Jurie gee ‘n laaste plukkie aan die teuels en Nina staan stil. Hy tuur oor die groen klowe en koppies ver onder hom. Hy het met sy perd op ‘n hoë bergtop van die Natuurreservaat waar hy huidig werksaam is as junior entomoloog vir sy honneursgraad stilgehou.
Hy swaai uit die stiebeuels uit en bring die teuels oor Nina se maanhare en vryf oor haar neus. “Ons rus bietjie, ounooi, dan vat ons weer die pad terug,” praat hy hard en gooi die teuels dat dit ‘n paar keer rol om die Kareedoringboom se tak waar hulle staan. Nina skud haar neus met ‘n proes en laat sak haar kop om aan die gras te begin peusel. Hy stap ‘n paar treë tot by ‘n uitstaande rots op die rand van die krans. Hy skuif die wyerant hoed effens terug van sy voorkop, pluk ‘n grasspriet wat hy in sy mond sit en plaas sy een stewel rustend op die rots. Hy’t ‘n ligbruin seemsleer baadjie
met skaapwol aan die binnekant om sy bo-lyf met ‘n geruite rooi hemp daaronder. Om sy heupe dra hy ‘n blou Wrangler wat op die knieë en boude al verbleik het.
Jurie drink die skoonheid in van die lappieskombers van die lande in die vallei onder hom. Hy gooi die grasspriet weg en stap terug na die boom waar Nina staan en herkou. Hy skuif sy denim se ritsluiter af en haal sy voël uit en pis teen die boomstam dat die wasem opslaan in die dun luggie bo-op die
krans. Nina lig skielik haar kop hier voor hom op, wikkel haar ore en gee ‘n gesteurde runnik terwyl sy met een voorhoef teen ‘n klip kap. Hy swaai om dat sy pis so’n straal maak oor die gras om te sien of daar iets agter hom is.
Hy kyk vas in ‘n dubbelloop Mossberg-haelgeweer wat gesentreerd is op sy bors. Die twee hane van die geweer weerklink as dit oorgehaal word en ‘n vrouestem van bo-op die swart hings hom aanspreek: “Wat soek jy hier op ons plaas, is jy ‘n wildstroper?”
Hy lig sy arms outomaties op in die lug. Sy’t hoog opgerygte kamaste aan wat teen die blad van haar perd knyp.’n Roomkleurige rybroek met ‘n khaki kortmouhemp en twee ponie sterte weerskante van haar gesig rond die prentjie vir Jurie af terwyl hy vinnig opkyk.
Hy keer die son met sy een hand, want haar gesig is net ‘n skadu kol en antwoord : “Eerstens is ek op die natuurreservaat se grond en ten tweede hou ek nie van vuurwapens wat op my gerig is nie.”
Sy huiwer nog vir ‘n halwe sekonde, maar dan lig sy die geweerloop op in die lug en ontspan die hane. Sy spring rats van die perd af en stap tot by hom. Haar groot blou oë meet hom op en af. Met die wipneusie en die kuiltjies om die gul ronde mooi lippe is sy eintlik baie aantreklik. Daarby het sy twee vol borste wat strem in die hemp wat in haar styfpassende broek ingaan. Wyerige heupe.
Die kuiltjies verdiep wanneer sy met ‘n glimlag sê: “Die grensdrade hier agter my in die kloof word gereeld deur die bergbokke platgetrap en dit kan mense verwar. Ek vergewe jou.”
Sy gaan sit op ‘n miershoop. “Ek’s jammer vir my aanslag maar mens kan deesdae nie versigtig genoeg wees met die wetters nie.” Sy gee ‘n laggie: “Jy kan maar ontspan hoor en jou hande laat sak.”
Dit lyk asof daar ‘n blossie op haar wange kom as sy vervolg: “En bêre daai lang ding, dit trek net mens se aandag af!” Haar kop gaan agteroor op haar skouers wanneer sy uitbundig lag en dit weerklink in die kranse.
Jurie laat sak sy arms en kyk verleë af na waar sy penis nog by sy denim se gulp uithang. Hy draai sy rug na haar, bêre sy voël en trek die ritssluier op voor hy weer omdraai na haar toe.
“Ek vra verskoning, jy het bietjie onverwags en skielik, hier opgedaag.” Hy’t weer kalmeer na sy verleëntheid.
“Ag los dit, ek’t met vier broers groot geword, dis niks nuut nie,” glimlag sy op na hom. “Sê nou vir my wie is jy en van waar kom jy dat ek jou nie ken nie?”
Jurie gee ‘n treë nader na die miershoop en hurk. Haar groot oë is nou soos poele wat hom wil inkolk. “My naam is Jurie Mentz en ek is ‘n honneursstudent van Maties wat aan die prakties van my tesis werk hier by die natuurreservaat.” Hy tel ‘n stokkie op en breek dit in kleiner
stukkies tussen sy sterk vingers. “Mag ék jou nou vra van waar, Gehasi?”
Sy skud haar poniestertjies en sê: “Ek hou vakansie hier op my Pa se plaas. My naam is Marlese.”
Hulle knik elkeen erkenning vir mekaar, maar dan staar hulle net in mekaar se gesigte.
Marlese kyk eerste weg en tuur ook na die vallei onder hulle. Jurie kug, maar voor hy kan praat swaai Marlese terug na hom en vra: “Hoe oud is jy, Jurie? Het jy ‘n meisie?”
“Nope, ek’s nou so twee weke hier en jy’s die eerste jong mens … eerder jongvrou wat ek ontmoet, want by die Varsity het my studies altyd eerste gekom. Ek word Augustus 27 jaar oud. En jy?” Hy gaan sit nou plat op sy boude op die gras.
Sy staan op asof die vraag haar ongemaklik maak. Sy lig haarself op haar tone en strek haar arms ver agteroor op in die lug so asof sy strek. Jurie staar na die ronde borste wat in die lug optoring en die hemp vertoon ook nie ‘n gram vet daaronder nie tot waar die weefstof rybroek styf om haar dye pas en jy die gleuf tussen haar bene net-net kan sien. Hy skuif sy bene teen mekaar want hy besef hy kry ‘n horing!
Marlese sak terug op haar hakke en draai na hom met ‘n uitgestrekte hand: “Hou jy van swem? Kom ry saam na my watergat waar niemand anders ooit kom nie en dan vang ons ‘n ‘dip’.” Haar oë aanvaar die antwoord vooruit en hy neem haar hand en laat haar toe om hom op die been te help. Sy gee sy hand ‘n drukkie voordat sy weer flink op haar perd klim. “Ry agter my aan, dis nie eers ‘n halwe kilometer van hier af nie.”
Jurie maak Nina se teuel los van die boom en hys homself in die saal. Hy trek sy wolbaadjie uit en vou dit in ‘n rol wat hy onder die saalknop inskuif.
“Tsk … tsk,” por hy Nina aan en draai haar skerp na links agter, waar die paadjie oor die kim verdwyn. Toe hy die skerp helling begin afrem met Nina sien hy Marlese en haar swart hings reeds teen die volgende gebergte opklim. Hy konsentreer dat Nina nie skeef trap nie totdat dit gelyk is en hulle ook begin klim. Marlese is egter alreeds uit oog uit. Tussen die erg klipperige grond gaan die klim maar moeisaam, maar skielik is Nina se voorpote op die kruin en hulle skuif daaroor. Hulle staan nou op ‘n plato. Marlese se swart hings staan so tien meter van Jurie af en drink water uit ‘n groot poel wat daar tussen die kranse op die leiklip uitloop. Jurie spring af en lei Nina tot langs die swart perd waar sy dadelik buk en begin water drink. Hy los die teuels dat sy vry staan en sien dan vir Marlese waar sy langs die water staan en besig is om haar poniesterte los te maak. Haar oprygstewels staan netjies langs mekaar en die opgevoude rybroek en khakie hemp lê daar bo-op. Haar rug is gedraai na hom, maar hy kan die dun bandjie van haar buustelyfie oor haar rug net onder haar skouers sien en ‘n swart kant broekie wat om haar boude span.
Hy voel sy voël wil weer rys, maar hy druk hom plat en haal sy hoed af soos hy naderstap. Sy stewels knars en sy swaai om waar sy staan. Jurie trek willekeurig sy asem op. Haar lyf is vlekloos mooi! Haar swaar borste beur teen die semi-koppie kegels van haar bra en die tepels loer half-skaam tussen die kant deur. Haar lyf is bruin gebrand en gee ‘n goue gloed af. Onder haar tiete sien hy haar spiertjies beweeg saam met die aksie van haar arms waar sy die rekkies uit haar hare haal. Daar is nie ‘n gram vet aan haar lyf nie! Haar dun middel dy uit in haar heupe waar hy weereens die gleuf sien invou in die kantbroekie.
“Nou toe moenie staan en staar nie, trek uit of gaan jy met jou boots aan swem?” lag sy van onder uit haar ken uit terwyl sy met die oorblywende perdestert se rekkie sukkel. Hy gaan sit vinnig langs haar stewels en pluk met moeite sy eie kamaste af. Hy spring op en maak sy broekgordel los en trek sy Wrangler af. Na die een been uit is, spring hy ‘n oomblik op die been om die ander broekspyp ook oor sy voet te kry. Hy vou die
broek en plaas dit ook op sy stewels. Wanneer hy regop kom om sy hempsknope los te maak staan Marlese skielik reg voor en amper teen hom. Sy stamp sy hande weg en begin self sy knope losmaak. Sy kyk reguit in sy oë met haar groot kykers terwyl haar hande met die knope besig is.
“Ek skuld jou nog ‘n antwoord. Ek is twintig, werk in ‘n dokter se spreekkamer in Jo’burg wanneer ek nie hier by my ouers kuier nie.”
Die laaste hempsknoop is los en sy skuif met haar handpalms die hemp van sy skouers af.
“Ek het ‘n vaste kêrel gehad … Robert, maar hy het ander weiveld gekry en my skielik gelos.” Sy laat haar kop ‘n oomblik sak, maar kyk dan weer met ‘n vonkel in haar oë op in sy gesig terwyl haar hande saggies vryf tussen die hare op sy bors.
“Ek mis hom … of eerder ek mis ons intimiteit. Hy’s die enigste man wat nog ooit by my geslaap het.” Marlese uiter ‘n skugter laggie. “Ek het baie van seks gehou.”
Jurie sien net die kuiltjies om haar mooi lippe en kan homself nie meer inhou nie. Hy streel tentatief oor haar mond met sy lippe en as haar lippe oopgaan druk hy sy mond oor hare en drink haar in. Hul tonge verstrengel hartstogtelik en sy hande gaan om haar skouers sodat hy haar teen sy lyf kan vas druk. Haar hande skuif op na sy gesig en druk tussen sy hare sy gesig in hare in. Die perde proes tevrede hier langs hulle.
Sy hand voel die bandjie van haar bra en met geluk hak hy dit los die eerste keer. Hy laat dit egter losval en skuif met sy voorvingers weerskante van haar rugstring op en af totdat sy vingers haar pêntie voel. Sy hande gly in haar broekie in en hy omvou haar boudjies met ‘n harde druk.
Marlese se mond trek haar lippe terug uit syne.
“W-h-oa!” hyg sy. “Jy soen flippen lekker, is jy seker jy wil aangaan?” Weereens wag sy nie vir sy antwoord nie en haak haar duime in haar broekie en trek dit af en uit en gooi dit eenkant toe. Met die bukslag skud haar borste soos papaja’s wat ryp is om gepluk te word.
Sy sak op haar knieë tussen sy bene. Sy ereksie beur soos ‘n paal in sy onderbroek. Sy haak haar voorvingers in en trek met een slag die onderbroek af tot op sy enkels. Sy dik ereksie met die groot kop slaan soos ‘n veer teen sy maag op.
“Bliksem! Hy’s nog groter as toe hy vroeër by jou broek uitgehang het,” sê sy op na Jurie se gesig terwyl haar een hand om sy ballas vou.
“Jy’s net so mooi,” antwoord hy sag af na haar toe.
Haar ander hand gryp om sy stang en sy begin die beaarde voorvel op en af te skuif. ‘n Druppel pre-kom blink in die gleuf van die pers geswelde pielkop en sy tip dit in haar mond in met haar tong.
Jurie pluk haar rof op haar bene: “Wag,wag … ek wil die eerste keer in jou lyf kom, in die mond kan ‘n encore wees!” Hy gryp haar twee pragtiete grof in sy twee hande en knie hulle terwyl hy afbuk en die tepels om die beurt soen, suig en trek met sy tande. Kleinerige, harde rooi robyntjies op die manjifieke twee mammalia. Haar hoof is afgebuig langs syne soos sy kyk wat hy doen en haar vingernaels kerf in sy sleutelbene in.
“Jurie … Jurie … aha-a … jy maak my mal, dis so lekker …”sê sy in sy oor. “oenie ophou nie!”
Hy skuif sy een hand af en omvou haar warm, nat poes soos ‘n skulp en soen haar weer ru op haar mond. Hul liggame verloor momentum en sy val met haar rug in die slyksand van die poel. Die water en modder spat alle rigtings en een van die perde runnik senuagtig. Daar’s ‘n modderstreep
oor Jurie se een oog, maar hy knip-knip sy oë en gryp sy kloppende voël met sy een hand. Haar bene is reeds bewend oop en hy druk sy meneer diep en hard in haar modderkoek in.
“J-u-u-r-r-r-ie-ie-ie!” weergalm haar stem oor die plato en ‘n paar Hadida’s vlieg lomp op met geskel aan die anderkant van die watergat.
2 COMMENTS
Fokkit maar dis nou lekker geskryf.
Net jammer dit is klaar, ek wag in spanning vir die opvolg.
Jan, jy’s die 2de een wat vra vir ‘n opvolg, dus sal ek beslis ‘n plan maak.
Jou goeie kritiek is aanmoediging daartoe.
Baie dankie.