Ek wil weer langs jou lê
deur Wille Will
Nakend. Langsmekaar.
Jy op jou rug, een hand op die kussing tussen jou bruin-rooi krul hare en die ander hand, palm na bo, op jou voorkop.
Jou oë is toe, met die lang wimpers, en daar is ‘n ligte sweetklammigneid om jou neusvleuels.
Jou vol lippe is effens oop dat mens die wit van jou tandjies net-net kan sien soos jy egalig asemhaal.
Op jou witte nek kan mens ‘n aar sien klop.
Ek lê op my sy langs jou en rus my hoof op een hand terwyl ek na jou kyk en met my ander hand maak ek sagte sirkeltjies om jou wynrooi tepels op jou vol wit borste. Jy is vir my so smagtend mooi dat ek soms bang raak. Bang raak ek sal my oë oopmaak en jy is nie daar nie. Dalk net ‘n droom.
My vingers raak-raak nou net aan die kersies en ek kan sien hul begin verstyf. Jou neusvleuels gaan nou vinniger oop en toe en ek kan hoor jou asemhaling begin effens versnel. My oë dwaal af oor die effe molligheid by jou ribbes tot by jou magie wat bietjie uitbult met die naeltjiering in jou naeltjie en jou bene wat wydgespreid lê. Tussen jou bene sien ek die bult van jou mons met die klein klitringetjie wat prominent uitstaan.
My waarneming eggo in my onbesnyde voël wat slap op jou een dy gerus het en nou kloppings voel wat dit laat begin rys.
Ek buk af en neem een van jou goddelike tepels in my mond terwyl my vingers nou spore loop tussen jou borste af tot by jou magie. Jou tepel is nou rosyntjie-styf in my mond soos ek dit rol en suig en ek voel jou hand skielik dringend streel deur my hare.
Met my handpalm maak ek nou sirkels op jou maag en spêr dan my hand oop en vryf met my duim en pinkie weerskante in die gleuwe van jou dye in. Ek het my mond nou na die ander bors verskuif waar die tepel asof afwagtend stokstyf staan.
Soos wat my middelvinger jou holletjie se opening vinnig in-en- uit ‘n paar keer terg hoor ek jou, nou, vinnige asemhaling fluister: “Bokka … bokka …”
Dan knyp my wysvinger en ringvinger jou poesielippe teen mekaar terwyl my middelvinger nou die klitringetjie aanmekaar trek en los, trek en los.
Ek lig my kop op en kyk in jou smarag groen oë wat nou wyd oop is. My voël wat nou stokstyf is lê soos ‘n stuk lood wat klop op jou dy. Ons oë flits en weerkaats vir mekaar, in sekondes wat in die lug hang, alles wat ons is: ons begin, ons seer en vreugde deur die jare, ons oorgawe en vertroue nog steeds, ons samesyn … ons oomblik van NOU.
Ek voel hoe jou bene nog verder oop skuif en dan rol ek my liggaam bo-op joune. Jou een hand neem my vibrerende voël vas en rol dit vinnig ‘n paar keer op en af voor jy dit in jou poesopening indruk terwyl jou ander hand my hoof afbring na jou oop verruklike lippe. Soos ons monde vassuig inmekaar met soekende tonge, gly my voël ten volle op in jou genotgrot tot ons liggame soos een vlees teenmekaar is.
Jou mond ruk weg uit ons soen en jy hyg: “Ry my … ry my … soos nog nooit vantevore.”
Jou vingernaels grawe in my skouers in as ons die oudste dans in die mens se bestaan inlei.
Wat met’n stadige afgerekte in –en-uit tango passie begin, verander in ‘n al hoe vinniger samba wat oorgaan tot ‘n ruk-en-rol.
My hande hou aan jou skouerknoppe vas terwyl jy met ‘n aardse gulsigheid my oë, wange. neus, voorkop en mond soen en verslind met jou lippe. Ons liggame klap nou ongenadiglik met onbeheersde spoed en passie teenmekaar en ek besef, soos wat ek my klimaks voel opstoot, dat ek beheer verloor het.
Ek byt my onderlip hard en kouend om te probeer terughou, maar dan red jy my as jy met ‘n gil in klimaks ingaan. Jou heupbene maak eintlik seer soos jy nou my hele liggaam wil inneem met harde stampe. Ek kom met lang rukkende strale van onvergelykbare genot in jou goddelike liggaam en kan aan jou snakke hoor dat jy hierdie oomblik ook ervaar en met my deel … ons is een … soos altyd.
Ek wil weer langs jou lê