
Liefste Kombiekiehierleser
Ek moet ongelukkig weer vir jou ‘n briefie in jou posbus gooi. As ek jou te veel die laaste tyd pla, unsubscribe net van hierdie newsletter af.
Ek besef dat hierdie brief deur baie verskillende soort mense gelees gaan word. Die meeste van die lesers is my geliefde Kombiekiehierlesers en – ondersteuners. Die meeste is mense wat positief is oor seks en seksualiteit. Die meeste is oopkop en cool. Maar daar is ook ongelukkig so ‘n paar lesers wat nie ondersteuners is nie en wat net hierdie webwerf en briewe dophou sodat hulle kan kla of iets ergers kan doen.
Dis ongelukkig as gevolg van die laaste groep dat ek weer met julle moet gesels. En, soos altyd, gaan ek eerlik met julle wees en alles vertel soos dit is.
Die storie van Kombiekiehier:
Kombiekiehier is my liefdeskind. Ek het al vir julle vertel dat ek nie regtig geld daaruit maak nie – en moenie worry nie, ek vra nie geld nie. 😉 (Baie dankie aan almal wat na die vorige brief op Vreesloos ingeskryf het of ons ondersteun het met ‘n donasie. Jy is dierbaar en dit word vreeslik waardeer.)
Maar terug na die storie: Die rede waarom ek die webwerf begin het was omdat ek ‘n behoefte in die Afrikaanse gemeenskap raakgesien het. Wag, miskien moet ek die storie nog vroeër begin: Die eerste leemte in die Afrikaanse gemeenskap wat ek wou vul was om seksie boeke in Afrikaans te skryf. Ek wou alle grense wat daar op daardie stadium was, sommer ver uitgestoot het deur vir Afrikaanse lesers ook te gee wat mens orals en maklik in Engels kon kry. Maar ek wou nie net ‘n storie gee wat jou lus maak en dis dit nie. Ek wou ook nuwe idees ondersoek en so ook bietjie aan intellektuele /morele grense torring. Dis nog iets wat nie regtig in Afrikaans gedoen is nie.
So toe skryf ek drie boeke. En toe begin ek briewe ontvang. Honderde briewe van mans en vroue af. Vroue het gesê dat hulle nie meer dink hulle is alleen met sulke fantasieë en vrae en in sekslose huwelike nie. Mans het geskryf dat hulle nie geweet het vroue dink en voel ook so nie. ‘n Gesprek het begin wat nie afgespeel het in die kantoor van ‘n sielkundige of seksuoloog of onder die skaduwee van een of ander kerktoring nie. Uiteindelik kon ons vry oor seks praat.
Dis toe dat ek oor Kombiekiehier begin droom het. Ek wou ‘n ruimte skep waar daardie gesprek kon aanhou plaasvind. In Afrikaans. Ek wou ‘n plek maak waar jy stories kan lees en lus kan word, of na prentjies kon kyk of oor nuwe idees oor seks kon lees. Ek wou dit soos ‘n one-stop plek vir seksualiteit in Afrikaans maak met die verskriklike belangrike voorwaarde dat daar geen oordeel en oppervlakkige moraliteit sou wees nie.
Nou is dit ook so dat ons in ‘n wêreld woon waar mense wat nie van jou of jou werk hou nie, dit mag sê, maar ook (blykbaar) dit waarmee hulle nie saamstem nie, kan vernietig.
Van die eerste oomblik toe ek drie jaar gelede die eerste storie op Kombiekiehier gepost het, het ons met sulke mense gesukkel. Dis daardie mense wat nou hier saam met jou hierdie brief lees – so oor jou skouer.
Dit kan baie mense wees of net een. Dit kan mans en/of vroue wees. Dit kan wees omdat hierdie webwerf iemand wat gelowig is teen die bors stuit, iemand jaloers is, iemand net nie van my hou nie, iemand net een van daardie onaangename trolle van die wêreld is wat daarvan hou om goeie goed te vernietig. Ek sal nie weet nie en ek gee nie regtig om nie, want al daardie kategorieë mense kom uit ‘n eensame en hartseer plek waar hulle iets in hulself probeer regmaak deur ander goed/mense te breek.
So, na ons al jare lank verskillende tipes aanvalle op die webwerf oorwin het (ek vermoed toe ons so jaar gelede als verloor het was dit ook agv die aanvaller(s) ) , het die persoon nou ‘n veldslag in die oorlog gewen. En dit is alles oor ek ‘n stupid fout gemaak het – een waarvoor hy/sy/hulle gesit en wag het. So ‘n paar weke gelede het ek ‘n post gemaak oor mooi foto’s van ma’s wat borsvoed. Ek het dit onder erotise kuns gefile. Die rede waarom ek sulke goed met julle gedeel het is omdat ek die liggaam in al sy mooiheid op Kombiekiehier wou vier. En daardie was vir my vreeslik mooi.
Maar ek het nie gedink nie. Want op sommige van die foto’s was baba’s wat geborsvoed is kaal. En alhoewel ek (soos ‘n sot) nie die link gemaak het nie, het dit die geleentheid vir ander mense gegee om so ‘n walglike link te maak. Die persone wat teen my/Kombiekiehier is het ons toe aangekla by die persone wat die server besit waarop die site was. En al is ek van die begin af teen enige idee van kinderpornografie en al het ek nie die link in my eie kop gemaak nie, was dit nog steeds my fout en my skuld en verantwoordelikheid dat ek ‘n foto van ‘n kaal baba op ‘n seksuele webwerf gesit het.
Ek kan dit verstaan. Ek neem nie die mense by die server of my host kwalik dat ek afgegooi word nie. Hulle moet streng optreë teen enige moontlikheid van kinderpornografie en hulle kan nie elke saak eers ondersoek en oorweeg nie. Ek stem saam met hulle zero-tolerance. Al tjop ek nou af daaroor. Die persoon wat die moeite gedoen het om Kombiekiehier te gaan aankla het dit wel nie gedoen omdat hy/sy bekommerd is oor kinders nie. Dit kan ons ook nou maar eerlik erken. Hierdie was net die fout waarvoor hulle gewag het – ek het nogal gedink dit gaan op die einde iets wees waaroor die feministe gaan kla, juis oor kinderpornografie en beastialiteit op Kombiekiehier ook verbied is.
Anyway, iewers hierbo het ek genoem dat Kombiekiehier goed is. Dit is!
Daar is daagliks amper duidend unieke lesers wat daarvan hou om op die werf te wees en daardie mense veroorsaak tussen 4500 en 5000 klieks per dag. In die drie jaar van ons bestaan het 375 679 plus mense die webwerf besoek met 3 823 181 plus hits. As iemand nie gedink het die site is goed nie, sou daardie syfers nooit gebeur het nie. Hierdie syfers is ten spyte van die herhaalde aanvalle op Kombiekiehier. Drie jaar later kry ek steeds briewe oor hoe bly mense is om ‘n plek te hê buite die eng plekke wat ons kultuur gewoonlik toelaat, om te kan lus word en oor seks te kan praat en lees.
So, die punt van hierdie lang brief (skies, maar ek het gevoel ek wou die hele situasie aan julle verduidelik) is dat ons Woensdag afgegooi gaan word van die server af. So as Kombiekiehier verdwyn, dan weet julle hoekom dit gebeur het en wat aangaan.
Maar (my gunsteling woord 😉 )
Hierdie is net nog een hekkie in ‘n langafstandwedloop. Ek gaan nie opgee nie. Ek gaan aanhou.
Want:
- Kombiekiehier het BAIE lesers en ek gaan hulle nie drop nie. As ek net 100 hits per dag gekry het sou dit anders gewees het, maar ek kan mos sien dat julle (sover) wil hê wat ek wou gee.
- Kombiekiehier het al baie mense gehelp. Hier is lesers wat as gevolg van Kombiekiehier vir die eerste keer nie uit voel nie, vir die eerste keer van sekere seksuele gebruike gelees het en ook vir die eerste keer nuwe seksuele plesiere ervaar het. Net hierdie rede alleen sal maak dat ek aangaan ten spyte van die hekkies.
- Kombiekiehier Vreesloos is ook duidelik iets wat Afrikaanse lesers voor gesoek het, ek gaan nie toelaat dat dit weggeneem word van hulle af nie.
- Kombiekiehier is ‘n plek waar skrywers hulle seksie stories kan deel. Daar is nie nog ‘n plek waar hulle werk so baie gelees kan word nie. Deur Kombiekiehier kan ons dit self dalk nog eendag in boekvorm uitgee.
- Kombiekiehier is ‘n plek waar kommentaar op nuus gelewer kan word en waarheen mense gaan vir objektiewe, seks positiewe menings.
- Kombiekiehier prikkel al jou sintuie.
- In so ‘n konserwatiewe gemeenskap soos die Afrikaanssprekende s’n, is Kombiekiehier vir baie mense die enigste plek waarheen hulle in hulle eie taal kan ontvlug.
- Ek is hardegat. Hoe moeiliker iemand dit vir my maak, hoe langer sal ek waarskynlik met die webwerf aanhou. 😉
Wat gaan gebeur:
Daar is iemand wat bereid is om te help met Kombiekiehier se hosting. Ek vermoed daar sal altyd wees omdat baie mense wat hier lees die kennis het en nie wil hê die werf moet doodgaan nie. Hierdie persoon moet net eers so paar goed uitfigure en opstel. Om die site na sy server toe te skuif kan dalk ‘n rukkie vat. So, as Kombiekiehier van tyd tot tyd (of Woensdag) verdwyn, MOENIE BEKOMMERD WEES NIE, SOOS IEMAND WAT BAIE KINKY IS 😉 KOM ONS ALYD WEER. ALTYD.
Ek is jammer dat ek so stupid fout gemaak het. Miskien is ‘n brein wat na ‘n borsvoedende ma kyk en dink aan kinderpornografie die soort wat ek moes hê as ek ‘n webwerf met ‘n seksuele tema wou bedryf. Ongelukkig dink ek nie so nie en daarom het hierdie fout deurgeglip. Ek is jammer as dit gaan veroorsaak dat ons vir ‘n ruk nie beskikbaar is as jy daarna soek nie, maar ons werk aan die problem. 😉
Ek sal julle op Twitter en Facebook en deur die nuusbrief op hoogte hou van wat aangaan as ons regtig lank verdwyn.
As enigiemand wat vooruit betaal het vir Kombiekiehier Vreesloos ontevrede is as Kombiekiehier oor die volgende ruk nie genoeg online is nie, laat weet my asseblief dan betaal ek jou geld terug. Met ‘n goeie hart. Belowe. 🙂
Baie, baie dankie vir julle ondersteuning deur die drie jaar en deur die oppe 😉 en affe.
Ek lief my site en my lesers en ek wil julle nog nie laat gaan nie. Daar is nog te veel sexy stories en kinky idees en filosofiese gesprekke wat ek met julle wil deel. 🙂 Hou aan om ons weer te kom soek. asseblief.
Want op die einde is al die probleme en strooi net die moeite werd as ek dit vir die liefde van die saak doen. En dis eintlik maar wat dit is.
Met lus en liefde
Annelise
10 COMMENTS
“Edel Dierbare”, wat is die implikasies om KomBieKie Hier se eie server daar te stel? Hierdie “byl” gaan die heeltyd oor jou bly hang en sal net weg gaan as jy jou eie server het.
Ek weet nie. Ek moet dit ondersoek. Op hierdie stadium is die internet konneksie na ons huis toe moer stadig. Ek vermoed dit gaan ook saak maak? Ek sal anyway bietjie uitvind want jy is reg. Maar selfs dan sal ek n kenner moet hê wat my help. Ek weet bv nie hoe om n DDOS aanval af te weer nie. Ek is net n skrywer.
Kombiekiehier sal wees soos die speeekwoordelike kat, kan nie langer wag en weer en weer en weer terugkom … maak nie saak wat die kranklikes van gees doen nie. Sterkte Annelise jou droomkind het sterke eie lewe verkry en jou ondersteuners sal dit bly voed en besoek
Boatsie
Goed dat jy so vasbyt. Ons sal altyd die armes van gees (dit is nou van die klompie wat Kombiekiehier so teister) tussen ons he. Gaan voort ongeag …….
Ek sal beslis glo dat daar groepe daar buite is wat na onnodige moeilikheid soek. Ek sal maar vasbyt vir n rukkie. Dankie vir n goeie blad en sterkte met die oorskuif. ?
Ek ondersteun jou 100% en geniet dit baie!
“n moontlikheid …weet nie of jy al daaraan gedink het nie…..inkorporeer in jou site ‘n manier vir jou manlike en vroulike lesers om ander lustiges wil ontmoet, amper soos ‘n dating site, jy kan selfs ‘n jaarfooi daarvoor vra, solank dit diskreet is en nie vals inligting bevat met fop profiele nie.
Ek wou al maar as gevolg van die probleme wat ek het met die teisteraar(s) is dit sover moeilik want dit maak die site minder veilig. Dis soos ‘n agterdeur wat ek dan vir iemand oopmaak waar hulle op die site kan kom droogmaak. 🙁
Ek sit verslae en platgeslaan voor my PC nadat ek die meegaande berig van Annelise weer en weer intens deurgelees het. Dis soos ‘n lewelangse droom wat verwensilk is wat skielik voor jou oë in skerwe spat !
….maar lig jou kop op, dierbare jy, daar is baie van ons wat sterker ondersteuners van Kombiekiehier en Jy aan die helm is as wat die fanatiese Bloubul ondersteuners kan droom om te wees vir hul span !
Die fout was nie joune nie maar die verkrampte halwe mense wat nog nie die lewe ten volle geleef het nie.
Laat asseblief weet as daar enige hulp, bystand en/of voorstelle is om weer op track te kom ?
Ek wou ‘n storie stuur maar neem aan dat geen bydraes nou meer geplaas sal word nie weens die naderende SWART Woensdag nie.
ASSEBLIEF druk op my nommer vir enige iets waarnee ek kan help.
Altyd jou beste vriend
Willie (Wille Will )
Dankie Will. Julle kan maar nogsteeds stories instuur. Ek hoop dat ons glad nie verdwyn nie, maar wil beslis nie lank weg wees nie. Aan die begin kan dit dalk net so bietjie hakkelrig gaan, maar moenie despair nie. Ek wou net waarsku vir ingeval iets langerigs verkeerd gaan dat julle weet wat aangaan. 🙂
Dankie vir jou deursettingsvermoë. Dit word raakgesien. Daardie mooi kaal mammas en klitsies was pragtig! Kan gladnie die verband met kinderpornografie insien nie. Daar moet báie kokkaai mense daar buite ronddwaal ?.
Kom gou weer en kommeer! Kombiekiemeer, weer en weer en vir die uitklophou sommer nog ‘n keer.. soos Wille Merwe wat met die draadtrekkompetisie, eerste, derde én sewende gekom het.