Kaptein, o my Kaptein (finaal)
deur Ramkat Erasmus
My kapteintjie sit kaalgat op die bed, met trane in haar oë. Ek staan by die venster en traai om nie vir haar te kyk nie. Daar staan orals bokse vol van haar goed wat ek die laaste week gehelp het om in te pak. Haar ma is siek en sy gaan Kaap toe om haar op te pas. Die army het haar verplaas Youngsfield toe en sy ry more.
As ‘n kar of bike olie lek, dan maak jy hom uitmekaar, check sy gaskets en goed, draai vas wat los is en sit die ding weer aanmekaar. Dan gooi jy olie of water by en die ding is reg. Maar girls werk anders. En ek het nog nie geleer watter spanners jy moet gebruik vir daai lek nie.
Ek en my Kaptein het in die army begin naai. Eers op ‘n Cruiser se bonnet, toe op my Busa en later op enige plek waar mens kan dink. Ek is mal oor haar lyfie, haar sappige boksie, die manier wat sy my laaik en my partykeer sommer uit die bloute uit bykom, maar ons het nog nooit gepraat oor of ons ‘n couple is, of nie.
Ek het nie stilgesit nie en ‘n paar ander girls gerev, maar altyd met ‘n rubber aan. (Mens moet nie kanse vat nie. As jy petrol in ‘n dieselenjin ingooi het jy kak.) Ek weet nie of sy ander ouens genaai het nie en ek vra ok nie, en sy’t my nooit gevra nie. Maar nou sit sy op haar bed en huil. Alles is gepak bealwe die lakens en kussings. More klim sy in haar kar en ry Kaap toe en die army kom haal haar goed en dan is sy weg.
“Moenie huil nie.” Sê ek flou.
“Fok jou” sê sy.
Okeeiii… Hierdie chat gaan nie ‘n happy ending hê nie…
Sy staan op en loop met daai cute wikkelende gatjie van haar uit die kamer uit. Ek hoor hoe sy haar neus blaas in die badkamer en dan is dit vir ‘n rukkie stil.
As sy terugkom het sy ‘n bottel wyn en ‘n bier by haar. Sy gee die bier vir my en gaan sit weer met gekruisde bene op die bed. Sy maak die wyn oop en vat ‘n swig sommer so uit die bottle uit. Ek is bietjie surprised want ek het haar nog nooit uit die bottel uit sien drink nie.
“Ek gaan nie wyn uit ‘n polystyrene koppie uit drink nie” sê sy.
“Sure” brom ek. Ek bedoel, ek gee nie ‘n fok om hoe ek my bier drink nie, solank dit uit die bottel is. As sy haar wyn uit die bottel wil drink is dit fine…
“Soldaat. Ons moet praat.”
“Ja, Kaptein” sê ek voor ek myself kan keer.
Sy kyk by die venster uit en ek kyk vir daai lyfie, die blonde pony-tail, haar tieties en die strepie hare bo haar boksie en die ou dipstiek begin sommer opstandig raak. Maar ek weet, dis die verkeerde tyd en plek.
“Daai eerste dag…”
En ek smaail.
“Fokkof. Daai eerste dag het ek jou net seduce omdat ek regtig horny was, en jy was die beste ding op die basis.”
Ek DINK dis ‘n compliment.
“Maar jy het my verras”
Nie helfte soveel soos jy MY verras het nie, dink ek.
“En ek kon jou nie uitlos nie.”
“Dit maak twee van ons” kry ek uit.
Sy smaail. “So, jy kan my OOk nie uitlos nie?”
Ek smaail.
“Wil jy met my trou?”
Ek skrik so groot soos ‘n ou wat skielik ‘n bees in die pad sien as hy 200 k’s per uur op ‘n bike doen. (En ek weet hoe groot daai fokken skrik is)
Sy lag, en ek weet nie lekker wat die fok nou aangaan nie.
“Moenie bekopmmerd wees nie soldaat, ek het nie sulke planne vir jou nie.”
O, ja?
“Jy kan nie jou besigheid los nie, en ek kan nie my ma los nie… So, al wat oorbly is, ons moet mekaar los.”
Ek kyk vir die cute klein kak wat kaalgat op die bed sit en wyn uit die bottel suip en skielik strip ek my moer.
“Ons kan nie sommer net ophou nie!”
Sy vat ‘n swig, smaail en sê: “Gaan jy naweke afry Kaap toe op jou Busa?”
“Nee fok… Maar jy… Jy… Fokkit Kaptein…”
Sy sit die bottel neer en staan op. Kaalgat kom sy tot by my borsbeen. Sy trek my kop af na haar gesig toe en soen my op die bek.
“Moenie nou goed sê waaroor jy later gaan spyt wees nie.”
En sy soen my weer.En dan pluk ons my klere uit en ek is bo-op haar en wil net begin spyker, maar sy keer my, draai my op die rug en begin my saggies soen. Sy begin by my gesig werk haar pad af na die ou pielman toe, gee hom ‘n suigie of twee en dan vry sy my bene tot by my tone.
“Wat maak jy?”
“Ek memoriseer jou” sê sy en vat die dipstiek vas.
Die volgende paar ure doen sy goed aan my wat geen girl nog ooit aan my gedoen het nie. En as ek uiteindelik soos ‘n BMW, wat ‘n gat in sy radiator gekry het, op my rug lê en blaas, vryf sy ‘n handjie oor my bors en fluister in my oor.
“Ek was nog nooit vir ‘n man lief nie.”
Ek luister.
“Maar jy het my oorgeneem.”
Ek luister. Want ek is te fokken bang om iets te sê…
“En nou gaan ek jou los om te maak wat jy wil. Jy kan naai wie jy wil. Jy kan selfs trou as jy wil. Maar as jy in die Kaap kom…”
“Ja?”
“Is jy myne.”
-0-
As die son oor Pretoria opkom soen ek my kapteintjie ghoebaai. Ek stoot die Busa in die driveway af tot in die pad. Onder in die dippie start ek hom. My oë traan befok, want dis koud en ek het die helmet sy visor oopgelos. Ek weet ek gaan haar nie gou weer sien nie. En ek kan naai wie ek wil. Sy’t so gesê.
Fokkit. Some guys have all the luck.
-0-
Ek maak die visor toe, maar somehow wil my oë nie ophou traan nie.
5 COMMENTS
So kom alle goeie dinge op ‘n einde. Fokkit, die was ‘n lekker storie !
Ek het dit geniet!!!! Bring haar terug!!!!
Simpel stomp einde. Die hele storie was eintlik vlak. Die karakters was plat, sonder ontwikkeling en die plot soos ‘n stuk droë brood.
Jy klink soos ‘n wannabe snob.
nee marli, jy is stomp en droog, en ffffffff stadig