
Liedjiestorie: Don’t stop believing
deur Ramkat Erasmus
Sy sit terug en maak haar oë toe. Die vliegtuig versnel teen die aanloopbaan af en soos gewoonlik wonder sy of hulle gaan opstyg of nie. Dan lig die neus en na ‘n ruk raak die gerammel van die vliegtuig se bande ook weg en dan breek die swaartekragkettings as die kaptein na links draai en oor die see uitvlieg voor hy noord draai in die rigting van OR Tambo. Deur haar venster sien sy hoe haar tuisdorp al kleiner word en naderhand agter die vliegtuig verdwyn. Vir ‘n wilde, paniekbevange oomblik wil sy opspring en sê hulle omdraai, haar huistoe vat, sy maak ‘n fout! Maar dan haal sy diep asem en ontspan. Dis nou te laat. Sy het die keuse gemaak en sy is nou op pad. Nou moet sy fokus op dit wat voorlê …
-0-
Sy’t hom by ‘n seminaar weer ontmoet. Eers het sy hom amper nie herken nie. Toe hulle jare gelede saamgewerk het, het hy ‘n welige bos hare gehad wat wild in alle rigtings gestaan het. Hy was ook ‘n bietjie oorgewig en het baie kere vir ‘n week aaneen met dieselfde klere werk toe gekom. Rekenaars was sy ding en hy het haar gereeld moes help met ‘n nuwe program of een of ander tegniese problem. Hulle het naderhand lekker gesels en amper-amper vriende geword. Maar sy was getroud, met klein kindertjies en ‘n goeie man en wou niks doen om hom enige aanleiding te gee nie. Na ‘n paar maande is hy weg en haar lewe het in ‘n roetine verval van kinders en hulle dinge, haar man se behoeftes, werk en huis.
Die kinders het groter geword, hulle behoeftes dringender, meer kommerwekkend en tussendeur het sy en haar man al minder en minder gepraat en minder tyd vir hulleself gemaak. Sy het haarself harder in haar werk ingegooi, meer tyd aan die kinders spandeer, nog meer tyd aan die huis en sy het probeer … Sy het regtig probeer om haar man gelukkig te hou, maar een oggend het sy wakker geword en besef dat hulle omtrent 18 maande laas seks gehad het.
Sy’t haar hare laat doen, tyd aan haar grimering spandeer, selfs nuwe onderklere gaan koop, maar die vonk was weg. En toe ontdek sy die webwerf waar mense openlik oor seks gesels en stories daaroor skryf. Haar mond het letterlik oopgehang oor van die dinge wat mense beskryf en blykbaar heel normal vind om aan mekaar te doen. Hoe meer sy gelees het, hoe meer het sy besef dat haar seksondervinding maar bitter skraal was.
Eendag het sy ‘n artikel op die werf gekry waarin die skrywer raad gee aan mense wat affairs wil hê – en die saadjie is geplant en het begin groei. Die kinders was besig met hulle eie dinge. Haar man met sy goed en sy het in die middel van die alles gesit en besef sy’s eensaam en behoeftig.
Toe gebeur die seminaar en die wollerige, oorgewig slons van ‘n rekenaar ekspert het kom hallo sê. Behalwe hy was nie meer oorgewig nie. Sy hare was kort en goed gesny en sy klere netjies en duur. Hulle het onmidelik soos ou bekendes land en sand gesels. Na die dag se verrigtinge, het hy haar vir ‘n drankie genooi en hulle het na-nag toe gesels oor alles en nog wat.
Toe sy eindelik in die bed gaan klim, was sy verward oor die emosies wat hy in haar wakker gemaak het. Tot haar skok het sy besef dat sy vir hom lus was. Lus om aan hom te vat, hom te soen, sy lyf met haar hande en haar mond te ondersoek. Sy was intens van die nattigheid tussen haar bene bewus.
Die volgende dag het sy gesukkel om aandag aan die lesings te gee. Boekhou- en belastingseminare is nie die wêreld se opwindendste gebeure nie. Haar oë het deurentyd deur die saal gedwaal en sy lyf opgesoek. Sy was naderhand bang dat iemand sou agterkom hoe nat sy was.
Teen middagtete het sy besluit om die bul by die horings te pak. Sy’t vir hom gewag en voorgestel dat hulle nie saam met die res van die mense gaan eet nie, maar liewer die koffiewinkeltjie in die konferensiesentrum gaan opsoek. Hy’t glimlaggend ingestem en oor ‘n koppie koffie het hy haar gevra of sy al ooit op ‘n motorfietstoer was. Sy het haar kop geskud en toe sê hy heel ongeërg dat hy en ‘n paar ander mense die Laeveld gaan platry en dat sy welkom is om saam te kom. Sy’t saggies gesê dat sy dit sou geniet.
Aan die einde van die dag se verigtinge moes hy saam in die bussie klim om hulle vlug te haal en sy kon net vinnig sy nommer in haar selfoon intik.
Toe sy by die huis kom waar haar kinders haar skaars groet, haar man met ‘n bier voor die TV sit en vra wanneer die kos gaan reg wees, het sy kamer toe geloop, haar werksklere uitgetrek en kombuis toe gestap. Sy’t iets uit die yskas gehaal en meganies begin kosmaak. Toe skep sy op, roep haar gesin en gaan staan in die kombuis. Met bewende hande het sy die foon opgetel en vir hom ‘n boodskap gestuur.
“Ek sal bitter graag saam met jou gaan motorfiets ry. Stuur vir my die datums …”
-0-
Later die aand het sy weer ‘n WhatsApp van hom af gekry met die datums en hy het voorgestel dat sy reeds die Donderdag deurkom aangesien hulle vroeg die Vrydag vertrek. Sy’t met haar kredietkaart agter haar rekenaar gaan sit en ‘n retoerkaartjie bepreek en betaal. Toe’t sy agter haar snorkende man se rug ingeklim en lank wakker gelê en wonder oor wat in haar ingevaar het.
Die volgende dag het sy oor middagete die webwerf gaan besoek en vir die skrywer wat gereeld oor motorfietsgoed skryf ‘n privaat boodskap gestuur. Sy’t verduidelik dat sy nog nooit op so ‘n toer was nie en kon hy haar raad gee oor wat om te pak.
Twee dae later kry sy ‘n lang geselserige boodskap van hom af wat verduidelik wat hy dink sy moet saamvat en onder aan die lys, in hakies, het hy gesê; kondome en smeermiddel, mens weet nooit, met ‘n smily face.
Syt haar gesin gewaarsku dat sy weer na ‘n seminar toe moet gaan, maar die keer in Tshwane. Haar man het onderlangs gebrom dat sy aanmekaar weggaan, en die kinders het haar net geïgnoreer,
Die tyd het al stadiger verbygegaan tot sy uiteindelik die Woensdagaand kon begin pak. Eers het sy ‘n klein tassie gepak met die klere vir die motorfietstoer. Sy’t die tassie binne-in ‘n groot tas gesit en ander klere rondom dit gepak. Sy’t die groot tas gesluit en by die voordeur gaan neersit. Toe’t sy gaan stort en in die bed geklim.
Die volgende oggend was sy wakker voor die wekker afgaan. Sy’t opgestaan, ontbyt gemaak en seker gemaak daar’s genoeg voorbereide kos in die vrieskas sodat haar gesin net die bakkies in die mikrogolf kon sit as hulle honger sou word. Sy’t haar man op die wang gesoen, die kinders elkeen ‘n drukkie gegee en toe in haar kar geklim. Die oggend by die werk het verby gedraal en uiteindelik kon sy teen twaalfuur haar rekenaar afsit, haar handsak en skootrekenaar vat en by die gebou uitloop. Haar motor het sy aan ‘n agentskap gegee wat dit was sou was en vir haar terugbring wanneer sy Maandagoggend weer land. Sy’t toonbank toe gestap, haar tas ingeboek en ‘n plek gaan soek vir ‘n koppie koffie. Toe die kelner naderkom het sy egter nie koffie bestel nie, maar ‘n glas wyn. Nog ‘n glas later het sy in die vliegtuig geklim.
-0-
Hy’t haar op OR Tambo ingewag. Hulle het mekaar met ‘n piksoentjie gegroet en toe het hy verbaas na haar tas gekyk.
“Wil jy daai ding agter die motorfiets aansleep?” het hy glimlaggend gevra.
“My klein tassie is binne in…”
Hy’t geknik, die tas by haar gevat en hulle het in sy luukse 4×4 gaan klim. Op pad Pretoria toe het hulle lekker gesels en toe hy by sy huis in Moreletapark indraai het sy skielik weer ‘n angsaanval gekry. Maak sy nie nou ‘n helse fout nie? Maar dit was te laat.
Hy’t haar tas uitgehaal, die huis oopgesluit, die alarm afgesit en haar na haar kamer toe gevat. Dit het sy nie verwag nie …
“Wyn, bier, kofie, whiskey?” het hy gevra.
“Wyn” het sy gesê, en gewonder of sy die uitnodiging verkeerd verstaan het.
-0-
Die aand het hulle in ‘n Duitse restaurant gaan eet en sy het die ander mense ontmoet wat saam sou gaan toer. ‘n Vrolike klomp mense het haar dadelik tuis laat voel en sy het besluit om die naweek, ten spyte van die misverstand, tog te geniet.
Terug by die huis het sy gestort, haar sexy pajamas, spesiaal vir die naweek gekoop, aangetrek en op die bed gaan sit en wag.
Later het sy haar skootrekenaar uitgehaal en die webwerf gaan besoek. Sy’t ‘n paar van haar gunsteling stories weer gelees en toe maar naderhand die lig afgesit en aan die slaap geraak, haar telleurstelling soos ‘n klip op haar hart.
-0-
Die volgende oggend het sy haar gemaklike denim, wolbloes en baadjie aangetrek. Die nuwe stewels met die effense hak het gemaklik gesit en sy’t haarself in die spiëel bekyk. Toe draai sy haar blonde krullebol met ‘n doek vas en tel die tassie op en stap kombuis toe.
Hy’t met sy motorfietsmondering by die tafel gesit en koffie drink. Hy’t opgekyk, geglimlag en gesë, “Jy lyk nes ‘n bikerchick.”
“Is dit goed of sleg?” het sy gevra.
“O, goed. Baie goed.”
Op die tafel het twee motorfiets saalsakke gelê, die een was toe, en die ander een het leeg en oop gelê.
“Myne?” het sy gevra.
“Yip. En dis ongelukkig al plek wat daar is. Is dit nie inpas nie bly dit agter. Sorrie.”
Sy’t haar tassie opgetel en haar goed begin oorpak. Wonder bo wonder kry sy alles in, en daar’s self nog bietjie plek oor.
“Jy’s die eerste girl wat saam met my gaan toer wat alles in daai saalsak inkry. Indrukwekkend.”
Sy’t gelag. “Ek het raad gaan vra by ‘n kenner.”
Sy’t ook ‘n koffie gesluk en toe’s hulle uit na die fiets toe. Hy’t die saalsakke aan die fiets vasgemaak, opgeklim, die enjin angesit en toe beduie sy moet opklim. Sy’t nog gestaan en sukkel met die valhalm se gespe. Hy afgeskakel, sy helm afgehaal en haar kom help.
“Ek dog jy’s ‘n ou hand met bike rallies.”
“Hoe so?”
“Die manier wat jy daai saalsak gepak het. ”
“Jou gesê … Ek het goeie raad gekry. Ek was nog nooit op ‘n motorfiets nie.”
Hy’t gelag, sy hande aan weerskante van haar helm gesit en dit heen en weer beweeg.
“Gemaklik?”
“Dankie…”
Toe trek hy haar kop onverwags nader en soen haar vol op die mond. Vir ‘n oomblik was sy te verbaas om te reageer en toe soen sy hom terug. Na ‘n ruk breek hulle uitasem van mekaar weg en toe sê hy: “Ek wou dit al gisteraand doen”
“Ek ook …”
Hy’t haar lank aangekyk en toe weer op die fiets gaan klim. Sy helm opgesit en beduie sy moet opklim. Sy’t haar been oor die fiets gesit en opgeklim. Toe’t sy haar arms om sy lyf gesit en vasgehou.
-0-
Hulle het die res van die groep by ‘n garage buite Pretoria ontmoet en na ontbyt, in konvooi weggeval Lydenburg toe. Sy’t ontdek hulle helms is met ‘n Bluetooth interkom verbind en hulle kon gesels terwyl hulle ry. Nog later het hy die musieksentrum aangeskakel en sy kon sit en luister na sy smaak in musiek tot hulle in Lydenburg gestop het.
-0-
By die gastehuis in Lydenburg is almal kamer toe om hulle goed weg te sit voor hulle die Long Tom pas gaan aandurf. Hy’t die saalsakke van die fiets afgehaal en vooruit geloop na die kamer toe. Sy’t die tamaai dubbelbed met ‘n effense senuweagtigheid aangekyk. Vandat sy getroud is was sy nog nooit weer saam met iemand anders as haar man in die bed nie. Hy’t agter haar kom staan, sy hande stadig onder haar wolbloes ingedruk en hulle opbeweeg na haar borste toe. Sy kon voel hoe haar tepels hard word onder sy hande. Hy’t vorentoe geleun en sy kon sy asem in haar nek voel.
“Vannaand gaan ons nie baie slaap nie,” het hy gefluister.
Sy’s op bewerige bene agter hom aan na die fiets toe en toe trek hulle op volle vaart saam met die ander weg in die rigting van die Long Tom pas.
-0-
Terug in die kamer het hy haar gehelp om uit te trek en toe sy vir hom. Hulle het saam in die stort geklim en mekaar van kop tot tone gewas. Die gewassery het in voorspel ontaard en toe’t hy haar sopnat uit die stort getrek en op die sagte bed neergelê. Sy hande was oral, sy mond, sy asem. Sy was intens bewus van sy ereksie. En sy wou vat, maar het nie geweet of sy mag nie. Hy’t goed in haar oor gefluister wat haar laat bloos het. En toe vra hy haar waarvan sy hou. Sy’t met ‘n skok besef dat sy nie eintlik weet waarvan sy hou nie. Toe onthou sy van die stories en goed wat vir haar hemels geklink het toe sy dit lees, en sy’t saggies vir hom gevra om “dit” te doen en dan “dat”. Haar liggaam het op maniere begin reageer wat sy nog nooit vantevore gevoel of ervaar het nie.
Toe hy haar vir die eerste keer penetreer het sy amper weer ‘n angsaanval gekry. Dit was so anders! En die manier waarop hy in en uit beweeg. Dit het vir haar gevoel asof dit die heel eerste keer is.
Toe sy ‘n orgasme bereik – die eerste keer in baie jare – kon sy nie help om haar naels in sy rug in te slaan nie. Haar rug het krom getrek, en sy’t probeer om haar heupe so styf as moontlik teen hom vas te druk. Kort daarna het hy ook gekom.
Hulle het lank in mekaar se arms gelê toe hy haar hand vat en dit op sy manlikheid sit. Sy’t nie geweet wat om te doen nie, maar het stadig eers bo-op gevryf en toe haar hand om die skag gesit en versigtig begin trek. Met ‘n diep sug het hy sy arms om haar lyf gesit en gefluister: “Fok, maar dis lekker …”
Toe hy weer goed styf is, het hy sy hande gebruik om haar nattigheid in ‘n stortvloed te verander, en toe’t hy haar gehelp om bo-op hom te sit en toe kon sy hom ry. Sy’t deurentyd na sy gesig gekyk, verwonderd deur die manier waarop dit vertrek terwyl sy haar heupe vorentoe en agtertoe beweeg. Die diep grom in sy keel toe hy weer in haar kom was vir haar verskriklik mooi en sy het ook weer gekom.
-0-
Die res van die span het hulle lekker gespot, want as hulle nie op die motorfiets was nie, was hulle in die bed. Sy’t net gebloos en saam gelag.
-0-
Die laaste aand in sy slaapkamer in Pretoria het hy haar eers saggies geliefkoos en toe hard gestoot. Sy’t met luide gille gekom, met haar bene om sy lyf geslaan, haar naels in sy rug en haar gesig in sy keel. Sy kon voel hoe die trane oor haar wange rol.
Later het hy die trane afgelek en hulle het lank gesels oor hoe hulle verder sou gaan van hier af.
-0-
Die vliegtuig lig van die aanloobaan af en sy wil opspring en skree dat hulle haar terug moet vat … Maar sy doen dit nie. Sy onthou die wellus, die vreugde. Hoe lekker dit was om te besef hy kyk vir haar, want sy is vir hom mooi. Dat hy haar begeer. Dat van die ander mans in die groep haar ook partykeer onderlangs dopgehou het. En sy besef dat haar drome tog waar kan word.
8 COMMENTS
Ai. Sou graag die opvolg wou lees, maar nou is Ramkat nie meer…
RIP
Daar is darem baie van sy stories hier wat ons oor en oor kan lees. xx
Baie mooi. Bring baie herrineringe terug……..
Ek’s altyd vlymskerp eerlik met kritiek, verwag dieselfde oor my skryfsels.
Het jy al “Ek wil weer langs jou lê ” van my gelees ?
Vandag gaan Annelise ” Lynette” van my plaas.
Skrywersgroete
Will
Baie mooii!!! Ek hoop hulle kom by mekaar uit….
Smagtend mooi !
Die dag as jy ophou skryf vir hierdie geliefde blad van ons, sal Annelise vêr soek om jou te vervang. Vervang, want niemand kan dit jou na=doen nie.
Groetnis en dankie
Wille Will
Dankie Will. Ek waardeer die kompliment
Ja min het ek 5 jaar terug gedink dat Ramkat van ons weg geneem sou word om nie meer te kan skryf nie !
Rus in Vrede, ou Grote .