Voortplanting 2310: Paradyseiland

Hoe lank gaan ek lees: 14 minute

deur Uther Pendragon

“Naai haar!” roep Fons langs my op die bed.

Ek lag instemmend en leun oor om die yskassie onder die inveksieplaat oop te maak. Ek gee hom nog ‘n bier aan.

Ons twee sit en kyk na die skerm teen die muur. Ons geliefkooste program “Paradize Island” word gestroom.

“Kyk daar my tjomma – tjek net Reicher se piel! Fokkk jaaa – naaai haaaar!!!!” skree Fons buite homself toe die gespierde atleet die soepel meisie op die strand neertrek en met een stoot sy groot piel diep in haar poes van agter opdruk. Nabyskote wys hoe Reicher se swaar ballas met elke pomp van sy gespierde boude swaai en dan wissel dit af met skote van die ekstase op die meisie se gesig, en dan is daar weer ‘n
toneel waar hulle kopulerende lywe van die kant afgeneem word.

Ek kan gedempte krete van die kamers langs, onder en bo en oorkant my woonplek hoor opklink. Dit is nie slegs ons geliefkooste program nie, maar by verre die mees populêre program oral in die land. Daar is ook oorsee sulke programme soos Love Island, Amor en la Selva, Sexe Sauvage, Naturficken, Yasei no sekkusu en nog baie ander, waar plaaslike manlike sportlui en vroulike modelle op pragtige afgeleë
plekkies bly en heeldag en heelnag seks het. Dit is die populêrste realiteitsprogramme in die wêreld en al die genaaiery wat daar plaasvind word daagliks gestroom. Op Saterdagaande word al die hoogtepunte van die week gewys. Maar die beste van alles is dat ‘n lid van die publiek elke week gekies word om aan die program deel te neem.

Die volgende toneel op die flikkerende skerm is nog rowwer – daar is ‘n orgie aan die gang in die ontspanningsarea van die villa op die eiland. Besope meisies dans kaal op die tafel voor die mans wat hulle aanmoedig. Al is die modelle duidelik nie professionele eksotiese dansers nie, doen hulle hul bes en hulle amateuragtige pogings is des te meer eroties as die vertonings van professionele dansers. Een meisie hurk voor haar bewonderaars en sprei haar bene oop vir hulle, maar dan verloor sy haar balans wanneer sy haar poeslippe vir hulle probeer ooptrek. Sy slaan al giggelende agteroor op haar gat neer en lê daar op haar rug met oopgespreide bene. ‘n Ander buk vooroor en trek haar boude na die gehoor oop
sodat hulle na haar oopgerekte poes en hol kan kyk. Haar tiete hang swaar na onder. ‘n Derde probeer hoogskop maar struikel en val in die arms van haar bewonderaars neer. Uiteindelik is die vloer, banke en tafel vol naaiende mense.

Daar is selfs ‘n vrou wat gespitbraai word – met ‘n man wat haar van agter naai terwyl sy die een voor haar morsig afsuig. En dan – die toneel wat almal voor wag – ‘n man wat op sy rug op die vloer lê en dan deur Betty Ryndall bestyg word. Net nadat hy sy piel diep in haar kont opdruk, kom ‘n tweede man van agter en druk sy piel in haar hol in. Haar ekstatiese gille word gesmoor deur ‘n derde man wat van voor sy piel in haar mond druk.

Betty is ons almal se heldin – ten minstens vir hierdie maand. Voor haar was daar natuurlik Cindy, Flower, Skye, Mandy en nog baie. Betty is spesiaal – sy is so fyn en mooi maar sy kan twee piele op ‘n slag in haar kont of hol inpas! Maar niemand kan by my heldin Cindy kers vashou nie! Cindy kon ‘n vuis in haar kont vat – maar nie net dit nie, sy het gekom terwyl sy gevuis word en dan, dikwels wanneer sy kom, sou sy pis. Volgens my is Betty maar ‘n flou tweede teenoor Cindy. Ek is baie jammer dat sy van die program af is, en ek mis haar met haar parmantige ankh tatoe tussen haar tiete en al.

My oog vang ‘n beweging van Fons se kant af.

“My bliksem Fons! Los jou piel uit! Jy weet mos jy mag nie in my kamer aftos nie!

Jy kan dit in jou eie plek doen!” roep ek met walging uit.

Fons mompel net iets wat soos “sorrie” klink.

Na die advertensies kom die afkondiging: “Aaaannnd nowwww, Paradize Island presents the winner for this week: Rick Smith!”

‘n Bles middeljarige man kom in die gaping tussen die plante onder die banier “Paradze Island” met ‘n breë glimlag te voorskyn. Hy is net in ‘n klein baaibroek geklee en dis duidelik aan sy boep, wit lyf en maer beentjies dat hy maar ‘n gewone ou is. Hy word onmiddelik van weerskante deur beeldskone bruingebrande naakte vrouens omring en omarm. Hulle druk hulle groot tiete teen hom terwyl hande oral oor sy lyf streel. Kort voor lank staan daar ‘n stewige bult in die ou se swembroek. Een vrou druk haar hand voor in sy baaibroek in en Rick se gesig, nek en bors word rooi van lekkerte. Op ander tye, wanneer dit ‘n vroulike pryswenner se beurt is word sy natuurlik deur bruingebrande, gespierde mans omring en word net so bevoel, bevat en genaai, maar vanaand is dit Rick se beurt.

“Fokkit, daai gelukkige kak” mompel ou Fons…”selfs ek sou beter as hy gedoen het!

Ek het ten minstens meer borshare! Wat was ons uitslag hierdie week Kal?” vra hy.

Fons weet net so goed soos ek dat Paradize Island se mense ons sou gekontak het as een van ons kaartjies gewen het. Hulle kom haal jou by jou huis om vir ‘n maand lank op Paradize Island te gaan bly – en daarbenewens betaal hulle ‘n miljoen dollar in jou bankrekening en verskaf gratis geregtelike dienste om jou bedanking by jou werk te hanteer. Na jou verblyf op Paradize Island kan jy aftree en die res van jou
lewe in weelde leef – na jy vir ‘n maand lank met die mooiste vrouens in die wêreld seks gehad het. Ten minstens so sê hulle, want ons sien nie juis die pryswenners na die afkondiging nie – waarskynlik omdat hulle nie so fotogenies soos die atlete en modelle is nie.

Paradize Island kaartjies kos maar ‘n dollar elk en mens kan dit by masjiene by elke winkel, treinstasie en staatsdiensgebou kry. Die naaldprikkie wat ‘n bloedmonster van elke deelnemer neem wanneer hy of sy die kaartjie uit die masjien trek is so vinnig en bykans pynloos dat niemand hulle daaraan steur nie, selfs nie mense wat sommer tientalle kaartjies op ‘n slag koop nie. Die amptelike antwoord hierop word in klein skrif agter op die kaartjie verduidelik en dit is dat die organiseerders jou bloed moet toets om seker te maak dat jy nie een of ander ongeneeslike veneriese siekte het nie. En dit is verstaanbaar – die groot les wat ons na die groot pandemie van 2299 geleer het is dat mens nie versigtig genoeg kan wees nie.

“Daar’s niks Fons, jy weet tog. Jy sal die eerste persoon wees wie ek sal vertel as ek wen.”

“Hahahaha,” lag Fons. “As ek wen, gaan dit die laaste ding op aarde wees waaraan ek dink – ek gaan net aan poese en tiete al die pad tot op Paradize Island dink. Nee my tjomma, jy sal my vir die eerste keer weer op die skerm sien as ek wen!”

Ek sê niks, want ek weet dis waar – ek sal waarskynlik self nie vir Fons iets sê as ek wen nie, al is ons kollegas en vriende vir 20 jaar of meer.

“Ok, dis tyd om huis toe te gaan en die replays daar te kyk. Dankie vir die bier ou maat,” sê Fons soos hy sy skoene aantrek en opstaan om te gaan. Fons bly net 38 vloere onder myne en hy behoort nie in die moeiliheid te kom omdat hy ‘n paar biere agter die blad het as hy toevalling in ‘n polisiepatrollie vasloop nie. Terwyl ek my tande in die badkamer borsel kyk ek na my lyf in die spieël en wonder hoe ek tussen
daardie modelle sou lyk – swartgallig besef ek opnuut dat ek maar erg teen hulle sou afgesteek het, nog erger as Rick Smith. Skaam draai ek van die spieël af weg en stap met die treetjies op na die storthokkie.

Soos ek die deur toetrek begin die water oor my lyf spuit. “Ha!”, sê ek vir myself – “dit is tog ‘n goeie ding om so skraal en kort soos ek te wees, want hoe sou ek anders so gemaklik in die storthokkie kon pas?” Met bietjie leedvermaak dink ek hoe moeilik dit vir Fons moet wees om in sy storthokkie te kom. Fons is ‘n hele 1.8 meter lank, en die storthokkies, soos die beddens in die woonblok is presies so hoog en lank soos die gemiddelde man wie se lengte wat 1.7 meter is. Gemiddeld is goed dink ek met ‘n glimlag terwyl ek my hare sjampoe en die ruim plek tussen my kop en die plafon geniet. Daarna gaan staan ek met my kop onder die spuit sodat ek my lyf met die afspoelsels kan was. Na 90 sekondes vandat ek ingestap het sluit die water outomaties af. Ek stap met die ses trappies na onder en hoor hoe die laaste van die
stortwater deur die afvoerpyp in die toilet se spoeltenk dreineer. Ek hou van die klank van water wat deur pype vloei – dit is ‘n teken dat alles Ok is.

* * *

Ek en Fons werk al vir meer as 20 jaar vir die Ajax Systems rioleringsmaatskappy. Vanaf die koms van reusestede is riolering belangriker as ooit – as iets verstop raak of ‘n rioolaanleg of ‘n watersuiweringsaanleg nie werk nie, het dit ‘n verskriklike groot  impak op die bevolking en kan tot honderde duisende sterftes lei en miljoene mense siek maak. Al is ons nie ingenieurs of argitekte of wetenskaplikes nie, is ons pyp-manne. Ons weet alles van pype en blokkasies af. Ons is nie klep- of pompmanne nie. Maar sonder pype sou kleppe en pompe in elk geval useless wees. Ons werk is baie belangrik maar ook moeilik want pype kan enige plek verstop raak – binne mure, ondergronds en binne dik beton en ons moet binne minute daardie verstoppings opspoor.

Ek is besonder opgewonde vandag, want my pel Tjoekie wat ‘n tegnikus in die ingenieursafdeling is, het vir my ‘n nuwe opspoorder kom wys wat ons lewens vir ons soveel makliker sal maak. Hierdie selfaangedrewe opspoorder kan ‘n sein stuur wat so sterk is dat mens dit selfs deur dik beton kan optel, en dis nie al nie, mens kan die sein kilometers ver opspoor.

Ek gee vir Fons die balletjie aan en sê: “Tjek dit uit Fons, wat dink jy is dit?”

Hy hou die plastiekballetjie in sy hand en draai dit om: “Dit lyk soos ‘n albaster.”

“Dít my maat, is die oplossing vir al ons probleme! Dit is ‘n opspoorder wat mens in ‘n verstopte pyp gooi en wat dan ‘n moerse sterk sein uitstuur wat mens tot by die verstopping kan neem,” sê ek.

“Maar hoe beweeg dit dan?” vra Fons.

“Daardie gaatjies rondom en agter is die in- en uitlate van die aandrywingskamer waarin daar ‘n propellertjie is. Mens kan dit van jou device beheer. En daardie swart ogie binne die wit ringetjie voor is ‘n miniatuur kamera met ingeboue ringliggie daarom,” antwoord ek.

“Fokkit – dis fantasties!” antwoord Fons – “wanneer kan ons dit uittoets?”

“Ek moet dit teen Maandag vir Tjoekie teruggee anders kom hy en ons almal in die kak,” antwoord ek.

“Ek sal graag dit eers ‘n try wil gee. Ek belowe ek sal dit teen Maandag vir jou teruggee,” sê Fons en sit die balletjie in sy broeksak.

* * *

Vrydag stort my wêreld in duie. Die kak begin met die feit dat Fons nie op die trein is nie. Vir die eerste keer in meer as 20 jaar is hy nie by die derde bankie van die roltrappe af op Perron 23 nie. Al rede hoekom hy elke oggend voor my op die perron is, is omdat hy 38 vloere onder my bly en in die oggenddruk vinniger by die stasie kan uitkom. Ek klim op die trein anders is ek laat vir werk. Ek kan hom nie ondergronds kontak nie, maar probeer sodra die trein bogronds kom. Ek laat verskeie boodskappe om te hoor waar hy is. Hy het ook geen boodskap vir my gelos nie.

Na die afsterwe van meer as helfte van die wêreldbevolking tydens die Groot Pandemie word vriendskappe meer as ooit gekoester. Die pandemie het ook sy merk op die oorblywende 44 persent van die mensdom gelaat. ‘n Groot persentasie van die oorlewendes was steriel of het ander permanete skade opgedoen. Regerings wêreldwyd het noodgedwonge alles moes oorneem – werksverskaffing,
kinderversorging, mediese dienste, kosproduksie, noem dit maar op. Die staat het reuse weeshuise in elke stad moes bou waar kinders, wie beide hul ouers verloor het, versorg moes word. Die steriliteit was ‘n erge probleem wat aangespreek moes word, en regerings wêreldwyd het met opnames begin om te bepaal wie nog in staat was om voort te plant. Die grootste probleem wat regerings gehad het was om vrugbare paarties by mekaar uit te bring sodat hulle kon paar. Ongelukkig was meeste van die
opparingspogings onsuksesvol en daarby kon regerings nie mense dwing om genoeg kinders te he om die wêreldekonomie te red nie. Alles was in ‘n afwaartse spiraal van ekonomiese agteruitgang vasgevang. Die enigste hoop vir die mensdom is wanneer die weeskinders binne die volgende dekade of so ekonomies aktief word.

Teen die middag is ek radeloos. Ons toesighouer is ook van geen hulp nie en weier om toestemming te gee sodat ek tydens werksure na Fons kan gaan soek. Sodra die toesighouer sy rug draai, doen ek oral navraag maar niemand het hom gesien nie. Ons het sleutels vir mekaar se kamers vir noodgevalle maar het nog nooit vooheen ‘n rede gehad om dit te gebruik nie. Ek sluit sy kamer oop met die vrees dat iets hom oorgekom het, maar hy is nerens te siene nie. Ek kyk oral – op sy bed, in die laaie onder die bed, in die kassie onder die wasbak langs die inveksieplaat, in die kas langs die voordeur, in die badkamer – niks nie. Nie ‘n nota of teken van ‘n struweling – absoluut niks nie. Sy klere hang in sy kas, sy vuil klere en skoene is in die laaie onder sy bed, sy potte is in die kassie onder die wasbak, die vorige aand se skottelgoed is in die wasbak – selfs sy tandeborsel en kam is op die rakkie in die
badkamer. Fons het net eenvoudig verdwyn!

* * *

Ondanks my bedruktheid skakel ek oudergewoonte Saterdagaand die skerm aan om na Paradize Island te kyk. Ek kyk afgetrokke na die kaal glipperige lywe van die bruingebrande vrouens wat in ‘n groot bad vol groen slym rondrol en met mekaar stoei. Die gespierde mans staan rondom die bad en moedig hulle aan. Sommige van die mans is besig om draad te trek terwyl hulle na die bonsende tiete, gapende konte en drillende boude kyk. Ek sien dit amper nie eens raak nie, nie eens wanneer die mans in die bad saam met die vrouens spring en hulle links en regs begin naai nie.

Ek is nog steeds besig om onsiende na die skerm te staar toe die aanbieder aankondig: “Aaaannnd nowwww, Paradize Island presents the winner for this week: Fons Kramer!” My mond val oop en trane wel vertroebel my sig – my pêl leef nog!

Hy is Ok! Ek lag spontaan toe ek hom met sy groot slap lyf daar in ‘n verspotte rooi swembroek sien staan en hy deur die groot-tiet meisies oorval word. En soos ek my pêl ken, staan hy daar kort voor lank met ‘n moerse horing in sy swembroek. Daardie aand slaap ek rustig en is nie eens ‘n bietjie jaloers op my pêl wat seker nou sy ballas los naai nie.

* * *

Teen Sondag tref ‘n skielike doodse vrees my – die opspoorder! Fons het nog die fokken opspoorder! Dit moet seker nog in sy kamer wees – ek haas my na sy kamer en krap tussen sy wasgoed rond en soek deur sy broek en hempsakke …. niks! Ek krap deur sy laaie en kaste …. niks! Ek kry ‘n blink gedagte en skakel my polsrekenaar aan. Ek kry met ‘n bietjie van ‘n gesukkel die sagteware op die werk se sentrale sagtewarebiblioteek sodat ek die sein daarmee kan opspoor. Die sein verskyn as ‘n kolletjie op ‘n kaart op die skermpie. Ek skakel die opspooder se kamera en liggie aan maar kan niks buite rooi en bruin vlekke op my skerm sien nie.

Maar iets is fout – die kolletjie op die kaart dui aan dat hy hier in die stad is – ongeveer 80 km weg. Dit is nerens naby ‘n plek waar Fons ooit sou kom nie. Dit is defnitief nie op Paradize Island in die Indiese Oseaan nie. Ek kyk na die treinroetes om te sien watter trein ek sal moet kry om daar uit te kom want ek moet daardie opspoorder kry anders gaan ek, Fons en Tjoekie beslis afgedank word. Fons is natuurlik uitgesort, want Paradize Island se mense sal na hom kyk, maar ek en Tjoekie is diep in die kak.

Die trein bring my tot by ‘n industriële park. Ons maatskappy het ‘n kontrak daar, maar ek was nog nooit op hierdie perseel nie. Dit is nie moeilik om deur sekuriteit te gaan nie, want ek het my werk se baadjie aan en het my elektroniese identiteitskaart by my. Die sekuriteitswag kyk met ‘n frons op sy skerm en sê; “Jy is vroeg, volgens die werkskaart is julle eers vir 15:00 geskeduleer! Waar is jou wên?”

“Ek is net hier om die probleem te assesseer, ons sal later met die trokkie kom as dit nodig is. Die trokkie is nou uit op ‘n ander job,” antwoord ek vinnig.

“Meld aan by die sekuriteitskantoor links op die hoek, hulle sal vir jou oopsluit,” beduie hy.

Ek stap vinnig van die hoofhek met die paadjie langs wat na die instandhouding en afleweringshek van groot betongebou lei. Ek kyk elke nou en dan op die mini-monitor op my arm en sien die kolletjie duidelik flits. Die sekuriteitswag skandeer my identiteiskaart en laat my deur die hek, dan sluit hy elektronies die sydeur van die dienstevlak, waar die elektrisiteit-, lugversorging- en rioolstelsels is, vir my oop wanneer ek dit bereik. Vanaf hierdie vlak kan ek elke deel van die gebou bereik.

Hoe de fok sou Fons in hierdie plek opeindig? Ons werk altyd as ‘n span saam en dit is hoogs onwaarskynlik dat die werk hom hiernatoe sou uitstuur sonder dat hy of ons toesighouer my daarvan verwittig. Dan tref ‘n gedagte my – korporatiewe spioenasie! Iemand het waarskynlik óf my, óf Fons óf Tjoekie afgeluister en die opspoorder by Fons gesteel! Mens hoor dikwels van sulke goed. Ek voel sommer die angs in my opstoot.

Die kolletjie op my skerm dui aan dat die opspoorder iewers in die vleuel voor my is – seker nie meer as 200 meter verder nie. Daar is ‘n dienshysbak in die gang na links, maar ek besluit om eerder teen die inspeksieleer teen die muur op te klim – want dit lei na die lugversorgingskag. Die lugversorgingpype is breed genoeg om deur te kruip en gaan na meeste van die kamers in enige gebou. Ek sal nie sommer
so oop en bloot in die gange kan rondloop nie, nee, ek sal alles eers baie versigtig moet uitkyk.

Ek kruip maklik met my skraal lyf deur die lugversorgingpype. Elke 10 of 20 meter of so is daar ‘n rooster waardeur ek in die kamer onder kan kyk. Die kolletjie op my skerm dui aan dat die opspoorder nou so 40 meter voor my is. Ek kyk na die diagram op my skerm en merk dat die opspoorder se sein uit ‘n saal-groote ruimte onder my kom. Behalwe rye blou en wit liggies, kan ek niks in die donker ruimte onder my deur die rooster sien nie. Ek kruip verder en loer elke keer wanneer ek by ‘n rooster kom daardeur, maar kan nog steeds niks sien nie. Naderhand is ek amper reg bo-oor die sein maar, buiten vir iets wat dofweg soos ‘n kas lyk, kan ek steeds nog niks sien nie. Lig straal uit die volgende rooster en ek merk dat daar ‘n
stoorkamer of iets daaronder is. Ek maak die roosterluik oop en klim teen die staalrakke aan die kant van die stoorkamer af. Ek maak die deur van die stoorkamer versigtig oop. In die lig wat van agter my skyn,
kan ek die gang voor my na links en regs uitstrek. Ek skakel die flits op my polsrekenaar aan en maak die eerste deur na regs oop. ‘n Kort sygang lei na twee stelle glasdeure. Die kolletjie op die skerm dui aan dat ek deur die stel deure na links moet gaan. Die deure open in ‘n saal wat, benewens flitsende rye wit en blou liggies, in donker gehul is. In die lig van my flits kan ek ry op ry hospitaalbeddens met monitors langs elk uitmaak. Ek kan nou die gesuis van respirators hoor en sagte biepgeluide wat van die tientalle monitors kom. Ek loop versigtig tussen twee rye beddens deur met my een oog op die skerm op my arm, en die ander op die beddens weerskante van my. Ek kan mense in die beddens sien lê. Uiteindelik kom
ek by die bed waar die sein vandaan kom. Dit voel asof ‘n hamer my op die bors slaan toe my flits op die figuur voor my skyn. Eers wil my brein nie die inligting van my oë aanvaar nie. My hart word skielik omklem met ‘n mengsel van skok en vrees en afgryse toe my brein uiteindelik registreer wat ek voor my sien.

Voor my lê Fons – maar die voorste deel van sy breinkas is weg – ek kan die deursnit van sy brein deur die plastiekplaat, wat dit bedek, sien. Trouens sy arms en bene is ook weg – daar is netjies toegewerkte nate waar sy ledemate eens was. Vier metaalpunte steek uit bloederige gate in sy kaalgeskeerde kopvel. Hierdie punte is met drade aan die monitor langs sy bed gekoppel. Drade en pype loop van ‘n metaalsillinder wat om sy piel gekoppel is. Sy ballas steek onder die rand van die sillinder uit. Ritmiese suiggeluide kom van die respiratorpyp in sy keel en vloeistowwe vloei helder deur ‘n buis in sy nek-aar in, en buise in sy onderlyf vervoer geel en donkerbruin vloeistowwe weg.

Skielik trek sy rug krom en ek sien hoe die sperms in ‘n wit stroom in die buis bo-aan die metaalsillinder na ‘n houer langs sy bed vloei. Ek skyn my flits op die bed langs Fons en daar sien ek ‘n tweede manlike figuur. Hierdie man se arms en bene is ook verwyder. Dan skyn ek die flits op sy gesig en herken die slap gelaatstrekke van Rick Smith! Daar is ook drade aan sy kop en pypies aan sy lyf gekoppel en daar is ook ‘n metaalsillinder oor sy piel!

Ek stompel verward en beangs by die deure uit, maar in my blindelingse vlug hardloop ek deur die deure van die volgende saal, in plaas van na die gang. Ek hardloop in ‘n bed vas en ‘n harde suisgeluid, gevolg deur ‘n roggel en ‘n rooi liggie wat op die monitor flits, waarsku my dat die stamp die respiratorpyp uit die persoon op die bed se lugpyp geruk het. Ek skyn my flits op die persoon en sien dat dit ‘n vrou moet wees – al lyk sy soos ‘n pienk bal. Nes Fons is haar arms en bene ook geamputeer, maar sy is hoog swanger. Die gorrelgeluide uit haar keel noop my om my flits hoër te skyn en dan sien ek dit – ‘n ankh tatoe tussen groot melkdruppende tiete.

Soos ‘n vasgekeerde rot bars ek deur die deure in die gang af. Beangs klim ek teen die rakke in die stoorkamer op. Ek maak met bewende hande die roosterluik langs my toe voor ek terug al langs die pyp kruip. Ek het ongelukkig nie behoorlik my peiling geneem nie en in die verwarring kruip ek nou al langs ‘n ander pyp as die een waarmee ek gekom het. Terwyl ek verby ‘n rooster kruip hoor ek stemme uit die
vertrek onder my en ek loer daardeur. Dis ‘n flimstel met groot ligte en voor ‘n groen skerm teen die een muur is ‘n verhogie wat met sand bedek is en wat met groot tropiese potplante omring is. Ek kan net-net vanuit die skuinste “Paradize Island” op die banier bo-oor die verhogie lees.

 

5 thoughts on “Voortplanting 2310: Paradyseiland

  • JouBok

    Befok!

    Uitstekende lekker storie. Ek is mal oor die wetenskapfiksie genre wat jy so lekker oor skryf.

    Reply
  • Wanneer jy jou eerste Uther Pendragon verhaal lees is jy oorrompeld met na-skokke daarna wat sporadies weerklink in jou hele wese.
    Hierdie verhaal is ‘n vertoonkas van sy talent as skrywer wat geen perke of horisonne ken nie!
    Dankie Uther, dis ‘n voorreg om jou skrywes te kan deel !

    Reply
  • 4kit Uther . Ek se maar net- jys ongelooflik goed. Dankie.

    Reply
  • annelisePost author

    Jimmel Uther, jy is ‘n fantastiese skrywer. Dis jammer so baie mense sien nie al jou stories nie omdat die meeste op Vreesloos verskyn, maar hier kan hulle sien wat hulle mis. 😉

    Reply
    • Uther Pendragon

      Dankie Annelise.

      Beslis ja! Ek sal graag meer lesers verwelkom.

      Vir diegene wat nog wonder – ek kan julle dit belowe – Vreesloos is wilder as die wildtuin!

      Reply

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

error: Kontak ons as jy iets van Kombiekiehier wil hou vir jouself. ;)