
Die Dans
deur Kaapseboertjie
Terwyl ek hier sit op die harde stoel wat kreun sodra ek my lyf beweeg, dwaal my gedagtes ver weg.
Skielik sit ek nie meer hier in die vervelige kamertjie en wag vir ‘n afspraak nie. Skielik is ek weer terug in daardie kamer. Terug op daardie stoel. Terug by jou.
Daar waar ek moeg ingestap het die aand. Moeg, sommer net moeg. En die donkerte van die huis my inwag en vir ‘n oomblik die moegheid in my siel wou laat in sak. Maar dan sien ek ‘n nota in die half skemer donkerte:
“Gaan na die kamer en wag.”
Interessant, dink ek by myself.
Die sleutels klingel op die tafel waar ek dit neergooi en ek stap in die gang af. Die kamer is amper pikdonker, maar ek sien die stoel in die middel van die vertrek.
Moeg, maar skielik nuuskierig gaan ek sit.
Dan trek die gordyne met ‘n slag oop en ek skrik amper toe ek besef jy is ook daar binne die kamer. Die sagte skemer maanlig val die vertrek in en beur deur die donkerte. En jou silouette word weerkaats deur die maanlig. Ek kyk aandagtig soos jy nader stap. Jou lyf beweeg in ‘n sagte ritme sonder enige musiek klanke. Ek hou jou dop terwyl jy stadig om my loop. En ek jou hande voel wat oor my skouers gly. Ek voel jou nabyheid, jou warmte wat deur die donker na my straal.
Toe ek probeer vra wat die plan is, plaas jy net n vinger sag teen my mond: “Ssh, ontspan net.”
Dan kom staan jy voor my. Naby genoeg dat ek jou kan sien in die skemerte, maar te ver dat ek aan jou sal kan raak. Jou liggaam begin weer beweeg in ritme met die melodie wat in jou eie gedagtes is. Maar dit is aansteeklik. My oë begin dwaal, saam in die ritme van jou heupe. Ek kyk vasgenael hoe jy jou heupe stadig ronddraai, jou hande wat gly oor jou lyf. Die dun nagrok wat jy dra glinster in die maanlig en wys die buitelyne van jou naakte vel onder. Ek probeer my asemhaling in toom hou, maar my hande begin klem waar hulle rus op my bo bene.
Dan stap jy nader en staan net voor my kniee.
“Een reel, jy mag nie vat nie.”
Ek weet al dat jou reels nagekom moet word, so ek klem maar my broek vas sodat my hande nie onwillekeurig sal gryp na jou nie Jy skuif my kniee sag uit mekaar, sodat jy tussen my bene kan gaan staan. En die dans kan hervat, stadig swaai jou lyf soos ‘n golf wat van bo tot onder dwaal. Elke keer as jou bene beweeg en teen my raak, voel ek die tinsel van elektrisiteit wat deur my skiet. Ek wens ek kon jou se hoe jy my verlei. Hoe aanloklik ek jou elke oomblik vind. Dan gly jou hande oor jou heupe, en lig die dun rok oor jou kop. Jou pragtige lyf vertoon soos ‘n gladde glans in die lig.
Met jou hande op my skouers, swaai jy weer jou lyf rond. Stadig sak jy af met draaiende boude en weer op. Die harde punte op jou borste staan pertinent in die sagte lig wat op hulle val. En my tong gly oor my lippe soos ek skielik ‘n lus het na hul smaak. Vinnig glip jou hande oor my hemp, elke knoop wat sonder moeite losgemaak word. Tot ek met ‘n sug jou aanraking op my bors voel en my oë toeval van die lekkerte as jy raak aan my.
“Nee, kyk vir my,” is al wat jy sê.
Dan trap jy met jou bene weerskante van my. En staan nou reg teen my, my neus reg by jou maag. Ek voel jou hitte voor my gesig. Ek ruik die sagheid van jou vel. En as jou heup n swaai maak voor my verby, ruik ek jou hongerte. My reaksie is presies wat jy weet altyd gebeur. Jy weet wat jou reuk aan my doen
Jou aroma wat my so vul, my tone laat omkrul. En ‘n diep kreun uit my binneste lok.
Ek haal vanself diep asem en probeer so veel as moontlik van jou in my kry. Jy dans stadig nog voor my, en jou borste skuur teen my kop. My sluk weergalm in die stil kamer as jy jou hande om my kop vou. En jy my kop teen jou bors klem. Die sagheid van jou borste wat teen my gesig, my oë toegedruk deur hulle.
Ek kry hoendervleis as jou reuk net sterker deurkom. Maar skielik skuif jy terug. En jou hande vroetel by my broek. Eers my belt, dan skiet die knoop los sodat jou hand voor kan ingly soos die zip af glip
Jy vat amper teer aan my, met jou palm wat af gly oor die skag, nog vasgevang in my onderbroek
Ek voel jou koel vingerpunt teen my maag as jy die rek van die onderbroek vasvat, en dit lig oor die kop
Een hang glip laer af en vryf sag oor die sakkie, lig hulle sodat die onderbroek se rek onder hulle in skiet
Die posisie laat my skerp regop staan, vasgevang in my eie klere.
‘n Vingerpunt raak aan hom … dan trek jou met jou nael oor hom op teen die skag tot jy oor die kop gly.
En my laat hop as jy oor die sensitiewe rant beweeg dan vryf oor die punt. Ek hoor ‘n klapgeluid en besef jy het jou vinger afgelek … my lus wat druppels moes maak en opgevee is deur jou vinger. Jy buk af tussen my bene en met ‘n vinger gekrul rondom die onderkant, gly jou tong stadig op. Met elke millimeter wat jou tong beweeg gee my maag sulke spronge soos my asem begin vashaak as ek inasem.
En dan die diep kreunende uitlating as jou mond die kop toevou en hom diep in jou neem. My voete spits reguit en my heupe lig van die stoel as die warmte van jou mond my toevou. Die geluide wat dit maak in die stil kamer weergalm in my ore. Dit is soos n sensoriese oorlading wat plaasvind: nat suiggeluide en sagte kreune. En gly jou mond n laaste keer op en jou lippe vou toe oor die kop in ‘n sagte soen.
Soos jy hom los, hop hy in sy skielike vryheid.
Weer lig jy jou bene oor myne, weerskante van my. Die keer is jou aroma oorweldigend in my neus
Dit vul elke deel van my liggaam. My brein skakel homself af. Alle aandag wat ek kan hê, skuif af na waar ek elke krieseltjie van plesier deur jou wil hê. Met een hand op my skouer, vat jy die skag vas met die ander. En sak jouself stadig af teen my. Opsetlig stadig. Tot ek die warm natheid van jou voel teen my kop. En jy hom daar vashou met jou liggaam … reg op sy plek … reg waar hy hoort. Jy wikkel stadig jou heupe en as hy die opening tref, sak jy jouself heeltemal af. Jou kop sak skielik af teen my bors as die indringing in jou, jou asem vir n oomblik wegslaan. Maar dan vou jy jou arms om my nek. Jou borste wat my kop veilig bewaar. My hande vas onder jou boude. Dis net jy. Totaal in beheer. Jy beweeg eers stadig heen en weer. Op en af. Ek kan jou nie hoor waar my kop vasgevang is nie, maar ek voel jou asemhaling teen my. Ek hoor die nat geluide van ons lusheid, die kop wat diep in jou rondbeweeg. Jou sagte lippe teen die skag. Dan beweeg jy al vinniger. Die harde knoppies op jou borste druk teen my wange. My mond is oop in klanklose kreun. Ek sal jou nie kan stop nie. Vra vir meer tyd nie. Jy moes my voel opswel
Want skielik maak jou heupe vinnige ritmiese bewegings vorentoe en agtertoe. En my hele lyf trek saam in een groot sametrekking van ontlaai.
Al die moegheid. Al die stres. Ontplof met ‘n harde grom diep uit my binneste. Jy hou jou lyf doodstil.
My kop styf vasgepers teen jou bors. Ek voel jou eie sagte kermpies soos jy elke kloppende skiet in jou voel. Die hitte wat losbars diep in jou warm binneste. Terwyl hy nog polsend klop. Lig jy jou boude op tot jy nat en glibberig uit jou glip. En al is dit ek wat moet stil sit, weet ek daar is iets wat jy ook geniet. Jy skuif hoër op, nader en lig een been oor my arm. Ek moet jou help en stut jou onder jou been. Met ‘n hand agter my kop. Druk jy met ‘n enorme diep kreun van jou eie jou warm, nat, lekkende lippe teen my mond vas en met ‘n amper dierlike gorrel jou kop agteroor gooi as my tong binne jou delf waar ek ons passie kan proe. Tot ek met die punt van my tong oor die sensitiewe knoppie gly. En jou vat tot die punt waar jy in my arms in sak van lekkerte. En ons in stilte in die skemer kan sit.
Vas in mekaar se arms. Verdwaal in mekaar se gedagtes.
Ek weet nie of my naam al geroep is nie. Ek sit nou met bene oorkruis voordat iemand iets snaaks dink van my duidelike reaksie. Ek weet net hier moet ek uit. Ek moet terug na jou.
2 COMMENTS
Sensueel…… dankie
Kaapseboertjie, jy KEN !
Uitstekend geskryf, opbouende spanning, realistiese beskrywing en ‘n bevredigende einde.
Ek vertrou ons gaan nog baie bydraes van jou ontvang?
Jy KAN!
Baie Dankie..