Kombiekiehier se groot masturbasie-eksperiment (1a)
(Kombiekiehier kom vir julle plesier)
deur Annelise en Neil A Morum
So rukkie terug het Neil se storie verskyn waarin ons ons eksperiment aangekondig het. Onthou asseblief om deel te neem deur julle metodes met ons te deel. As julle hierdie metodes probeer, sal ons ook graag julle terugvoer wil hê. Skryf sommer in die kommentaar hieronder, asseblief.
Hierdie is die basiese idee van die eksperiment:
Ons wil weet wat julle doen, die hoe, wat, waar en met en vir wie. Ons sal julle noukeurig-beskryfde tegnieke op die proef stel en dan daaroor verslag lewer. Sy sal die vroue-tegnieke probeer, ek die manne se mannewales… as dit partners verg, sal ons ons eie gebruik (meeste van die tyd…)
Lesers wat ons van hulle tegnieke wil vertel, kan vir my (neilamorum@gmail.com) ‘n e-pos stuur. Onthou jou skuilnaam, maar onthou jou tegniek in fyner detail… Ons sien daarna uit om van julle te hoor!
Neil en ek (Annelise) maak beurte om proefkonyne te wees. 😉
Agtergrond en rationale
Die idee het ontstaan uit die vraag oor hoe mense masturbeer. Elkeen (die wat dit doen) het tog ‘n eie resep, een, of selfs ‘n paar tegnieke wat die groot “o” waarborg.
Ons het besluit om net twee kriteria te gebruik om die ervarings te beskryf: Tydsduur en Intensiteit. Ander aspekte sal in Kommentaar oor die ervaring aangespreek word.
Net soos Neil gedoen het, sal ek seker my gemiddeld moet gee sodat julle kan weet waarteen ek elke nuwe metode en ervaring sal meet.
Ek neem gemiddeld so iewers tussen sewe en tien minute om ‘n orgasme te kry. Ek besef hierdie is baie subjektief en onwetenskaplik (dis maar seker die aard van hierdie toets), want hoe vinnig dit vat hang af van goed soos hormone of my bui of hoe lus ek is voor ek begin masturbeer of hoeveel tyd ek het of frustrasie of nog baie ander dinge. Ek wonder nogal of dit is hoe mans en vroue verskil? Ons word deur so baie goed beinvloed, maar dit lyk asof mans al daardie dinge kan afstel en fokus op die taak? 😉
Net soos Neil beskryf het, sal ek my gemiddelde intensiteit as basis gebruik. Weereens sal dit nie noodwendig iets sê oor die effektiwiteit van die metode wat ek toets nie, omdat orgasmes by vroue soms juis groter en meer intens raak as dit langer vat om te gebeur of as dit die tweede of derde ene van die “sessie” is. Ek sal dit dus net met eerste orgasmes vergelyk wat ongeveer ewe lank gevat het om te ontplof.
Masturbasieverslag 1 – Annelise
Twee hande
‘n Vrou skryf : Ek sit gemaklik, bene effens wyd. Met een hand trek ek my klit-area/ boonste deel van my lippe op (boontoe) en oop; ek probeer om dit so ver as moontlik oor my skaambeen terug te trek. My klit is dan prominent en blootgestel. Ek vryf met die ander hand (vingerpunte) op-en-af (in die rigting van my lippe) daaroor tot ek kom.
Annelise probeer
Om twee hande te gebruik, maar net om op die klitoris te fokus, is ‘n nuwe tegniek vir my. Dit was nie fisies moeilik om te doen nie, maar die posisie het my dadelik ook om ‘n ander meer subtiele manier beinvloed. Die posisie is redelik kru/vulgêr/oop. (Onthou dis ek wat praat – nie een van daardie woorde is op die tradisionele negatiewe manier gebruik nie). Waar ek gewoonlik as ek alleen is, nie dink aan die “prentjie” wat ek maak terwyl ek masturbeer nie, kon ek hierdie keer nie anders as om daaraan te dink nie. My brein is maar my grootste seksororgaan en het daarom begin loop met meer as net die fisiese sensasie van die metode. (Hierdie is dus nog ‘n voorbeeld van die intense en totale subjektiewe aard van hierdie eksperiment, want sodra iets my brein ook gaan prikkel gaan dit ‘n ander ervaring veroorsaak. Ek kom baie min sonder ‘n storie in my kop, net agv stimulasie. So miskien sal ek met my deel van die toetse ook ‘n punt gee vir die “intellektuele prikkeling” van die metode? Ek sal daaraan dink. 😉 )
Ok, so terug na die metode. Die “oopheid” het veroorsaak dat daardie area vinniger droog geword het. Dalk kan dit juis die wrywing wees wat dan plaasvind wat vir die leser en ander oor die rand kan stoot, maar vir my was daardie deel nie so lekker nie. Dit het my klitoris te vinnig te sensitief laat voel – daardie soort sensitief waar mens iemand anders se vingers wil afhaal eerder as wil verwelkom. Of waar mens dan eerder ‘n tong nader sal wil nooi vir so bietjie nattigheid. Intellektueel was dit sexy, want ek kon fantaseer oor hoe dit sou wees om voor ‘n maat so te masturbeer vir hulle visuele plesier. Die meer vulgêre gevoel wat ek ervaar het, het dit vir my ook sexy gemaak soos wilde, dierlike, ongemanierde seks sexy is. So daardie was weer ‘n pluspunt.
Telkaart
Tydsduur: So bietjie langer gevat omdat die gebrek aan vog my gepla het en ook uit my fantasie laat glip het. 6/10
Intensiteit: Gemiddelde orgasme 5/10
23 COMMENTS
Vergun my om ‘n klip innie bos te gooi op die stadium.
Is jou gereelde seksmaat bewus dat jy soms sonder hom/haar se teenwoordigheid masturbeer ? Is hy/sy gelukkig daaroor indien dit bewus is ?…vra maar net…
Jip, hoekom op aarde sal ‘n mens se seksmaat ‘n issue daarmee hê as mens masturbeer wanneer hulle nie daar is nie?
Bloot die feit dat jyself gesê het as jy masturbeer is dit nie oor jou eie seksmaat nie…….
Hoekom op aarde sal jou seksmaat issues he as jy ander fantasiee gebruik as jy masturbeer? Hulle besit mos nie jou gedagtes nie? Moet jy selfs in jou gedagtes net aan hulle dink? Is daar sulke egoistiese, selfsugtige, jaloerse, self-centered mense daar buite wat hulle geliefdes se gedagtes ook wil besit en beheer? En as mens so ongelukkig is om aan so iemand te “behoort” waarom sal jy aan hulle se wat jy aan dink wanneer jy masturbeer?
Jou punt stel jy baie duidelik, lol…amper asof jy jou vererg het. Maar in die regte lewe is daar wel sulke absolute waansinnig-jaloerse mense wat haar maat nie hierdie vergunning toe staan nie….seker bang hy verloor sy belangstelling in haar….niks serious nie, ek wou maar net kombiekiehierders se menings hoor..
Ja, ek het my vererg. Nie vir jou en jou vrae nie, maar vir die idee van sulke mense. Jaloerse mense is my pet hate en daardie vlak van jaloesie waar jy selfs iemand se gedagtes wil beheer, maak my rasend woedend. Ek sal nie met so iemand getroud kon bly nie.
Rest my case, M’Lord…….ja dis sowaar ‘n siekte : Jaloesie.
Wen eens-getroude mense ooit egskeidings met jaloesie as hoofrede ?
jammer julle ek het dat ons skoon van die doelwit v/d gesprek afgedwaal het…
Dis baie interessant dat jy hierdie kommentaar begin met hoe mense verskil en hoe kompleks ons is, Lusman, want hier verskil ek omtrent loodreg van jou. Om oor my man te fantaseer werk juis nie vir my omdat dit die normale/alledaagse is wat ander emosies opwek soos veiligheid en intieme kennis van hom, maar nie regtig meer opwinding nie. Vir my is dit juis een van die normale, onvermydelike en hartseer dinge van jarelange verhouding – die seks word vir die meeste mense voorspelbaar vervelig – al doen jy wat. (Dalk is jy en jou meisie in ‘n nuwe verhouding?)
Die fantasieë wat vir my die beste werk is die laaste twee kategorieë wat jy noem. Iets wat nie regtig kan gebeur nie, kan in my kop regtig gebeur en iets wat nuut en waaghalsig en eintlik “ontoelaatbaar” is is vir my meer prikkelend as ‘n fantasie oor die bekende, normale.
Wys jou hoe verskil ons, ne? 🙂
Annelise,
Dis interessant dat jou belewenis van die vrikkelsessie so anders was as die bydraer s’n. Dit wys maar weereens hoe kompleks ons as seksuele wesens is en hoe so baie dinge ‘n rol speel. Jy slaan die spyker op die kop: die brein is die grootste seksorgaan en sal altyd die ervaring in wisselwerking met die fisieke stimulasie beïnvloed – en dikwels oorheers. En moenie dink dis anders by ons mans nie; ek kan glad nie genotvol skommel sonder ‘n erotiese prentjie nie. ‘n Visuele een op die rekenaarskerm help natuurlik. Maar uiteindelik is die fantasie wat daarmee saamgaan die deurslaggewende. En dan is daar natuurlik iets soos realiseerbare, naby-realiseerbare fantasieë en absurde fantasieë. Van die drie kategorieë gee eerste genoemde twee die meeste masturbasieplesier en laat dit jou die lekkerste kom. Want dit gaan saam met intimiteit.
‘n Realiseerbare fantasie kan wees om jou meisie, wat lank weg op reis is, te naai. ‘n Naby-realiseerbare een is om jou buurman se vrou te naai – wat jy as ‘n saak van beginsel dalk nooit sal doen nie. Dus, die lekkerste skommel is terwyl jy aan jou meisie dink – want daarmee saam gaan al die dinge wat jou opgeil as jy by haar is: die dinge wat sy sê, haar gesigsuitdrukkings, die geluide wat sy maak, die manier waarop sy haar lyf beweeg, ens. Dis dinge wat jy intiem ken en wat naby aan jou is – dit jaag jou gevoelens deur die dak terwyl jy jou vool vertroetel. In die geval van jou buurman se vrou ken jy haar dalk van oor en weer gesels en kuier en dalk van sien langs die swembad. Jy weet al dalk ‘n bietjie van haar seksuele voorkeure. Maar ‘n fantasie met haar sal nie die vlak van intimiteit hê wat jy met jou vrou/meisie het nie. Dus, terwyl jy nog gaan saad blerts met die gedagte aan haar oor jou kombuistafel gevou, gaan dit nie so lekker wees as met die beeld van jou vrou/meisie wanneer sy terug is nie.
Ek is omtrent seker dat vrouens ook baie meer genotvol vrikkel as hulle die persoon waarmee hulle fantaseer beter ken. Maar laat hulle maar self die woord spreek.
Prentjies. Prentjies. Het iemand gesê prentjies!
Annelise, ek hou van jou beskrywing van die “oop/jags” gevoel, ek ervaar dit ook soms!
Mensig, nou het jy ‘n prentjie in my kop geplant, en met kop bedoel ek nié hoof nie!
Wat ek nie sal gee om dit te sien nie…
Uit die vrou se stuk: “Ek vryf met die ander hand (vingerpunte) op-en-af (in die rigting van my lippe) daaroor tot ek kom.”
Kon ‘n bietjie spu of natheid uit die vulva nie die nodige vogtheid verskaf om die irritasie te verlig nie ?
Word die klit net met vinnige aanmekaar raak-raak gestimuleer of word die klit gevryf met vingers ?
Wel, my punt is dat dit met ander metodes nie nodig is om dit te doen nie.
Point taken. Wil jy miskien waag om ‘n alternatiewe, meer susesvolle metode te beskryf ?
Nope, ek toets net die metodes wat met my gedeel word uit. Ek respekteer die lesers wat dit instuur se input deur nie voor te geee of myself aan te matig dat ek op hulle metodes kan verbeter nie. (Dalk is die ongemak wat ek ervaar het glad nie eens ‘n issue by haar nie) 😉 Dis so ‘n persoonlike en subjektiewe ding wat vir elkeen anders werk. So ek kan op die meeste net my ervaring van elkeen weergee en ‘n punt vir my belewenis gee. Sonder judgement. Altyd sonder oordeel. 🙂
willie as ek reg kan onthou het sy prenkies belowe
Ai, Nas, soveel as wat vele van ons jou gedagte deel, moet ek uitwys dat daar geskryf is…” selfs prentjies kan gebruik word “…en NIE sal gebruik word….sug, ons kan slegs hoop…
Wag, waar het ek iets van prentjies gesê? :p
Dis Nas, juffrou, dis nie ekke nie !
Powerpoint is altyd beter. En…. Jyt al belowe sedert die hokkie groep fiasko dat jy in solidariteit dit sal doen om nuwe webpage te vier.
Haha!
Klink my julle wil mastrubasie gekompliseerd maak! haha! Die idee daaragter is dat jy dit (no1) moet geniet, (no 2) dit moet geniet en (no3) dit f**ken baie moet geniet! ongeag wie se prentjie in jou kom kom. (ok maar goed ek het nie ‘n prentjie nie anders sou julle net nagmêries kry)
Ek stem volkome saam. Waarom anders sal mens dit tog doen? 🙂