Filmstel met ‘n verskil
deur Geriatrix
“Haai ou, hou volgende naaiweek oop.”
Dit is nou Jorge, Maria se broer wat so opgewonde bel. Ek luister mooi, want Jorge se Portugese aksent verwring soms sy Afrikaans. “Het jy gesê naweek of naaiweek?”
“Hel, man, jy word by die dag meer doof! Ek het mos mooi duidelik gesê naaiweek.”
My ore is gespits en ek luister aandagtig verder. Jorge het baie kontakte en hy (en glo nou ek ook) is genooi om volgende naweek van Vrydag tot die Maandagoggend saam met ‘n Duitse filmspan na een van hierdie superluukse lodges in Limpopo te gaan. Jorge beduie dat hierdie nou nie ‘n natuurprogram is nie maar iets heeltemal anders – die Duitsers kom maak ‘n program, en nou kan hy nie onthou wat die man gesê het nie, maar blykbaar is daar beeldskone meisies en welbedeelde manne wat hulle dinge daar by die lodge kom doen.
Ons moet net sorg dat ons teen Vrydag na middagete by Lanseria is; gemaklike klere bring en natuurlik ons eie skeergoed en sulke items. Vir die res sorg die Duitsers. Uit die aard van die saak is ek natuurlik nuuskierig oor die hele projek, maar Jorge weet ook nie veel meer nie – behalwe dat ons twee en blykbaar van die dames in die groep genooi is om ‘deel’ van die film te wees, nie een weet in watter hoedanigheid nie.
Toe ons ou paar Suid-Afrikaners op Lanseria aankom, was die vliegtuig reeds op die aanloopbaan – besig om kratte en kratte toerusting te laai. Toe hulle klaar gelaai het, stap ons aan boord; om onmiddellik met ‘n oorverdowende lawaai in Duits begroet te word. Die gasheer heet ons in Duits welkom, ek verstaan miskien een of twee woorde, maar dié wat ek wel verstaan het, sluit goed in soos ‘ficken’, ‘möse’ en ander amper bekende terme. Ons kan nie werklik die ander passasiers sien nie en moet maar verlief neem dat ons hulle by die lodge sal ontmoet.
Die vliegtuig land toe by die lodge se privaat aanloopbaan (ek het gedink ek weet van die meeste aanloopbane in die Noorde, maar hierdie een was vir my nuut). Dit is blykbaar om die privaatheid van die lodge se besoekers te beskerm. Die lodge se busse was gereed en ons het almal na die hoofgebou vertrek waar ons soos te verwagte met die beste drankies en versnaperinge ontvang is. Daar was seker so tien werklik aanvallige meisies, ek skat nie een was veel ouer as so middel dertigs nie en dan die Adonisse – hierdie ouens het sulke kort spanbroekies aan – natuurlik om hulle ‘bates’ te vertoon. Ek sien onse dames kyk so na hierdie manne en skud dan net hulle koppe. Ek vra toe wat die probleem is, na so ‘n ruk antwoord een: “hulle is net voël en niks anders nie!”
Die meisies is regtig mooi, maar hulle lywe is melkwit weens die winter in Europa, elkeen is gebou soos iets uit ‘n ander wêreld, maar as ek hulle met ons Suid-Afrikaanse meisies vergelyk, steek hulle tog af. Een van die dames is ouer as die ander en ek neem aan sy is seker die regisseur of so iets. Sy staan so en luister na ons gesprek en toe kom sy nader – ek wou sê haar gesig lyk bekend, maar ek was nie seker nie; dit is darem al ‘n paar jaar gelede dat ek haar in ‘n video gesien het. Toe sy by ons is, sien ek dat haar gesig dalk effens ouer lyk, maar die figuur is nog net soos ek dit onthou. Sy spreek ons op Nederlands aan – dit blyk toe dat sy in België gebore en getoë is en dus vlot Nederlands en Frans kan praat asook dan natuurlik Duits, want dit is waar sy ‘werk’.
Sy vertel ons toe van die projek; die Duitsers maak ‘n film, nou goed dit is eintlik ‘n porno-video en hulle soek na ‘n plek waar dit lekker warm is, want by hulle is dit nog winter en hulle kan nie werklik tonele in die buitelug skiet nie. Die span het die lodge vir die hele naweek gehuur en skietwerk sal sommer nou begin, sodra die tegnici al die toerusting opgestel het. Ons vra haar uit oor die storielyn en sulke goed, maar sy sê daar is nie eintlik ‘n storielyn nie – ‘de jongens en die meide neukt voort soals sij wil. Dat is bloot een ongeorganiseerd neukery’. Ons ou paar Afrikanertjies bars uit van die lag toe sy dit sê. Sy kyk ons verbaas aan tot ons verduidelik dat die Nederlandse neukery hier ‘n totaal ander betekenis het.
Dit is lekker warm en skielik het byna al die Duitsers al hulle klere uit – tot groot vermaak van die Suid-Afrikaanse tegnici wat hulle verkyk aan die skielike oorvloed van pramme en dose om nie te praat van die Adonisse met hulle moerse piele wat punt in die wind staan nie. Een van die dames het ons later vertel dat al die manne ‘verlengstukke’ gebruik, dit verleng glo die lengte met tot 55 mm! Sy sê mens moet baie mooi kyk om dié ding raak te sien – die kameras het glo een of ander meganisme om hierdie ding uit te redigeer. Sy kon nie werklik met die naaiery ‘n verskil agterkom nie – behalwe dat die ding effens verder kan ingaan.
Die woordvoerder vertel ons toe dat hulle ook ekstra medikasie gebruik om die moerse ereksies te kan handhaaf – al probleem is dat die medikasie na so ‘n paar jaar nie meer werk nie en dan moet hulle op die kantlyn sit en kyk.
Terwyl ons nog so staan en praat, pluk die woordvoerder al haar klere af – en ja dit is die dame wat ek van die video onthou, nog steeds met haar woelige bos waar byna al die ander kaal geskeer is. Ons moet haar verskoon, haar scene is nou en sy moet optree.
Nou kan ek in werklikheid sien wat ek nog net op die video gesien het. Ek, en ek moet erken, al die ander lede van ons groep, was baie nuuskierig oor hoe hierdie ding nou gaan gebeur. Ons staan almal so na as moontlik aan die toneel voor ons om nou mooi te sien wat gebeur. Moet sê dit was nogal soos die Engelse sê ‘n ‘comedown’ – in plaas van die ou die meisie warm vry en dan sy dik swingel in haar indruk, is dit ‘n geval van hou die voël voor die doos, kamera fokus kort en lank en dan staan die man terug en neem eers ‘n sluk water terwyl die meisie iets aan haar hare doen en die grimeerkunstenaar haar gesig regmaak.
Dit is die eerste keer dat ek sien hoe enige film gemaak word en dit is nogal anders as wat ek sou dink, daar is geen aaneenlopende aksie nie; elke stukkie word apart verfilm en dan later aanmekaar gesit. Maria wat heelwat van die goed weet, verduidelik vir ons dat dit soms dae neem om ‘n paar minute se aksie vas te lê. Nou kyk, ek geniet die voltooide produk, maar hierdie stuksgewyse gestekery is nie my idee van naai nie. Wat die snaakste van alles is, is dat wanneer die kamera draai, maak die meisie die beste genotsgeluide, maar sodra die kamera stop, sit sy haar gewone gesig op.
Ons het die opnames gekyk en later verveeld geraak en in die lodge se kroeg gaan sit – van ons dames het gewonder oor of daardie moerse piele regtig is en of hulle verlengstukke gebruik. Van hulle het toe onderneem om te kyk of dit regtig is en later terug te rapporteer. Hier teen skemerdonker het die filmspan ingekom en verdere tonele in die kroeg en sitkamer geskiet. Moet sê hierdie mense werk baie lang ure, maar of hulle dit nou geniet, weet ek regtig nie.
Ons het lekker saam met die Duitsers gekuier – hoewel die taal soms gesukkel het – hoe later dit geword het, hoe makliker het ons Duits en hulle Engels gepraat. Jorge en ek het vroeg gaan slaap, want ons is nie meer vandag se kinders nie. Van ons dames, en ek wil nie weet wie dit was nie, het glo van die Adonisse kamer toe gevat. Uit hulle gesprekke die volgende oggend moes ons aflei dat die avontuur toe nie so goed afgeloop het as wat hulle gedink het nie – die manne naai net soos asof hulle films maak; vryf so ‘n bietjie, druk dalk die punt in en dan staan hy terug om eers gou sy beeld in die spieël te bewonder of water te drink. Van, soos een van hulle dit genoem het, ‘n boerenaai met aaneenlopende aksie was daar nie veel sprake nie – elkeen van die manne het met ‘n groot gedruis gekom en die hele kamer vol gespuit en dan omgetiep om snorkend aan die slaap te raak.
Die hele Saterdag het ons of op die filmstel of in die kroeg deurgebring. Naderhand was die gestekery ook nie meer so aanvallig nie en ons het amper begin gaap. Teen die middag het die ouer een so ‘n bietjie rus gekry en sy en ek het toe lekker gesit en gesels – snaaks hoe min Suid-Afrikaners werklik gemaklik met Nederlands voel, want my maatjies het later een vir een van die gesprek onttrek omdat hulle nie die Nederlands kon volg nie. Sy is al amper vyftien jaar in die bedryf en toe ek haar vra hoeveel piele sy al in haar gehad het, het sy net gelag en gesê sy het geen idee nie.
Ons het oor alles en nog wat gesels en toe meteens vra sy of ek darem hou van wat ek sien – en daarmee maak sy haar bloes oop – die pramme wat ek hier voor my sien, is dieselfdes as wat ek van die video onthou. Om die saak nog verder te vertroebel, maak sy haar rok se band los en laat dit op haar voete val – dieselfde doos as in die video!
‘n Man is mos net tot soveel verleiding in staat en ek staan nader – sy stel voor dat ons na haar kamer gaan en ons voeg die daad by die woord. In die kamer wil ek sommer met die deur in die huis, of dan die piel in die doos val, maar sy keer; nee nie so vinnig nie – jy het mos blykbaar ‘n reputasie dat jy behoorlik kan vry; bewys dit!
Nou was dit my beurt om my vaardighede te vertoon – aan die begin het sy nie werklik soos te verwagte gereageer nie – sy het bloot die reaksies getoon wat sy tydens die filmmakery vertoon het, maar hoe langer hoe beter en naderhand het sy ook begin saamspeel – tot so ‘n mate dat van haar spanlede kom kyk het hoekom sy so gil. Blykbaar het die regisseur dele van die aksie opgeneem en wil dit nou as deel van die projek gebruik. Sal maar sien.
Jorge is glo die kundige op die gebied van wildkyk en hy reël toe dat van die manne en dames Sondag op ‘n besigtigingstoer gaan. Die jong ‘veldwagters’ weet waar al die wild is en moet natuurlik die voertuie bestuur en hulle gaan dus ook saam. Sommer met die wegtrekslag sien ek dat hier iets gaan gebeur waarvoor die Duitsers nie voorberei het nie – almal is poedelkaal in die fel Suid-Afrikaanse son op die voertuie. Nie een het ‘n stuk klere saamgebring nie, want hulle wil mos ‘tan’.
Die veldwagters is goed opgelei in die kuns om buitelandse besoekers te vermaak en sommer gou het hulle van die dames op die voorste sitplek gehad en vir hulle gewys waartoe ons mense in staat is. Die ander het glad nie omgegee dat hulle spyker nie en het eerder na die diere gekyk as hoe ons mannetjies presteer. Jorge vertel my later dat die manne nou nie regtig met die aktrises beïndruk was nie – soos een dit gestel het: “Net as jy jou ritme en slag reg het, skreeu iemand ‘CUT’ of altans dit is soos hulle dit gehoor het’ en dan staan sy op om eers water te drink of haar gesig te laat regmaak.” Na middagete in die veld het almal onder die bome gaan skuins lê op die komberse wat die lodge verskaf het – nog steeds sonder enige beskerming teen die son! Een van die jong manne vertel ons later hoe moeilik dit is om ‘n meisie te spyker as sy so rooi soos ‘n tamatie gebrand is en dan niks of enigiets naby haar seer lyf kan toelaat nie.
Hulle het glo tydens die besigtingstoere ook ‘n paar tonele geskiet, maar moes later ophou, want die akteurs en aktrises se lywe was so seer gebrand dat hulle nie kon voortgaan nie. Wat ek wel weet, is dat Maandag op die vliegtuig bitter min gepraat is en hulle nie gou genoeg by dokters op Lanseria kon uitkom nie
Sondagoggend was ek vir alle praktiese doeleindes ‘n nul op die kontrak en ek het toe maar net ontspan. Later die middag was my vriendin weer terug – met twee van haar medespelers. Moet sê dit was besonders uitputtend, maar elkeen van die Duitse meisies het darem ‘n stukkie van ‘n eg Suid-Afrikaanse piel gekry en hulle het dit baie beter gevind as die kunsmatige voëls van die Adonisse.
Die filmspan het ons vertel dat hulle goed beïndruk was met alles by die lodge, dat alles in terme van die Euro ‘so goedkoop’ is. Jorge, wie se oë nie maklik rek nie, het amper op sy rug geval toe hy die faktuur in rand sien. Selfs die euro bedrag was vir hom iets om glo. Die kos was glo buitengewoon, maar die een ding wat hulle nie kon verwerk nie, is pap. Van hulle het dit glo probeer, maar dit het in hulle kieste vasgesteek.
Uiteindelik is ons toe Maandag huis toe. By die huis kyk ek toe weer die video van lank terug en ek sien in die kommentare dat almal wonder wat haar naam is? Almal het gespekuleer, maar niemand kon blykbaar vasstel wat haar naam is nie. In daardie tipe films is daar mos ook nie ‘n volledige lys van akteurs nie.
“Was dit lekker en het jy geniet om haar te spyker?” Dit is een van die dames wat so oor my skouer geloer het. “Ja, en net soos julle seker ook die Adonisse geniet het?” “Wat was nou weer haar naam? Ek kan nie onthou dat sy haarself ooit voorgestel het nie?”
Tot vandag toe weet ek nie wat haar naam is nie – al wat ek weet, is dat ek haar die eerste keer lank terug in ‘n video gesien het en toe onlangs die geleentheid gehad om haar in die vlees te sien en haar ook te spyker.
4 COMMENTS
Willewil en Jan,
Dankie vir die kommentaar – ek neem met dank kennis (nie soos in die ou dae se kerkraadsvergaderings – met leedwese nie).
Om heeltemal eerlik te wees – ek raak soms bang vir die ‘harde’ skrywe. Raad van jou en die ander manne oor dié opsig asseblief.
Moet sê – ek dink ook die professionele dames kom nie naby onse gewone meisies nie – ongelukkig is dit nie uit persoonlike ervaring nie maar bloot wensdenkery. Mens kan mos maar wensdenk.
Geriatrix die ‘harde’ skrywe , soos jy dit noem, moet natuurlik uit jouself uitkom. Al het jy nie die ervaring daarvan nie is dit hoe jy jou gedagtes, begeertes, drange en sekswense in woorde omsit maki saak hoe erg nie.
Dit is maar die logiese gevolg aangaande die professionele dames. Sodra iets gedoen moet word vir vergoeding verdwyn alle kwaliteit van “persoonlike” benadering. Dis ‘n job, deliver the goods!.
En net so bederf jy al my fantasieë van hoe lekker dit is om n’n pornster te spyker.
Ek sal maar hou by my boere vrou.
Lekker gelees. Dankie.
Mooi beskrywend milieu en agtergrond en idee Geriatrix.
Vir my persoonlik het dit egter bietjie ‘lou’ gelaat en asb. ek skiet jou nie af nie, jy’t al te veel asemrowende, seksbelaaide vol andrenalien verhale vir ons geskryf wat ek baie geniet het.
Dis asof hierdie net ‘n verslag was met geen vleis om te geniet nie. My mening, die ander manne geniet dit dalk terdeë!
Moenie ophou skryf nie !