My hoof lê op haar voordye na sy gekom het. Haar poes is nat en blink, hier sentimeters van my gesig. Ek voel my penis is nog in haar hand, maar hy het ooglopend al begin krimp na my orgasme. Sy kom orent op een elmboog, kyk na my en sê rymend: “My dier, plig kom na plesier. Ons sal moet begin voorbereidsels maak vir vanaand se potjie en braai. Soms kom van die ouens al vroeg.”
Ek sit dadelik regop, so vinnig dat my voël met ‘n swaai van die een bobeen na die ander verwissel. Ek is reg om haar ‘n belangrike ding te vra.
“Ek wil jou reeds vra of ek in my gereelde kamer kan slaap vanaand?”
Sy vryf haar hand weer oor my penis. “Hoekom, as ek mag vra?”
Ek speel met my hand tussen die haarkrulle langs haar wang. “Ek wil nie graag dat iemand my by jou sien slaap nie, met die moontlikheid dat dit dalk by oom Potjie sal uitkom en ek …” Ek bly eers stil.
“Ek hoor wat jy sê en stem saam, maar jy wou nog iets byvoeg?”
“Antjie wat by Jack Beth werk slaap hier oor vanaand,” sug ek.
Haar hand los my voël asof dit haar brand. Ek sien aan haar hele lyftaal dat sy verstyf en terugtrek in haarself.
Haar oë is ontsteld, maar dringend in myne. “Jy probeer vir my sê dat jy by haar wil slaap vanaand?”
Ek tel haar hand op, wat sy effens teëstribbelend toelaat.
“Jy het my nie toegelaat om klaar te praat nie. Dis ‘n volgende stap in die ontdekkingsreis van ons wonderlike seks saam wat ek wil probeer. Ek het dit nog nooit ervaar nie en ek twyfel of jy dit al gedoen het …”
Sy druk my hand ongeduldig. “Wat?”
“Ek wil dat ons ‘n driesaam probeer.”
Sy sit skielik kiertsregop en doen die gebruiklike hare-agter-die-ore-in-veeg wanneer sy onseker is. ”E-ek weet nie … ek het al gelees daarvan, maar …”
Sy kyk by die venster uit asof sy dit vermy om in my gesig te kyk. Haar vingers speel senuagtig met ‘n tossel van die beddeken.
“Dink jy dit sal lekker wees?” vra as sy sien ek reageer nie. Sy kyk weer vir my, maar gaan dan voort voor ek kan antwoord: “Ek het in die koshuis in Graad 8 saam met my beste vriendin, Renè, een aand in die bed beland. Voor ons weet, toe soen en vry ons mekaar. Dit was my eerste klimaks ooit saam met iemand, lank voor ek ooit ‘n man in my gehad het.”
Sy soek misnoeë in my oë, maar gaan voort: “Ons was verward daarna maar ook bewus van die genot daarvan. Ons het weer ‘n paar keer daarna mekaar bevredig totdat ons met seuns begin uitgaan het … en nooit weer daarna nie.”
Sy klink beslis as sy sê: “Gee my kans om te herkou daaraan en slaap jy dan maar by Antjie, ek sal voor die einde van die aand besluit. Hoe voel sy daaroor? Het jy dit aan haar genoem?”
“Nee ek het nie … maar ons kyk hoe verloop die aand en speel dit op gehoor. My gevoelens is buitendien vir jou.” Ek trek haar nader aan my as ek vervolg: “Dis rêrig nie belangrik nie.”
Ek soen haar en ons staan albei op.
***
Daar het ‘n paar mense vir die aand oorgekom, onder andere natuurlik Antjie.
Sy het ‘n pienk styfpassende mini aangehad wat gegrens het aan betaamlik. Haar lang mooi bene is daardeur mooi beklemtoon. Ek kon sien van die manne wat daar was kon hul oë nie van haar lyf afhou nie. Sy’t egter die heeltyd by my gestaan en gesels, maar ek was druk besig met die potjie en die braaivleis. Ek het onderlangs opgemerk hoe Mirna haar op en af meet met die oë. Ek was daarom verbaas toe Mirna haar nooi om haar in die kombuis te gaan help met die slaaie.
Toe die twee vrouens buite gehoorafstand is, het die mans gemurmel hoe lekker daai onderlyf sal kan naai!
Nadat almal gery het, staan net ek en die twee dames om die kole wat nog gloei.
“Kuier julle nog gerus lekker,” sê Mirna skielik. “Ek voel ‘n skeelhoofpyn aankom en gaan maar inkruip. Los die skoonmaak, Wille. Ek het gereël dat Jonas môre inkom om dit te doen.”
“Jammer om te hoor, Mirna. Het jy ietsie om te drink daarvoor?” Ek kyk vraend, maar tog besorgd, na haar.
“Ja dankie. Alle ander dinge moet maar wag vir môre.”
Haar oë verklap niks en sy draai om huis toe terwyl sy nagsê.
Die agterdeur se sifdeur het kwalik toegeklap, toe Antjie my om my nek gryp en vurig soen.
“Here, ons moet bed toe! Ek is sopnat vir jou!” fluister sy.
“Gaan solank. Ek gooi net die vuur dood en pak ‘n paar dinge reg, dan’s ek by jou.”
Toe ek klaar is, stap ek by die sydeur in. Ek wonder of Antjie nie al slaap nie toe ek die kamerdeur oopmaak.
Sy sit egter poedelnaak met gekruiste bene pens en pootjies op die bed. Sy lyk soos ‘n vroulike Boeddha wat ‘n gebed opstuur voor sy begin met die Kama Sutra.
“Trek uit, bliksem, voor ek jou met klere en al naai!” sê sy driftig.
My horing is onmiddellik stokstyf en ek pluk my klere naarstiglik uit.
Toe ek met my penis soos ‘n vlagpaal voor my bed toe stap, gaan staan sy op haar hande en knieë op die bed. “Steek my van agter af, ek wil jou diep in my voel!”
Net die bedlampie brand in die kamer toe ek op my knieë by die voetenent van die bed agter haar goddelike boude inskuif. Ek neem my kloppende dik penis in my hand. Haar knieë skuif outomaties verder vanmekaar toe ek dit teen haar nat poes vryf. Sy gee ‘n gil toe ek hom hard indryf.
“My fok!” kerm sy, maar haar lyf begin reeds vorentoe en agtertoe beweeg.
Die badkamer se lig gaan skielik aan. Dis Mirna! Sy stap naak in en tot links van ons op die bed. Sy bekyk ons van kop tot tone. Dan systap sy tot reg langs die hoof van Antjie, wat steeds op haar elmboë rus. Ek en Antjie se aksie het gevries soos in ‘n film. Antjie se kop het na Mirna toe gedraai. Ons staar na Mirna se stywe tiete en kaalgeskeerde poes.
“Ek wil saam met julle speel,” kom dit begerig van Mirna. Sy neem Antjie se hoof met albei hande en trek dit na haar poes toe. “Eet my, dat jy my kan proe.”
“Wille, trek net ‘n oomblik uit asseblief,” sê Antjie oor haar skouer na my.
Ek sit terug op my hakskene en my voël pop by Antjie se poes uit. My skag is nat en slymerig.
Antjie draai onmiddellik op haar rug en maak haar bene weer wyd oop. “Sit daai lekker voël weer terug,” beveel sy my. Sy leun met haar bolyf effens oor na Mirna en plaas haar hande om Mirna se bobene. “Klim op jou knieë op die bed oor my gesig, Mirna. Ek gaan jou eet!”
Mirna klim oor Antjie en gaan staan op haar knieë oor Antjie se bolyf, haar rug na Antjie se gesig. Sy staar met groot oë in my gesig. Ek glimlag gerustellend terug en neem haar twee borste in my hande en druk hulle hard. Dan druk ek haar onderlyf af op Antjie se gesig.
Die kontak met Antjie se wellustige mond laat Mirna se oë nog groter rek. Jags van die toneel voor my, steek ek my penis nou diep in Antjie in. Mirna se wimpers fladder en slaan toe as sy haar hoof agteroor gooi en haar hande my hande oor haar tiete vasgryp.
“Goeie bliksem!” skree Mirna amper. “Wat-t gaan nou a-aan!”
Mirna se onderlyf begin amper vanself op en af en vorentoe en agtertoe ry op Antjie se gesig. Ek begin met mening in en uit Antjie se sappige poes pomp. Ek is in ‘n posisie waarin my bolyf vorentoe leun, my hoof byna teen Mirna se gesig. Met my linkerhand wat my lyf op die bed ondersteun, vryf en kneus ek Mirna se borste nou hard met my regterhand. Terselfdertyd lek ek sommer met my tong oor haar een wang, terwyl my onderlyf flink sy werk doen.
As ek weer af kyk tussen ons lywe voel ek hoe ‘n nuwe lus in my genot byspring. Dis die beeld van hoe Antjie nou Mirna se boude bokant haar gesig met albei hande ophou, sodat sy nie versmoor met Mirna se afkomslag nie. Want Mirna het haar gesig baie hard begin ry, met sulke sug-kreune wat sy gee.
Wat my egter verwonder is dat Mirna se klit soos ‘n lelletjie uithang by haar koek. Antjie lek dit met krullende tongpunt. Dan begin sy kou en suig daaraan.
Ek sprei my knieë uit sodat my onderlyf laer is en my voël nou meer opwaarts in Antjie vasslaan. Ek hoor Antjie steun van my aangepaste steekhoek, so tussen haar klit-etery deur.
“E-k kannie meer nie … julle … ek-k gaan kom-m-m,” skree Mirna. Haar vingernaels slaan in my skouerbene in.
“Ek o-ook,” gil Antjie van onder.
Ek konsentreer met alle mag om my orgasme terug te hou.
Antjie se onderlyf lig van die matras op soos sy haar poes nou teen my vasslaan. Ek hoor kermgeluidjies uit haar mond kom soos sy begin klimaks.
Mirna se oë is nou wild-starend en haar vingernaels is seer in my vel ingeslaan. “O fok … o fok … o-o, fok,” prewel sy aanhoudend en haar liggaam slaan soos hamerslae neer oor Antjie se gesig.
Ek hou my skag nou doodstil om my orgasme te stuit en laat Antjie toe om op háár kruin te ry met haar oorheenstote oor my orgaan.
Mirna los skielik my skouers en leun terug op haar arms agter haar boude op die bed, haar poes nou ietwat buite bereik van Antjie se ver uitgesteekte, wriemelende tong.
Die volbringing van Antjie se klimaks gloei oor haar rooi geworde gesig. Haar oë is weer toe soos sy met haar kop agteroor lê. Ek gee weer harde stote in Antjie. Dan val haar lyf ook plat. Ek sien hoe haar maagspiertjies nog steeds saamtrek en ontspan, asof sy liggaamsoefeninge doen.
Ek trek my voël genadiglik stadig uit Antjie se doos. Semi-erek val hy met ‘n plopgeluid oor my regterdy. Dan lê ek ook terug op my rug. Ek maak my oë ook toe. Vir ‘n oomblik is ons almal doodstil.
Ek voel beweging laer af langs my lyf. Ek maak my oë op skrefies oop en loer ondertoe.
Mirna en Antjie staan op hul knieë weerskante van my onderlyf met hul hande op mekaar se skouers. Hulle staar in mekaar se gesigte.
“E-ek het nie gedink dit kan so … so wonderlik wees nie,” sê Mirna met gevoel in haar stem.
“Ek ook nie,” antwoord Antjie en soen Mirna op haar neus en gesig.”Jy’t die sappigste, ongelooflikste poe… moemfie.”
Hulle lippe en monde neem mekaar gulsig in en ek sien hoe hulle hul tiete teen mekaar vryf – op en af en heen en weer.
Uitasem breek hul weg van mekaar.
“Sal jy m-my ook e-eet,” vra Antjie.
“Ek sal graag wil probeer … Maar ons moet na hierdie dierbare mens ook omsien wat ons bymekaar uitgebring het.”
Ek sluit my oë vinnig want ek weet hulle kyk nou na my.
Lang hare kielie skielik oor my maag en my bobene.
Ek maak my oë oop. Ek sien net die twee hoofde se haartooisels wat rondbeweeg by my lende. Hulle sit albei op hul onderbene plat op die bed. Die boude is effens van die hakke af gelig en die bolywe vooroor gebuig, die hoofde by meneer. Antjie, aan my linkerkant, het my hele voël in haar mond geneem en suig dit met reëlmaat. Haar regterhand het my penis aan sy stam beet en speel ritmies op en af daarmee.
As ‘n ander hand met baie ligte aanraking skielik op en af aan my binnebene en lieste vryf, weet ek dit moet Mirna s’n wees. Gou voel ek ook haar sagte lippe wat my ballas om die beurt suig en soen. Op ‘n stadium voel dit asof my regterbal heeltemal in haar mond ingesuig is.
Sulke suiwer genot en plesier het ek nog nooit ervaar nie en dit voel of ek duiselig word van lekkerkry.
‘n Vinger skuif meteens op en af in my anusgleuf. Maar in stede van verbasing, prikkel dit my ontsettend. Ek voel hoe ‘n vinger mettertyd in my hol ingaan. Terselfdertyd beweeg die vingers om my penis se skag nou met al hoe vinniger reëlmaat. Ek kan aanvoel dat ek my orgasme nie weer sal kan inhou nie.
Skielik is my voël uit Mirna se mond. Net haar tong het nog met hom kontak. Die tong kielie naarstiglik in die gleufie van my glans. Die vinger in my anus stoot nou ook in en uit – aanmekaar.
My kom stoot op en skiet uit. As ek ondertoe kyk, sien ek dit skiet blertse op Antjie se gesig. Sy probeer dit dadelik oplek. Mirna se kop is skeef gedraai en haar lippe is dwars om my skag. Sy lek van die afloop met die skag langs op, maar gee ook fyn bytjies aan die skag.
Mirna lig haar kop op langs Antjie s’n. Al twee se monde is wawyd oop om die laaste sarsies van my saad in hul monde te probeer vang. My laaste verruklike storting sypel net uit en druip oor my penis af, tot op die hand wat nog steeds daaromheen gevou is.
Dan kom albei orent en soen mekaar weer. Ek sien hoe my kom op hul gesigte vermeng raak.
Dan sak hul lywe uitgestrek weerskante van my neer. Ek voel die klamheid van my saad aan my arms as hul gesigte daarin begin nestel.
Ek wonder of dit is hoe die gesegde “heeltemal per toeval” ontstaan het. En ek wonder of ek dit wat gebeur het as dubbele toeval, of meervoudige toeval, moet beskou. Want binne ‘n baie kort tyd het my pad op ‘n besondere manier gekruis met twee ou vryers. Watter beter toeval kan daar wees as dit wat eers, met die een vryer, ‘n heerlike dubbele tweesaam meegebring het en dan, met albei vryers, ‘n verruklike driesaam?
Ek slaan Geriatrix se kritiek hoog aan omdat ek sy skryfwerk ook baie geniet en hy my daarmee vermaak.
Ek wil hom verseker dat hierdie werk beslis my eie is maar dat ek baie op Lusman steun as my redigeerder aangesien ek geen opleiding in die skryfkuns het nie en dus soms lomp en dom skryf, al is my gedagtes wat ek wil neerpen uit my hart en verstand. Soos Annelise uitgewys het rond Lusman alles af na ‘n sinvolle geheel met enige nodige veranderinge wat hy eers aan my voorlê as alternatiewe opsie.
Ek vertrou dit verantwoord jou navrae en kritiek?
Gaan gerus voort daarmee, dit is die enigste manier waaruit ek kan leer en poog om te verbeter.
Opregte groete, WilleWill
Ek is die eerste een om te erken dat my ‘kennis’ van toegepaste taalkunde (definisie volgens die man wat my die basiese tegnieke geleer het) tot die tegniese veld en vaktaal beperk is; prosa het my nog altyd ontwyk. Ek is ook nie seker of erotika nou prosa of vaktaal is nie (noudat ek dit so amper op die Engels uitspreek, twyfel ek nog meer!).
Na my mening is die taak van die eindredakteur om die foute (feite en taalkundig) in die teks uit te skakel en die teks so aan te pas dat die eindleser daarvan dit maklik kan verstaan, selfs al is die styl van die skrywer nie die styl van die eindredakteur nie. Vra maar net.
Annelise, noem dit maar ou man sindroom; dit is nou wat gebeur as iemand te veel tyd op sy of haar hande het. Ek spandeer die meeste van my tyd daaraan om te lees en (on)gelukkig het my sin vir styl, woordgebruik en aanslag met die jare ontwikkel en ek (dink ek kan!) agterkom wanneer die styl en woordaanslag verander. Blameer dit aan jare se proeflees voor die koms van speltoetsers toe alle manuskripte nog met die hand geskryf is.
Die teks het minstens twee style en hulle stem nie ooreen nie. Voel vir my of van die sinne nie die skrywer se oorspronklike woorde is nie.
Moet my asseblief nie verkeerd verstaan nie – glo nie dit pla die meerderheid van die lesers nie.
Dit pla nie die skrywer nie wir se stories geweldig baat vind by Lusman se insette. Soms is dit nodig om stukkies te skryf (deur taalversorger) om ‘n storie te laat vloei of onduidelike dele duidelik te maak of in hierdie geval die titel en daarom tema van die eerste hoofstukke deur te trek na die laaste ene toe waar dit net verdwyn het. So ja ‘n taalversorger sal so iets seker oplet, maar darem is jy ‘n uitsondering. ?
7 COMMENTS
Ek slaan Geriatrix se kritiek hoog aan omdat ek sy skryfwerk ook baie geniet en hy my daarmee vermaak.
Ek wil hom verseker dat hierdie werk beslis my eie is maar dat ek baie op Lusman steun as my redigeerder aangesien ek geen opleiding in die skryfkuns het nie en dus soms lomp en dom skryf, al is my gedagtes wat ek wil neerpen uit my hart en verstand. Soos Annelise uitgewys het rond Lusman alles af na ‘n sinvolle geheel met enige nodige veranderinge wat hy eers aan my voorlê as alternatiewe opsie.
Ek vertrou dit verantwoord jou navrae en kritiek?
Gaan gerus voort daarmee, dit is die enigste manier waaruit ek kan leer en poog om te verbeter.
Opregte groete, WilleWill
Ek stem saam dat dit my wens en begeerte is om twee vroue saam te vry.
MAAR
Dan wil ek baie duidelik se:- Die Manneweek storie laat my totaal anders dink oor meer as een man wat ‘n gewillige vrou deel.
Dankie Will vir ‘n lekker storie.
Ek is die eerste een om te erken dat my ‘kennis’ van toegepaste taalkunde (definisie volgens die man wat my die basiese tegnieke geleer het) tot die tegniese veld en vaktaal beperk is; prosa het my nog altyd ontwyk. Ek is ook nie seker of erotika nou prosa of vaktaal is nie (noudat ek dit so amper op die Engels uitspreek, twyfel ek nog meer!).
Na my mening is die taak van die eindredakteur om die foute (feite en taalkundig) in die teks uit te skakel en die teks so aan te pas dat die eindleser daarvan dit maklik kan verstaan, selfs al is die styl van die skrywer nie die styl van die eindredakteur nie. Vra maar net.
Hoekom vra jy hierdie Geriatrix?
Annelise, noem dit maar ou man sindroom; dit is nou wat gebeur as iemand te veel tyd op sy of haar hande het. Ek spandeer die meeste van my tyd daaraan om te lees en (on)gelukkig het my sin vir styl, woordgebruik en aanslag met die jare ontwikkel en ek (dink ek kan!) agterkom wanneer die styl en woordaanslag verander. Blameer dit aan jare se proeflees voor die koms van speltoetsers toe alle manuskripte nog met die hand geskryf is.
Die teks het minstens twee style en hulle stem nie ooreen nie. Voel vir my of van die sinne nie die skrywer se oorspronklike woorde is nie.
Moet my asseblief nie verkeerd verstaan nie – glo nie dit pla die meerderheid van die lesers nie.
Dit pla nie die skrywer nie wir se stories geweldig baat vind by Lusman se insette. Soms is dit nodig om stukkies te skryf (deur taalversorger) om ‘n storie te laat vloei of onduidelike dele duidelik te maak of in hierdie geval die titel en daarom tema van die eerste hoofstukke deur te trek na die laaste ene toe waar dit net verdwyn het. So ja ‘n taalversorger sal so iets seker oplet, maar darem is jy ‘n uitsondering. ?
My magties Will ou maat – wat ‘n fantastiese storie. Ek glo dit is baie mans en vrouens se geheime wens……..