Die pad van ontdekking van my seksualiteit (1)
deur Jazz
In die begin …
Die dag toe my eks man uiteindelik aanvaar dat ons huwelik verby is en met sy volgepakte motor die pad vat het ek twee goed gekoop – nuwe beddegoed en ‘n vibrator. Seks was maar min en gewoonlik met myself die laaste paar jaar en ek het gedink die vibrator sal my gelukkig hou vir die res van my lewe.
So drie maande later sit ek een aand verveeld in my tuiskantoor, kinders is besig met hul eie lewens en ek speel maar so op die internet rond. Die amptelike dating-sites lyk na te veel werk, al daai vorms wat ingevul moet word, maar na bietjie rondkyk kom ek op die “personal adds” op ‘n baie bekende site af.
Terwyk ek so deurlees ervaar ek twee reaksies: party van die boodskappies wat die manne daar los maak my wange bloos en my poesie nat en vir die eerste keer in maande is ek baie skielik baie jags. Soos maar my geaardheid is kyk ek eers die kat goed uit die boom en lees net en antwoord niks tot ek op die spesifieke boodskap afkom “Irishman looking to chat with South African women” en voor ek myself kon kry is my “fake” email gecreate en antwoord ek sy mail.
So uur later kry ek ‘n boodskap terug en minute later gesels ons land en sand. Dit gaan maar moeilik en stadig met die emails en ons besluit om te Skype sonder webcam. Ons ruil selnommers uit en gesels heelnag deur.
Na ‘n paar ure se slaap is ons vroeg Saterdagoggend weer aan die gang en nou raak die gesprekke warm. Hy vertel vir my hoe hy my poesie wil lek en hoe my boodskappe sy piel stokstyf hou. Ek loop heeldag rond met ‘n nat poes en geswelde klit en seks op die brein. Ek is seker ek loop anders en vir die eerste keer in my lewe kyk ek na elke man as ‘n moontlike naaimaatjie. Ek gaan doen inkopies sonder onderklere aan en heeldag hou hy my jagse koors aan die gang met sy sexy boodskappe.
Ek koop een van daai oorfone met die mike sodat ek altwee hande vry het en aand na aand praat ons mekaar jags en tot orgasme – sy “Irish brogue” in my oor laat my oor en oor en oor kom en die geluid wat hy maak as hy kom is so sexy ek kan net nie genoeg kry nie.
In my vryetyd spandeer ek ure voor my laptop kamera, vir die eerste maal van my tienerjare kyk ek na my poesie as ‘n plesierverskaffer en nie net nog ‘n liggaamsdeel of voortplantings orgaan nie. Ek sit wydsbeen voor die spieël en bekyk my klit, trek my poes oop en druk my vingers in my en proe my eie sappe en ontdek my liggaam op my eie manier.
Ek naai myself met komkommers, klein champagne bottels, neem foto’s en stuur dit vir hom. Ek koop twee ping-pong balle, ryg ‘n garintjie deur en woon kliëntefunksies by sonder panty met die twee balle in my poes. Terwyl ek kliente besoek kry ek sms’e dat hy ‘n foto van my poes wil hê, dan stap ek toilet toe en neem een en stuur terug, of ek gaan masturbeer in die toilet en neem myself op en stuur die voice recording na hom.
Ek spandeer ‘n fortuin op 3G en kyk met erns na vliegtuigkaartjies na ‘n land wat ek nog altyd wou besoek, maar nou het ek werklik ‘n rede, die enigste probleem is ek het nog nooit ‘n foto van die man gesien nie, ek weet nie hoe hy lyk nie en hy bly se hy gaan ‘n webcam koop.
Na drie maande is ek moeg vir my vibrator, moeg om met ‘n foon te vry, moeg om alleen te kom. Ek soek ‘n man se hande op my tiete, lippe om my nipples, tong op my poes, stywe piel in my mond. Ek bevind myself weer op die site, gesels met mans wat naby my bly wat wil koffie drink en beeindig my eerste na-huwelikse verhouding, want daar is soveel meer om te leer…
4 COMMENTS
Poeslek maak my mal
Jazz, jy verdien meer EN net die beste ! Jou beurt sal kom, klein biekie geduld…….of hoe ?
Jip die lewe bly vol verassings en avontuur.
Bluk…sem.