beskrywing van die sagte en gevoelvolle aanslag wat blyk uit vrou-tot-vrou-interaksie. (En dan gee jy ons sommer meer skommeltyd ook.)

    Reply

Leave a Reply

Your email address will not be published.

error: Kontak ons as jy iets van Kombiekiehier wil hou vir jouself. ;)