Kombiekiehier se seksie storiekompetisie
Liewe Kombiekiehierleser,
So baie dinge het so skielik verander drie jaar gelede. Dit is asof ons lewens van somer af na winter toe gespring het in ‘n dag. Baie van ons lewens het heeltemal verander. Behalwe vir mense wat ons in die pandemie verloor het – soos ook ons eie geliefde Ramkat – het baie van ons ook die lewens wat ons voor daardie vyf weke van intense “lockdown” gehad het, verloor. Sommige van ons het ons inkomste verloor, sommige wat self siek geword het, het langdurige gesondheidsprobleme as gevolg daarvan, sommige het ons vryhede verloor en ander selfs ons passie vir enigiets.
Van die begin van 2022 af kon die oplettendes darem stadig tekens van lente begin sien. Besighede het weer sterkter geword, kunstenaars stel nuwe musiek wat in die pandemie-tyd geskryf is bekend, daar is weer konserte, kore begin versigtig weer oefen en stadigaan kom toeskouers terug.
Daar is genoeg groen dat ons waarskynlik al in die somer na die baie lang winter is.
Sommige van julle sal dalk onthou dat ek in daardie tyd probeer het om Kombiekiehier ‘n inskrywingsblad te maak. Dit het julle so kwaad gemaak dat baie lesers nog nie weer teruggekom het nie. Ek aanvaar dit was ‘n fout. Ek aanvaar mense wil nie vir iets op die Internet betaal nie. Jammer daaroor.
Hierdie briefie is egter een van goeie nuus, selfs, of dalk veral, vir die wat nie wil betaal nie.
Kombiekiehier bestaan nog en net soos die nuwe lewe wat orals uitloop loop daar nuwe groen by Kombiekiehier ook uit. Hierdie groen is in die vorm van ‘n storiekompetisie.
Ek nooi met al die lus van die lente ons ou bekendeou en hopelik ‘n klomp nuwe skrywers om aan Kombiekiehier se Seksie storiekompetisie deel te neem.
Die sluitingsdatum is Sondag 31 Oktober 2022.
Lengte van verhale: Tussen 1000 en 1500 woorde.
Tema: Enige onderwerp, maar dit moet eroties wees.
Daar sal vyf verhale gekies word as finaliste waarna Kombiekiehier se lesers self sal stem vir die wenner.
Die vyf finaliste sal op Maandag 7 November 2022 aangekondig word waarna die finaliste se verhale gepubliseer sal word en stemming sal plaasvind.
Die wenner sal op Vrydag 25 November aangekondig word.
Skrywers mag soveel inskrywings instuur as wat hulle wil.
Kombiekiehier het die reg om ALLE inskrywings te mag publiseer op kombiekiehier.co.za
Skuilname mag gebruik word.
Die wenner sal pryse ter waarde van R600 ontvang. Dit sluit ‘n Kombiekiehiermee Adele vibrator ter waarde van R300.00, ‘n kopie van die boek Weerloos ter waarde van R150 en ‘n kopie van DR Syn se Dagtaak ter waarde van R150 in.
Stuur jou inskrywingstorie na kombiekiehier@gmail.com
Maak die onderwerp van die epos asseblief: STORIEKOMPETISIE
Ek hoop julle word as skrywers sowel as lesers sommer weer lus om lus te wees.
Lekker skryf. Ek sien uit na sexygeid in oorvloed.
Met lus en liefde
Annelise
1 COMMENT
Baie dankie Annelise vir hierdie inisiatief !
Ek hoop en vertrou jy sal hiermee meer lede werf, meer talentvolle skrywers ontdek, meer lesers prikkel en bowenal jou blad laat uitblink en sy welverdiende behoud bevestig.
Daar sal nooit weer ‘n Ramkat wees nie maar miskien ontdek jy ‘n skrywer(s) wat sy uitmuntheid sal laat voortleef.
Dankie, ons Meesteres van Afrikaanse Erotiek !